Monday, August 22, 2011

Da Bokke

Na Saterdag se oorwinning van die Bokke oor die 2de span van die All Blacks is dit seker tyd vir n reality check. Die All Blacks het die veld met hulle 2 de bestes gevat en alhoewel hulle slegs een drie kon druk het hulle nege ander opgestel wat hulle nie kon afrond nie. Onderskep aangee, vorentoe aangee en pure ongeluk aan die All Blaacks se kant, het die Bokke van n erge nederlaag teen n B span gered. Ouder gewoonte het die Bokke op skoppe pale toe staat gemaak terwyl die AB die een na die ander gat in die Bokke se verdediging geslaan het. Ek is oortuig dat die All Blacks se A span al hierdie bewegings sou kon afrond wat n telling van ongeveer 70 - 18 sou beteken. Daar is dus by my geen begrip vir waarom Bok ondersteuners opgewonde oor die oorwinning is nie. Dit bly n feit dat in die laaste 160 minute van rugby, die Bokke se A span nie n enkele drie kon druk nie. Ek bly staan by my voorspelling dat die Bokke reeds terug in Suid Afrika gaan wees teen die tyd wat die half eindstryde gespeel word.

No comments:

Post a Comment