Tuesday, December 6, 2011

Doodse stilte

As julle gewonder het waarom hier absoluut niks op die blog plaasgevind het tydens die afgelope maande nie, wel die rede is eenvoudig;
Ek is tans besig om op te gradeer na n website toe, weg van n blogsite af. Dit beloof om die beste, grootste en mees gewildste webtuiste in Namibie te wees. Verder verklap ek tans niks, behalwe dat n web ontwerper tans druk besig is met die skep en ontwerp en dat ons dalk so vroeg as Januarie 2012 amptelik kan begin, sien julle daar.

Friday, October 14, 2011

World cup

Koos arrives in New Zealand to watch rugby.

He becomes ill,and a kiwi doctor tells him they have to remove his testicles.

On which he replies: "Not a donner!"

An Afrikaans doctor came to Koos and said: "Koos,hulle moet jou knaters uithaal."

Koos replies: "Oraait, ek dog hulle soek my test tickets."

Thursday, October 13, 2011

Jagtrip

Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly.

Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag.

Op die plaas aangekom sê hy vir haar om links teen die rivier af te loop dan loop hy regs teen die rivier af.

Hulle sal dan weer mekaar onder by die hoof hek ontmoet. So gesê , so gedaan. Hy het skaars 200 meter geloop toe hy drie skote hoor klap.

Hy hardloop terug in haar rigting en by die rivier kry hy haar. Sy stry kliphard met `n man "Meneer, dit is my Kudu , ek het hom eerste gesien en drie kopskote gegee!"

" Goed mevrou, ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan die kudu vir jou , maar gee jy om as ek darem net my saal en toom van jou fokkin kudu afhaal!?"

Thursday, September 15, 2011

Maand laat

Nog n bydrae vanaf Dirk;


'n Jong man kom een aand tuis en sy vrou omhels hom en sê ' Liefie, ek het goeie nuus. Ek is 'n maand laat. Ek dink ons gaan 'n baba kry! Die dokter het my vandag getoets, maar totdat ons sekerheid kry, mag ons vir niemand sê nie.'



Die volgende dag lui 'n man van die elektrisieteitsmaatskappy die deurklokkie omdat die paartjie nog nie hul rekening vereffen het nie: 'Is u mev. Smit? U is 'n maand laat, weet u?'


'Hoe weet u dit?' stotter die vroutjie.



'Wel mevrou, dis in ons lêer.' sê die man van die elektrisiteitsmaatskappy.



'In julle lêer?'



'Ja, mevrou!'

'Wel, ek sal eers vannaand met my man praat.' Die aand vertel sy vir haar man van die besoek. Mal van woede storm hy vroeg die volgende oggend na die kantoor van die elektrisiteitsmaatskappy.



'Wat gaan hier aan?! Dis in jul lêer dat my vrou 'n maand laat is! Hoe weet julle dit?' skreeu hy.



'Bly net kalm.' sê die klerk, 'dis niks ernstigs nie Al wat jy moet doen is om ons te betaal.'



'Betaal? En as ek weier?'



'Wel, meneer, dan is afsny die enigste opsie.'



'En wat van my vrou?'



'Ek weet nie. Sy sal seker maar 'n kers moet gebruik.'




Mal en ander verwante siektes

Mooi Boom

Wednesday, September 14, 2011

Stres

Stres is niks anders as n sosiaal aanvaarbare vorm van geestesongesteldheid nie.

Tuesday, September 13, 2011

Kwade reaksies

Partykeer, maar eintlik meeste van die kere, eintlik maar altyd, wanneer jy kwaad is dan sȇ en doen jy dinge waaroor jy later baie spyt is dat jy dit gesȇ en gedoen het. Die beste raad is om, wanneer jy kwaad word, eers ʼn brug te bou, daaroor te kom, en dan wanneer jy weer normaalweg dink, sȇ dan wat jy voel en doen dan wat jy dink goed is. Op die manier kwes jy nie ander mense se gevoelens nie en jy breek nie brue agter jou af waaroor jy later weer wou oorbeweeg nie. Baie keer word jy kwaad met die volste reg om kwaad te wees, maar dit gee jou nie die reg om ander mense saam met jou kwaad te maak nie. Nog minder gee dit jou die reg om ander mense seer te maak of hulle gevoelens te krenk net omdat jy verontreg voel. Dis iets vir jouself, as die ander persoon jou regtig te na gekom het, raak eers kalm en beplan dan jou aksies met nugter denke. Op die manier sal jy nooit spyt wees oor jou optredes na die tyd nie.


Monday, September 12, 2011

NZ

Die jongman werk in die groente afdeling van n supermark toe n ander man instap en vir n halwe blaarslaai vra. Die jongman verduidelik dat hulle net heel blaarslaai verkoop en nie halwes nie. Die man verduidelik weer dat hy nie die hele een nodig het nie , maar slegs die helfde. Die jongman vra of hy gou sy bestuurder kan gaan vra en dan stap hy na n kantoor agter in die winkel. Daar verduidelik hy aan die bestuurder dat daar n doos in die groente afdeling is wat net n halwe blaarslaai wil koop en toe hy so in die bestuurder se reaksie sien iets is fout, merk hy dat die "doos" hom agtervolg het en agter hom in die deur staan. Hy gaan toe kamma onge-erg voort en verduidelik dat hierdie heer saam met hom, sal graag die ander helfde wil koop.
Die bestuurder roep die jongman later in en berispe hom effens oor sy fout, maar hy prys hom vir die manier hoe hy vinnig sy fout reggestel het. Dan vra hy aan die jongman waar hy vandaan kom.
Nieu Zeeland, kom die jonman se antwoord.
"Regtig, en hoekom is jy daar weg?" vra hy die jongman.
"Dis net hoere en rugbyspelers wat daar bly," antwoord die jongman.
"My vrou kom ook van daar af," antwoord die bestuurder.
"Regtig, en vir watter span het sy gespeel?" vra die jongman vinnig.

Spoed

Mense vergeet gou hoe vinnig jy n werk kon afhandel,
maar hulle onthou altyd hoe deeglik jy dit gedoen het.
Dan is dit ook waar dat mense wat sit en werk,
baie meer betaal word as mense wat staan en werk.

Die Bokke

Wat noem mens 15 mans wat om n tafel sit en die Wereldbeker finaal op televisie kyk?
Die Bokke

Friday, September 9, 2011

Werk

Alle mense moet werk, want as hy nie werk nie dan word hy net n "nuisance" vir die res van die wereld. Werkloses is normaalweg die grootste euwel waar alle vorms van misdaad sy ontstaan het. Daarom maak mens net soveel kinders as wat jy voel jy kan onderhou en vir wie daar n toekoms kan wees. Dronkneste, shebeens en goedkoop seks en geen opvoeding is ook die groot oorsake vir oorbevolking tussen die werkloses. As China sy inwoners tot net een kind per gesin kan beperk en nie daarvoor deur die wereld gekruisig word nie, dan is dit tyd dat Afrika regerings werkloses moet verbied om kinders te maak. Dit is die regte pad vorentoe vir Afrika, maar ek is bereid om my lewe daarop te verwed dat geen Afrika leier die moed het om so besluit op sy inwoners af te dwing nie. Hel man, meeste Afrika regerings word juis deur die werkloses en lae inkomstegroepe aan bewind gehou. Die hele prinsiep van een man een stem bring dus teweeg dat die werklose etter wat geld kry om te suip, die ope gemoed het om kinders te maak en die oorsprong van misdaad is, se stem tel net soveel as die hoog geleerde dokter, proffesor of rocket scientist wat meer belasting betaal as wat ek aan salaris verdien. Ek kon nog nie die regte Afrikaanse woord vir die opset vind nie, maar in Engels kon ek die een vind, naamlik: Fucktup.

Verstaan jou vrou

Nog n bydrae van Dirk;


> VERSTAAN JY JOU VROU ?

> 

> Dit is vir mans baie belangrik om te besef dat namate vrouens ouer

> word, hulle dit moeiliker vind om dieselfde kwaliteit van huishouding

> te handhaaf as toe hulle jonger was. Wanneer 'n man dit agterkom moet

> hy probeer om nie te skreeu nie..... Laat ek julle inlig hoe ek dit hanteer.

> 

> Toe ek 'n tyd gelede my werk as konsultant verloor het, het ek 'n

> afleggingspakket vir "vroeë aftrede" ontvang. Dit was toe nodig dat

> Bets 'n permanente werk moes aanvaar, nie net om die pot aan die kook

> te hou nie, maar ons het dit ook nodig gehad vir die mediese fonds-voordele.

> 

> Sy was 'n opgeleide mediese transskripsie-skrywer toe ons 28 jaar

> gelede ontmoet het en sy was baie gelukkig om nou weer 'n soortgelyke

> werk te kry. Kort nadat sy weer begin werk het, het ek agtergekom dat

> haar ouderdom haar inhaal.

> 

> Ek kom gewoonlik vanaf my visvang of klub dieselfde tyd huis toe as

> wat sy van die werk af kom. Alhoewel sy weet dat ek dan honger is, sal

> sy amper altyd sê dat sy dan moeg is en eers 'n halfuur of so moet rus

> voordat sy begin om die aandete voor te berei. Ek probeer nie om haar

> te vermaan wanneer dit gebeur nie. Inteendeel, sê ek vir haar sy kan

> maar haar tyd gebruik. Ek verstaan dat sy nie meer so jonk as

> vantevore is nie. Ek vra haar net om my wakker te maak wanneer die kos op die tafel is.

> 

> Vroeër het sy die skottelgoed onmiddellik na ete gewas. Dit is nou

> egter nie meer altyd die geval nie en somtyds is die skottelgoed nog

> vir ure na ete op die tafel. Ek bring ook my kant deur haar telkemale

> gedurende die aand te herinner dat die borde nie hulleself sal was

> nie. Ek weet dat sy dit waardeer, aangesien ek sien dat dit werk en

> dat sy tog die skottelgoed voor slapenstyd was.

> 

> Ons wasmasjien en droër is onder in die kelder. Toe sy jonger was, kon

> Bets verskeie kere per dag die trappe op en af klim sonder om moeg te

> word. Noudat sy ouer is, lyk dit of sy sommer baie gouer moeg word.

> Partykeer sê sy vir my dat sy net nie nog een keer die trap op en af

> kan klim nie. Ek maak nie 'n groot ding daarvan as sy so sê nie.

> Solank sy net die wasgoed voor die volgende aand gereed het, sal ek

> dit oorsien. As ek intussen dalk iets nodig het wat voor Maandagaand

> se snoekerspel of Woensdagaand en Vrydagaand se pokerspel of Dinsdag

> en Donderdag se rolbal gestryk moet word, sal ek vir haar sê dat sy

> net moet stryk wat ek benodig en dat sy die res van die strykgoed kan

> laat tot die volgende aand. Dit gee haar dan so 'n bietjie meer tyd om

> die los werkies, soos die was van die honde, stofsuig of afstof te kan

> doen. Ook as ek 'n goeie dag by die viswaters gehad het, het sy dan

> daardie bietjie meer tyd om die vis se skubbe te krap en teen 'n gemaklike tempo te vlek.

> 

> Bets begin so nou en dan te kla en murmureer, nie te dikwels nie, maar

> net genoeg sodat ek dit kan agterkom. 'n Voorbeeld hiervan is dat sy

> sal sê dat sy nie genoeg tyd gedurende haar etensuur het om al die

> maandelikse rekeninge te betaal nie. Ten spyte van haar klagtes gee ek

> haar ondersteuning en aanmoediging. Ek sê vir haar sy kan die

> betalings oor twee of selfs drie dae versprei. Deur dit te doen hoef

> sy nie so te jaag nie en verder herinner ek haar ook daaraan dat om

> nou en dan 'n middagete oor te slaan haar glad nie skade sal doen

> nie.(As julle snap wat ek

> bedoel)

> 

> Wanneer sy eenvoudige werkies doen, begin sy dink dat sy meer

> rusperiodes as voorheen, nodig het.

> 

> 'n Paar weke gelede het sy, nog voordat die grasperk halfpad gesny

> was, gesê dat sy 'n ruskans nodig het. Ek ignoreer sulke aanmerkings

> aangesien ek weet dat dit maar net die ouderdom is wat praat. Trouens,

> ek probeer om haar nie te embarrasseer wanneer sy hierdie ruskanse wil

> hê nie. Ek sê sy kan gerus vir haar 'n lekker glas koue lemoensap gaan

> uitdruk en 'n rukkie sit...soms bied ek selfs aan om 'n glas sap saam

> met haar te drink, aangesien sy terselftertyd vir my ook 'n glas vol

> kan uitdruk. Sy kan dan haar ruskansie kry deur daar by die hangmat te

> sit en met my te gesels tot ek aan die slaap raak. So kan ek aangaan,

> maar ek dink dat julle teen hierdie tyd al agtergekom het dat ek soos

> 'n engel uit die hemel is, soos wat ek vir Bets op 'n daaglikse basis ondersteun.

> 

> Ek wil nie beweer dat dit maklik is om soveel verdraagsaamheid aan die

> dag te lê nie. Baie mans sal dit moeilik vind....party selfs onmoontlik.

> 

> Niemand weet beter as ek hoe frustrerend vrouens kan wees namate hulle

> ouer word nie. Die doel met hierdie skrywe van my is eenvoudig om

> julle te versoek om 'n poging aan te wend om so verdraagsaam soos ek

> te wees. Om dieselfde vlak van verdraagsaamheid as ek te bereik, sit

> egter nie in elke man se broek nie. Wel, deur dalk net 'n bietjie

> minder met julle vrouens te raas nadat julle hierdie brief gelees het,

> het ek in my doel geslaag en was dit die moeite werd om hierdie brief te skryf!

> 

> Groete,

> Dirk


Wednesday, September 7, 2011

Voortrekkertjie

Nog een van Dirk se bydraes;

Liewe pa en ma,

Ons leierverkenner het gevra dat ons hier van die voortrekkerkamp vir
julle skryf, net ingeval julle die vloed op tv gesien het en bekommerd
is oor ons.

Ons is OK. Net een van ons tente en twee slaapsakke het weggespoel.
Gelukkig het niemand verdrink nie, want ons was almal op die berg besig
om vir Jan te soek toe dit gebeur het. Sê asseblief vir Jan se ma hy is
OK. Hy kan nie skryf nie omdat sy arm in gips is. Ek het in een van
daai redding helikopters gery. Dit was lekker! Ons sou hom nooit in die
donker gekry het as dit nie vir die weerlig was nie. Verkenner Skroewie
het kwaad geword vir Piet omdat hy gaan rondloop het sonder om vir
iemand te sê. Piet sê hy het hom gesê, maar dit was seker tydens die
vuur, so hy het hom seker nie gehoor nie. Het julle geweet dat as jy
een van daai spuitblikke op die vuur gooi, dan ontplof hy? Die nat hout
wou nie brand nie, maar een van die tente en party van ons klere het.
Dawie gaan snaaks lyk tot sy hare weer uitgegroei het.

Ons kom Saterdag terug as verkenner Skroewie die kar kan regmaak. Die
ongeluk was nie sy skuld nie. Die brieke was OK toe ons hier weg is. Hy
sê 'n mens moet verwag dat so 'n ou kar gereeld sal breek, dis seker
hoekom hy nie versekering kan kry nie. Ons hou van die kar. Hy gee nie
om as dit vuil is binne nie en partykeer laat hy ons bo op die dak of
voorop ry. Dit word warm binne in met 10 mense. Hy het ons in die
sleepwa laat ry totdat die polise ons gestop het en met hom gepraat
het. Maar hy is 'n goeie ou en 'n goeie drywer.. Hy en Klasie is op die
oomblik weg. Hy leer hom op die bergpaaie bestuur, waar daar nie karre
is nie, net groot vragmotors wat boomstompe wegry.

Vanoggend het almal gaan swem, maar Verkenner Skroewie wou my en
Jan nie laat swem nie, want ek kan nie swem nie en Jan se arm is in gips,
toe gee hy vir ons die roeibootjie op die rivier. Dit was lekker! Party
plekke is die water so diep na die vloed, daar is bome onder die water!
En verkenner Skroewie is nie kwaai oor lewensbaadjies soos daai ander
een verlede jaar nie. Hy werk nou baie aan die kar, so ons probeer hom
nie veel pla nie.

Raai wat? Ons het almal nou klaar ons noodhulp kentekens gekry! Toe
Adriaan in die water geduik het, het hy sy arm oopgesny en Verkenner
Skroewie het gesê ons moet op hom oefen om die wond toe te werk. Ek
en Herman het opgebring, maar verkenner Skroewie sê dis seker net vrot
hoender wat ons gister geëet het of iets. Hy sê hy het ook baie keer
siek geword van vrot kos toe hy in die tronk was. Ek is bly hy is nou
uit, want hy sê hy het baie geleer terwyl hy in die tronk was. Wat is
'n pedofiel?

Ek moet nou gaan. Ons moet nou dorp toe gaan om ons briewe te pos en
vaseline te koop. Moenie oor ons worry nie. Ons is OK.

Baai,

Gertjie

Tuesday, September 6, 2011

Pakansie

Nog een wat deur Dirk aangestuur is;

Die seuntjie het 'n probleem gehad met die uitspraak van
'n "F", "V" en "W" klank en het "P" in plaas daarvan gebruik.

Dit was toe na die skoolvakansie waar elke kind vir die klas
moes vertel wat hulle die vakansie gemaak het.

Jannie wat die spraakprobleem het, het aanmekaar "Jupprou,
Jupprou" geroep en kon nie sy beurt afwag om sy storie te
vertel nie.

Uiteindelik was dit sy beurt en hy vertel toe die volgende storie:

"Jupprou, my pa pas op 'n konperensie in die Transpaal pir
'n peek. Toe hy terugkom Jupprou pas hy baie moeg en gatpol.
Hy sê toe pir my Ma ons moet op pakansie gaan net ons
pamilie, met die karapaan.

My Ma sê toe "nee, nie met die karapaan nie, pant dan moet
ek elke dag die karapaan skoon pee en ons is net altyd peg.
My Pa sê toe ons moet die karapaan gaan pak pant hy het 'n
nuwe pour by pour gekoop en hy sê pir ons kinders, gaan laai
die karapaan en moenie julle pisstokke pergeet nie, pant ons
gaan lekker pispang in die seepater.

Ons haak toe die karapaan aan die pour by pour en ons ry so
pyptig, pyp-en-pyptig deur Pellington, oor Poester na
Buppelsbaai toe.

Net buitekant Pellington, Jupprou, ry daar 'n kapper op 'n
piets poor die pour by pour in en my Pa ruk die pour by pour
se stuurpiel sonder dat hy peet dit is 'n kragstuurpiel en
hy ry die kapper bo pan sy piets ap dat die kapper eenkant
pal en die piets die ander kant....

Jupprou, toe is my pa eers gatpol en pra my nepie, gooi daar
pir my 'n Piceroy en pater en terpyl hy 'n Pan Rijn aansteek,
ploek hy preeslik!

Toe die Polisie "pan" daar aankom, laai hulle die kapper en
die piets in die "pan" en ons klim in die pour by pour en my
pa trek daar peg, baie bepok, en toe gaan dit poes.

Jupprou net buitekant Poester, hardloop daar 'n pocking park
met pier klein parkies oor die pad. Jupprou, my pa ruk weer
die pour by pour se kragstuurpiel, maar die keer poes, en die
karapaan jacknipe en ruk die pour by pour bo pan die pad af
dat hy op sy dak loop lê - Pier piele in die lug.

Jupprou, ons Pisstokke is platgerol, die pour by pour en die
karapaan perpoes en dit Jupprou, pas die einde pan ons pakansie.




Sensus opnames

Die Republikein berig dat daar enkele gevalle van aanranding teenoor sensusopnemers voorgekom het. Wat de hel verwag hulle anders as dit die tipe mense is wat hulle na jou privaat woonplek toe stuur. In die eerste plek kan hulle bly wees as die honde hulle op die erf toelaat, en glo my n hond se eerste opsomming van n mens is amper altyd reg. Tweedens kom die goed na jou woning en dan kom praat hulle n klas mengsel van "imported English combined with local commonisem". Nou wil hulle n taal wat nog ge-identifiseer moet word (ons praat maar van Namlish) op jou kom afdwing. Dit klink ongelooflik baie na "rape". Maar tot dit het hulle mos al verander na aanranding met n vriendelike wapen. Nou kom sit die knaap en vra vrae soos , het julle tv, rekenaars, kyk julle nuus, luister julle radio. Hel. Daar is genoeg blanke Afrikaanssprekendes wat werk soek, hoekom hulle nie die geleentheid gun om bietjie geld te verdien en daardeur ook sommer n kwaliteit diens aan die burgers van die land sowel as aan die staat lewer nie. Met sulke mense wat by my huis was kan hulle hulle se eie gode dank dat hy nie ook een van die was wat op sy moer gekry het nie.

Bloublasie en jellievisse

Ek hoor dat as jy deur n jellievis of bloublasie gebrand is dan help dit om daarop te piepie. Dit sal blykblaar die brand laat verdwyn. As jy weet van iemand wat die naweek by die see was, wees tog n ware vriend en gaan piepie op hom/haar. Hulle mag dalk gebrand wees, maar is net te skaam om jou te vertel.

Gekompliseerd

Ek is al weer oorlaai deur stories vanaf my ou skoolmaat, Dirk, ek plaas solank die een;

AS JY OOIT GEDINK HET JOU LEWE IS COMPLICATED, DINK WEER...

Liewe Dokter : Help Asb !!!!

My pa en ek woon saam en ons het 'n radio en 'n TV. Hy is 'n wewenaar en ek is ongetroud. Onder ons woon 'n weduwee en haar dogter, albei baie mooi en sonder 'n radio of TV. Hulle kom kuier gereeld by ons en ek raak toe verlief op die weduwee. Ons trou toe uiteindelik.

Intussen raak my pa verlief op die dogter en hulle trou toe ook.

Net daar begin my probleme. Omdat my pa met die dogter van my vrou getroud is, (ook my dogter), is my dogter nou my ma. Ek is ook terselfdertyd haar pa, omdat ek met haar ma getroud is. Verder is my pa my vrou se skoonseun en ek is dus sy skoonpa omdat ek met die ma van sy vrou getroud is.

Toe kry my vrou 'n seuntjie. Dit is ook my seun en die broer van my skoondogter, omdat sy die dogter van my vrou is. Die seuntjie is ook ek en my pa se swaer. Ek is dus my eie seun se neef en ook die neef van my skoondogter, omdat sy my seun se suster is. Daarom is my skoonma ook my tannie.

Toe kry my pa se vrou ook 'n seuntjie en hy word dus my broer. My seun is oom van my kleinkind, omdat hy die broer van my dogter is. My vrou is sy ouma grootjie, want sy is die kind van haar dogter. Ek is dus sy oupa grootjie. Aangesien die oupa grootjie van my broer ook myne is, is ek dus my eie oupa grootjie!

Dokter moet asb help, Wie is ek nou eintlik ?

Groete

Sunday, September 4, 2011

Werk

Plesier in die plig,
sit perfeksie in die werk.

Mooi fotos

Nog een van daardie besonderse fotos

Friday, September 2, 2011

Rys

Rys is nie een van my gunsteling kossoorte nie, maar ek moet erken dat dit in baie mooie gebiede gekweek kan word, soos op die foto.

Vriende vs vyande

Een vyand kan meer skade aanrig as wat tien vriende gesamentlik goed kan doen. Die boodskap in die storie, maak baie meer vriende as vyande.

Thursday, September 1, 2011

Die oujongnooi (September storie)




Die oujongnooi



Deur

Ian Snyman



   Tant Marie, so is daar aan my vertel, is ʼn oujongnooi met ʼn baie hartseer verlede. Sy was glo beeldskoon in haar jonger dae en ʼn verpleegster van beroep. Belangstelling van die mans se kant af was daar glo nie ʼn tekort aan nie, dog sy het nooit getrou nie. Ek besluit toe eendag om die tante te besoek daar waar sy eensaam en alleen in haar huis aan die onderkant van die dorp bly.

  

   “Goeie môre tannie,” groet ek op die plat boeremanier toe sy die deur oopmaak.

   “Goeie môre boet,” groet sy terug en kyk my baie agterdogtig aan.

   “Kan ek maar inkom, ek wil bietjie met tannie gesels.”

   “Waaroor?”

   “Laat ek maar eerlik wees tannie, ek is ʼn aspirant skrywer en ek wil hoor of ek tannie se storie mag skryf.”

   “Jy bedoel die storie waaroor die hele dorp al vir soveel jare lank skinder?”

   “Dis reg, die rede hoekom tannie nooit getrou het nie.”

   “Drink jy tee boetie?”

   “Ja sekerlik.”

   “Nou goed kom binne, dis baie jare gelede sedert ek die geleentheid gehad het om vir iemand tee te maak.”

   Ons stap die sitkamer binne wat pragtig gerangskik is met die mooiste meubels van voor my geboorte af. Geen televisie en geen fotos teen die muur nie, net ʼn skildery van ʼn pragtige klein huisie iewers aan die voet van ʼn berg.

   “Sit, ek gaan haal gou iets.”

   “Dankie tannie.”

   Sy is iewers die huis in waar ek haar hoor soek na iets en dan keer sy na ʼn minuut of twee terug met ʼn ou foto album wat sy vir my aangee. Ek blaai daardeur en dan begin ek met die onvermydelike vrae.

   “Wie is die mooi vrou?”

   “Dit was ek toe ek so net oor die twintig was.”

   “Tannie was regtig baie mooi.”

   “Dankie.”

   “Ek neem aan hierdie was tannie se ouers.”

   “Ja en hulle is albei lankal oorlede. Ek was die enigste kind.”

   “Hierdie man, wie is hy?”

   “Dit was Hennie, die eerste liefde in my lewe.”

   “Wat het van hom geword?”

   “Dit was ʼn tragiese verhaal. Ons was vir meer as ʼn jaar lank gekys. Hennie was drie en twintig en ek twee en twintig. Ek het reeds in hierdie huis gebly wat ek twee jaar vroeёr na my ouers se afsterwe geerf het. Ek het gedink hy gaan my vra om te trou. Hy het in die bank gewerk en ek by die poskantoor. Ons het albei goeie salarisse verdien vir daardie tyd en die huis was afbetaal. Ons sou ʼn goeie bestaan maak, die huis is groot en hier is baie plek vir kinders.”

   “Ek wil net my feite agtermekaar kry, waarvan is tannie se ouers oorlede? Dit klink my hulle was nog redelik jonk.”

   “Ja hulle was nog jonk. Die dokters was nie seker nie maar hulle was oortuig dat hulle iets giftigs ingekry het. Hulle kon nooit bepaal presies wat nie. My pa was baie lief vir tuinmaak en dan het hy allerlei dinge ingelê en konfyt gekook en likeurs gemaak en later ook sy eie tee. Dit kon een van sy eie brousels gewees het wat so giftig was. Ek was so lief om hom met al sy eksperimente te help.”

   “Goed en Hennie, wat het toe met hom gebeur? Het hy toe die jawoord gevra?”

   “Nee, ons was ongeveer ʼn jaar saam en ek het die groot vraag enige tyd verwag. Ek het in my stilligheid al die troue beplan en die huis vir hom gereed gekry. Toe bel hy my een oggend en sê dat hy ernstig met my wil praat. Ek was in ekstase en het daardie aand myself opgetof soos nog nooit van tevore nie. Ek het vir hom die lekkerste maaltyd voorberei en kerse aangesteek. Ek het ʼn duur bottel wyn gaan koop en alles was net perfek vir die geleentheid.”

   “En toe tannie?”

   “Hy kom toe die aand oor en ek kon aan sy gesigsuitdrukking sien dat hy iets ernstigs op die hart het. Uiteindelik begin hy toe praat . Hy vertel toe dat hy nog baie jonk is en dat hy bang is dat ons verhouding te ernstig raak en dat hy nog so baie dinge wil doen en dat hy eintlik wil uitmaak. Ek was verpletter, my hart was gebreek.”

   “Wat gebeur toe?”

   “Dit was eintlik net so tragies. Hennie is kort daarna oorlede. Die dokters het gereken hy het ook iets giftigs ingekry. Die een doktertjie het selfs gereken dat dit die blare van Selonsrose kon wees. Glo baie giftig, die Selonsrose se blare wanneer dit uitgedroog is.”

   “Maar dis tragies tannie. Het tannie toe nooit weer verlief geraak nie?”

   “Ja, ek het. Kyk daar op die volgende blad. Jy kan nie so mooi op die wit en swart fotos sien nie maar daardie aantreklike ou daar saam met my was eintlik ʼn voskop. Man hy het net eendag van nêrens gekom en my voete skoon onder my uitgeslaan. My gebroke hart is oornag herstel toe hy my die eerste aand uitneem. Hy het net geweet hoe om ʼn vrou te hanteer. Ek was soos klei in sy hande, hy het met my gemaak net wat hy wou en ek het alles toegelaat. Die dorp se vroue was erg jaloers en het omtrent geskinder. Ons was nie ʼn maand saam nie toe begin ek al weer aan trou dink. Hennie was skoon vergete en Fanie was nou alles. Vinnige Fanie het hulle genoem, en was hy nie vir jou vinnig nie.”

   “Wou hy toe met tannie trou?”

   “Man dit het eintlik net so tragies geword. Een van my medewerkers kom fluister mos eendag in my oor dat vinnige Fanie sy bynaam gekry het oordat hy so vinnig ʼn vrou in die bed kon kry. Kyk dit was ongehoord om in daardie dae ongetroud saam in die bed te wees. Dit is eintlik vandag nog ongehoord maar dis darem vandag meer aanvaarbaar omdat amper almal dit doen. Ek het aanvanklik gedink dat dit maar net jaloesie van haar kant af was, maar die saadjie was geplant. Toe gaan my oё oop en ek besef mos dat ek nie die enigste vrou in sy lewe is nie. Daar was Lettie van die bank, Sarie by die kafee, Susan die tert en Marie van die sentrale. Die arme Fanie, hy het sy lewe regtig geniet maar so vinnig as wat hy saam met ʼn vrou was so vinnig het hy gesterf. Ook glo iets giftigs gehad. Dieselfde jong doktertjie het toe weer sy diagnosis op die blare van Selonsrose bevind. Hulle het egter nie die nodige kennis gehad om die oorsaak presies te bepaal nie.”

   “Tannie maar dit is waaragtig tragies. Toe besluit tannie maar om oujongnooi te word?”

   “Ek het dit oorweeg om nooit weer na mans te kyk nie, maar ek was ʼn mooi vrou en die mans het altyd na my gevry. Daar daag toe eendag ʼn man op, ek was nog besig met my werk en toe ek weer sien toe staan hy daar. Die mees aantreklikste man, lank, fris en donker gelaatstrekke. Ek was in vervoering maar het niks gewys nie. Hy het egter nie gras onder sy voete laat groei nie en het my sommer dadelik uitgevra. Ek het geweier, Fanie en Hennie was nog te vars in my gedagtes.”

   “Is dit hy op hierdie foto?”

   “Ja dit is hy. Piet was sy naam. Soos jy kan sien het ons toe by mekaar uitgekom. Hy het nooit ophou probeer nie en hy het sulke goeie maniere gehad dat ek later ingestem het. Hy was so romanties, die stilste eetplekke, kersliggies, net ek en hy altyd alleen.”

   “Hoekom trou tannie hom toe nie?”

   “Tragiese storie. Weer dieselfde medewerker wat in my oor kom fluister dat sy hoor Piet is eintlik ʼn getroude man. Kyk, ek kon nie weer dieselfde hartseer hanteer nie en wou dit net nie glo nie. Daardie aand toe merk ek dit vir die eerste keer, om sy vinger wys die merke waar sy trouring altyd sit. Hy haal toe elke keer net die ring af wanneer ons saam is. Ek was weereens verpletter. Dit was toe baie tragies op die ou ent. Piet en my medewerker is toe kort na mekaar oorlede. Albei se dood is toegeskryf aan iets giftigs wat hulle gedrink het. Doktertjie Selonsroos reken toe weer dat hulle die blare van Selonsrose ingekry het maar hy kon dit nooit bewys nie. Ek was toe ook finaal klaar met mans. Nooit weer een vertrou nie en nooit weer een naby aan my laat kom nie.”

   “Dit klink vir my ook beter so. Hulle het net met tannie gemors.”

   “Ja, maar kyk nou net so. Hier sit en vertel ek al die geheime van my lewe aan ʼn vreemdeling en ek het nog nie eens vir jou iets gemaak om te drink nie. Sit dan gaan maak tannie gou vir ons tee om te drink.”

   “Dankie, dit sal lekker wees.”

   Terwyl die tannie in die kombuis werksaam is staan ek op en loer bietjie in die vertrek rond. By die een gordyn gaan ek staan en trek dit effens weg. Deur die venster kyk ek uit oor die agterste deel van die erf. Skielik laat val ek die gordyn toe en stap vinnig na die kombuis toe.

   “Tannie ek het skielik iets onthou wat ek dringend moes doen vanoggend. Ek sal ongelukkig nie nou kan tee drink nie,” hoor ek myself sê en dan vlieg ek behoorlik by die huis uit en amper los oor die hekkie by die pad.

   ʼn Hele ent weg van die huis af hou ek op hardloop en terwyl ek steeds vinnig stap dink ek aan wat ek sopas gesien het. Amper die hele agterplaas staan toegegroei met Selonsrose en in die kombuis waar sy staan en teemaak het, die blare van Selonsrose.

Mooi fotos

Dit is vir my net nog n stunning foto.

Wednesday, August 31, 2011

Gemorste dae

Elke dag wat verbygaan sonder dat ons een keer gelag het is nog n dag gemors(vermors).

Vat jou kans

Ek wonder of die ou nou maar net sy kans waargeneem het en of hy nie mooi kon sien waar hy vat nie. Ek reken hy is deesdae die in-ou onder sy pelle wat seker ook almal wit sokkies by swart langbroeke en swart skoene dra.




Etiket


*Etiket deur Nataniel.*



*Wenke  aan die dames:*

Daar is niks so  mooi soos ´n kant boudeflossie wat net so effens uitsteek

nie- by die regte lyf, maar met die klem op "net so effens", en die regte lyf... Ek  kry trane in my oe as ek van agter vir 'n vrou loer en dit lyk of haar boude  besig is om haar g-string op te eet. Dit het net gewerk vir Bill Clinton, toe Monica dit gedoen het. En kyk wat is die gevolge.



As jy ´n rolletjie (of  twee of drie...) het, moet asseblief nie´n boob-tube met ´n oop magie dra  nie, ook nie 'n kort top by 'n hipster nie!



Die spek-wors / rolletjie  suurdeeg wat oor ´n belt borrel is verkeerd in enige boek, en bederf die aptyt.





Alhoewel jy baie trots voel daarop, wil ons asb. nie jou nuwe naeltjie ring sien nie, vernaam nie as jy  die rolletjie eers moet oopvou terwyl jy met die ander hand 'n  metaalverklikker gebruik om die dingetjie te probeer opspoor nie.



Onthou tog asb. om  in die spieel te kyk voordat jy uit die huis gaan in die oggend, dit mag dalk vir jou lyk asof die mensdom jou bates wat oral uitpeul bewonder, maar wees verseker dat hulle jou in skok en afgryse aanstaar, -al waaroor hul jou bewonder is jou moed om so in die publiek te verskyn. Dit wys ook dadelik jy is very very lonely en available, want as jy iemand gehad het wat  omgee, was jy onder huis-arres geplaas tot jy van gewaad verwissel het.



Wees asb.  versigtig wanneer 'n broek gemaak uit die nuwe rek materiaal gedra word -  vernaam in wit/beige - dit le beslis klem op alle bewegende dele asook  haelduike/skade - die term "twee varkies in 'n nat streepsak" is hier goed  van toepassing. Die toppunt is om 'n swart g-string daarby te dra, wat die 2 varkies elkeen in sy eie hok probeer hou.



Nog 'n groot "no-no" is  spykerhakke by 'n sweetpakbroek. Die wat net daarna kyk begin al te sweet.



*Werksdrag:  Mans*

Wit sokkies word NOOIT by werksklere gedra nie, net pedofiele doen dit.

Jou sokkies se kleur moet by jou broek se kleur pas, donkerblou of donkergrys sokkies pas nie by ´n swart  broek en swart skoene nie.



Van skoene gepraat; jy dra nie skoene met sole van meer as 1cm by ´n "pak"

broek nie.  Onthou, hoe hoer jy staan hoe harder val  jy.



En as die skoen enige  gekroomde metaal aanhet, dra jy dit glad nie (behalwe as jy navorsing oor magneetvelde doen).





´n Das by ´n kortmouhemp lyk moer kommin en das wat te kort is, lyk nog

erger- veral as jy  'n pens het, vat dit die koek.



Effekleurige dashemde met wit krae is dood, brand of begrawe dit. Moet nooit ´n geel das  dra nie, dit lyk of ´n heks op jou gekots het.  Moet ook nooit ´n das met  Disney-karakters dra nie, as jy ernstig opgeneem wil word, moet jy soos "CNN" lyk, nie soos "Cartoon Network"  nie.  Colour-code beteken NIE dat jou Disney-karakter kouse en das bymekaar moet pas nie!!!!



*Informeel:*

'n Swart belt of skoene word nie by blou jeans gedra  nie.  ´n Belt buckle wat groter is as jou kop word slegs gedra as jy op vakansie is in Texas of Vereeniging.



Jy dra nie ´n afmou  hemp in die publiek nie, die chix spek jou wel meer, maar dis uit afgryse, jy fire nie hulle jets nie!



PT-broeke met die ¨slits¨ aan die kante lyk, en is,  ongemaklik, moenie dit dra behalwe as jy ander gay mense opgewonde wil maak,  of 'n skelm poep wil laat ontsnap  nie.



Die hele doel van ´n pet, is  om die son uit jou oe te hou, nie uit jou ore of agterkop nie, dra die  afdakkie na voor en as jy onder dak inloop, haal dit af.



Jou broek se bokant  moet op jou heupbene sit, nie onder jou gat of onder jou arms nie. Niemand stel belang hoe jou boxer lyk of watse snaakse vorme jou "genitalie " onder druk aanneem nie.



*Bykomstighede:*

*´n Sonbril* hoort op jou oe , in sy sakkie, of in jou hand,* nie op jou kop,  om jou nek, of voor aan jou kraag nie! * En haal tog jou sonbril af as jy met iemand praat, behalwe as jy nou net iets gesteel het.



Sonbrille hoort glad nie naby jou in die aand nie.  Die woord "*Son*bril"

verklaar alles - dis slegs nodig in die dag wanneer die son skyn vir die mense wie se oe sensitief is vir lig



Mans/dames - 'n bril op jou kop in die aand is kommin! Dames(en vir die mans wat daarna hunker...) Daar is die mooiste haargoedjies op die winkelrakke beskikbaar om daai kuif uit die oe te hou.



*´n Selfoon* moet nie aan jou belt gedra word nie, dis ´n Nokia, nie ´n Beretta  nie.

'n Belt is gemaak om jou broek bo te hou, nie vir jou selfoon, knipmes, Leatherman, toolbox, Beretta,  Beretta se laserscope, Beretta se ekstra patrone, botteltjie haarolie,  kondome, ens nie.



Jou kam hoort in die badkamer, nie in jou kous nie, maakie saak wat jou pa destyds gese het  nie! En haarolie is iets wat deur die Nazi's uitgedink is om vroue reg oor  die wereld te pynig, hulle noem dit  massamarteling.



Sterkte...

Tuesday, August 30, 2011

Briljante fotos

Hierdie is net vir my n baie mooi foto.


Sonskyn

Baie vroue dink mos maar dat die son skyn uit hulle dinges uit, maar hierdie een kan dit darem met alle reg kleim.

Tara Nawa

As jy nou mooi na die foto kyk, so daar in die middel rond, net links van die ronde muurtjie, dan wonder mens darem oor ander mense se sedes en waardes.

Swem Jannie, swem

Ek is mos darem self lief om elke Desember bietjie die see in te vaar, maar glo my vry, as dit met my moet gebeur soos met die ou op die foto, dan sien die vlak branders my nie eens weer nie.

Engels

In die Suide van ons landtjie is daar nog so paar boere wat soos ek oor Engels voel; as dit nie daadwerklik noodsaaklik is nie, dan praat ons dit nie. So gebeur dit dat n boertjie van die Aranos omgewing met vakansie in Durban is en soos ons Suidwesters maar is, sak ons dadelik eers af see toe. Al is die water ook hoe koud, swem sal ons swem. So het die boertjie sy lyf natgemaak, bietjie rondgeloer en toe die talent op die strand beter leer ken. Hy ontmoet toe daar n sexy dingetjie in skrapse swemklere met n lyf soos n skerpioen. As jy aan hom vat wil hy mos net steek. Maar sy is so rooinek soos kan kom, praat geen woord Afrikaans nie, maar boetie is lus vir haar en in sy gebroke Engels oorreed hy haar dat hulle met sy plaasbakkie na haar woonstel toe moet gaan vir bietjie afkoeling. Gentleman soos hy is, maak hy die deur vir haar oop en dan laat waai hulle vir haar flatjie. Waar mens by die strandgebied uitry is die verkeer erg besig en druk en hulle moet in die oorkantse baan inkom en terwyl boerseun sy kant van die verkeer dop hou, vra hy aan die Engelse girl, "Is your kant clean?"

Monday, August 29, 2011

Belonings

Daar bestaan by my geen twyfel dat daar nie belonings vir niks bestaan nie. Met ander woorde, as jy niks doen nie, dan gaan jy ook nie daarvoor beloon word nie. As ek weer Rugby as n voorbeeld kan gebruik siende dit nou Wereldbeker tyd is, sal ek maar vir Pieter de Villiers as voorbeeld gebruik. Die man het in my twee ogies nog net agteruit geboer met die Bokke. Elke jaar onder sy bewind doen die Bokke net swakker en swakker. Vergelyk hom met die afrigters van byvoorbeeld Australie en Nieu Zeeland. Hulle het met jong manne 4 jaar terug begin bou aan spanne wat nou kort voor die WB die wereld aan die brand speel. Die sogenaamde onbekende jong manne van 4 jaar terug is nou alombekende name in wereldrugby. Div sukkel nog steeds met manne wat al in die Kieriekoshuis span kan uitdraf. Hy het nou al vir Rassie as konsultant aangestel, afgesien van sy 2 hulpafrigters, nog daarby die WP se verdedigingsafrigter, Percy as skopafrigter, Os as voorspelerafrigter (aangestel en intussen gefire) en sielkundiges en daarop nog vir Victor en John as algemene span coaches voor en Jean en Fourie by die agterspelers. In kort is daar meer afrigters as spelers. Robbie Deans het by Australie n span afrigters wat bestaan uit n hele 2 manne. Dis nou afgesien van mediese personeel ens, ek verwys slegs na afrigters. Nou my eintlike stelling, beloning vir niks; As daar iets soos regverdigheid op ons aarde bestaan, dan sal een van hierdie spanne, waar afrigters hulle sout werd is en die span as te ware op hulle eie afrig, die wereldbeker wen. Div kan nie verwag dat hy vir sy bietjie bydrae, meer negatief as positief, die beker omhoog kan hou nie. Daar is net te veel ander afrigters wat met hulle harde werk en voorbereiding die beloning baie meer waardig sal wees.

Friday, August 26, 2011

Heldedag


                                         Helde en helde



Deur Ian Snyman



Dit is 26 Augustus 2003 en in Namibiё vier ons vandag “Heroes’ Day”. Op die televisie is die President van Namibiё, Sam Nujoma besig om ʼn groep mense toe te spreek. Ek luister vir ʼn paar minute na sy toespraak.

   We are gathered on sacred ground where our heroes and heroines are laid to rest, therefore, before anything else, i would like to call upon all of you to stand and observe a minute of silence in memory of our heroes and heroines whom we are honouring today.”

   “As we reflect on the heroic deeds of those who shed their blood and sacrificed their lives,........” en dan begin ek wonder, wie is ons helde en wie is wérklik ons helde.



   Dit is Oktober 1986 in die noorde van Suidwes. Op sy plaas omtrent 20 kilometer suid van die Oshivelo hek klim Henk Prinsloo uit sy plaasbakkie en stof sy velhoed teen sy broek af. Hy was heeldag op die lande besig en is vuil, honger en moeg. Die vooruitsigte vir reёn is belowend en hy is reeds vir die afgelope week besig om sy lande plantgereed te kry. Hy haal sy jaggeweer voor uit die bakkie en in die laaste skemerlig doen hy eers sy daaglikse roetine inspeksie. Hy sluit die hoё hek wat sy hoofingang na die plaaswerf is. Dan patrolleer hy die groot hakiesdraadheining wat reg rondom die plaasopstal gespan is. Hy kyk dat sy honde versorg is en dan gaan hy die huis binne.

   Vandat die oorlog uitgebreek het, amper tien jaar gelede, is die plaasboere in die noorde se vryheid erg ingeperk. Swapo se Planvegters het gereeld oor die grens vanaf Angola ingesyfer en terreuraanvalle in die land kom loods. Nog erger was dat terroriste hulself as plaaslike bevolking voorgedoen het en sodoende in staat was om maklik hul teikens te bereik. Die boere moes noodgedwonge hoё heinings span en ekstra waghonde aanskaf.

By Henk en sy gesin was dit geen uitsondering nie en hy het feitlik nêrens sonder ʼn geweer beweeg nie.

   Vanaand is Henk moeg en uitgeput. Die week se harde werk in die lande begin nou aan sy liggaam vat. In die kombuis sit sy twee kinders reeds by die eettafel aan. Hy groet sy vrou en kinders elkeen met ʼn soen en gaan was vinnig sy gesig en hande. Aan tafel lees hy oudergewoonte eers ʼn paar verse uit die Bybel en doen ʼn tafelgebed. Dit is Henk se gunsteling tyd van die dag.Gedurende ete kry hy tyd om met sy twee kinders oor hulle bedrywighede van die dag te praat. Dawie, sy tienjarige seun, is teleurgesteld omdat hy nie bedags saam met sy pa mag werk nie. Marie, die sesjarige dogter, is tevrede om by haar ma te bly maar saans geniet sy haar pa se aandag terdeё.

  Vanweё die oorlog is hulle as ʼn gesin nou baie meer huisgebonde as voorheen. Waar hulle vantevore oor en weer by bure kon kuier, is dit nou soveel moeiliker omdat hulle sagte teikens in die donkerte op smal plaaspaaie is. Hulle beperk hulle bewegings tot  daglig alleenlik. Saans hou hulle hulself besig met speletjies en legkaarte.

   Maar nie vanaand nie. Henk is moeg  en wil gaan rus. Nadat hy gaan bad het gaan sê hy vir sy kinders nag in hulle beddens en dan gaan hy na buite na die enjinkamer om die kragopwekker af te skakel. Die wind het intussen opgesteek en met die masjien se harde geraas hoor hy nie die een hond se dringende gromgeluid hier naby hom nie.







   Dit is amper elfuur die volgende oggend wanneer sersant Karel Labuschagne en sy span, vergesel van ʼn buurman, op die lyke afkom. Die buurman het onraad vermoed toe Henk nie die vorige aand sy kodenaam op die tweerigting radio inroep nie. Al die boere in die omgewing is per radio verbind en elke aand om negeuur roep hulle kodename in om seker te maak almal is veilig. Henk het nie gisteraand of vanoggend ingeroep nie en die buurman het die polisie ontbied.

   Henk se bloedbesmeerde lyk het hulle digby die enjinkamer gekry. Hy is verskeie kere met ʼn bajonet gesteek. ʼn Koeёlgat is duidelik tussen sy oё sigbaar waar hy op sy rug lê. Hy het reeds swak, van al die bajonetsteke, in die posisie gelê toe hulle hom tereggestel het met die enkele skoot tussen die oё. Sy vrou en kinders se lyke is in die slaapkamers gevind. Almal op ʼn soortgelyke manier vermoor. Die honde was feitlik almal voor die voet afgemaai. Slegs een of twee kon haastig in die donkerte verdwyn toe die kort maar bloedige teregstelling uitgebreek het.

   Lappies, sersant Labuschagne se algemene noemnaam, is bleek wanneer hy vanuit die huis te voorskyn kom. Die lykie van die blondekopdogtertjie het die geharde polisieman hewig onstel. Tot in haar bloedbesmeerde toestand kon hy sien hoe ʼn pragtige kind sy moes wees. Watter bedreiging kon sy moontlik vir ʼn groep gewapende mans inhou dat hulle haar soveel kere met bajonette moes toetakel.

   “Thys, ons gaan hierdie moordenaars opspoor,” sê hy aan sy vriend en kollega naaste aan hom, “verdeel die manne in twee groepe en laat hulle die gebied rondom die huis verken. Ons soek hierdie moordenaars se spore en ons gaan op daardie spore bly totdat ons hulle vastrek.”

   Thys gehoorsaam onmiddelik sy bevelvoerder se opdrag en dis skaars dertig minute later toe die spoorsnyers die spore vind.

   “Hulle gaan noord, sewe stelle spore en hulle beweeg baie haastig,” kom beduie die een Oshiwambo spoorsnyer.

   “Goed, julle bly op daardie spoor en maak seker dat julle hom nie verloor nie,” antwoord Lappies die spoorsnyer en dan wend hy hom tot die buurman,” het jy miskien vir ons ʼn lugfoto van die area?”

   “Kom ons kyk in Henk se kantoor, daar is een teen die muur vasgesit,” antwoord die buurman en dan volg hulle hom vinnig na binne.

   “Thys, die spore gaan noord. Dus moet hulle oor die Oshivello kaplyn gaan. Ek skat hulle sal so reguit as moontlik beweeg, daarom kan ons aanneem dat hulle omtrent hier oor die kaplyn sal kruis,” beduie Lappies op die kaart voordat hy verder praat. “Al die bosse is daar uitgekap so ek reken ons sal die spoor maklik daar optel. Gaan jy en jou manne vooruit en soek die spoor langs die lyn. As julle dit kry roep my oor die radio . Op daardie manier sal ons vinnig op hulle kan inhaal. Ek bly solank op die spoor net vir ingeval hulle van rigting verander,” beduie Lappies op die lugfoto en dan stap hy vinnig  die huis uit.

   Wanneer Lappies by sy Caspir kom deel hy vinnig ʼn paar bevele uit en dan sluit hy te voet by die spoorsnyers aan. Hy wil sy aandag op die spore bepaal sodat hy die gesig van die bloedbesmeerde meisie uit sy geestesoog kan kry, maar hy kom gou agter dat dit nie werklik help nie. Die blondekopdogtertjie se gesiggie bly voor hom opdoem.

   Dit is net na een die middag wanneer Lappies na sy Caspir geroep word. Hy word oor die radio gesoek. Dit is Thys wat al sewe spore steeds bymekaar by die kaplyn gevind het. Hy en sy manne bly solank op die spoor en hy sal laat weet as die spore van rigting verander, maar op die oomblik lyk dit asof hulle die kortste en reguitste pad na die Angola grens volg. Thys gee vinnig vir Lappies sy posisie per ruitverwysing en dan bestudeer Lappies sy eie landkaart. Thys is ongeveer vyftien kilometer Noord van hom en dit is omtrent nog ʼn honderd kilometer soos die kraai vlieg tot by die Angola grens. As die spore reguit bly beweeg dan het Lappies ʼn kans om hulle voor die grens in te haal voordat die son vanaand sal sak.

   Lappies beveel sy spoorsnyers om op die Caspirs te klim en dan jaag hulle reguit Noord met ʼn sandpad langs wat hy weet aan die Westekant van Thys se posisie is. Sestig kilometer verder draai hy Oos van die sandpad af en beveel sy spoorsnyers om weer na die spore te soek. Lappies is oortuig dat hy baie naby aan die spoor moet wees omdat hy kort-kort met Thys in kontak gebly het en die het hom verseker dat die spore steeds reguit vorentoe gaan. As hy die spoor nou vind sal dit beteken dat hy omtrent veertig kilometer voor Thys is en sodoende baie vinnig tyd op die moordenaars se spore inhaal.

   Dit is skaars twintig minute later toe sy spoorsnyers opgewonde geluide begin maak en skielik Noord begin draai. Lappies se berekeninge was reg. Hulle het die spoor weer opgetel en volgens die spoorsnyers is die spore nie ouer as twee ure nie. Lappies kontak onmiddelik vir Thys per radio en gee hom sy nuwe posisie deur. Hulle is nou amper vyftig kilometer van die grens af en die spoor is ongeveer twee ure oud. Dit beteken dat die moordenaars halfpad tussen hulle en die grens kan wees. Die moordenaars sal die gebied ken en hulle sal tersefdertyd probeer om Weermag- en Polisiebasisse te vermy. As hulle op hulle huidige koers hou dan lyk dit asof hulle tussen die Ekoko en Mpungu nedersettings wil deurglip.

   Lappies huiwer op die oomblik oor wat hom nou te doen staan. Hy weet dat daar Weermagbasisse voorkant geleё is. Hy kan hulle hulp inroep om die moordenaars tussen hierdie twee nedersettings te probeer afsny. Hyself kan nie met sy manne op die spoor bly en dan nog tyd inhaal op die moordenaars nie. Hoe nader hulle aan die grens kom hoe vinniger gaan hulle beweeg en sy spoorsnyers kan nie so vinnig inhaal sodat hulle betyds die grens gaan maak nie. Hy kan ook vir Thys van agter af laat verbygaan en teen die grens laat probeer afsny maar die kanse is te groot dat die moordenaars so iets sal vermoed en naby aan die grens van rigting sal verander. Die ander probleem waarmee hy sukkel is dat dit al namiddag is en hy sal die moordenaars voor donkerte moet aankeer of hulle gaan gedurende die nag die grens oorsteek na veiligheid toe.

   Vandat Lappies drie jaar gelede by die Polisie aangesluit het, het sy kop net na een kant toe gestaan. Hy wou Koevoet word. Sy aansoek was goedgekeur en sederdien is hy permanent in die Noorde van die land werksaam. Hy was al in menigte skermutselings met die vyand betrokke en het nog elke keer ongedeerd daarvan afgekom. In sy werk het hy al menigte dooies gesien maar die lyke van die seun en meisie van vandag het iets in hom geroer. In enige ander geval sou hy reeds hulp ingeroep het om hierdie moordenaars voor te keer. Maar vandag voel hy anders. Hy wil persoonlik by wees wanneer hierdie moordenaars aangekeer word. Hy het egter nie baie tyd aan sy kant nie. Dit gaan oor ʼn paar uur donker word en die grens kom al hoe nader vir die moordenaars. Hy wil ook nie as gevolg van sy persoonlike gevoelens veroorsaak dat die moordenaars ontglip nie.

   Teen die tyd dat Thys met sy manne by hom opdaag is Lappies se planne uitgewerk. Hy kontak die Weermag per radio en verduidelik korliks dat hy spore volg wat op pad na die Angola grens toe onderweg is. Hy versoek hulle om patrollies tussen Ekoko en Mpungu op te stel wat die gebied kan patrolleer en hy sal van agter af kom en die moordenaars binne in hulle soldate se netwerk in forseer. Die Weermag belowe dat hulle juis patrollies in die gebied het en dat hulle onmiddelik in daardie gebied volgens Lappies se versoek ontplooi sal word. Aan Thys gee Lappies weer ʼn ander opdrag. Hy en sy manne moet aan die Oostekant van die spoor Noord jaag tot net voor Mpungu. Daar moet hulle skerp Wes draai en keer dat die moordenaars nie in daardie rigting ontsnap nie. Een Caspir bly agter op die spoor en moet per radio laat weet as daar enige verandering in rigting plaasvind.

   Lappies self gaan met twee Caspirs Wes van die spoor opjaag tot net voor Ekoko. Die Weermag sal dus Noord van die moordenaars voorkeer. Thys is aan hulle Oostekant en beweeg Wes om hulle na Lappies se kant toe te forseer. Lappies weet uit ondervinding uit dat die Weermag met hulle Buffelvoertuie ʼn masiewe lawaai gaan opskop en dit gaan die moordenaars in die versoeking stel om van rigting te verander. Of Oos na waarvandaan Thys gaan kom of Wes na waarvandaan Lappies sal kom. As Lappies baie gelukkig is dan is al sewe moordenaars vanaand nog gevang.

   Wanneer Lappies sy posisie net voor Ekoko bereik is Thys reeds in posisie net voor Mpungu. Hulle draai soos afgespreek en begin dan na mekaar toe beweeg. Hulle is omtrent vyftig kilometer van mekaar af en Lappies het uitgewerk dat hulle nou ʼn entjie voor die moordenaars moet wees. Teen die tyd wat die moordenaars in die Weermag se web gaan inbeweeg sal hy en Thys reeds heelwat nader aan mekaar wees. As die plan slaag en hulle verander van rigting dan sal dit of na Thys of na Lappies toe wees. Lappies bly per radio in kontak met die Weermagtroepe en met Thys. Intussen laat weet sy spoorsnyer van agter dat daar nog geen verandering in die rigting van die spore is nie.

   By Lappies laai die spanning nou op. Hy weet teen die tyd al wat volgende gaan gebeur. Hy, Thys of die Weermag gaan binne die volgende halfuur kontak maak. As hy ʼn afleiding kan maak uit wat hy vanoggend op die moordtoneel gesien het, dan kan die sewe moordenaars nie te swaar gewapen wees nie. Almal van hulle het waarskynlik ʼn AK 47 en een van hulle kan moontlik iets soos ʼn RPG7 dra. Die spoed waarteen hulle beweeg het dui ook aan dat hulle niks swaar saamdra nie.

   En Lappies is gereed. Iemand wat klein onskuldige kinders so wreed kan vermoor, verdien nie regtig om gevange geneem te word nie. As daar van die moordenaars se kant af geskiet gaan word, dan sal sy manne beslis nie huiwer om terug te skiet nie.

   Dit is ʼn halfuur later en Lappies raak nou bekommerd. Hy en Thys moet reeds baie naby aan mekaar wees en nog steeds is daar geen teken van die moordenaars nie. Nog drie minute later en dan verskyn Thys se Caspirs vanuit die bosse skaars twee honderd meter voor Lappies. Thys verseker hom dat hy beslis nie oor die spore beweeg het nie en Lappies glo hierdie vriend van hom uit ondervinding uit. Thys kan amper net so goed spoorsny soos enige van die beste spoorsnyers in Lappies se span.

   Intussen laat weet die manne van agter, wat steeds op die spoor is, dat daar geen afwyking van rigting is nie. Die moordenaars het geen poging aangewend om hulle spore te versteek nie. Hulle beweeg in die oopte en hulle beweeg baie vinnig. Die manne oortuig vir Lappies dat die moordenaars feitlik by hom moet wees. Lappies het geen idee waar om nou te soek nie. Dit wil voorkom asof hy en Thys te vinnig beweeg het en die moordenaars afgesny het voordat hulle by die Weermag se patrollies kon uitkom. As hy nou na agter begin soek dan sal dit beslis die moordenaars forseer om van rigting te verander en dit kan hy nie toelaat nie. Die son sit reeds laag en as Lappies weer van vooraf moet begin spoorsny dan sal die moordenaars beslis die voordeel van die donkerte gebruik om oor die grens te ontsnap.

   “Thys, my ou maat, ons het nou ʼn probleem. Wat stel jy voor?” vra Lappies aan die man met wie hy al soveel kere saam op ʼn spoor was.

   “Ek vermoed dat hulle dalk stadiger begin beweeg het as gevolg van die baie Weermagpatrollies in die omgewing. Dit is dus moontlik dat hulle nog steeds in dié rigting kom maar dat hulle stadig beweeg om te wag vir die donkerte. Dan kan hulle maklik oor die grens glip. Ek stel voor dat ons die Caspirs hier los met een man om die voertuie op te pas. Die res van ons beweeg te voet reguit Suid. Ons loop dalk reg van vooraf in hulle vas omdat hulle nie die gedreun van die Caspirs sal hoor nie.”

   “Jy het dit reg, Thys, dis ons enigste kans. Neem elke man net sy geweer en so veel as moontlik patrone. Ons loop verspreid langs mekaar. Thomas, jy het die beste oё, jy loop voor ons uit,” deel Lappies vinnig bevele uit en dan begin hulle vinnig in ʼn suidelike rigting te loop.

   Die manne is tjoepstil. Hulle weet dat een woord of  ʼn verkeerde geluid nou die hele operasie kan verongeluk. Thomas, die Oshiwambo spoorsnyer, loop ongeveer dertig treё vooruit. Lappies het volle vertroue in hom. Hulle was reeds in ʼn paar kontaksituasies saam en ʼn dapperder kryger as hy sal jy nie sommer kry nie. Lappies was al baie kere bly dat hy saam met hom baklei en nie teen hom nie. Hulle het omtrent twee kilometer gevorder toe Thomas vinnig en geluidloos tussen die grasse wegsak. Lappies reageer onmiddelik en op sy teken sak almal vinnig grond toe. Saggies seil hulle nader totdat Lappies en Thys langs Thomas tot stilstand kom.

   “Tala (kyk),” sê Thomas saggies in Ohsidonga.

   Lappies loer tussen die grasse deur maar hy wil nie sy kop te hoog lig en sodoende hulle posisie weggee nie. Hy kon egter in die skemerlig vlugtig die gestaltes uitmaak van mense wat reguit in hulle rigting beweeg.

   “Aantu yangapi?” vra Lappies saggies aan Thomas.

   “Hulle is sewe mense, dit is hulle wie ons soek,” kom die antwoord.

   “Hoe vêr?”

   “Popepi(naby).”

   “Ons vat hulle lewendig,Thomas.”

   “Aawe, tate, hierdie keer ek hoor jou nie.”

   Die geluid van die sewe aankomende moordenaars is skaars hoorbaar toe begin Thomas  te skiet. Eers lê hy stil en skiet vinnig en akuraat en toe spring hy orent en skiet terwyl hy nader aan die verstomde moordenaars hardloop. Lappies en die ander manne moet noodwendig sy voorbeeld volg en voor die moordenaars eens ʼn enkele skoot akkuraat kon afvuur toe is alles oor. Al sewe lê roerloos terwyl Thomas van die een na die ander loop en seker maak dat hulle dood is.

   “Thomas, ek het gesê dat ons hulle lewendig moes vang.”

   “Tate Lappies, toe ek nog klein was, my pa het by daardie plaas gewerk.”

   “Watter plaas?”

   “Daardie plaas waar ons vanoggend was. Daardie boer wat daar doodgemaak was, ek en hy het saam gespeel toe ons kinders was. Daardie man, Henk, hy het my geleer om met die geweer te skiet. Ek het hom geleer om my taal te praat en hy het my julle taal geleer. Sy pa was goed vir ons en toe kom hierdie oorlog en toe moes ons trek van die plaas af. Hierdie mense het my vriend doodgemaak en sy vrou en kinders. Hulle mag nie lewe nie, sê ek, Thomas die vriend van Henk.”

   Dan draai Thomas om en stap terug in die rigting van die Caspirs.









Op die televisie gaan die president nog steeds voort met sy toespraak,.............................

.........”Our heroes and heroines whom we honour today have completed their duties with honour and dignity...........”

.....en weereens wonder ek, wie is nou werklik ons helde en wie nie.