Thursday, August 25, 2011
Skole sports
Daar word beweer, deur hooggeleerde mense nogal, dat by laerskoolkinders is die ontwikkeling van die kind se fisiese beweeglikheidsvaardighede baie belangriker as om te wen. Die wenmotief is waarna ek verwys. Nou vir die minder geleerdes onder ons beteken dit in plat Afrikaans die volgende. Dit is belangrik dat kinders in hulle individuele sporte bepaalde vaardighede aangeleer moet word. In Rugby byvoorbeeld sal die klem val op, beweeglikheid, krag, stamina, spoed, balvaardighede soos om te kan skop, vang en aangee. Reels van die spel moet aangeleer word en n liefde vir die sport en sportmansgees moet by die kind gekweek word. Al hierdie vaardighede is dus baie meer belangrik as dat die een skool die ander skool moet kan wen. Dis waar die wenmotief inkom. Die ironie is juis dat waar hierdie vaardighede by spanne aangeleer word, dan is dit juis soveel makliker om as wenners van die veld te stap. Party skole is uiters erg gesteld op die wen, soveel so dat skoolspanne mekaar haat op die veld. Eintlik is n wedstryd tussen twee spanne bloot net n maatstaf vir die afrigter om sy kinders se vordering in bepaalde vaardighede prakties te kan toets en monitor. Nou is my vraag aan alle skoolhoofde, afrigters van laerskoolkinders en hoofsaaklik aan ouers langs die veld, as die wen nie die hoofsaak is nie, maar eerder die ontwikkeling van die kind, dan waarom word daar telling gehou en waarom gaan ouers soos mal goed langs die veld te kere en maak snedige opmerkings teenoor die ander spanne se kinders en ouers?
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment