Friday, April 29, 2011

Mei maand se storie: Klonkies se Zonkies

Klonkies se Zonkies

Deur Ian Snyman

Klonkies was my troeteldier vir baie jare. Ek het hom as ʼn baba reeds van sy ma weggesmokkel en op koue wintersaande deur die kamervenster ingetel sodat hy by my onder die kombers kon slaap. Dit was in die dae voordat diefwerings op vensterrame nodig was. Ek was maar nog in standerd nege oftewel graad elf. Klonkies was ʼn foksterrier.
Reeds op ʼn jong ouderdom het hy saam met my na skool in Klein Windhoek se berge gaan draf. Aan die begin nie te vêr nie, dan was sy voete seer en moes ek hom al drawwende dra. Later was hy egter die meester en terwyl ek op die tweespoor paadjies draf wat vandag Ludwigsdorf is, het hy nog tussendeur dassies gejaag en ystervarke gesoek. Hy was later so gespierd van berge hardloop dat hy baie gesog onder sy vroulike anhangers was. Sy nasate van latere jare doen vandag nog diens op baie plase regoor die land.
Klonkies se onder die kombers slapery het egter sy nadeel ook gehad. Sodra ek moes rugby of atletiekoefeninge bywoon het dit groot planmakerye afgegee om hom te ontglip. Gewoonlik het ek aan die agterkant van die huis met hom gespeel, dan rustig by die agterdeur ingegaan en dan vinnig by die voordeur uitgeglip en straataf gehardloop totdat ek buite sig van die huis was. Sou hy my egter gewaar dan was hy in ʼn japtrap oor die draadheining en saam met my by die oefeninge.
Vandag se jongmense sal my seker nie glo nie maar in daardie dae was ʼn eenvoudige lae draadheining voldoende afskorting tussen jou en jou buurman en ook aan die voorkant van die huis. Geen hoё tronkmure met ysterpenne aan die bokant en nog elektriese drade daaraan vas en dan nog stukkende bottelskerwe aan die bokant vasgepleister nie. Ook geen elektriese hekoopmakers nie, slegs ʼn gewone oopswaai tipe plaashek het die ding gedoen. Die het gewoonlik oopgestaan aangesien Klonkies in elk geval sy pad na buite gekry het net wanneer hy wou.
Klein Windhoek se teefbevolking het aan Klonkies behoort. Hy was die spreekwoordelike haan onder die henne. Hy het ondanks sy grootte geen teenstand in die strate geduld nie. Al die tewe het aan hom behoort en wanneer hy sy rondtes gedoen het moes alle ander honde in hulle erwe wees, anders was daar moeilikheid. Ek moes hom menigmale weer aanmekaar lap en met Detol lawe totdat hy weer op die been was. Dan was dit maar weer sulke tyd.
Om een of ander rede het ek geen probleme met hom ondervind wanneer ek in die oggend skool toe is nie. Hy het my nooit probeer agtervolg nie. Miskien oor die regering van daardie tyd nog nie genoeg mag en krag gehad het om die son te briek sodat hy in die winter eers later kon opkom nie. Die gevolg was dat dit nog stikdonker was wanneer ek skool toe geloop het. Nooit is egter ʼn baie lang tyd en Klonkies het my nooit skool toe gevolg nie tot daardie een oggend.
Op skool is dit nou maar so dat daar altyd daardie een onderwyser is wat anders is. Die een wat om een of ander rede moet uitstaan en verskil van die res. Een so onderwyser was ou Pen. Natuurlik nie sy regte naam nie, maar om verstaanbare redes kan ek mos nie sy regte naam noem nie, in geval van weerwraak.
Ou Pen was klassiek, behorende tot die Romeinse oudheid. Enig in sy soort. As Herman nie sy huiswerk gedoen het nie, moes ek die pak slae kry. As Attie stout in die klas was, dan moes ek gaan buk. Sommer daar voor in die klas. As Louis die goudvis in die Wetenskapklas opeet dan moes ek in Pen se klas die straf kry. As ek self nie my huiswerk gedoen het nie, dan moes ek ook buk. Ek was die pakdonkie. Alle skuld het hy op my gepak.
Dan was hy ook baie vermakerig voor die kinders. Hy het menigmale ʼn vet stuk beesbiltong voor in die klaskamer uitgehaal en dan met groot gebaar stukkie vir stukkie met sy Joseph Rodgers knipmes afgekerf en met groot smaak verorber. Dit terwyl ons arme dorpskinders diamante makliker as biltong in die hande kon kry. Sy liniaal was hoofsaaklik gebruik om sy rug mee te krap.
Eendag toe sit ons in ou Pen se klas en hy word oor die interkom na die skoolhoof se kantoor ontbied. Ons is rustig besig met huiswerk doen toe ʼn beweging in die oop klaskamerdeur my aandag trek. En daar staan hy in die deur, Klonkies. Ek sak my kop heel weg in my skouers in sodat hy my net nie moet raaksien nie. Onderlangs hou ek hom dop en dan sien ek dat die ruike wat hy ruik niks met my te doen het nie. Hy soek plek om sy ding te doen en dan doen hy dit ook sommer.
Net daar in ou Pen se klaskamerdeur laai Klonkies die kinders by die skool af. Vir die wat nie weet nie, hy laat die gyselaars vry. Hy poef, maak ʼn bollie, so lekker lange. Een van die meisiekinders skreeu en ʼn ander jaag vir Klonkies weg. Ek besef dat ek daardie koeksuster sal moet verwyder voordat ou Pen terugkeer en gaan dadelik deur toe. Ek loer na buite maar gelukkig is daar geen Klonkies of Pen te sien nie.
Ek kan nie die goed met my kaal hande optel nie en soek naarstigtelik na iets om die werk te doen. Dan sien ek dit op ou Pen se lessenaar, sy breё rugkrap liniaal en sy Joseph Rodgers knipmes. Ek neem die knipmes en slaan dit oop en gebruik dan die lem om die Klonkiepastei op die liniaal te krap. Behendig balanseer ek die gedoente en skiet dit vinnig anderkant die stoep af. In die hoek van my oog merk ek dat ou Pen reeds op pad klaskamer toe is. Daar is nie tyd vir skoonmaak nie en ek slaan net vinnig die knipmes toe en sit dit saam met die liniaal op die lessenaar.
Ek het skaars gaan sit of ou Pen loop by die klaskamer in. Hy gaan sit en kyk ons kinders so uit die hoogte uit aan. Hy buk en dan haal hy iets uit sy tas uit. Die lekkerste vet stuk beesbiltong kom in sy hande te voorskyn en dan tel hy sy knipmes op. Die hele klas begin te gril maar niemand durf iets sê nie. Leedvermakerig sny hy die eerste stukkie biltong en sit dit in sy mond. Hilda spring orent en hardloop vir die deur terwyl sy onderlangs iets van kamerverlaat in ou Pen se rigting mompel.
Party kinders probeer om hulle koppe so ongeerg as moontlik onder die tafels in te druk. Niemand wil in ou Pen se rigting kyk nie, dit is nou niemand behalwe ek nie. Elke keer as hy ʼn stukkie kerf en dit in sy mond plaas dan dink ek aan ʼn hou wat ek onnodig gekry het. Elke hond kry sy dag maar vandag het ʼn hond die dag gekry. Ek het spesiaal met my sakgeld vir Klonkies daardie maand ʼn stuk biltong gaan koop en dit nog met my Okapi vir hom opgekerf. Klonkies het my held geword, en ou Pen, wel hy het later jare die skoolhoof geword.

Thursday, April 28, 2011

WHS reunie Memory Lane

Trippie deur memory lane;

Die reunie maak nogal mens se trippies deur Memory Lane kort-kort wakker. Net vanoggend gaan ʼn paar vinnige gedagtes deur my kop en alhoewel sommige laagtepunte is en anders weer hoogtepunte, voel dit nogtans so vars asof dit net gister gebeur het. Hier is so paar in geen spesifieke orde nie.

Met Otjiwarogo se 75ste jaar bestaan, hou die dorp omtrent makietie en WHS se atletiekspan word genooi om bietjie meer kleur aan die byeenkoms te verskaf. Dan was daar ook Koos van der Merwe, vir wie hulle die baan moes heruitmeet sodat hy nie die spies uit die stadion uitgooi nie. Daar was so langbeen Springbok hoogspringatleet, ek dink haar naam was Desiree of iets. Dan in die WHS span, was daar wat ek so vinnig aan kan dink, name soos; Gerhard Barnard, nog ʼn piekanienie in daardie stadium, maar die tekens was reeds daar dat hy eendag Springbok kon word, en hy het ook. Ander was Lynette Koen, Elsa Carstens(later Sprinbokkleure in fietsry verwerf) Jan Engelbrecht (oorlede) sy broer Louis, Riaan Alberts,Lorraine Pienaar (so vannie Kaap af en suster van 400m hekkies atleet Hannes)haar pa het ons ook in ʼn stadium afgerig, Serahna Kotze, Sandra Herling,Allegra van Heerden, die Van Wyk tweeling sussies, Danie van Antwerpen, Nico en Ben Wiese, Ben Human, Jannie Breytenbach, Jannie Els, en Nicolene le Roux en ek moet seker nie myself vergeet nie. Kan nie meer onthou of hulle almal die dag daar was nie, maar dis wat ek so vinnig van 30 jaar terug kan onthou. As ek reg onthou was daar iemand van Walvisbaai wat vir Gerhard die dag weggehardloop het, hoe geskok was ons klomp WHSers nie daaroor nie. Op die hitte van die dag moes ons die 3000m hol, kon hulle nooit beter tye vir die langafstande vind nie? ʼn Paar van die organiseerders kom vra my toe voor die tyd of ek nie vir hulle iets besonders kan opdis nie, soos ʼn nuwe Suidwes rekord of iets. Ek belowe niks, maar stem tog in om te probeer, mits hulle vir my die rondte tye kan lees, sodat ek net ʼn idée het van waar ek myself bevind. Die het toe net tydens die 1ste twee rondtes gebeur en toe raak die ou stil. Op my eie tyd hardloop ek toe die 3000 in 9min en een sekonde. As ek geweet het wat die tyd is sou ek dit onder 9 gedoen het, wat ʼn eerste op ʼn asbaan sou wees. Ek het dit wel later op WHS se asbaan onder 9 gedoen en op die tartan in Windhoek 8min 42sek. My ope rekord het in Pildich Pretoria in 8, 31 gedoen. Dit was nogal vir my amusant dat al my junior skole rekords ook senior rekords was. Die Springbok senior atleet wat later die Springbokke van Jake White se spansielkundige geword het, Henning Gerike, het my senior rekord in Windhoek met een sekonde kom verbeter. Dit was vir my nogal ʼn groot eer dat dit ʼn Springbok gekos het om ʼn skoollaaitie se tyd te verbeter. Dan natuurlik was daar die dag wat my afrigter, Willie Greeff, my die oggend van SWAIKS, die dag se Suidwester koerant kom wys het. Volgens die koerant sou ek later die aand gepoog het om die 1 ste junior of senior atleet te word wat die 1500m in Suidwes onder 4min hardloop. Van die poging het ek geen sout of water geweet nie, maar ek dog toe dis seker Willie se werk. Toe ons die aand in die absoluut volgepakte atletiekbaan instap, het ek hoendervleis gekry. Nog nooit tevore het ek eers die hoofpaviljoen vol gesien nie, wat wou die hele stadion. Daar keer toe bonop iemand vir Willie voor en vertel vir hom dat ons drome droom. “Daai maergat sal dit nooit regkry nie”, was die boodskap. Terwyl almal oor die beoogde tyd praat ,was ek intens bekommerd oor of ek sou wen of nie. As Willie wou hȇ die tyd moes minder as 4 min wees,dan sou ek dit so doen, ek het volle vertroue in hom gehad. My bekommerrnis was ʼn atleet van die Noorde af, Manie Geldenhuys. Ek was meer bekommerd of ek hom kon klop as oor die tyd. Ek het dit ook so vir Willie voor die tyd genoem, en hy het vinnig ander planne gemaak. Ek sou eerstens vir tyd hardloop en as ek nie vir Manie kon los gedurende die wedloop nie, dan sou ek die laaste 300m fokus op die wen alleenlik. En daar gebeur dit soos ek gevrees het dit sou gebeur, met 300m oor is daar nog geen tekens dat Manie wil uitsak nie. In die laaste pylvlak, waar Manie se spoed normaalweg te veel vir alle vorige teenstanders was, daar kom hy my verby met net 50 meter oor. Vanwaar my kragte gekom het weet ek verseker, maar ek het geweet dat verloor nie ʼn opsie was nie en ek sou tot op die laaste baklei. Met 10 meter oor slaag ek om vir Manie weer verby te gaan. Die tyd 3min 57,1 en Manie 3min 57,2. Nie eens SA kampioenskappe daarna kon dieselfde adrenalien na vore bring as daardie aand se wedloop nie. Manie was destyds al ʼn vriend van my en ek sou daardie aand glad nie wou oorhȇ andersins as om saam met ʼn vriend die eerstes te word wat die baanbreker tyd kon aanteken nie. SA kampioenskappe kon soveel anders verloop het. Ek moes net vir Manie saam met my daar gehad het dan het ons die 1500m 1ste en 2de plekke gewen, maar Manie het besluit om op Rugby te konsentreer en is nie saam SA’s toe nie. Elke enkele atletiekbyeenkoms van 1981 en 82 was uitsonderlik. Daar was die 2 goue medaljes in die driehoekige kompetisie in stormsterkweer in Bloemfontein tussen SWA,Natal en die Vrystaat. Die twee goud op Sasol teen twee sterk Menlopark atlete was ook iets spesiaals. Die twee Menloparkmanne het twee weke later op SA’s elkeen ʼn goue medalje verower. Hulle het vir twee items ingeskryf waarin ek nie deelgeneem het nie. Hulle het darem vir my gecheer op SA’s. Die byeenkomste in SA was almal besonders, omdat ek altyd, tydens opwarming op die baan was wanneer my twee gunsteling atlete gehardloop het. Hulle was Zola Budd en Hans van der Veen wat in die ouderdomsgroep net laer as ek was en albei het later Springbokkleure verwerf. Die WHS atlete van my tyd was almal deur die bank besonders. Elsa Carstens(fietsry) Gerhard Barnard(atletiek) en Chris Badenhorst(rugby) het almal Sprinbokkleure verwerf. Daar was al die anders wat hulle merk gemaak het, maar Sasol 1982 was die WHS seunsspan tot voor die aflosse nog in die eerste plek. Ons het egter nie ʼn aflosspan gehad nie en het algeheel tweede na Menlopark ge-eindig. Op die rugby veld het dinge ook goed gelyk maar ek het matriek net op atletiek gekonsentreer en was dus bang vir beserings. Dis baie ure se oefening wat mens weggooi met net een besering. Daar was die dag wat die eerste span teen Jan Mohr gespeel het, wat my aande lank laat wakker bly het. Gamma Bredenkamp, wat darem al ʼn hardebaard in matriek was, was my direkte opponent. Ek het vooraf besluit om hom op sy eie game aan te vat. Laat in die game is ons agter maar ʼn drie sou ons laat wen. Ek doen toe dit wat Gamma se een sterkpunt was en gaan sluit by ʼn agterlynbeweging op die anderkant van die veld aan. Dit het vir Gamma uit posisie uit betrap en vir ons die man-oor bewerkstellig. Met Ben Human aan my buitekant hol ek vir al wat ek werd is veld-af. Met net Ian Louw van Jan Mohr voor my, hoor ek skielik vir Danie van Antwerpen aan my binnekant roep. Instede om die man oor,( Ben Human) , weg te stuur doellyn toe, gaan pass ek die bal vir Danie aan die binnekant waar die kruisverdediging hom plattrek. Ek het soos die poepol van die dag gevoel. Maar ek mis nogal die tye, daar is net te veel om op te noem. Soos die keer toe iemand my uitdaag om oor die skoolswembad se seil te hardloop. Gerhard du Plooy sȇ toe hy gaan saam. Op die rand van die swembad steek Gerhard vas en ek gaan alleen. Ek spring die arme swemmers se hittehouende seil 4 pragtige langwerpige gate in. Toe ek op my rug draai en ek kyk bo na die skool se kant toe, toe kyk ek so binne in Ertjies vas. Mense ons, maar het my gat daai dag gebrand. Ses van hulle en arme Ertjies het nog na skool die gate probeer toewerk. Ek sal seker eendag opmaak daarvoor, maar die seil kos nie meer N$ 800.00 soos doei tyd nie. Nou ja, dit was net so ʼn vinnige trippie down memory lane gewees. Daar sal seker nog baie wees, hoe nader ons aan die reunie kom.

Erindi

My heel eerste artikel op die blog, 3de Maart 2011, was n foto van n olifant by Erindi se Old Traders Lodge se watergat, wat ek sommer met so eenvoudige kameratjie geneem het. Die kamera is intussen geprivatiseer, nou voel ek sonder dit nie meer dat dit sommer net so eenvoudig was nie,-was n grand kamera. Elk geval, die rede vir die foto was destyds omdat ek kommentaar oor die olifantsage tussen Erindi en die Regering wou lewer. Ek het dit wat ek wou skryf egter weerhou omdat Erindi vir my so n bittersoet ervaring was. Vanoggend is hulle egter weer voorbladnuus en kan ek dus nou iets gorrel. Eerstens is ek bly vir Erindi dat die hofuitslag in hulle guns is. Tweedens dink ek die hele hofgeding kon verhoed gewees het. Ek kan nie dink hoe die Regering gedink het hulle die sakie kon wen nie. Derdens het die regering die kans gehad om geld uit Erindi uit te maak deur self olifante aan hulle te verkoop. Nou koop Erindi in RSA aan en die Regering moet nog die hofonkostes ook dra.Hoekom Erindi vir my persoonlik n bittersoet ervaring was? Ek was daar met my gesin en aan die een kant was dit baie nice; die kamers was tops (veral die badkamers), die kos was goed, die terte en koeke uit die boonste rakke uit, en die diens was vrylik in Afrikaans beskikbaar. Ek het geen probleem om Engels te praat nie, ek sal selfs bietjie Duits, Portugees, Mandorin Chinees of Oshindonga probeer mompel, as dit moet. Maar daar waar ek die klient is kies ek mos die middel tot kommunikasie en daar waar iemand my klient is, moet ek hom weer tegemoet kom. Of ten minste is dit hoe ek daaroor voel.Taal is after all tog net n kommunikasiemiddel. Nou die anderkant van my Erindibesoek. Die swembadtjie was amper kleiner as die bad in die kamer en oorvol wanneer 10 mense tegelykertyd daarin is. Toe spring n meisie van so 12 of 14 reg bo-op my nek daar waar ek my eie kleintjie se kop bo water probeer hou. Daai meisie se ouers mag dalk voel dat sy hopeloos te klein vir baie dinge in die lewe is, maar laat ek jou vertel dat sy hopeloos te groot is om sommer so op iemand te duik. Is gevoelig op n ou nek, so skielike gewig van amper n sak sement. Dan die teels rondom die swembad, en spesifiek wanneer dit nat raak. Eers val my kind laat sy op haar derde nekwerwel land. Daarna verloor en my hele houdingtjie toe ek ook voor al die ander gaste op my rug beland. Ek dink nie mens sit sulke gladde teels rondom n swembad nie, daar is immers baie antie-gly produkte beskikbaar. Dan die diere; of ons gids wou nie baie moeite doen nie, of die diere was met vakansie. Die bokke wat ons wel gesien het, was soos die wat jy in Otjiwarongo se bosgedeeltes probeer jag. As dit mens of kar sien dan sien jy net sy gatkant soos dit vir die skuiling van die bosse vlug. Dit terwyl ander besoekers aan Erindi nie uitgepraat kan raak oor al die diere wat hulle te siene gekry het nie. Was seker maar net nie my dag nie. By die hoofgebou se watergat was dit egter baie nice. Kroks, seekoeie (waar kom ons afrikaners aan daai naam?)en n paar olifante het vir goeie kykvermaak gesorg. Veral skemertyd toe al die seekoeie uit die water uitgaan om te loop wei. So van seekoeie gepraat, die griekse woord Hippopotumus beteken in Engels vertaal eintlik riverhorse maw rivierperd. Toe maak ons dit seekoei. So vir my was daar bitter en soet maar tog van so aard dat ek graag weer wil gaan en die keer soos ander besoekers net met soet wil terugkeer, want ek hou van die plek en daarom is ek bly dat die probleme rondom die aankoop van die olifante uiteindelik opgelos is.

Wednesday, April 27, 2011

Ou Mutual

Ou Mutual, of dan nou deesdae Old Mutual, plaas gereeld die afgelope tyd tamaai groot advertensies in die koerante oor vloerspasies wat te huur is in die Mutual Platz gebou in die middel van die dorp. Dan is daar ook n tamaai groot foto van die gebou met die opskrif, Take your business to new heights. Ek wonder wat presies hulle daarmee bedoel? In elk geval ek is onder die indruk dat hierdie foto stokoud moet wees. Die rede daarvoor is dat die horlosie/klok daar aan die suidekant van die toring op die foto tien voor een wys. Hierdie horlosie het reeds middel verlede jaar(2010)gaan staan daar rondom twintig oor vier en daar staan dit vas. Nou hoop ek nou net nie dat die horlosie wat noual so lank gaan staan het, enigsins simbolies vir die gebou se gebruik is nie. Vandat Ou Mutual self daar uitgetrek het, gebeur daar bittermin en ek voorspel ook nie dat daar vinnig iets sal gebeur nie. Dis nou as ek in ag neem hoe vinnig dit neem om die horlosie te herstel en ook hoe lank dit hulle eiendomskontakpersoon neem om sy epos te beantwoord. Ek praat hier van maande, nie dae nie.

Kommentaar

Hallo almal

Dit het onder my aandag gekom dat heelwat mense sukkel om kommentaar gelewer te kry op van die skrywes. Vir die rede het ek vir Neelsman genader om bietjie praktiese demonstrasies te lewer. Omdat hy oppad landuit is, hoop ek dat ek hom nog betyds kon nader. Party sukkel ook met die follower opsie en ander met google accounts. Neelsman het die dinge nogal maklik laat lyk, so ek het nie gedink dat daar probleme sou wees nie. Kom ons kyk waarmee kom hy vorendag.
Dankie Neelsman

Thursday, April 21, 2011

Dorob, Dorob

Die minister van Omgewing en Toerisme het onlangs die nuwe geproklameerde Dorob Nasionale Park geopen. Dis baie nice van haar maar sy het tydens die plegtigheid darem weer so paar dinge kwyt geraak wat my laat dink het dat geskiedenis nie haar beste vak op skool was nie. As ek haar so uit die Republikein uit mag aanhaal dan het sy iets soos die volgende kwyt geraak; Sy stel dit baie duidelik dat ontspanningsaktiwiteite in die woestyn verantwoordelik gedoen moet word.Enige iemand wat die wette en die regulasies hier oortree sal met die vuis van die gereg te doen kry. Haai shame! Wil sy vir my so bietjie in die onmiddelike verlede terugblaai en gou op die volgende dingetjies attend maak asseblief. Goreangab dam was ander jare Windhoek se mees besoekde ontspanningsoord, dit was nou tot en met so 21 jaar terug. Daan Viljoen Wildtuin is so deur besoekers geplunder dat daar nou miljoene spandeer word om weer iets van dit te maak. Cross Barmen is so deur plaaslike dronkaards opgedinges dat daar ook nou miljoene spandeer word voor ordentlike mense dit weer daar sal waag. En teen watse pryse sal ons maar moet wag en sien. Etosha panne is alles opgedinges behalwe die diere wat dit oorleef het. Miljoene later is dit nou amper onbekostigbaar vir papsies en mamsies wat net gou vir die kiddies olifante en leeus wil gaan wys in hulle eie land nogal. My laaste besoek aan die panne was dit wragtig net die diere wat nog dieselfde was. Vanuit Okakueju se toring het ek 10h00 die oggend gesien hoe so lang swart streep soos miere uit die rigting van die werkershuise koers kry swembad toe. Gepakte koelbokse en the works kom neem hulle die swembad op horings en sit en drink openlik sterk drank. Hierdie is nie betalende besoekers gewees nie, maar friends and family van die parke se personeel.Nou waar moet nugter, nie-alkoholiese gebruikers, nou gaan afkoel sonder om by dronkneste betrokke te raak. Geen wonder dat hulle soveel miljoene moes spandeer om alles weer reg te kry nie, maar raai wat? Die personeel en die friends and family is nog presies dieselfde, niks het verander nie. Nou watter boodskap wil die Minister nou weer oor Dorob tuis gebring het? O gaats, ek het heel vergeet. Hollow words dont last long.

Rassie vannie WP

As daar nou een ding is, naas my kiddies, wat my baie na aan die hart lȇ, dan is dit WP rugby. So die ou wat nou met Rassie wil gaan staan en rondploeter, wel hy vat nou aan my ook, en ek dink sommer aan baie ander Stormers ondersteuners ook. Vandat hy in die Kaap geland het, is die verandering sommer baie duidelik sigbaar. Die WP en Stormers speel weer rugby soos dit behoort gespeel te word en jong talent kom weer na vore soos in die dae toe Carel du Plessis nie bang was om ʼn laaitie soos Percy in die bokspan te sit nie. Nou dat die Stormers goeie rugby speel (dit beteken om nie net met die bal te kan hol nie maar ook om ordentlik te kan verdedig) nou wil Pieter de Villiers vir Rassie bokke toe lok. Ek is een honderd persent daarvoor dat as jou land jou nodig het dan moet jy jou tasse pak en die bus klim, maar nie in die geval nie. In enige land, streek, klub of skool, is die tendens dat as die span nie goed speel nie, dan word die afrigter vervang na een of ander tyd. Ek ken net drie uitsonderings op die reel. 1. Die Cheetahs se Naka wat seker nog daar op pensioen sal aftree. 2. Namibia, wat ʼn hopeless case op sy eie is en 3. Die bokke. Nou is dit nie my opinie dat De Villiers vir Rassie intrek nie, maar dit is wat nou in die media vir geruime tyd gegis word. Pieter het dit ook nou bevestig dat Rassie as deel van die bestuurspan ingetrek gaan word maar sy spesifieke rol sal die 2de Mei bekend gemaak word. Ek weet mos wat daardie rol is en dit sal nie so in die media aangegee word nie, Rassie moet vir de Villiers gaan leer afrig. Dis nonsens man. As die man nie regkom nie moet hy loop en maak dan vir Rassie die afrigter. Soos dit nou gaan is dit nie die geval dat Rassie die bokke moet help nie, hy moet de Villiers se bas gaan red. Ek dink ook dat hulle hier vir de Villiers en Rassie te na kom. Rassie word nou as die beste beskou en sy hulp word benodig maar hy gaan nie die erkenning daarvoor ontvang nie, maar Div gaan dit kry. Die publiek is nie ape nie en Div maak sy eie naam krater in die proses. Dan het ek doerie tyd ʼn interessante gesprek met Harry Viljoen gehad oor sy bokke se swak vertoning en een oorweginde rede hoekom sy bokke nie presteer het nie was tyd. Waar Harry daagliks vir langer as ʼn jaar tyd met die WP spelers gehad het om sy wedstrydtaktiek in te oefen, het hy kwalik ʼn paar weke by die bokke gehad. Hierdie selfde probleem gaan nou vir Rassie tref. Al is die man hoe briljant, vertel nou vir my hoe moet hy in ʼn paar weke van ʼn atleet soos Pierre Spies ʼn rugbyspeler maak. Pierre speel nie naastenby dieselfde patroon as wat die WP speel nie en dit gaan Rassie jare neem om vir Morne Steyn te leer dink. Die enigste raad gaan wees om die outjies te fire en manne soos Duane en Patrick Lambie in te bring en dis maar enkele gevalle. Div het 3 jaar tyd gehad en noudat push comes to shuv , nou moet Rassie in soveel weke die oplossing bied. Hoe leer jy ʼn up and under backline in so kort tyd om die lyn aan te val? Kies die regte aanvallende spelers en Rassie sal hulle leer, maar gaan hy die mag kry om die span te kies of kies Div dieselfde beproefde (gefaalde) kombinasies en verwag van Rassie om hulle te leer. Ek meen Matfield en Bakkies en John Smit se dae was al op 50 toetse verby en nog steeds is hulle daar. Verwag ons nou dat Rassie hulle myle moet terug draai? Jy kan nie bloed uit ʼn klip uit tap nie en ek kry die indruk dat dit die realiteit is wat op Rassie wag. As ek hy was,( en ek is nie eens sy skadu as afrigter werd nie), dan het ek vir hulle gelag en met een boodskap gelos; Bel my wanneer julle my as hoofafrigter soek, maar tot dan is die Kaap nog hollands.

Wednesday, April 20, 2011

N$ 62 miljoen vir stryd teen korrupsie

Ons ken mos seker almal van kommissie verdien. n Verkoopsman by n motorhandelaar byvoorbeeld, verdien n klein basiese salaris en as hy dan n ordentlike besoldeging wil ontvang, dan moet hy sy vinger trek en baie verkoop sodat hy baie kommissie verdien. Dieselfde met feitlik alle ander vorm van verkoopsmanne. Hierdie kommissie is dus jou verdienste gemeet aan jou verkope. Maar dis ook jou aansporing tot groter salarisse. Nou vra ek net, moet die mense wat waarskynlik die mees belangrikste werk in n Afrikaland soos Namibia doen, nie ook so vorm van n incentive kry nie? Ek verwys weer na die antie wat N$ 72 miljoen by haar werkgewer verdoesel het. As die Teenkorrupsie mense haar skuldig bewys, sal so vorm van n kommissie nie hulle geldkas vergroot sodat hulle meer mense kan aanstel en korrupsie se euwel beter kan bedwing nie. Veronderstel hulle kry 10 % van die bedrag ter sprake, dan is hulle na afloop van die saak N$ 7,2 MILJOEN ryker. Jy kan paar ondersoekers aanstel met daardie bedrag. Ons moet besef dat korrupsie is hier om te bly, dit kan nie uitgeroei word nie, maar kan beheer word. Hoe groter die mag van die teenkorrupsie, hoe beter hulle slaankrag. Al weet hierdie mense wat hulle aan enige vorm van korrupsie skuldig maak dat hulle uitgevang gaan word, sal dit hulle nie verhoed om bedrog te pleeg nie. Hulle lewe vir die oomblik, dit wat daardie skelmgeld nou vir hom kan koop. Sy neef het daarmee weggekom, so dalk kan hy ook. Dis die attitude. Daardie eerlikheid wat jou ouers en jou onderwysers in jou ingeslaan het, het verval die dag toe sistemiese korrupsie sy houvas in die regering gekry het. Sistemiese korrupsie is wanneer goedgeorganieseerde sindikate of andersins mense met sterk familiebande die regering op belangrike plekke, soos byvoorbeeld die Polisie of staatsdepartemente wat met belangrike besluitnemingsprosesse soos tenders en dies meer werk, infiltreer. Die korruptes is dus op die ou end die wat die besluite neem en dis hulle wat met wortel en al uit die sisteem uitgeroei moet word. Die vraag is of ons die slaankrag daarvoor het en dis daarom dat ek voorstel dat daar vir die teenkorrupsie manne ekstra aansporing moet wees. Op die ou end is dit vir elke inwoner se beswil.

Visverkopers in ongeluk

Maandag 18 April se Republikein het weer sy amusante bydraes gehad, dis nou amusant vir my.
In die een beriggie word genoem dat twee mans noodlottig en een ernstig beseer is terwyl hulle met n visverkooptransaksie besig was. Nou eers ter inligting; As mens Ondangwa vanaf die suide, dis nou van Tsumeb se kant af inry, dan is die Efundja se watertjies wat van Angola afkomstig is aan die regterkant van die pad meer as die aan die linkerkant. Oral waar bruggies in die pad is stroom die water dus redelik sterk van regs na links deur die kanale wat die bruggies skep as gevolg van die waterdrukking vanaf die hoerliggende dele. (Jammer vir die tekort aan dotjies hier langsaan op die e). Waar ookal hierdie water deurstroom kom die visse saam met die water deur en by al hierdie brue is die visvangers en visverkopers dus baie aktief. Dis by so verkooptransaksie dat die koper met sy voertuig aan die verkeerde kant van die pad gaan parkeer het om vis te koop toe hulle deur n motor van Telecom raakgery is. Ek kom nou-nou weer terug na die twee se storie toe.
Die derde ou wat tydens die ongeluk beseer is, verkeer volgens die rubriek in n ernstige toestand na hy by die Engela hospitaal opgeneem is. Hulle noem nou nie of hy in n ernstige toestand as gevolg van die ongeluk of as gevolg van sy opname in die hospitaal verkeer nie, maar die sin laat klink dit meer dat na hy opgeneem is verkeer hy ernstig.
Nou daardie 1 ste twee manne. As enige iemand onseker is oor waar ons taxibestuurders hulle opleiding vandaan kry, ek het n teorie of twee daaroor.
1- Hulle word deur Stevie Wonder opgelei.
2-Hulle leer daarbo in Oshakati kar ry en dan kom werk hulle in Windhoek.
3-Hulle leer in Windhoek kar ry dan gaan werk hulle in Oshakati.
4-Hulle leer nie om kar te ry nie en dan word hulle taxi bestuurders.
Het jy al ooit in die laaste jaar in Oshakati n motor bestuur? Maar aan die ander kant, het jy al ooit gedurende die laaste jaar in Windhoek n motor bestuur? Ek het geen idee waar mense hulle bestuurderslisensies koop nie, moet seker in Chinatown wees. Oor die ongeluk, hoekom het die viskoper aan die verkeerde kant van die pad parkeer? Hoe is dit moontlik dat die Telecom bestuurder nie die mense in die pad kon raaksien nie? Hoekom het hy nie stadiger gery en sodoende betyds kon sien dat daar probleme in die pad is nie? Dan in dieselfde asem vra ek ook sommer hoekom sekere mense in Windhoek reg binne in die pad stap as daar n groot sypaadjie langs die pad is? Oor hulle in Oshakati so geleer het? Of word hulle hier op skool so geleer? Wie oefen beheer uit oor al die helldrivers op ons paaie? Net gister by die verkeersligte tussen Game en Auas Delta swaai n Nampost lorrietjie reg van voor af voor my in. Die mannetjie was veronderstel om te wag vir die aankomende verkeer, maar daai moves is vir mense met laaisense nie vir Nampost drivers nie. Toe ek hom so in die ry wys wat hy verkeerd doen, toe sing hy vir my in vingertaal n Julius Malema liedjie; Put this finger up your white ass.
Red nou n volk met sulke bestuurders op ons paaie. Ek kan net noem dat dit n absolute Gods wonder is dat daar nie meer mense op ons paaie en langs die paaie sterf nie.(Of aan infeksie van n vuil vinger in jou gat)

Tuesday, April 19, 2011

Mei maand se storie(voorsmakie)

Hou bietjie Mei maand se storie dop, dit handel oor my Foksie wat ek op skool gehad het en hoe dit gebeur het dat die foksie my help wraak neem het op n onnie wat my gat vir n slaansak aangesien het.


Monday, April 18, 2011

Die Welwitschias (vervolg)

Vrydag toe voorspel ek mos reeds dat die rugbymanne van ons nou nie eintlik n kans teen die Pampas van Suid Amerika staan nie. Nou nie dat ek ons manne onderskat of dink daar is nie genoeg talent nie. Inteendeel, ek dink en ek het dit al reeds baie verkondig, dat hierdie land van ons borrel met talent. Ek laat my nie vertel dat die Argentyne het meer rugbytalent nie. Nie eens in n droom nie. Ons is n te trotse rugbynasie om so n stelling te aanvaar. So van selfsprekend moet daar mos ander redes wees hoekom ons nie hierdie tipe spanne kan aanvat en wen nie. Miskien is dit tyd vir introspeksie, daar by die manne in charge, maar ek is bereid om daaroor ook n voorspelling te maak. Dit sal net eenvoudig nie gebeur nie, want die rede vir ons swak vertonings is niemand bereid om hardop oor te praat nie. So moet tog ook nie hardop lees nie, nou-nou skrik iemand dalk wakker. Ok, ek wil nie soos n grootbek klink nie, maar my voorspelling oor Saterdag se wedstryd was min tot geen kans vir ons passiewe plantsoorte nie,(wat anders verwag mens as dat n span tot sy naam moet opleef?). Maar die telling 52-10 (waarvan ons drietjie n onderskep een was) klink vir my nogal baie na, I told you so!

Friday, April 15, 2011

Blogspot en porn

Wanneer jy n blogspot oopmaak, dan gaan jy n onderneming met Google aan dat jy nie die spasie vir pornografiese materiaal sal gebruik nie. Hierdie couple was egter so oulik dat ek net eenvoudig die foto moet pos. Die van julle wat porno as sensitiewe materiaal beskou moet asseblief nie na die foto kyk nie, en moet my tog ook nie by Google verkla nie. Dankie

My huisie

Ek word so gereeld deur mense gevra waar ek bly. n Paar jaar terug sou my skertsende antwoord wees, "ek bly dronk", maar nou dat ek vir hoelankal nie eens meer n biertjie drink nie, glo niemand my meer nie. Nou ja vir al die nuuskieriges, hier is n netjies uiteengesitte padkaart, wat sommer maklik is om te volg. Sodra jy Windhoek vanaf die suidekant inkom, hou vir eers reguit en volg dan net die rigtingwyser soos op die foto uiteengesit. Pop enige tyd in net wanneer jy wil.

Malemaland of nie?

Julius Malema is n knaap wat nie te veel krediet deur koerante gegee moet word nie, inteendeel hulle moet hom eintlik heeltemal ignoreer en geen spasie hoegenaamd aan hom in koerante afstaan nie. Hoe meer hulle mediadekking aan hom verleen, goed, sleg of baie sleg, dit vergroot net eenvoudig sy aanhangersbasis. En hierdie meneer besef dit ten volle anders sou hy nie so gereeld dinge kwyt raak wat hy voor sy siel weet, hom weer voorbladnuus gaan maak nie. Al die mediadekking vergroot sy magsbasis op n daaglikse basis. Julius Malema, het volgens my beskeie opinie, n baie groter aspirasie as wat meeste leiers besef en dit is dat hy die krag van die ANC jeugliga wil gebruik om homself tot president te laat vorder, en hy is nie bereid om te veel jare daarvoor te wag nie. Vandaar sy uitsprake om myne te privatiseer en al die ander goedjies wat hy so gereeld voorstel. Malemaland, sal Suid Afrika se voorland wees as die media hom gaan aanhou help deur sy aanhangersgetalle te vermeerder en sodoende sy magsbasis te vergroot. Is dit nie ironies hoe naamsveranderinge in Afrika vooraf daardie land se lot deur n blote naam bepaal nie. Kyk byvoorbeeld na Zimbabwe, wat vernoem is na die bekende "ruins", wat die naam Zimbabwe eintlik beteken. En soveel jaar na onafhanklikheid is die land in "ruins". Namibia aan die ander kant is vernoem na die Namib woestyn, die oudste woestyn op aarde. Dan wil mens nie te vroeg praat nie, maar een en twintig jaar na onafhanklikheid wil dit tog lyk asof ons ook die oudste demokratiese regering in Afrika gaan word, dis nou as ons leiers gaan bly vaskleef aan die huidige grondwet en daar nie n Malema by ons sou kop uitsteek nie. Ek kan natuurlik aan Zuma die regte en enigste oplossing vir hulle tamale(ma)kie gee, maar daarvoor kan ek in die publiek gehang word, so ek sjoes maar liewer. Intussen voorspel ek maar net dat dit juis die media gaan wees wat Malema die volgende diktator in Afrika gaan maak. Die leier van Malemaland, die mees suidelike land in Afrika.

Overloading of nie?

As hierdie Nissan 1400 met dertien mense in nie by n padblokkade as oorlaai bestempel word nie, wat de hel word dan wel as overloading gesien? Met 10 passasiers agterin is hierdie bakkie sonder om te blik of te bloos deur polisiebeamptes deur n padblokkade voor Okahandja deurgelaat.



Noorde trippie

Oukei, julle weet nou al dat ek en mamma gou met die kiddies Rundu en Oshakati toe was vir die week. Ek het so langs die pad n paar dingetjies opgemerk wat dalk die moeite werd is om te noem. Veral met die terugkomslag het ons verskeie verkeersbeamptes besig met spoedlokvalle gekry. Glo my dis so nodig op ons helldriver paaie. Waar was die manne egter toe n wit Mercedes met n CA registrasie teen ongeveer 240kmpu by my verbyvlieg. Ek wonder of daai peperkorrelkop wat ek agter die headreast sien uitsteek het, enige idee het van hoe hard hy gaan val as hy daardie Merc so effens skeef gaan land. In Otjiwarongo by die vulstasie kom waarsku n medepadverbruiker my teen die spoedlokvalle langs die paaie. Ek meen, meneer, hoekom wil jy dit nou doen? Die enigste manier hoe iemand gaan leer om by die spoedbeperkings te hou is om n onbekostigbare boete te ontvang. Moenie ander mense waarsku nie, hulle is verantwoordelik vir die dood op ons paaie. Dis jou en my familie wie se begrafnisse ons moet bywoon. Los hulle dat hulle dit aan hulle sakke voel en dalk daaruit leer. Soos die koerante berig gaan die reenverweerde paaie ons baie geld aan herstelkostes uit die sak jaag. Dit was nogal n welkome gesig om by elke enkele gat in die pad, op pad na die noorde, n paar padwerkers te sien waar hulle besig is om gate toe te stop. Party plekke het dit wel gelyk asof die gate net eers tydelik met n klei en beesmismengsel toegestop word, maar dit maak voorwaar die gebruik van ons paaie beter. Soos ek ook teenoor mams opgemerk het, was die vriendelikheid van die personeel langs die pad ook n riem onder die hart. Die mees verveligste werk, om daar met n rooi vlag vir die hele dag lank te staan en motoriste verby te laat gaan, dit sal die lewende hel uit my uit irriteer, maar daar staan die vrou met die vlag in die hand, glimlag vriendelik vir ons en waai nog met die ander hand. Minder goeie dinge is die padverbruikers wat so gemaklik al hulle vullis by die kar uitgooi. Dis bierbottels, plastieksakke, ja en by een van die padaftrektafels is daar sommer langs die tafel gek%* en die hopie met sy toiletpapier is nou n vertoonstuk. Maar ook by die aftrektafels het ons skoonmaakpersoneel gesien. Hoe verder noord jy ry, hoe meer raak die vullis langs die pad. Dit sal nou weer die een of ander weldoeners kos om n skoonmaakaksie te organiseer om ander lendelam breindooies se vullis op te tel. Red nou n volk. Padblokkades is volop, maar die effektiewiteit hiervan kan bevraagteken word. Dink die polisieman by die padblokkade net voor Oshakati nie byvoorbeeld dat enige van sy kollegas by die vorige 5 blokkades vanaf Windhoek ons reeds dieselfde vraag gevra het nie? Wat wil hy in elk geval maak as enige van die voriges my reeds beboet het vir sonder laaisens ry? Maar nee, elke padblokkade lewer dieselfde vraag oor en oor op; Dlaaiwels laaisens please! En dan natuurlik die openlike diskriminasie teenoor n blanke. Sien tog asseblief die fotos in die volgende hofie oor die rooi Nissan 1400 bakkie met 13 mense in, 3 voor en 10 agter in. Ons het hierdie bakkie by n padblokkade voor Okahandja gekry. Twee polisiebeamptes het die bakkie begroet en een links en een regsom gestap en toe die mense vriendelik gewys om voort te reis. Ek meen daar is nou nie eens vir die bestuurder se lisensie gevra nie, wat nog van oorlaaiding? Ek as volgende motor in die ry is sommer dadelik vir my bestuurderslisensie gevra. Nou ja ten minste laat verminder hulle darem die meeste motors se spoed vir n wyle, anders sien ek nie die nuttigheid in soveel padblokkades en hulle laat die een na die ander die dood op ons paaie deur nie. Ek kan wel die vorige geleentheid onthou hoe ons met die einste GWM multiwagon met 7 mense in deur n polisieman(?) gevra is; How can you overload like this? Maar n 1400 met 13 mense is nie overloading nie? Ek wonder nou net waar wil hulle met die 800 nuwe polisiebeamtes gaan wat nou weer vir opleiding oorweeg word. Seker nog 10 roadbloks om vir lisensies te kyk. Bewys my tog asseblief verkeerd.

Passasiers spring ramp vry

11 April is daar n groot berig oor die Airbus van Air Namibia wat so amper amper die aanloopbaan gemis het. Die landmerke wat op die foto gewys word vat vat so aan die grasoppervlak langs die aanloopbaan. Dit lyk so reg uit n toneel van Soul Plane waar die pilot hoog op die aaptwak was. Dan is dit blykbaar nie die eerste voorval waar die betrokke vlieenier by betrokke was nie. In n ander berig vertel Mossie Oosthuizen hoe hy met sy girokopter met moederaarde kennis gemaak het. Hy vertel dat hy hom net so bietjie skeef kom land het, toe slaan die vliegtuigie sommer gat oor kop. Air Namibia sal moet oppas, daardie pilot sal die Airbus ook net so bietjie skeef kom land dan slaan die Airbussie ook gat oor kop met al sy honderde passasiers daarin.

Dankie, Afrikaans

Man ek kan mos nie net wil kla en fout vind uit my gunsteling koerant nie, daar moet mos baie positiewe dinge wees om raak te sien. Kom ons kyk, Securitas adverteer n pos, n vakature in Die Republikein, en raai wat, hulle doen dit in Afrikaans. Ja, in die Afrikaanse dagblad plaas hulle n advertensie in Afrikaans. Baie geluk mense, julle gebruik die welbeproefde afrikaanse lesersmark en spreek hulle in hulle eie taal aan. Ek hoop die ATKV sien dit raak. Dan is daar Outsurance, dit klink vir my nogal bra Engels, maar ook hulle stuur n hard en duidelike boodskap uit naamlik, julle Afrikaanssprekendes is welkom om by ons dekking te kry. Ons naam is dalk Engels en ons Jo'burgers praat hoog ingels, maar julle afrikaanse geldtjies is welkom by ons. Dankie, Outsurance, my 1ste premie het laas maand afgegaan. Ai, en moet nie vir Erindi vergeet nie, hulle ad verkondig dit sommer prontuit; Hello van Erindi. Dit is so Afrikaanswelkom soos n soen van n wildvreemde boere-antie, jy voel sommer dadelik tuis. So let wel, Afrikaanssprekendes is welkom by Erindi, ek was daar en hulle het met my Afrikaans gepraat, unlike goverment owned Etosha, waar minderjariges met n sixpack bier by die winkeltjie uitstap en reguit in sy pa se koelboks langs die swembad inpak, sonder eens n skewe kyk van enige personeellid. Ja en Bedding Warehouse sien ek is in afrikaans geadverteer, maar daar was een oulik enetjie wat ek nou om die dood nie kan opspoor nie. Die een of ander bandebesigheid adverteer daar in Afrikaans, waarvoor ek baie dankbaar is, spesiale aanbiedinge op van hulle produkte. Onder andere is daar Alloy Rims op special. Manne, dis Engels vir Allooi Vellings, maar ons het die boodskap, naamlik dat julle Afrikaans pretty much like. Thanks. Hoera vir al die andere wat in die Afrikaanse blad hulle stemme dik maak in Afrikaans. Daar is niks wat my so grief soos die arrogansie van party briefskrywers wat kommentaar op n afrikaanse berig in Engels lewer nie. You don't impressa me much! Een klient het dit eendag vir my so pragtig opgesom toe sy op n tweetalige rekeningstaat vir my die volgende boodskap skryf en die staat terugpos; Please adress me in English because I don't understand English.

Bedrog en nog bedrog

Kyk hierdie nasie van ons is vir my bietjie onverstaanbaar. Almal soek werk, en dan nog beter en nog beter en op die ou end beland hy daar in die pos wat seker die hoogste aanloklikste pos vir ons volk moet wees, naamlik n tronk gevangene, n inmate. Anders hoe verklaar mens die huidige tendens wat die laaste weke weer in die koerante uitgebasuin is. Jy word in hierdie hooggeplaasde hoedanigheid aangestel, almal sien op na jou en verwag van jou om die voorbeeld te stel en dan gebeur dit; N$ 20 miljoen, by Standard bank geswendel, N$ 72 miljoen deur n vrou by haar maatskappy geswendel, n skoolhoof huur sy staatsgesubsidieerde huis uit aan n sakeman vir N$ 24 000.00, nog n werker van die Ministerie van onderwys is aangekla oor hy omkoopgeld aanvaar het. Dit hou net nie op nie. Dan beland die skuldiges in die tronk, nuwe mense word in hulle plek aangestel en dieselfde roetine herhaal homself, oor en oor en oor. Dis ook nie by ons waar dit stop nie, Malemaland is maar in dieselfde bootjie. Volgende week se koerante is feitlik gewaarborg om maar net met die nuutste skokke vorendag te kom. Ek sal maar wag en kyk wie is volgende op die waglys vir Windhoek Prison Applications.

Die Welwitschias

Ek het die ander dag so bietjie liries geraak oor die Brave Warriors, Namibia se nasionale sokkerspan, en wel of hulle so tipe naam verdien. Vir my persoonlik is daar niks wat hierdie span( wat miljoene der miljoene jaarliks van die belastingbetaler en van borge opeet) nog gedoen het om eerstens so n naam te verdien en tweedens om soveel geld op te vreet nie. Maar dan moet ons seker die Namibiese rugbyspan ook oor dieselfde kam skeer en bietjie kyk of hulle wel hulle naam verdien. Die Welwitschias, so half dooie plant wat daar in die woestyngebiede voorkom en as die een of ander natuurwonder beskou word. Basta, man. Elke enkele blom,plant, mens,sandkorrel,klip,reendruppel,wolk,dier en wat jy ook al kan opnoem is n natuurwonder.Alles op aarde is deur een God geskape en elkeen is n volkome volmaakte skepping. Niemand,maar niemand het die reg om een bo die ander te stel nie. Dit daar gelaat, kom ek kyk gou na die name van ander rugbyspanne. Die Stormers, Hurricanes is wind ge-orienteerde name,maw natuurkragte. Die Lions,Cheetahs,Sharks,Brumbies is diere uit die natuur georienteerd, almal diere wat spoed,krag en grasie uitbeeld. Die Reds,Blues,Force,Highlanders is streekgeorienteerde name. Die Crusaders,Rebels en Chiefs is vegters-georienteerd en staal krag en veggees uit. Dan is daar streekname soos WP en kleiner maar ewe beweeglike,grasieuse,vegtersinstink dierename soos Griffons,Bulldogs en nog mense soos Kavaliers, wat die een of ander trots na vore bring. Ja en heel laaste is daar iets soos Bulls. Ons weet almal wat Wetenskap op skool gehad het wat die primere taak van n bul is en dit is om soveel as moontlik koeie te dek. Dis takies wat manne soos Steve en Joost ter harte neem. Maar ek is nou by die Welwitschias.Watter tipe vrees is dit nou veronderstel om by die opponente in te boesem. Laat ek net gou daaroor nadink. Daar is geen beweging ter sprake nie, nie krag nie, nie natuurkragte, spoed, vaardighede of Kapena nie. Dit wys vir my daar is n easy game oppad teen n passiewe klomp blare wat jare en jare neem om te groei en ook heeltemal tevrede is om met feitlik niks oor die weg te kom nie. So ja, nou wat ek so daaraan dink, dan pas die naam by die span wat sopas n wenlose Vodaconbeker-reeks agter die rug het. Die Pampas is nog daar vir more, maar ek meen, wat is die kans vir n wen. Nee wat, ek dink regtig ons manne verdien n baie meer opwindende, kragtiger naam. Miskien iets soos die melkkoeie, ons is mos so lief om met die Bulle dinge saam te doen, seker daar waar ons verloorrugby gaan leer het. Die Rapport van verlede sondag beskryf nogal hoe ons span los getorring het teen die Kavaliers, nes n ou Welwitschia blaar. Kom skrik tog wakker en gee die manne n verdienstelike, motiveerinde naam, asseblief. Wat was die telling nou weer, 71-33

Oshakati vloed















Hier is die fotos wat ek die week in Oshakati en Rundu geneem het, wel nie baie van die Okavango nie maar die kan oor die lodge se grasperk in die agtergrond gesien word. Rundu Beach is natuurlik toe onder water.

Thursday, April 14, 2011

Dankie

Ek wil net dankies uitdeel aan die wat my blog adverteer en aan hulle familie en vriende versprei. Dankie Kika, dankie Niel, dankie Anton daar in Malemaland. Ek en mams was gou met die twee kiddies in Rundu, Oshakati en het die Efundja van naby gaan kyk. 2300km in 4 dae se tyd heen en terug met mamma se GWM. Ek sal later vandag tyd kry om na die week se koerante , nuus, ens, te kyk en my kommentaar te lewer. Dan sal ek ook fotos laai van hoe die Noorde nou lyk. Die van julle wat my storie gelees het oor hoe Boel Dreyer my uit die Wiskundeklas, tas en luidspreker en als tegelyketyd uitgemoer het, hier is ietsie by. Ou Boel het per toets tien wiskunde somme gevra. Ek het al tien die somme die regte antwoorde gegee. Ou Boel het egter punte afgetrek vir die metodes wat ek gebruik het om daarby uit te kom. Vandaar die minus punte. Hy het dus my Simonstad wiskunde onnie gestraf en nie vir my nie. Ek is maar net die een wat die gevolge dra. Nou my eintlike punt. Volgens die Rapport van Sondag is die Bulle gelukkig om nul te kon kry. As Boel Dreyer se puntestelsel ook in rugby van toepassing was of is dan moet ek honderd persent saamstem. As daar elke keer wat Bulls spelers die bal wegskop of in die lug inskop, n punt afgetrek moet word( as verkeerde metode ) dan kan die Bulls baie gelukkig wees dat hulle nie op Minus 80 eindig nie. Rugby, vir die wat nie weet nie, is eintlik n spansport, dus moet jy ook bereid wees om die bal met jou maats te deel. Baie geluk Bulls, nul is meer as wat ek by ou Boel kon bereik.

Friday, April 8, 2011

1982 WHS reunie































































Die beoogde reunie van die 1982 matrieks van WHS het my laat besluit om hierdie foto te pos. Die mans van 10A is almal nog in die land met die uitsondering van die hartseer geval van Ben Wiese. Die meisies wat nou vrouens, ma's en ouma's geword het, is so bietjie oor die aardbol versprei. Ek ken nie eens meer die klasjuffie nie. Sal die ander klasse, 10B, 10C ens, bietjie hulle klasfotos aanstuur asb. Dit sal gewaardeerd wees. Kon hulle nie destyds die agtergrond beter versier het nie, soos met n massiewe Stormers/WP logo of iets? Paul se klas sou seker die Bulle daaragter wou sien maar doei tyd het die Bulle net uit Naas uit bestaan.


















Danksy Reho het die fotos aangeland, so ek sit hulle graag op.

Alles Wel (storie vir Aprilmaand)

Alles wel
deur
Ian Snyman

Vroeg in die tagtiger jare het die Polisiediens van Suidwes-Afrika ʼn besonderse goeie taktiek gehad om die beste prestasies uit hul lede te kry. Rugbyspelers is byvoorbeeld gemonitor oor hul bywoning van oefeningsessies. Wanneer ʼn speler ʼn oefening of twee wegbly sonder ʼn geldige verskoning sou hy ʼn ernstige waarskuwing ontvang. As die wegblyery egter ʼn gewoonte word, dan kon die polisieman hom maar gereed maak vir ʼn verplasing.
Die eerste keuse van sy nuwe adres is vir hom gemaak en sou gewoonlik Keetmanshoop wees. Daar moes hy weer vir rugby aanmeld en op die manier het Keetmanshoop ook ʼn sterk span gehad. Sou hy egter daar ook van die oefeninge wegbly dan was Karasburg sy volgende pos. Karasburg het dus ook in daardie jare ʼn span gehad. As hy daar ook nie meer geoefen het nie dan was ʼn klein tweeman of eenmanstasie sy volgende pos. Op die manier kon Windhoek Polisie met gemak vier goeie spanne op een dag op die veld stuur, dit terwyl ʼn menige van ons klubs vandag sukkel om ʼn volledige span vir ʼn fiksheidsessie by die veld te kry.
As jy dus in Windhoek wou bly moes jy seker maak dat jy honderd persent alles gee vir dit waarvoor jy jou inlaat. Dieselfde metode is gebruik in werksverband ook en nie alleenlik vir sport nie. Nalatigheid kon maklik ʼn verplasing teweegbring, terwyl growwe nalatigheid tot onmiddelike ontslag kon lei. Daar was egter ʼn middelweg vir laasgenoemde. Wanneer jou nalatigheid van so aard was dat dit nie jou ontslag regverdig nie en jy het potensiaal as ʼn polisieman gehad, dan kon jy jouself maklik op ʼn tweemanstasie bevind. Daar waar dit net jyself en die sersant is. Die sersant kon dus nog ʼn oog oor jou hou.
Een so ʼn geval was Doepie en hy het een swakpunt gehad ondanks die feit dat hy ʼn baie goeie polisieman was. Doepie kon goed slaap. Hy kon so goed slaap dat hy gereeld laat vir diens aangemeld het en dit het sy verplasing tot gevolg gebring. Doepie was natuurlik nie sy regte naam nie en die dorpie na waar hy verplaas is kan ek nie noem nie, want hy was ʼn goeie polisiebeampte en ons wil hom nie in die verleentheid bring nie.
Doepie meld toe aan by sy nuwe stasie en ontmoet die sersant. Die sersant wys hom al sy nuwe pligte breedvoerig en meld terloops dat die grootmanne in Windhoek baie van hom wat Doepie is hou en dat hy hier die geleentheid kry om sy naam in ere te kan herstel. Konstabel Doepie is teleurgesteld en reeds vervelig in sy nuwe stasie. Daar is die polisiestasie met sy selle, die gebruiklike poskantoorgeboutjie, die treinstasie en ʼn winkeltjie of twee. Die enigste vermaak op die dorpie was die wat jy vir jouself kon bied en in Doepie se geval het dit slaap beteken.
So gebeur dit na omtrent twee weke dat die sersant eendag vir Doepie inroep en meedeel dat hy, die sersant, ʼn veediefstalsaak moet ondersoek. Hy sal vir die hele middag uit wees en eers laataand terugkeer. Doepie word in bevel van die aanklagkantoor gelos en moet die dorpie oppas totdat die sersant terugkeer, maak nie saak hoe laat nie. Die dorpie oppas beteken in die geval om alle polisieaangeleenthede te hanteer. Nou in die dorpie was die polisieman ook dokter, ombudsman, brandweerman, staatsaanklaer, veearts en heelwat meer.
Teen tien uur die aand is Doepie reeds erg vervelig. Die enigste opwinding van die dag was die trein wat verby gekom het. Wanneer die trein twee maal per week op die dorp aandoen dan is omtrent die hele dorp op die stasie teenwoordig. Doepie kry bietjie koud in die vroeё winter aandluggie en hy dwaal weg na die winkelgebou. Agter die gebou het die winkelier ʼn klein bakkery aangebou en van die dag se gebakkery is die oond nog lekker warm. Hier maak hy homself tuis bo-op die oond en sommer gou is hy vas aan die slaap.
ʼn Uur later kom ry die sersant die dorpie binne net om dit in absolute chaos te vind. Die spoorweggebou is aan die brand en die hele dorp is teenwoordig om die vuur te probeer blus. Dit is nou die hele dorp behalwe een man, Doepie, wat rustig op die oond slaap. Vanuit alle rigtings kom hardloop mense met houers water nader. Die afstande is egter vêr vanaf die naaste krane tot by die stasiegebou en die vuur is vinnig besig om buite beheer te raak. Die sersant sluit die selle oop en gee vinnig opdrag aan die gevangenes om te help vuur blus. Dit was nie ongewoon om in daardie tye gevangenes buite die selle met ander takies besig te sien nie.
Desondanks die hele dorp se hulp is die stasiegebou gou in ligte laaie en is alle pogings om die brand te blus vergeefs. Almal staan en kyk deur die nag hoe die gebou afbrand. Dit is immers die grootste opwinding wat die dorp nog in sy bestaan getref het. Tussendeur vra die sersant uit na Doepie, maar niemand het hom met ʼn oog gesien nie. Teen die tyd wat dit begin lig raak is alles verby. Vuil en moeg keer almal terug na hulle huise en die sersant na die polisiestasie. Uitgeput sak hy in die stoel agter die lessenaar neer.
Vyftien minute later word Doepie wakker en stap rustig terug na die aanklagkantoor. Hy groet die sersant, wat nie ʼn woord sê nie en trek die voorvalleregister nader. Tot die uiterste verbasing van die sersant, maak Doepie die volgende inskrywing in die register.
Konstabel Du Plessis rapporteer van diens. Alles is wel en geen noemenswaardige voorvalle het gedurende die nag plaasgevind nie.

Thursday, April 7, 2011

CFS

Ek lees in vandag se Erongo bydrae dat hierdie maatskappy se deure nou reeds vir 10 jaar oop is. Die klomp gelukwens advertensies op dieselfde bladsy beaam die 10 jaarvieringe. Baie geluk manne, dis n prestasie vir enige privaatinisiatief om n sukses van n idee te maak. Maar nou weet julle mos dat dit nie die rede vir my skrywe sal wees nie. Nee, wiskunde is my probleem met hierdie rubriek. Ons is mos reeds die hele bladsy oor vertel dat die besigheid tien jaar oud is, maar daar groot in goue letters helder hulle die rubriek bietjie op met n aanhaling wat lees, tien dekades vir CFS. En dis presies waar my standerd sewe wiskunde gaan vassteek. Ja net standerd sewe. In Simonstad het ek n wiskunde onnie gehad wat n Portugese vlugteling was. Onder sy leiding was ek die top wiskunde leerling in die klas met n jaareindpersentasie van diep in die negentig persent. En toe volg die skuif Windhoek toe en ek beland by oorlee Boel Dreyer in die klas. Die 1 ste klastoets behaal ek minus 4 %. Nie eintlik iets wat ek gedink het is wiskundig moontlik nie, maar ek volg dit toe in die volgende toets op met minus 6%. So gaan dit in die volgende kwartaal aan en om n lang storie kort te maak, kom storm Mnr Dreyer een periode 5 minute voor pouse by die wiskunde klas in net toe die skoolhoof met sy afkondigings oor die interkomstelsel begin. Hy pluk daai luidspreker van die muur af en moer die ding by die oop kamerdeur uit. Jammer maar daar is nie n beter afrikaanse woord om daardie aksie te beskryf nie. Volgende storm hy tussen die tafels deur en gryp my rugsak hier langs my tafel en loop moer die ook by die deur uit. Kort op my skoolsak se spore is dit my beurt om uitgesmyt te word. Daai woorde,"gaan soek vir jou n ander vak" druis nog helder in my ore. Daar is my hele drome van Rekenmeester, Argitek en alle soortgelyke drome saam met n IK van 140 ook moer toe. Geskiedenis is waar ek op die ou end beland het nadat die skool se vakkeuses Rekenkunde nie saam met my ander vakke wou toelaat nie. Die was natuurlik ook een van my top vakke in die Kaap. Dis die dat Atletiek op die ou end my enigste topvak in WHS was. Hulle wou my nie by die ander gehad het nie. In elk geval ons het laas by 10 getrek. Volgens my st 7 kwalifikasie is 10 gelykstaande aan n een met n nul daaragter. Tien jaar word weer in jare uitgedruk as n dekade, dis nou as ek nog sover reg is. So tien dekades moet dus 10 maal tien jare wees, maw 100 jaar. Dit in jare uitgedruk sal dus n eeu wees. Nou verstaan ek nie hoe tien dekades by n besigheid se tienjarige bestaan ingevoeg word nie. Dis natuurlik my eie domgeid, dis ook die dat ou Boel my by die klas uitgemoer het, oor ek nie hierdie tipe logiese somme verstaan nie, of hoe?

NRU

Gene Travers is n man wat my baie fassineer. Kyk, hy som partykeer by wyse van n spotprent n situasie so op dat ek dit soos n foto voor my sien. Ek oorweeg dit ernstig dat hy in my tweede of derde boek die illustrasies moet doen. Maar dit eers daar gelaat. Daar teken hy mos die week weer n prentjie oor die Namibia Rugby Unie wat weereens in die knyp is(of nog steeds) oor geld. Nie oor hulle te veel geld het en dit wanbestee nie, maar juis oor hulle te min het en mekaar beskuldig van wanbesteding. Hierdie rondte het die een of ander hotel hulle weer voor stok vir skuld, dis nou volgens Gene se prentjie. My probleem is; die ongelooflike manier presies hoe voorspelbaar party mense kan wees. Ek bedoel, toe die NRU die toernooi aangebied het en sekere deelnemers is in die hotel gehuisves, (dit moet al n hele ruk terug gewees het) toe kon Gene Travers reeds hierdie spotprent geteken het en dit net op "file" gehou het. Hy sou dit wel die een of ander tyd later kon gebruik en dan kon hy die dag afvat oor sy werk reeds gedoen was. Presies so voorspelbaar is die NRU. Jy weet op 1 Januarie reeds dat die NRU die nuus gaan maak met skuld, of wanbesteding of gerugte van wanbesteding of heen en weer beskuldigings en alle ander tipes nuus waarvoor ons as die rugbypubliek hulle nie in die nuus wil sien nie. Ons wil hulle net op die agterblad sien met wentellings aan hulle kant. Dis hoe eenvoudig dit is kerels, kry julle dinge agtermekaar en die borge sal oor hulle voete val om met julle verbind te word. Enige besigheid sal sy naam met wenners wil verbind, maar dan moet dit al wees waarvoor julle die nuus haal, vir wen, en nie vir stadiums wat deur die geregsbode vir skuld verkoop moet word nie. Dankie manne, ons weet julle kan.(As julle wil)

Vloede

Die baie reen het sy voordele en bring ongekende skoonheid aan ons land, maar daarmee saam kom ook ander nadele. Die koerante berig oral oor vloede en mense wat dakloos gelaat word. Op 4 April 2011 word geskat dat reeds 150 000 mense deur die vloede geraak word. My hart gaan regtig opreg uit na hierdie mense wie se lewens deur die vloede ontwrig word. Maar julle kon darem sekerlik reeds raai dat ek nie daaroor wil kommentaar lewer nie. Nee, inteendeel, volgens Dani Booysen se voorbladberig sal die Ministerie van Onderwys blykbaar reelings tref om verlore studietyd by vloedskole in te haal. Dis nou by die skole wat tydelik gesluit is as gevolg van ontoegangbaarheid as gevolg van die baie water. Hierdie verlore studietyd beoog hulle om moontlik in die vakansietyd in te haal. Wow. Definitief nie in my skooltyd 30 jaar gelede nie. Ek het nie eens in die skooltyd self geleer nie, hoe sou hulle my nogals in die vakansietyd wou maak leer. Ek kry sommer nuwe opregte dankbaarheid teenoor die regering van die dag. Dat hulle leerlinge so kan motiveer om gedurende die vakansietyd skool toe te gaan en agterstallige leerwerkies in te haal, wel dit wil gedoen wees. Daar is net eenvoudig geen manier op hierdie aarde dat my onnies van ouds my genoegsaam sou kon motiveer of dreig om my by daai skool te kry nie. Dit het genoeg selfmotivering gekos net om myself gedurende die normale kwartaaltye daar te kry en dan was die motivering meer deur atletiek, rugby en meisies teweeggebring as deur die honger na leerwerk. Andersins haal ek my hoed af vir die leerlinge wie se skoolbywoning gedurende die vakansietyd meer as 50 % van die totale leerlinge sal uitmaak. Maar ek beklemtoon dit weereens, daar is net nie n manier nie, nie in my tyd nie.

Monday, April 4, 2011

Premier word bedrieg

Ek lees ook in 1 April se koerant van die ou wat die Eerste Minister van Namibia bedrieg het deur kamma beeste,skape,bokke,wild en volstruise aan Mnr Nahas Angula en twee ander boere te verkoop. Hulle betaal die geldtjies in die outjie se bankrekening in en dan hoor of sien hulle nooit weer van hom nie. Om die guts (of die onnoselheid) te bekom om die Eerste Minister van alle mense te wil bedrieg en dit op so stupid manier, kan net deur n paar maniere gedoen word. Of jy moet aaptwak rook, of jy moet papegaaislaai eet, of jy moet jou bestaan uit kannabasplante maak, of jy moet gunja rook, of groenputte, of jy moet 10 kilogram aartappels gebruik saam met 5 kilogram dagga om n Vodca/gunja witblits te stook (en dit self drink), of jy is dalk voorheen benadeel en sukkel nog steeds om die ewige emosionele druk te verwerk. Dit kan natuurlik ook n kombinasie van al die voriges wees. My liewe lulu, daar lees ek toe verder en sien dat die mannetjie al lank gelede herhaaldelik vir diefstal sowel as vir die besit van dagga gevonnis is. My studie in sportsielkunde het my dus nie in die steek gelaat nie, die man voldoen aan amper al die vereistes wat ek gedink het iemand van so n kaliber moet oor beskik. Oor ons goedgelowige, wetsgehoorsame, vertrouallemense, wees lief vir jou naaste burgers, wat so gereeld deur hierdie bedrieers ingeloop word, gaan ek in hierdie stadium net mooi niks verklap nie, want sien, ek is een van die wat ook al ingeloop is.

Nuwe leiers by weermag

1 April 2011 se gekkedag het sy dinge opgelewer. Persoonlik kan die koerante my nie meer uitvang nie. Daar is net te veel dingetjies in die berigte wat dit vir my duidelik maak dat dit n gekseerdery is. Maar mamma was slimmer, sy laat jaag my halfpad deur die dorp, laat soek my n hele restaurant deur na haar en intussen sit en breuk sy haarself van die lag in haar kantoor. (Toemaar ek sal haar terugkry in die volgende 90 jaar) Toe ek die beriggie met die opskrif sien van nuwe leiers wat by die weermag aangewys is, het dit my vir so klein rukkie geamuseer. Nie die bevorderings soseer nie, maar die name. Want sien, ek hou daarvan om te kyk watter van hierdie name dop voorkant toe weer in die nuus uit. Manne wat stil stil van hulle pligte onthef word, manne wat in die sop by die Teenkorrupsie beland en dan natuurlik wie van hulle neem hulle pligte ernstig op en is op die ou end ware aanwinste vir die land. Dit is hierdie laasgenoemdes wat ek wil leer ken en mee besigheid doen. Ek soek net eenvoudig nie die manne se geld wat dit deur ompaaie bekom het nie. Intussen moet ek eers wag en sien watter van hierdie hooggeplaasdes gaan hulle range verdien. Staan in rus (vir eers).

Kaiser Motors

Ek lees in 31 Maart 2011 se Republikein van Frank Sowden en sy verloofde Anandi wie feitlik al hulle aardse besittings verloor het nadat n vloedgolf deur hul huurhuis gebars het. Charlie Ellis van Kanaal 7 se nuuslyn het die toneel besoek en oor die twee mense se rampspoed oor die radio berig. Deon van der Westhuizen van Kaiser Motors het die beriggewing gehoor en het onmiddelik opgetree deur die twee persone finansieel by te staan. Nou wat vir my belangrik in hierdie berig was, is nie die krag van water, die rampe wat die aarde deesdae tref of enigsins iets in daardie lyn nie. Wat my die meeste geraak het, is hoe vinnig Mnr van der Westhuizen bereid was om hulp te verleen. Dat daar hoegenaamd nog mense leef wat gou gou hulle hand in hul sakke sal druk om n medemens by te staan in tye van nood is tipe vanselfsprekend. Daar sal net eenvoudig altyd sulke samaritane op die aarde wees tot in lengte van dae. Wat my persoonlik getref het, is dat Mnr van der Westhuizen reeds verantwoordelik is vir die borg van die nuuslynvoertuig van kanaal 7, die media vir Christus se privaatradiostasie. Dat hy nog na die kanaal luister ook en dan so vinnig op iemand anders se nood reageer het my met nuwe gevoelens na Kaiser Motors laat uitkyk en rondluister. Hulle kan verseker wees dat ek, wanneer ek weer in die mark vir n voertuig is, gewis by hulle sal aanklop. Want dit is maar hoe eenvoudig die lewe werk, wat jy uitdeel sal jy dubbel en dwars terug ontvang. In hierdie geval het hulle mense in nood finansieel bygestaan. Hulle sal finansieel dubbel en dwars terugkry en as Mnr van der Westhuizen dalk eendag self met n noodgevalletjie te doen kry sal daar vir hom hulp vanuit alle rigtings instroom. Dit is hoe maklik dit is.

Saturday, April 2, 2011

Die Brave Warriors

Ai tog mense, hoe kan jy so trotse naam soos Brave Warriors aan iemand gee wat dit nog nie verdien het nie. En hoe maak mens om so naam te verdien. Wel dis eintlik maklik, jy maak soos die Namibiese rugbyspan. Jy veg moedig teen sterk opponente tot die bitter einde toe, jy wen wedstryde (oeps het ek van wen gepraat) wel dan ten minste die dae wat hulle al die beroepspelers bymekaar trek en dan wen. Dan moet wen en moedig veg ook n gewoonte wees. Ons Brave Warriors, verloor,verloor, verloor en ja verloor soos nou weer 4 doele teen nul. Ek is nie n groot sokker kenner nie maar die telling vertel vir my die volgende verhaal. Daar is nie doeltreffende doelskoppers (strikers) in die span nie of alternatiewelik ordentlike afrigting nie. Daarom dat ons na 90 minute geen doele kon aanteken nie. Daar is ook nie doeltreffende verdedigers op die veld nie, of alternatiewelik dan swak afrigting. Daarom dat ons 4 doele afstaan in 90 minute se tyd. Miskien was daar nie eens n goalie op die veld nie. Miskien moet ons n regte "Kapunda" vir goalie gebruik, een wat die boks so vol staan dat geen bal ook nog kan inpas nie. En maak geen fout nie, hierdie land van ons borrel van talent. Ons is veronderstel om wereldklas atlete op strepe op te lewer. Maar afrigting en die naam is glad nie my punt nie, my punt is die borg(e). Na so lelike drag slae sou ek van die borg verwag om die sweep in te le met n duidelike boodskap van, Shape up or Ship out. Maar nie onse Tafel lagers nie, hulle is loosers seker te gewoond, want wat maak hulle? In die Afrikaanse koerant nogal, gaan plaas hulle n Engelse advertensie wat lees; Win or lose, we are still warriors. Hi Shame, sies tog, foei tog, kyk hoe bejammer ek julle. Voorts; You have proven to be a worthy opponent and put up a real brave performance,( seker like so many times before), Keep up the warrior spirit. Nou dink hulle die Afrikaanse lesers verstaan nie Engels nie? Of hulle dink dalk dat die Afrikaanse lesers wat die Afrikaanse koerant koop, verstaan nie Afrikaans nie, daarom plaas hulle vir ons n Engelse advertensie. Of is hulle bang die sokkerondersteuners gaan nie meer die biertjies drink nie of wat is die werklike doel van so ruggraatlose attitude teenoor n loosers attitude span? Hierdie mense is welkom om my te kontak, ek sal vir hulle n baie doeltreffende manier gee hoe sportmanne geborg moet word, wenners, nie loosers nie.Want dit is presies wat gebeur wanneer jy proffessionele sportmanne prys wanneer hulle verloor. Jy kweek n loosers attitude. Al wat ek vandag egter vir hierdie plasers van n absolute stukkie bog advertensie wil vra, is; Drink Responsibly(and do not sell to persons under the age of 18). Dan sal julle nie sulke snert in die publiek kwyt raak nie.

Bankrot bank

Die 29 ste Maart 2011 stap ek by Standard bank in om n tjekkie te wissel, maar die teller vertel my dat daar nie genoegsame geld beskikbaar nie. "O my hel, ek is bankrot," dink ek eers. Die volgende oggend koop ek die koerant en daar lees ek van N$ 20 miljoen se bedrog by Standard bank. Iemand het blykbaar die geldtjies van hierdie kant na n rekening in die RSA oorgeplaas. "Dank die Vader," dink ek, "dis gelukkig die bank wat bankrot is en nie ek nie." Nou vra ek weer, jy word in n posisie aangestel waar jy toegang tot hierdie tipe geldtjies het en jy steek jou werkgewer op hierdie manier in die rug, wat nou? Hang hulle, vleg n galgtou met N$ 100.00 note en hang hom vir n week lank voor die bank se hoofingang op. Dis die taal wat ons verstaan, nie Afrikaans, Engels of Esperando nie, maar hanghomop, dis al.

Bokdiewe

Op 30/03/2011 berig Danie Booysen in die Republikein oor twee vermeende bokdiewe wat 67 bokke in n polisielokval wou verkoop. Gelukkig is hulle gevang, maar ongelukkig is hulle nie aan die naaste boom opgehang nie.Waarskynlik omdat dit (1); familielede van die betrokke polisiemanne was, of (2); daar nie groot genoeg bome in die Suide is nie, of (3) omdat die Wet dit verbied en hierdie mense nou op staatsonkoste aan die lewe gehou gaan word. Dit beteken kos,verblyf, staatsverdediging en, en, en............ Wel ek vra nog steeds, hang hulle en alle ander bylae 1 oortreders aan die naaste boom op. Dis nou diegene wat op heterdaad betrap word. Dit was, is en sal altyd die enigste taal wees wat hierdie tipe oortreders sal verstaan. Glo my, hierdie mense verstaan self ook nie waarom hulle op heterdaad betrap word en dan nog op al hierdie menseregte mag aanspraak maak nie. Botswana is hier vir ons almal n goeie voorbeeld. Jy oortree, jy kom voor n regter, jou familie hou begrafnis. 3 Maklike stappies binne n kwessie van n maand alles oor en die land gaan vooruit. Geen oorvol howe, opgehoopte dossiere,oorvol tronke en dik gevrete tronkvoels nie.