Sunday, August 7, 2011

Platannas

Die Kaapse platanna, baie gewild onder varswater hengelaars om as aas te gebruik. Ek wonder hoeveel hengelaars is bewus daarvan dat hierdie spesifieke spesie as n bedreigde spesie beskou word. Een rede hiervoor is hulle gewildheid as troeteldier. Reeds soveel as 15 jaar gelede was hierdie padda so gewild dat meer as 1,2 miljoen van hulle onwettig uit Suid Afrika na Amerika gesmokkel is. Daar is hulle as troeteldiere aangehou en is outomaties van voortplantingsgeleenthede ontneem. Verder is hulle natuurlike habitat ook die gewildste by eiendomsontwikkelaars en word hulle jaarliks van meer en meer van hulle natuurlike blyplekke ontneem. Geen eiendomsontwikkelaar het die geringste mate van besef dat hierdie diere feitlik heeltemal uitgewis is nie en so ook nie enige iemand anders wat n paar rand uit hulle uit maak nie. Ek het altyd gedink dat volgens die Bybel die mens eintlik die opdrag gekry het om die aarde en sy diere op te pas en te beskerm. Snaaks dat dieselfde mense wat hulle stemme dik maak oor Renosters en Walvisse en dies meer, graag n biertjie oopmaak en n slukkie yskoue bier neem voordat hy sy platanna op die hoek ryg vir aas.

No comments:

Post a Comment