Tuesday, August 30, 2011

Engels

In die Suide van ons landtjie is daar nog so paar boere wat soos ek oor Engels voel; as dit nie daadwerklik noodsaaklik is nie, dan praat ons dit nie. So gebeur dit dat n boertjie van die Aranos omgewing met vakansie in Durban is en soos ons Suidwesters maar is, sak ons dadelik eers af see toe. Al is die water ook hoe koud, swem sal ons swem. So het die boertjie sy lyf natgemaak, bietjie rondgeloer en toe die talent op die strand beter leer ken. Hy ontmoet toe daar n sexy dingetjie in skrapse swemklere met n lyf soos n skerpioen. As jy aan hom vat wil hy mos net steek. Maar sy is so rooinek soos kan kom, praat geen woord Afrikaans nie, maar boetie is lus vir haar en in sy gebroke Engels oorreed hy haar dat hulle met sy plaasbakkie na haar woonstel toe moet gaan vir bietjie afkoeling. Gentleman soos hy is, maak hy die deur vir haar oop en dan laat waai hulle vir haar flatjie. Waar mens by die strandgebied uitry is die verkeer erg besig en druk en hulle moet in die oorkantse baan inkom en terwyl boerseun sy kant van die verkeer dop hou, vra hy aan die Engelse girl, "Is your kant clean?"

No comments:

Post a Comment