Monday, August 29, 2011

Belonings

Daar bestaan by my geen twyfel dat daar nie belonings vir niks bestaan nie. Met ander woorde, as jy niks doen nie, dan gaan jy ook nie daarvoor beloon word nie. As ek weer Rugby as n voorbeeld kan gebruik siende dit nou Wereldbeker tyd is, sal ek maar vir Pieter de Villiers as voorbeeld gebruik. Die man het in my twee ogies nog net agteruit geboer met die Bokke. Elke jaar onder sy bewind doen die Bokke net swakker en swakker. Vergelyk hom met die afrigters van byvoorbeeld Australie en Nieu Zeeland. Hulle het met jong manne 4 jaar terug begin bou aan spanne wat nou kort voor die WB die wereld aan die brand speel. Die sogenaamde onbekende jong manne van 4 jaar terug is nou alombekende name in wereldrugby. Div sukkel nog steeds met manne wat al in die Kieriekoshuis span kan uitdraf. Hy het nou al vir Rassie as konsultant aangestel, afgesien van sy 2 hulpafrigters, nog daarby die WP se verdedigingsafrigter, Percy as skopafrigter, Os as voorspelerafrigter (aangestel en intussen gefire) en sielkundiges en daarop nog vir Victor en John as algemene span coaches voor en Jean en Fourie by die agterspelers. In kort is daar meer afrigters as spelers. Robbie Deans het by Australie n span afrigters wat bestaan uit n hele 2 manne. Dis nou afgesien van mediese personeel ens, ek verwys slegs na afrigters. Nou my eintlike stelling, beloning vir niks; As daar iets soos regverdigheid op ons aarde bestaan, dan sal een van hierdie spanne, waar afrigters hulle sout werd is en die span as te ware op hulle eie afrig, die wereldbeker wen. Div kan nie verwag dat hy vir sy bietjie bydrae, meer negatief as positief, die beker omhoog kan hou nie. Daar is net te veel ander afrigters wat met hulle harde werk en voorbereiding die beloning baie meer waardig sal wees.

No comments:

Post a Comment