Friday, April 15, 2011

My huisie

Ek word so gereeld deur mense gevra waar ek bly. n Paar jaar terug sou my skertsende antwoord wees, "ek bly dronk", maar nou dat ek vir hoelankal nie eens meer n biertjie drink nie, glo niemand my meer nie. Nou ja vir al die nuuskieriges, hier is n netjies uiteengesitte padkaart, wat sommer maklik is om te volg. Sodra jy Windhoek vanaf die suidekant inkom, hou vir eers reguit en volg dan net die rigtingwyser soos op die foto uiteengesit. Pop enige tyd in net wanneer jy wil.

2 comments:

  1. ek ry al weke aaneen en ek het noggie by jou voorhekkie uitgekom nie, jy sal maar jou selfoon nommer moet stuur

    ReplyDelete
  2. Windhoeker, jy hou vir jou lekker snuifstertjie ne!

    ReplyDelete