Friday, August 19, 2011

Human Sapiens

Die menslike spesie blyk van nature ware poepholle te wees. Dit moet n fundamentele selfverdedigings meganisme wees. Ek verwys nie nou uitsluitlik na blou bul ondersteuners nie, maar na die hele mense ras in geheel. Ek ry nou net deur die dorp en doer anderkant die brandweer hoofkantoor kom jaag n blond met n 4x4 dubbelkajuit Colt bakkie by my verby. Nommerplaat was iets soos N16168W of iets naby daaraan. Miskien is dit een van julle se vroue dan weet jy wat om haar vir kersfees te koop. Dit sal n bullbar, rollbar en n nuwe kar wees. Elk geval, eerste robot kom nader en sy swenk hier vlak voor my in om tog net in my baan te mag wees, terwyl haar baan oop was. Ligte slaan groen en sy pluk weer oor in die ander baan en maak oop. Tweede robot en sy bly in haar baan, totdat die lig groen slaan en daar laat loop sy weer oopketel, net om by die volgende robot agter in die ry te staan. Lig groen en daar trek sy weer, oop en toe. Vierde robot en sy is in die regterkantse baan vasgevang terwyl ek rustig in die oop linkerkantse baan verbykom. My donder, twee meter van haar af pluk sy die Colt in my baan in en trap die petrol vaskas. Ek hoet en vloek blou moord, maar sy is in die gejaery nog te besig op haar cellfoon om haar aan my te steur. 50 Meter vorentoe is sy vasgevang in die middestad se verkeer en ek glip rustig by haar in die baan langsaan verby. Sy is so besig om te sms dat sy skaars sien hoe ek haar bottelblond koppie aan die brand vloek. Dan het sy hoeka nog so klein kop soos n dowe kat. Ek is seker as sy by die huis kom dan vertel sy vir haar kat (dink nie so vrou kan n man vir lank hou nie) dat die mense in die dorp kan glad nie kar ry nie. Moet nogal erken dat sy my baie aan my derde vrou laat dink, daai een wat ek oor die drimpel by die voordeur gaan indra, regdeur die huis en dan by die agterdeur uit en in die groen asdrom gaan inmoer.
Soos ek mee begin het, ons menslike spesie is maar almal n klomp poepholle, ek inkluis.

No comments:

Post a Comment