Ons as mense sou baie meer dinge kon vermag as ons dit nie bloot as onmoontlik beskou het nie.
Hoe nader die aanvang van die wereldbeker kom, hoe meer keil my gewete my op. Die ding is mos nou dat ek graag alle wereldbekerstoernooie kyk, dis nou rugby,sokker,krieket en natuurlik die olimpiese speles. Hoe nou gemaak as jy al vir maande lank nie DStv in die huis het nie, eintlik het ek alles, die skottel is op, die dual decoder is opgekoppel in die sitkamer en die 2de punt is in die slaapkamer. Ek het net hier in die begin van die jaar besluit dat dit te lekker in die huis sonder DStv is. Ons gee baie aandag aan die kinders en natuurlik hulle aan ons. Daar word gespeel en gejaag en gestoei en pa se tuin word opgeneuk en tot die honde kry aandag. Maar as die tv aan is, dan is dit n heel ander storie. Die kids is heeltyd op Cbeebees kanaal op die plasma in die slaapkamer en ek en mams moet baklei oor wie kan rugby of flieks in die sitkamer kyk. En so lewe ons dan in dieselfde huis voor die tv's by mekaar verby. Ons weet nie wat het die dag by die kiddies se skool gebeur nie en wie se maaitjie het wat gemaak nie. Op die ou end weet jy eintlik niks wat by en met jou kinders gebeur nie en in effek is juffrou by die skool die een wat jou kind die beste ken. Maar nou is dit rugby wereldbeker en dit gebeur darem net een keer elke vier jaar en ek moet dit kyk. Maar soos ek hierbo begin het; niks is onmoontlik nie en op een of ander manier moet ons vir n maand lank n balans skep tussen kinders, belangstelling, rugby, flieks en wat alles daarmee gepaard gaan. Dan as die maand om is sit ons net eenvoudig weer die tv's af en alles is terug na normaal, of so hoop ons.
No comments:
Post a Comment