Tuesday, August 23, 2011

Beperkings

As daar een ding is wat ek uit Rhonda Byrne se boek, The Secret, geleer het, dan is dit dat jy jouself nooit moet beperk nie. Baie mense beperk hulleself tot dit wat hulle dink hulle in staat is om te kan doen. Jy kan eintlik so ver gaan as wat jy jou gedagtes kan laat gaan. Dit waarin jy glo, is dit wat jy kan vermag. Baie mense het die boek gelees en baie reken na n maand of drie dat dit maar net n pot sn#@ is. Wel, n vriend van my, wat nie die boek gelees het nie, het altyd die positiewe gesindheid gehad dat sy skippie ook eendag sal kom en dan moet ek bynoem dat hy maar nog altyd n armgat soos ekself was. Wel op n onlangse vlug na Kaapstad beland hy toevallig langs n multimiljoener sakeman wat vir dieselfde konferensie as hy op pad Kaap toe is. Die kort en die lank van die storie is dat toe hulle in die Kaap land, het hy en sy venoot reeds n Twee miljoen Rand kontrak met die man aangegaan. Dit is die einresultaat van volgehoue positiewe denke. Goeie dinge kom dan vanself en asof van nerens na jou toe aan.

No comments:

Post a Comment