Thursday, August 11, 2011

Apteker se vrou




Die vrou stap die apteek binne en peil reguit op die apteker af.

   “Ek soek Sianied asseblief.”

   “Onse genugtig nee, wat op dees aarde wil jy met Sianied maak, weet jy hoe giftig en gevaarlik Sianied is?” vra die apteker heeltemal verbaas.

   “Ek wil my man daarmee vergiftig,” antwoord die vrou sonder om te blik of bloos.

   “Nee, dit is heeltemal buite die kwessie. Dit is teen die wet, hulle sal my lisensie afvat, hulle sal ons albei toesluit, alle slegte goed sal gebeur. Nee, ek kan doodeenvoudig nie Sianied aan jou verkoop nie,” antwoord die apteker.

   Die vrou maak haar handsak oop en haal ʼn foto uit waarop haar man duidelik in die bed gesien kan word met die apteker se vrou en sy gee die foto aan die apteker.

   Hy kyk so oomblik na die foto en dan antwoord hy;

   “Nou dit is heeltemal ʼn ander storie, jy het nie voorheen gesȇ dat jy oor ʼn voorskrif beskik nie.”

No comments:

Post a Comment