Saturday, July 30, 2011

Poepol in die toilet

My ou vriend, Isak Smit, vertel my gisteraand hierdie enetjie;

Hy ry eenkeer vir die werk die 1500 kilometer hier af Kaap toe. Soos dit maar op die trippies gaan eet hy ook maar hier n hamburger en daar n koeldrank en n lunchbar en teen die tyd wat hy by Van Rhyn's Dorp kom toe besef hy dat sy stertkant nou n toilet sal waardeer.
Hy trek toe in by die eerste diensstasie in die dorp en gaan parkeer sommer reg voor die toilette. Soos dit maar met meeste van ons ou army en poliesmanne is, kyk ons darem n vreemde plek eers uit voor ons net instorm. Met die sien hy die ou wat hier duskant die toilet rondhang. Hy let ook dat dit die enigste ou in die omgewing is. Hy hoop maar net dat die ou nou nie n geleentheid Kaap toe wil bum nie, want ons Suidwesters kan mos nou maar eenmaal nie sulke versoeke weier nie. Maar in ons getroude manne se geval, waardeer mens so af en toe n 1500 kilometer se stiltebreek waar man bietjie met sy eie gedagtes kan verkeer.
So is hy toe die toilet in en hy merk so terloops dat die dorpie se bouers die selfde probleem as alle ander dorpies s'n het. Hulle kan mos nie meet nie. Die toiletdeure is altyd te kort vir die opening wat dit moet toemaak. Maar hy is in, trek broek af en kry sy sit. Soos dit enige ordentlike mens betaam is dit nou die een plek op aarde waar man van sy stilte hou en hy is bietjie omgekrap toe hy hoor hoe die vreemdeling die toilette inkom, hy kom bedel seker nou sy lift Kaap toe, en dan hoor hy ook sommer hoe die man met die deur in die huis val.
"Gaan jy Kaap toe?" vra die man.
"Ja," antwoord Isak hier vanuit sy hokkie uit.
"Wat gaan maak jy daar?" kom die vraag.
"Besigheid vir die werk," antwoord Isak.
"Hoe lank sal jy daar bly?"
"Ag seker drie of vier dae," antwoord Isak weer.
"Sal jy die WP teen die Bulle kan gaan kyk?" kom die volgende vraag.
"Nee, die werk koop nie kaartjies vir sulke goed nie," antwoord Isak.
Dan hoor Isak hoe die ou anderkant sy hokkie die volgende kwytraak;
"Jong, kom ek bel jou maar later terug, hier binne in n toilet sit n poepol wat al my vrae beantwoord.

Friday, July 29, 2011

Ou oom en tannie



Die ou oom en sy mamsie van vyf-en-sestig jaar se getroude lewe kom op ʼn dag agter dat hulle darem nou baie vergeetagtig raak. As hulle nie hulle valstande iewers vergeet nie, of een vergeet om sy stert af te vee wanneer hy klaar gepoef het, dan vergeet die ander sommer heel om toilet toe te gaan wanneer hy moes poef.

   Hulle besluit toe om hulp te kry voordat hulle mekaar iewers verloor of vergeet. Dis op die ou end kursusse en fancy foefies, maar die lesse is skaars verby, dan het hulle vergeet wat hulle nou net geleer het. Einde ten laaste kom hulle by ʼn jong terapeut uit wat vir hulle die raad gee om alles neer te skryf. Sodoende slaan hulle net die notas na as hulle nie kan onthou wat hulle wou doen nie.

   Die help toe, maar een aand raak die tante lus vir roomys en vra die oom om te gaan skep. Maar hy moet tog neerskryf sodat hy nie vergeet nie. Maar die oom vererg hom dat sy dink hy sal nie die roomys kan onthou nie.

   Maar hy moet tog ook bietjie sjokoladestroop oorgooi en hy moet neerskryf want hy sal vergeet. Oom ignoreer daardie laaste opmerking en vra of daar nog iets is. Die tante vra of hy bietjie gemaalde neute ook sal bysit en toe is die oom daar weg terwyl sy tv kyk.

   ʼn Lang ruk gaan verby en dan kom die oom daar aan met ʼn skinkbord en ʼn bord met bacon en eiers in en gee dit vir die tante.

   Die tante kyk hom so skeef aan en dan sȇ sy vir hom;

“Ek het tog gevra jy moet dit neerskryf, nou het jy wragtig die roosterbrood vergeet.”

Oom Sebastiaan se stripper storie



Oom Sebastiaan kom ry laas naweek oor vir koffie, maar toe ek die koffie wou skink verander hy sy keuse na iets koeler met skuim op. Ek skink en dan gaan sit ons op die stoep.

  “Het ek jou vertel wat ek nou die ander dag hier onder in die supermark gehoor het?” vra hy en begin sy storie voor ek kon antwoord.

   “Ek staan daar tussen die rakke met die lysie wat die tante my gegee het om te koop. Hier voor my loop ʼn dingetjie met sulke groot onskuldige borste en ferm ogies.”

   “Oom bedoel seker andersom?” val ek hom in die rede.

   “Jong wil jy die storie vertel?” vra hy half vieserig voordat hy verder praat.

   “In elk geval sy vat haar tyd hier tussen die rakke en ek neem my tyd hier agter haar, want sy is nogal iets om te waardeer. Hier by die hoender yskaste sien sy ʼn man aan die ander kant van die yskaste en sy waai vir hom. Ek sien die man frons so effe en dan stap hy nader na haar toe.”

   “Verskoon tog, maar ken ek jou?” vra hy aan haar.

   “Ek dink jy is die Pa van een van my kinders,” antwoord sy.

   “Jong die man bloos so rooi in die gesig en hy kyk eers hier en toe daar en toe uiteindelik antwoord hy haar.”

   “O nou weet ek,” sȇ hy, “ jy is daai stripper wat my pelle vir my ramparty gereel het en toe het ek jou op die pooltafel bygekom terwyl hulle gekyk het en jou medestripper my gat met whip cream gespuit het. Wil jy vir my sȇ dat jy wragtig pregnant geword het en jy vermoed dis my kind.”

   “Nee,” antwoord die vroutjie skaam,” ek bedoel ek dink jy is die pa van een van my kinders in my wiskundeklas.”

Vrydag slimheid

Hoekom beweer hulle dat vet mense lui is?
Vet mense staan self op en gaan haal hulle eie kos,
Maer mense is juis maer oor hulle te lui is om hulle eie kos te maak.

Dit sal nie al jou probleme oplos deur net n positiewe gesindheid te handhaaf nie,
Maar dit sal genoeg mense nat pis dat dit op die ou end die moeite werd is.

'n Soen is net n tere herinnering dat twee koppe beter as een is.

Apteker

Die ou ontmoet die Woensdag by sy kuierplek n meisie en hulle kuier te lekker. Die meisie nooi hom toe sommer ook om die naweek by haar op haar ouers se plaas, net so paar kilos uit die dorp uit, te kom kuier. Hy vertel later een van sy drinkebroers daarvan en die vra ewe wyslik of sy pel weet wat dit beteken." Ek meen, my bra, n wildvreemde girl nooi jou vir die naweek plaas toe, dit beteken mos net een ding. Daar gaan gewerk word, plaaswerk jy weet, spyker hier, kap daar, saag diekant, nee jy sal voorbereid moet gaan. Jy wil mos nie n wild vreemde girl gaan pregnant maak nie, so gaan apteek toe en koop genoeg kondome."
So doen die ou dit ook die Vrydagmiddag voor hy uitry plaas toe. Gaan by die apteek in en vra die apteker vir n hele gross kondome, 144 van die sterkstes wat hy het. Die apteker vra nog of hy oorsee gaan vir n jaar of hoe nou met so baie kondome.
Nee, dis net vir die naweek, hy is nie n lui man nie en as die meisie wil dan wil hy ook. So is hy breebors met sy boks Durex extra long by die deur uit.
Op die plaas neem die meisie hom eers vir n besigtigings toer van die plaas en later gaan hulle huis toe want aandete is seker gereed. By die huis word hy aan die ouers bekend gestel en hulle sit sommer dadelik aan vir ete. Dis toe wat die Pa vra of die boet nie die tafelgebed wil doen nie.
Mense die knaap sak sy kop en hy gaan haal hom ver en diep. Vanaf Eva met haar groot bek en Adam wat hom in n strik laat vang het en Kain en Abel wat hulle geskille demokraties kon beslis het en Noag se drinkgewoontes en so werk hy die ou testament deur. Teen die tyd wat hy by Amen kom is die kos al half koud en onsmaaklik en hulle eet in doodste stilte klaar. Na ete is hy en die meisie uit stoep toe.
Jy het my nooit vertel dat jy so diepgelowige mens is nie, vra sy uit oor sy diep tafelgebed.
Ja en jy het my nooit vertel dat jou Pa die apteker op die dorp is nie, antwoord hy.

My Man

Op n ander dag, in n ander restaurant as die een hieronder, sit n man en vrou liefies en koer by n tafel. Die kelnerin wat besig is om by die tafel langsaan n bestelling te neem, merk dat die man so stadig van sy stoel afgly onder die tafel in en dan heeltemal onder die tafel verdwyn. Toe sy klaar met die bestelling is, stap sy na die vrou toe en vra of die vrou bewus is dat haar man sopas onder die tafel in verdwyn het.
Die vrou kyk die kelnerin stip aan en antwoord met n baie ernstige gesig;
"My man, het sopas by die deur ingestap."

Quickies

Daar is baie van ons Afrikaners (Afrikaans sprekendes) wat nog n renonserige afkeur in Engels het. Dis natuurlik n storie op sy eie. Maar, o wee, daar is die wat dink die son skyn uit Engels uit en skeef of krom, die taal moet gepraat word. So beland een van die platjies in n fancy restaurant waar die menu dinge in ewe fancy taal beskryf. Die waitresse is sulke pragtige Playboy tipe goedtjies met minnerige kleure aan. Die arme man vergaap hom behoorlik aan die een wat sy tafel bedien en met vol borste wat met moeite deur Wonderbra binne gehou word en n mini skirt wat twee pragtige lang bene wys, kan die man skaars op die menu konsentreer. Terwyl hy die wonderskone waitress openlik en aapagtig bewonder, bekyk hy haar van bo na onder en vra dan met n reguit gesig; n Quickie asseblief?
Die dame verstar en vra of sy reg gehoor het.
"Ja, n quickie asseblief," herhaal die ou sy bestelling.
Die waitress haak af en klap hom dat n snotstring so drie keer om sy kop draai en dan stap sy vies weg.
Die Engelse heer wat by die aangrensende tafel sit en die hele petalje aanskou het, leun so bietjie nader en gee dan raad; " I think you should pronounce it, quiche." (Wat vir die Afrikaners tussen ons souttert beteken)

Thursday, July 28, 2011

Ken jy die prokureur?

ʼn Klein dorp se prokureur roep sy eerste getuie na die getuie bank. Dis ʼn oumatjie van digby die tagtig jaar oud.

   “Mevrou, ken jy my?” vra hy aan haar.

   “Ja, natuurlik ken ek jou. Jy het feitlik voor my groot geword. Hoe teleurgestel is ek nie in jou nie. Jy lieg vir mense, jy verneuk jou pragtige vroutjie, jy manipuleer mense en skinder agter hulle rue. Jy dink jy is ʼn regte groot meneer wat dit nog ver gaan bring, maar jy het nie genoeg breins om te besef dat jy niks verder as ʼn gewone pen pusher sal vorder nie. Jy stel my baie teleur. Ja, natuurlik ken ek jou.”

   Heeltemal uit die veld geslaan en heel uit sy vooraf beplande ritme uit, vra hy haar toe of sy die beskuldigde se prokureur ken.

   “Natuurlik ken ek hom ook. Ek het sy doeke as baba omgeruil toe ek vir sy ouers ge-babysit het. Ja, en hy is ook vir my ʼn baie groot teleurstelling. Hy is lui, hy het ʼn drink probleem, hy kan nie ʼn normale verhouding met enige iemand aanknoop nie en sy praktyk is seker die korrupste in die land. Ja, ek ken hom ook.”

   In die stadium maak die Landdros die gehoor stil en roep albei die prokureurs na vore. In ʼn sagte maar ferm stem waarsku hy hulle;

   “Die een van julle twee wat vir haar vra of sy my ken is binne drie minute in die tronk.”

Nuwe bediende

Die man bel na sy huis toe vanaf die kantoor en n vreemde vrou antwoord die telefoon.
"Wie praat nou?" vra hy.
"Dis die bediende," antwoord die vrou.
"Maar ons het nie n bediende nie," antwoord die man.
"Die vrou van die huis het my net vanoggend aangestel," antwoord sy.
"Wel waar is sy nou?" vra die man.
"Sy is bo in die kamer saam met die man wat ek gedink het haar man is," antwoord sy.
"Wil jy ekstra geld verdien?" vra die man.
"Ja seker, wat moet ek doen?" vra die bediende.
"Kyk in die besemkas is my geweer, gaan kamer toe en skiet albei dood."
Die man hoor hoe die vrou wegraak en na n ruk hoor hy n gil en dan twee skote. Na n ruk is sy terug by die telefoon en vra wat sy met die lyke moet doen.
"Gooi hulle in die swembad," antwoord hy.
"Maar julle het nie n swembad nie," antwoord die bediende.
"Uhhhm, is dit 249 33......."

Nog slimmighede

Elke dag is nie n goeie dag nie,
Maar daar is iets goeds in elke dag.

As jy graag gelukkig wil wees, wees gelukkig.

Dis so hard wanneer ek moet,
Maar dis so maklik wanneer ek wil.

Die beste en mooiste dinge in die lewe kan nie gesien word nie,
Jy moet dit in jou hart voel.

Wednesday, July 27, 2011

Lag is goeie medisyne

Oom Sebastiaan het altyd geglo dat lag die beste medisyne is....
Ek veronderstel dis hoekom so baie van sy kinders aan TB dood is.

Slim vroue

Dit is so frustrerend om met jou vrou te stry wanneer sy weet waarvan sy praat.

Poep

Niemand luister ooit na jou nie;
Totdat jy poep.

Incredible Connected

Ek wou iets daar by Incredible Connections koop en ek vra een van daai gladdebek verkoopsmanne of hulle net kontant vat en of hulle lee bottels ook sal vat. Hy lag en antwoord nee. Ek vra of hulle n ou Land Rover met n Blou Bul sticker op sal vat. Hy lag en antwoord; Ons sou nog na die Landie kyk, maar nie met so sticker op nie.

Badtyd

   Ek glo mos daaraan dat daar nie DStv in die huis moet wees nie (behalwe world cup tyd), want dan sit almal heeltyd voor die tellie. Dit nou terwyl ek die volle pakket by Multichoice teen halfprys kry. Ek en mams gee net soveel meer aandag aan mekaar en aan die kids as wanneer die tv aan is. Die gevolg is dan seker dat ek nog die tipe kinders groot maak wat kettie skiet en met pa se lere op die huis se dak klim, dis nou ʼn 4 jarige meisie en haar 2 jaar oue boetie. En dan sit ek later self met die gebakte pere wanneer mams op die pad is, maar glo my ek lief die twee stouters met al hulle manewales, en toe breek Maandagoggend aan.

   Sondae neem ons gewoonlik dvd’s uit (dit kos my meer as wat DStv sou kos) en dan kyk ons dit almal saam voor die flatscreen in die kamer, almal in die queensize bed met net koppe wat bo die duvets uitsteek. Nou Sondag was dit The Tourist met Johny Depp (my gunsteling akteur) en Angelina Jolie (my minder gunsteling) en teen 9hoo is dit ligte uit en die hele spul is vas aan die slaap. Die gevolg is dat toe mams Maandogoggend ses-uur op is toe is almal uitgeslaap en wakker. Toe mams nog in die bad sit toe is albei die hobbits saam met haar in die bad en pappa moet noodgedwonge gaan stort, heel aan die ander kant van die huis.

   Mams is uit die bad uit en blaas hare droog, poeier wat gepoeier moet word en begin skooltassies pak. Pappa skeer, sjampoe, seep en skip die poeier besigheid. Toe ek uit die stort uitkom word ek amper deur mams uit die pad uit gehardloop. Die stoot daar deur die gangetjie oppad kamer toe soos een wat onverwags met haar skelmpie betrap is en die gou in die kas wil gaan wegsteek. Toe ek in die kamer kom sal ek voel dat my voete nog papnat is, maar toe ek hulle weereens wil afdroog, toe sal ek sien waaroor mamma se hollery gaan. Die hele kamer is toe onder water en dit lyk kompleet soos Sun City se valley of the waves soos die branders uit die badkamer uit kom. Ek hol toe ook maar met beperkte noodhulp kennis om die arme bloedtjies te gaan help, daar waar hulle sekerlik deur die gebarste geyser wat heel uit die dak uit geval het en hulle in die bad vaspen. My magtig mense, toe ons daai badkamerdeur teen die steeds stygende water oopgestoot kry, toe is dit asof jy twee Jack Russel hondjies betrap daar waar hulle besig is om jou sitkamerbank se kussings uitmekaar te skeur. Dis net vier verskrikte groot oge, daar waar die twee in die bad staan, elkeen met ʼn gabba in die hand, besig om die bad se water uit te skep. Hulle moes dit op hulle een video, Nim’s Island gesien het. Die helle, dis vandag Woensdag en daardie mat is nog steeds papnat. Haai shame, nie ek of mamma kon dit oor ons harte kry om hulle gatte te slaan soos hulle daar gestaan en lag het nie. Eers net ʼn verskrikte glimlag en toe hulle sien ons slaan nie, toe lag hulle behoorlik.

   Nou ja, elke donker wolk het ʼn silwer rant en in ons geval , wel dit sneeu nie en ons gras vrot nog nie van die baie reen nie.


Tuesday, July 26, 2011

Slim feite

Mense wat snork raak altyd voor jou aan die slaap.

Dis so frustrerend as jy al die antwoorde ken, maar niemand vra jou die vrae nie.

Alles is snaaks, behalwe as dit met jouself gebeur.

Maermerries is goed om meubels mee in die donker te soek.

Een sigaret stompie kan blykbaar n veldbrand veroorsaak, maar n hele pakkie vuurhoutjies sukkel om een sak hout aan die brand te kry.

Kelner

Man in die restaurant vra aan die bekkige kelner;
Het julle wilde eend?
Kelner; Nee meneer, maar ons kan vir jou n mak een die moer in maak.

Monday, July 25, 2011

Een brood

Die kanse vir die gemiddelde vrou om n winkel in te stap om een brood te koop en dan met een brood uit te kom is ongeveer 3miljoen tot een.

Reunie spyt

Dis amper ongelooflik watter tipe uitwerking ʼn beoogde reunie op verskillende tipes persoonlikhede teweeg bring. Mens het op skool (in ons geval 29 jaar gelede) sekere voorkeur vriende gehad. Dit was hoofsaaklik as gevolg van sekere omstandighede soos byvoorbeeld, klasindelings, sportkeuses, voorstad waar jy woonagtig was en ander belangstellings.

   Rugbyspelers het outomaties met mekaar gemeng, soos ook tennisspelers, netbal, hokkie, atlete, ens. Klasmaats was meer bekend as kinders van ander klasse. So was ek byvoorbeeld vertroud met name soos Reho Maartens en Ertru en Rika en,en,en, maar tog het ek hulle nie persoonlik geken nie omdat ons paaie nie gekruis het op die sportveld of in klasse of in ons besonderse woonbuurte nie. Ons was ook nie saam in die koshuis nie, die ander plek wat baie mense se lewens op sy eie unieke manier laat kruis het. Ek dink koshuiskinders het ʼn besonderse band tussen hulle gehad wat ons dorpskinders nie gehad het nie en hulle het ook meer persoonlike goeters met mekaar gedeel.

   Dan weer, daar waar ons ʼn klaskamer vir jare saam gedeel het, was dit ook maar taamlik oppervlakkige kennis wat jy van party maats opgebou het. My groot klasmaats was natuurlik die wat min of meer dieselfde belangstellings gehad het. Ons was nie rokjagters nie, maar definitief ook nie skeef nie, maar net bietjie skamer en meer teruggetrokke op die gebied van meisies as wat met ander manne die geval was. Of dalk was dit ons gebrek aan kennis op die gebied wat veroorsaak het dat ek en paar van my seunsmaats die skooljare moes afsluit as “virgins”. Of so dink ek. In my eie geval is ek seker, doodseker, maar vir my maats kan ek mos maar net op hulle woord gaan. Nie dat ek dit vandag anders sou wou gehad het nie, ek is nogal trots op my virgin status, nie gedrink nie, nie gerook nie en wel nie gespyker nie. Tog dink ek parykeer,wat sou gewees het, as dit anders was?

   In elk geval, seuns of meisies, daar was die wat dom was, die wat slim was, en die wat ge-ekspirementeer het en die wat nie het of wou nie. Ek is nie spyt  oor my keuse, willekeurig of onwillekeurig nie. Wat ek wel oor spyt is, is dit wat ek reeds in ʼn vorige skrywe gegorrel het, en wel my gebrek aan die tyd wat ek aan die ander kinders spandeer het. Dat ek nie meer kinders leer ken het en “in touch” gebly het nie.

   Nou met die oor en weer skrywery, ontvang ek baie e-posse in ʼn persoonlike hoedanigheid. Met ander woorde, ek skryf iets en stuur dit aan die hele naamlys, maar ek ontvang antwoorde wat slegs na my e-pos gestuur word en dus nie met die ander gedeel word nie. Hierdie boodskappe is almal opbouend van aard en elkeen het sy eie besonderse boodskap. Party hou van die grappender tipe skrywes en ander verkies die dieper dinge. Die kern vir my is egter dat ek sodoende mense se voorkeure en afkeure en dinge van hulleself leer ken waarvan ek nooit voorheen bewus was nie, lekker dinge en diep dinge. Dit is ook die dinge wat my weer en weer laat skryf, hierdie stille waters e-posse wat ek so onderlangs ontvang. Ek waardeer elkeen van hulle op sy eie manier. Een van hulle het my egter diep ontstel, en wel op sy eie manier en oor sy eie redes. Ek deel daardie enetjie nou met julle, amper ʼn maand nadat ek dit ontvang het:

   Die ding het so begin. Ek en mams besluit om ons eerste volwaardige vakansie sedert ons Mosselbaai-skoonfamilie-ontmoet-kuiertjie, by Myl 108  gedurende die Desember vaknsie van 2009 te hou. Ons koop tent en stoof en gas en charcoal en opblaasmatrasse en the works. Ek en sussie ry ʼn week vooruit met pappa se bakkie en mamma en boetie kom 7 dae later met mamma se kar, want sy moes nog bietjie werk. Hierdie trippie het ek breedvoerig op my blog beskryf en ek gaan dit nie nou alles herhaal nie. Maar so gebeur dit toe dat ek op die 1ste oggend uit die tent uitstap en sien dat ʼn Transvaler besig is om langs my kamp op te slaan. Met die vaalpens brandweerman loop raak ek toe teen my sin groot pelle.(Teen my sin oordat ek nie met Blou bul ondersteuners sosialiseer as ek andersins dit kon verhoed nie). Oor die man so groot liefhebber van visvang is (hy het laasjaar die wenvis van N$ 30 000.00 gewen) is ons toe ook gereeld langs die see bymekaar. Na die vakansie sy einde bereik het pak ons die groot tog weer aan binneland toe, maar die keer met ʼn effense probleem.

   Visse wat net mooi op maat van 40cm was(die minimum vereiste) is skielik nou net 39cm nadat dit gevries is. Hoe nou gemaak met die padblokkades en sy hoë boetes? Ek neem dit toe op my om die undersize goeters by my te laai en dan deur die woestyn, Boshua pas oor, terug te ry Windhoek toe en sodoende die padblokkades te vermy. Transvaler en mams moet teerpad langs en dan sort ons by die huis weer die vis uit. Dat ek nou vir ʼn  blou bul vis smokkel spreek nogal boekdele.

   Mams is egter bietjie gepla met die idée en besluit sy ry saam deur die woestyn. Seker so 80 kilometer woestynpad in merk ek ʼn 4x4 bakkie van een van die rental plekke oop bonnet langs die pad staan met ʼn paar van sy toeriste bleekvel insittendes wat daar rond hang. Ek ry so entjie verby en trek af vir mams om langs my stil te hou. Aan haar verduidelik ek toe dat ek gou wil hoor of ek die mense van hulp kan wees want hulle staan darem tussen nerens en niks en dan nog met ʼn Nissan van alle karre ook nog.

   So draai ek toe terug en hou langs die uitlanders stil. Hulle verduidelik toe(in Engels nogals) dat hulle reeds met die rental plek in kontak was en dat die reeds ʼn ander bakkie na hulle toe stuur. Die klompie lyk maar bra moedeloos, soos mens kan verwag, en ek draai my 39cm vissies terug Windhoek toe en laat waai. Erens bo op die pas sȇ ek vir mams dat die klomp eers donkertyd weer op die pad gaan kom en dan moet hulle die grondpad en bergpas in die donkerte aanpak en ek hoop hulle sal dit darem veilig maak, maar in my binnenste wens ek dat ek hulle darem op een of ander manier kon help, al was hulle dan nou uitlanders.

   So kom die nuwejaar en die volgende Desember vakansie saam met die Transvalers kom en gaan en toe breek die huidige jaar aan, maw een en ʼn half jaar later. Toe skryf ek my eerste stukkie en so ruk daarna ontvang ek ʼn e-pos daar van overseas af van een van ons ex-pats maats. Sy vertel toe hoe sy en haar gesin deur Namibia getoer het en hoe hulle rental-bakkie in die woestyn gebreek het en hoe ek en my vrou in twee verskillende karre daar kom stilhou het en nadat ek gery het sȇ sy vir haar man dat sy oortuig is dat dit Ian Snyman is en dat ek saam met haar op skool was. Wel, nie net saam op skool nie, saam in dieselfde klas vir ʼn paar jaar lank. Dit was toe al die tyd Sonnette Coetzee (nou West) en dis hoe goed ek my klasmaats onthou. Ek was omtrent geskok deur haar e-pos, ek wonder of sy ʼn idée het van wat sou gebeur as sy haarself daar weer bekendgestel het. Ek sou seker daar bly tot hulle uitgesorteer was, maar spyt kom darem gerieflikheidshalwe altyd na die tyd. Ek moes in die 1ste plek net eenvoudig uit geklim het en darem iets probeer doen het, dit sou my gewete nou heelwat ligter laat voel het.

   En so hoop ek dat ek nie langs enige van julle op straat verbystap en jou nie herken nie en dan sȇ jy vir jou maat; Die bleddie windgat, hy was saam met my op skool en nou kan hy nie eens groet nie.

Sunday, July 24, 2011

Egoli rugby

Kyk, hier is ek al weer eens terug by Egoli rugby, tot vervelens toe dieselfde ou storie oor en oor. Dis nou SA rugby waarna ek verwys. Op facebook Vrydag was my voorspelling SA 15 en Australie 35 wat n punteverskil van 20 is. Die eindtelling was SA 20 en Australie 39 wat n punteverskilling van 19 is. Dan was ek met elke span se teliing binne 5 punte reg geskat. Nie te sleg nie, sou ek reken. Wat het my so oortuig van n verloor van die Bokke gemaak? Op heelagter is Aplon waarskynlik die beste in sy posisie en op vleuels het ons die voorste driedrukkers in die super 15 kompetisie op die veld gehad. Op buitesenter is De Jong in die trui waar ek hom ook sou kies, so waarom voorspel ek dan n verloor met sulke top spelers? Die fout is juis dit wat op hulle binnekant aangaan. Die beproefde en gefaalde keuse van meisiekind op binnesenter is tipies Egoli. Olivier is nie n no 12 se dinges werd nie, so hoe de hel verwag hulle die ouens aan die buitekant moet presteer as hulle nie breins op die binnekant gegee word nie. Morne Steyn sal in my span nie eens die reserwebank maak nie en Ruan Pienaar ook nie. In Sarel Pretorius het ons die skrummie van die jaar in die wereld gehad. Hy het homself gekies, maar hy is nie eens in die groep nie. Peter Grant het die hoogste persentasie sukses met skoppe pale toe gehad, so daar is die bokke se skopper, as hulle dan voel hulle het een nodig. As oorsese spelers in die span moet wees, hoekom dan nie Bradley Barrit op 12 nie? Anders sou ek met die ander manne wat tans beseer is vir Patrick Lambie op 12 speel en dus back up met die skoppe ook gebied het. Met alle beseerdes terug sou ek in elk geval vir Fourie na binnesenter skuif om te kyk wat dit op die aanval beteken. Sonny Bill en venote het mos nou 2 keer na mekaar gewys hoe hulle vir De Villiers en Fourie na amateurs laat lyk in die Stormers Crusaders games, wat sal dan anders wees in bok kleure. Fourie se grote en spoed sal Sonny Bill se skills vertraag en die manne in die 2 meter radius rondom hom kans gee om ingeperk te word. Dis sy kamerade wat in die 2 meter radius op sy skouer hardloop wat hy altyd in die gate insit en dis juis wat ek vir Fourie sal leer. Trap bietjie hier en bietjie daar en trek die verdegers uit hulle lyne uit en sit vir Aplon, de Jong en Basson in die gate in en sie daar, Bok se kind is skielik weer vol planne. Met die voorspelers wil ek nie eers torring nie, dit was n mislukking reeds met die bekendstelling van die span. My punt is in elk geval bewys die oomblik toe die reserwes op die veld kom. Toe kry die bokke sommer twee drietjies. In elk geval, met n politieke aanstelling as afrigter kan mens mos nie eintlik anders verwag nie, hy is so gestel op kleur dat hy meer as die helfde van die span uit die BLOU bulle uit gaan haal het. Dis mos n resep vir n tragedie op sy eie en n boek se skryf op sy eie werd.

Friday, July 22, 2011

Ligaamsbou

Kyk, almal begeer seker die lyf van n swemmer, wel gelukkig is ek ook gebou soos n swemmer. Nou nie heeltemal soos Roland Schoeman nie, maar ek meen, n Walvis swem mos ook en ek val in daai klas.

Thursday, July 21, 2011

Facebook

Ek het al baie weird dinge van Facebook gehoor. Ek is self ook op facebook en sien so van tyd tot tyd n paar goed wat my sommer heel ontstig. Hierdie foto's wat ek nou hierby plaas is "actual profile pictures" wat hierdie mense op hulle hoofblad sit; Party heel gangbaar en dalk verstaanbaar uit mal mense se oogpunt, maar definitief onverstaanbaar vir my. Of is ek dalk die mal een?











Kelly's song

Kelly Oxford beweer op haar blog dat Julia Roberts laat voel n mens asof jy te min tande het.
Liefhebbers van voels beweer weer dat die uile in die Harry Potter flieks die enigste regte ster-akteurs was. Wie sal dan nou die ware sterre in Tom Cruise flieks wees, seker die regiseurs of "stuntmen".

Wednesday, July 20, 2011

Onthou jy nog

My ou klasmaat van 1982 , Dirk Kock, stuur my hierdie stukkie aan, nogal so waar as kan kom;


ONTHOU JY NOG?.....



Lank, lank gelede voor TV speletjies, en dwelms........



Ek praat nou van die tyd van wegkruipertjie in die park, of saans; van die kafee op die hoek, 'hop scotch' vir meisiekinners as dit 'alie'-tyd is by die skool, touspring, klippie en 'handstands' en donkie; krieket in die groot agtertuin, Haas Das se Nuuskas vroegaand, swem in die rivier, kamp op die stand, 'n swaai gemaak van tou met tamatiekasplank vir sitplek aan die groot appelkoosboom; rugby op die oop stuk veld; tennis in die straat.



Die ruik van koekiesbak uit die kombuis; gemmerbier in die spens, kougom vir 'n pennie, roomys by die kombi met 'n eentonige deuntjie.



Wag, wag kan jy nog onthou.... toe om-die-hoek ver was; toe jy moes was en aantrek om saam dorptoe te gaan.



Honderde muskietbyte, stukkkende knieë en repe vel afdop in die somer. Taai toffie-appels en sand in die swemklere en oral. "Cowboys en kroeks", 'rounders' 'foefie-slide' en boomklim; modderkoekies bak.



Skooltoe loop of fietsry - ongeag die weer. Jagertjie speel tot jy op die gras neerslaan sonder asem. Lag tot jou maag pyn. Rondomtalie draai tot jy dronk-dronk val. Moeg en vuil gespeel...... onthou jy?



Grootste verleentheid groter as om laaste vir daardie kant gekies te word.



Waterbomme en kleilat was jul grootste wapens. 'n Stukkie karton in die speke het jou fiets laat sing.



Ek's nog nie klaar nie.... kan jy nog proe en ruik: die droë jelliepoeier uit die pakkie; of droë Milo vir sjokolade; yslollies in Tupperhouertjies gevries van aanmaakkoeldrank; jou eie suurpoeier van versiersuiker en Eno's; borrels blaas met seepwater en 'n strooitjie, lang ure se kook aan 'kondensmelk' tot karamel; Wilson's en pienk toffies; taai malvalekkersvissies en lang stukke 'liquorish' of 'drop.'




Onthou toe die enigste tekkkies wit seilskoene was, maar die enigste keer wanneer jy dit mag dra was vir PT.



Dit was nie vreemd om 2 of 3 'beste' maats te hê nie. Niemand het betaal vir 'n troeteldier nie. As jy gelukkig was het jy 25c vir sakgeld of vir die kermis gekry.



Almal se ma's was by die huis as die skool uitkom.



Onthou hoe 'n slim pa kon toor as hy sy duim aftrek of 10c agter jou oor uithaal.



Die lekkerte van by die padkafee gaan eet - uiteet by 'n restaurant of hotel was taboe vir kinders.



Onthou toe niemand 'n wenkbrou sou lig as enige ouer 'n kind berispe of in die werk steek nie en almal op die werf kosgee as dit etenstyd is nie.



Om by die skool gestraf te word was niks in vergelyking met wat tuis wag as ma daarvan hoor nie, basies was ons doodbang - nie vir aanranding, dwelms, bendes, ens nie. Grootmense was 'n groter bedreiging - baie van ons is vandag nog bang vir wat Pa daarvan sal dink.



Het dit nie goed gevoel nie.... die onthou .......



Onthou nog toe besluite geneem is met "eeny-meeny-miney-mo."

Foutjies was omseil met 'n eenvoudinge "nixs daps."

Geldsake was net in 'Monopoly."

Die ergste wat jy van die 'ander' geslag kon kry was kieme.

Gevang met 'n wapen by die skool was die BIC pen 'pea shooter' waarmee jy die klasmaats agter die oor probeer piets het of dalkies 'n kettie op die speelgrond.



'Verdowingsmiddel' het beteken Melk van Magnesia of Lewensessens.

Roomys was kos; en moed is ontdek as iemand jou "dare".

Ouer broers was die grootste boelies maar ook die beste beskermers.



As jy die meeste van die dinge onthou, dan het jy G E L E W E!!!!



Ek dink ons het nog gelewe

Heja ete

Ja gelukkig kry ek nie daai rooiwyn en rooivleis siektes nie. Maar ek moet julle van die enetjie van onlangs vertel. Ek en mams (my groen blaartjie) en 2 kiddies gaan eet nou n Sondag of 2 terug saam met vriende by Heja Lodge. Ek skep so mooi bordjie voorgereg, gelaai met prawns,en seekossies en frikkadelle en samoosa’s (ai, hoe verlang ek nou Kaap toe) en nog so springaan tipe ding of twee en dan nog iets soos n lewende slakkerige affere. Voorgereg klaar, toe gaan soek ek die Onjama bak en laai my bord met n mooi groterige beesboud snit en n lekker crispy varkvet met n stuk vleis daaraan en n hoender dy en ek rond die vleis af met n gemsboksteak. Om mamsie te please toe skep ek so teelepel soetpatats vir groente. Met die hoofgereg deur die nek en agter die blad gaan soek ek solank die nageregte terwyl die ander klomp n smokebreak maak om die kossies kans te gee om te sak. Daar is toe nie minder nie as 7 verskillende soorte terte (die yskastert tipes) en ek skep toe n mooi homp van 4 verskillende soorte alles in een bak in. Met die agter die rug toe gaan skep ek van die orige 3 plus weer een van die voriges en eet hulle rustig klaar. Die ander klomp is klaar gerook en join my vir nagereg. Ek skep toe net n stuk van elk van die 4 wat die lekkerste was. Daarmee klaar toe gaan ek vir die warm gebakte poeding met vla. Te lekker, so ek maak toe maar weer die bakkie vol. Om die poedings en etes smaakvol en tradisioneel af te rond toe kry ek vir my n bakkie trifle met vla. Omdat ek groot gemaak is om nie met kos te mors nie, help ek toe die res van die geselskap om hulle bakkies leeg te maak. In die stadium voel ek toe ook al bietjie skaam om weer by die poeding bakke te loop staan. Nou, met die ete agter die rug, kry ons koers terug Windhoek toe. Net anderkant die padblokkade toe voel ek dat ek op iets sit. Ek skuif so in die ry dan die kant toe en dan daai kant toe, maar kry niks op die sitplek nie. Ek vra oplaas vir Mams of n poep knoppe het. Sy antwoord negatief en ek besluit dat ek dan mos besig is om in my broek te k%^. Ek sit my voet ekstra swaar op die petrolpedaal neer en stormloopry Windhoek nader, want ek begin toe voel dat dit nou besig is om in n noodk$%, te verander. Soveel as wat ek my po%^&ol se handbriek probeer optrek, soveel voel dit vir my die poedings soek nou enige uitkomplek. Moes seker die trifle wees! Sowaar as wragtig begin meisiekind regoor Avis se afdraai kla dat sy nou MOET piepie. Pappa stop en gebruik die kans om paar keer om die kar te stap. Maar nee, die oefening help net die metabolisme aan en dit voel soos n ewigheid voor daai meisietjie in die kar klim. Maar o wee, nou kan ek glad nie meer op my sterre sit nie. Die knoppe onder my broek druk terug in my lyf in op as ek te hard probeer sit. Ek ry Windhoek so staan-staan binne en die munisipaliteit se speedbumps smaak asof mamma een van boetie se stronddoeke in my broek probeer in druk. Sy wat mams is kan haarself in die stadium al skeur van die lag en sy kan skaars deur haar traangevulde ogies kyk. Dis net snot en trane soos sy lag. Die bult by Maerua Mall oor en wragtig slaan die verkeerslig rooi met my wat nog n goeie 20 meter weg is. Ek besef egter dis n noodgeval die en ek stoot vorentoe, deur die rooilig, Suiderhof toe. Die hek vat vandag ekstra lank om oop te maak en met n histeriese vrou langs my (sy is toe lankal bossies gelag) wat nie in staat sou wees om die kar in die jaart in te trek nie, moet ek maar staan staan wag en kar intrek. Ek hardloop amper n toegesluite agterdeur uit sy skarniere uit, en toe is die bietjie normaliteit wat mamma oor het, heeltemal daarmee heen. Die arme kinders sit en staar vir mamma aan asof sy mal is. Ek is terug kar toe en kry die sleutel, sluit die deur soos n dronk mens oop (die bleddie sleutelgat wil mos nie daai tyd stilstaan nie) en loop die toilet storm terwyl my broek reeds instinkmatig sy pad onder toe vind. En dan skielik, daar sit ek op die pot, die saligheid vanself. Soos die oog van n Hurricane, doodstil, niks roer nie ,niks registreer nie. Dis asof jy dood is en wag om te kyk wie jou kom haal, is dit Petrus, Gabriel of dalk die donker demone? En dan so skielik as wat die stilte gekom het, so skielik staan hy daar, die engel Gabriel homself. En dan bars alle hel los, soveel so dat Gabriel omdraai en hardloop vir alles wat hy werd is. Die knoppe word pap en trifles word statistieke en wit erts word van n toiletpot afgeskiet en my longe voel hoe hulle soos n bungi-koord geruk word. Eers die lang rek af onder toe en net voor hulle deur die anusrivier ingesluk word, word hulle teruggepluk in my borskas in. Dan weer die skielike stilte, die engel Gabriel wat by n wit venster uitloer om te sien of alles veilig is en dan weer skielik die volgende sarsie. Moet seker daai springaan voorgereg storie wees! Twee spinnekoppe val morsdood van die plafon af. Die twee Jack Russels wou nog kom groet maar die het net n tjank gelos toe hol hulle amper die sitkamer se skuifruite uit. Mams hardloop met n blik Doom nader en bespuit die hele huis, seker bang ek skyt die bure dood. Daar sal die badkamermuur se verf ook nog staan en opdop en die ceiling begin trek ook lelik skeef. Intussen trek ek my skoene,sokkies en broek heeltemal uit, ek besef die storie het ruimte nodig. Liewe Lulu mense, na ek die sewende dood gesterf het, toe voel ek hoe die lewe stadig begin terugkeer. Ek waag dit wragtig en loer in die pot in of ek nie dalk iets lewendigs uitgedruk het nie, maar genadiglik lyk alles darem dood. Toe volg die skoonmaak; dis nou vanaf die matjie voor die toilet tot by my foefenjol homself, maar tot daar is ek darem gespaar. Dit het maar net gevoel asof ek te laat was, die skade is darem net tot by my boude en n briekstreep in die jockey beperk. Hulle sal wragtig na daai kosse by Heja moet kyk, iets het my lelik laat k%^ , dit kan seker net daai skeppie soetpatats gewees het.




Thursday, July 14, 2011

Die 3 varkies en die wolf

   Meisietjie word oor twee weke vier jaar oud. Ek besluit toe dis nou oud genoeg dat ek vir haar en boetie bedtime stories kan vertel. Die eerste een wat by my opkom is toe die drie varkies en die wolf. Daar moet mos altyd ʼn wolf betrokke wees. Ek begin toe soos die ou storie mos gaan, die 3 varkies, Piggy, Porky en Bacon wat in hulle grashuisie sit en koffie, Cappucino en hot chocolade drink. Toe kom die wolf daar aan en vra dat hulle vir hom moet oopmaak. Piggy sȇ sommer onbeskof net nee. Porky sȇ wolf moet iewers anders gaan speel. Wolf dreig toe om hulle huisie om te blaas (hoekom maak hy nie maar net die deur oop nie) en Bacon sȇ wolf moet dit bietjie try doen.

   Wolf blaas toe die huisie dat jy net gras sien trek en daar hol die arme varkies die donker nag in. Daarvandaan is dit toe mos die stokke huis en laastens die kliphuis met die skoorsteen en so aan. Almal ken mos die storie en toe wolf nou dood daar in die varkies se vuur vrek, toe vra ek vir sussie om die storie weer aan my terug te vertel.

Hier is haar weergawe;

   “Drie varkies het koffie gedrink in hulle grashuisie. Daar kom toe ʼn groot nare wolf en hy blaas hulle hele grashuisie stukkend, jy sien net gras trek. Toe vat ek al daai gras en ek gee dit vir die perd en die perd eet al die gras op en toe die gras op is toe eet hy die wolf ook op.”

   Daar het julle nou die nuwe verkorte weergawe uit die mond van die suigeling.


Monday, July 11, 2011

Bakkies

Bakkies deel n liefdes oomblikkie met die Kiwi skrumskakel.

Opvolgers vir Bakkies

Die Bulle hoef nie te worry nie, hulle het genoeg waardige opvolgers vir Bakkies, soos die foto bewys.

Kameraadskap

Bakkies troos vir Jonathan Kaplan wat baie hartseer is oor hy vir Bakkies moet afstuur?

Nathalie Kelley


 Hierdie vroom gesiggie behoort aan Nathalie Kelley, die meisie in die Bruno Mars treffer en video, You're amazing, just the way you are. Sy het ook in Fast and Furious,Tokio Drift gespeel.


Friday, July 8, 2011

Nog Belize video

http://www.youtube.com/watch?v=esaXUKxNSsw&feature=player_embedded

Thursday, July 7, 2011

Politieke (in)korrektheid

Wanneer mense mekaar 30 jaar laas gesien het (soos more-aand) dan sal jy agterkom dat heelwat dinge intussen verander het. Ek mik nou glad nie hier op die uiterlike voorkoms nie. Ek praat dus nie van blesse, boepies en bloomers en bra’s nie, ek praat van die tye wat verander het. Ons het mos nog in ʼn redelike konserwatiewe era skool gegaan in vergeleke met vandag se tye. Dinge soos etiket en delikate rooiwyne was hoogmode, om nie eens van die modes self te praat nie. Goedkoop brandewyne en whisky was oor dieselfde kam geskeer as Peter Stuyvesant en Life sigarette. J&B en Chivas Reagel whisky en Rembrandt van Rhijn sigarette was die in-ding. Nie een drie liter Ford bakkie het ʼn Blou Bul sticker opgehad nie, wat nog te sȇ ʼn paar blou hang pere oor die sleepstang. Dit sou ʼn paar mense kort van ʼn hartversaking laat omdraai as daar so met ʼn bul se bates gespot word. Ek myself het nog steeds ʼn broertjie dood aan cheap stickers en hangende knaters en selfs die moderne verpersoonlikde nommerplate pla my nog. Dit moet seker baie oude doos klink en nou moet ek opnuut weer twee kiddies deur die moderne tydse skole sit. Baie wat hierdie pa nog mee sal moet gelief neem. My skrywe is egter op die reunie gemik. Daar gaan vrae gevra word (die persoonlike tipe) en jy gaan moet beskryf met wie jy getroud is en wat jy doen, ens. Dit sal sekerlik baie persone omkrap as jy nou die aand daar instap en doodeenvoudig eerlik is en vir iemand groet met  ʼn; Jis, maar jy het darem dik geword, kyk hoe oud is jy, waars jou hare en die bietjie hare wat jy nog het, is dan heel grys. Daar is mos nou in die huige tye iets soos politieke korrektheid wat in die plek van platse eerlikheid en opregtheid ingetree het. Gekrenkte gevoelens en diplomatieke woordeskat , menseregte en die tipe goeters. Daarom het ek hier ʼn paar wenke opgetrek sodat jy nie onnodig op iemand se tone trap nie. Ons begin met die vrouens en hoe om jou woorde beter te gebruik wanneer jy haar na 30 jaar weer sien; Natuurlik dan ook wanneer jy jou huige vrou aan die ander voorstel Let daarop dat die eerste deel die woorde is wat jy moet vermy en die tweede deel die beter alternatief is. HAHAHA!



Sy is nie jou Baby, Poppie  of ding nie; Sy is ʼn persoon, geseend met borste.

Sy is nie maklik nie; sy is net horisontaal toeganklik.

Sy is nie ʼn dom blond nie; sy is ʼn persoon met helderkleurige hare wie haarself nie op hoogte gehou het nie.

Sy is nie jou eks nie; sy is net iemand wie se dienste jy geniet het.

Sy is nie lastig nie; sy herhaal haarself net mondelings.

Sy is nie ʼn straatvrou wat jy opgelaai het nie; sy is net ʼn voorsiener met afslag pryse.

Sy is nie ʼn slegte kok nie; sy is slegs verenigbaar met ʼn mikrogolfoond.

Sy dra nie baie juwele nie; sy is slegs belaai met metaal.

Sy is nie hoogmoedig nie; sy is slegs bevooroordeeld met haar kwaliteite.

Sy het nie vet geword nie; sy het oor haar metaboliese drumpel gegaan.

Sy flirt nie met jou nie; sy raak betrokke by kunsmatige stimulasie.

Sy is nie anoreksies nie; sy is by uitstek geraamte-agtig.

Sy verpes nie rugby en ander sportsoorte nie; sy is slegs onkundig uit ʼn atletiese oogpunt.

Sy is nie koud nie; jy kan haar slegs as ontoeganklik uit ʼn termiese oogpunt beskryf.

Sy dra nie baie grimering nie; sy het slegs kosmetiese versadiging bereik.

Sy het nie plooie in haar nek nie; Dis omdat sy uit ordentlikheid uit ʼn bra dra dat die hangende bates nie haar nekvel styf trek nie.



En dan die mans;

Hy is nie ʼn alkolis nie; hy het net ʼn ongelooflike kapasiteit opgebou om alkohol te kan stoor.

Hy is nie ʼn  vrotsige danser nie; hy is slegs oordadig kaukasies.

Hy dagdroom nie; hy verken slegs alternatiewe destinasies.

Hy het nie bles geraak nie; hy beleef regressiewe haargroei.

Hy het nie ʼn gat in sy broek nie; dis wat jy “back cleavage” noem.

Hy lȇ nie voor die tv nie; hy knap sy kennis op.

Hy speel nie met die tv remote nie; hy oefen sy langtermyn geheue deur die kanale te memoriseer.

Hy is nie lui om die gras te sny nie; die grassnyer is te diep in die garage gestoor.

Hy het definitief nie ʼn boeppens nie; hy het ʼn  six-pack waarvan die wrapping net los gekom het.

Hy is nie slordig of laat sy klere rondlȇ nie; ons lewe in ʼn gejaagde lewe waarvan elke sekonde tel, daarom kan tyd nie op klere gemors word nie.

Hy rook nie te veel nie; hy verken alternatiewe metodes om sy longe te stimuleer as met oefening.

Hy het definitief geen ereksionele probleme nie; sy vrou se stimulasie metodes het verswak.

Hy is nie hopeloos onfiks nie; hy het vanoggend laas agter die sekretaresse aan gedraf.

Hy is nie onhandig nie;(gah, waar het jy al ooit ʼn onhandige man ontmoet), hy glo daaraan om ambagsmanne finansieel te ondersteun.

Sy garage is nie deurmekaar nie; hy is net nie lui om te soek nie.



En so sal ons uit mekaar se blesse uit bly.



Groete



Ian




Tuesday, July 5, 2011

Belize cave tubing

Dit lyk net te lekker om langer te wag, moet net binnekort gaan sodat ek my eie fotos kan plaas.






Friday, July 1, 2011

Die roadblok (Julie maand se storie)

Die Roadblok



Deur Ian Snyman



   Dit was vroeg in die nuwe eeu toe hierdie verhaal hom afgespeel het. Daar was al baie lank na die Polisie en die Weermag as ʼn sirkus verwys en omdat hierdie so ʼn tipe storie is, moet daar natuurlik ʼn aap ook in die storie wees, of miskien sommer twee.

   Omdat almal in Namibiё bang vir almal is en niemand bang vir niemand is nie, sal dit seker gepas wees om eers te verduidelik voordat ons met die eintlike storie begin. Omdat die regerende party bang is vir aanvalle vanaf vyande wat nie bestaan nie, het hulle allerhande beskermingsmaatreёls ingestel rondom teikens wat ook nie regtig teikens is nie. So word die hele munisipale verkeerskorps byvoorbeeld opgekommandeer en by alle straathoeke staangemaak as die President ʼn draai wil gaan ry. Die hele Windhoek word dan tot stilstand geruk totdat die man dan sy eindbestemming bereik het.

   Eintlik is ons almal lief vir hom en sou ons hom graag op ʼn fiets wou sien ry, sodat ons so in die verbygaan ʼn paar woorde met hom kon deel. Net so word die Weermag jaarliks uitgebrei om die land te beskerm teen aanvalle. Watse aanvalle? Die elf Capriviane wat die Caprivi wou afstig met twee AK,s en drie ketties. Die helfde van daardie elf weet dan kamma niks van enige aanval af nie.

   So is almal dan bang vir almal. Net so is niemand dan ook bang vir niemand nie. Die skurke, boewe, inbrekers, moordenaars en verkragters word glad nie afgeskrik deur niemand nie. Nie deur die Polisie nie, nie deur die President wat hulle al vir jare lank dreig nie en selfs nie deur huise met die duurste beskermingsfoefies op die mark nie

   Daar is kamma ʼn Munisipale Polisie ook, maar vir hulle het ons almal vooraf geweet, sal niemand skrik nie. Net nog ʼn werkskeppingspoging wat deur die belastingbetaler gefinansier word. Die skelms self is ook eintlik niemand nie. Hulle betaal nie belasting nie en dra ook nie by tot die vooruitgang van die land nie.

   Dis eintlik net die regering wat so bietjie bang is vir hulle. Dis immers hulle wat die eerste by die stembusse opdaag en sekermaak dat dieselfde regering aan bewind bly wat hulle so lekker vertroetel. Noudat ons so wye draai deur die land gemaak het is dit tyd om meer spesifiek te raak. Ons storie speel af by een van die padblokkades rondom Windhoek wat sy ontstaan gehad het omdat almal bang is vir almal. Een van daardie plekke waar hulle seker maak dat jy ʼn “Dlivers License” in die kar het. Jy kan maar dronkbestuur en oorlaai, maar moet net nie probeer om dit sonder jou bestuurderslisensie te doen nie.

   Hierdie Roadblok was op die C26 geleё. Die pad hier aan die Westekant van Windhoek wat by die Munisipale asgate verbygaan Walvisbaai toe. By hierdie huisie langs die pad het ʼn ene Shikongo diens gedoen. Omdat hy nêrens anders in die mag positief aangewend kon word nie, was hy feitlik permanent hier gestasioneer. Shikongo het sommer so ent weg van die roadblok af vir hom ʼn slaapplekkie in die veld gemaak. Op die manier was hy feitlik altyd betyds op sy pos.

   Eendag het ʼn tragedie daar naby afgespeel wat Shikongo se lewe en die omstandighede rondom die padblokkade baie geraak het. By die vullisstortterrein daar naby bly heelwat troppe oorlams bobbejane. Een van dié moederbobbejane het ʼn baie ongehoorsame kleintjie gehad. ʼn Regte stoutgat. ʼn Regte bobbejaan. Hierdie kleintjie se naam was Johny.

   Aan die anderkant van die teerpad, daar in Regenstein se berge, het weer ʼn ou tierwyfie gebly. ʼn Regte beneukte ou kat vol iesegrimmigheid. Die betrokke dag het die bobbejaantrop en die tierwyfie toe in mekaar se grondgebied beland. Klein Johny, met sy ondeundheid, haak toe af en gooi die tierwyfie met ʼn klip teen die kop. Tierwyfie reageer toe deur Johny se ma storm te loop en met een klap breek sy die bobbejaan se nek. Die hele trop skrik so groot dat hulle elkeen hulle eie rigting in vlug. So gebeur dit toe dat toe Shikongo daardie aand by sy slaapplek opdaag, hy die verskrikte klein Johny bobbejaan daar onder die komberse aantref.

   Nou Shikongo se hele familie is feitlik almal uitgewis deur daardie klein kiem wat so hard byt, naamlik Vigs. Omdat hy niemand meer in die lewe oorgehad het nie, besluit hy toe om die kleine Johny aan te neem. Die arme bobbejaantjie word toe Johny Shikongo, die seun van konstabel Shikongo.

   Van daardie volgende dag af het Johnyboy elke dag saam met sy pa vir diens gaan aanmeld by die Roadblok na Walvis. Johny het ʼn lae profiel gehandhaaf en in die skadu van die afdak het hy gesit en kyk wat sy pa maak elke keer wanneer ʼn motor kom stilhou. As die motor vanaf Windhoek se rigting aankom, dan het Johny se pa altyd in die pad gaan staan en stadig rondom die voertuig gestap. Hy het so ongemerk van buite af die dinge van belang binne in die kar opgesom. Reis hierdie mense na ver dan was daar altyd iets te ete en te drinke in ʼn koelboks gepak. Johny se pa het die kuns verfyn om dan hierdie mense se dag vir hulle bietjie onsmaaklik te maak.

   Die gevolg was dat hy dan altyd met koeldranke en kos van die kar af teruggekeer het. ʼn Kar van Walvis se kant af is egter anders benader. Baie van hierdie was gewoonlik beneukte boere wat in die Gamsberge se rigting boer. Shikongo het hierdie manne versigtig en uitgeslape benader.

   “Hulle het nie dalk daar by Meneer se kant skelm gejag nie? Ek het net vanoggend vroeg hier “poachers” gevang. ʼn Hele koedoe agterop , tate, ʼn hele koedoe.”

   Natuurlik is Shikongo dan beloon vir sy goeie werk met ʼn paar stukke biltong en droёwors en selfs vleis ook. Ja nee, Johny se pa het geweet hoe om met die boere se koppe te werk. En Johny het by sy pa geleer.

   Vir twee jaar het hulle hierdie pos beman. Johny het sommer ʼn groot bobbejaan geword en hy kon sy pa later woordeliks na-aap. Partykeer wanneer sy pa ʼn bietjie lui was dan het Johny sommer self die karre voorgekeur en dan so ʼn bietjie gebedel en sommer ook terselfdertyd gekyk dat die bestuurder darem sy lisensie by hom het. Sy pa het vir hom ʼn ou kamoefleerpet en ʼn Polisie-reenjas geskenk wat hy dan so lekker laag oor sy ore getrek het. So goed was hy dan gekamoefleer dat een ou tannie eendag aan haar man opgemerk het dat hierdie nuwe konstabel darem ʼn vriendelike knaap is.

   Die padblokkade is nie baie deur die manne van Windhoek besoek nie want hulle het geweet dat Shikongo daar is en vir homself sorg. Toe hulle wel eendag die plek besoek het hulle die nuwe konstabel opgemerk maar hulle het gedink dis hoofkantoor wat die nuweling soontoe gestuur het. Die manier hoe Johny op ʼn plastiekstoel agteroor gelê het, wanneer sy maag dik ge-eet was, en dan die aankomende motors verbygewuif het, het niemand laat onraad merk nie. Johny was nou deur almal as ʼn polisieman aanvaar.

   Die padblokkade se tyd het egter uitgeloop sonder dat Johny of sy pa dit besef het. Die manne van Windhoek het eendag opgedaag terwyl Johny met ʼn hardelyf in die veld gesukkel het. Shikongo is opgelaai en hulle het vertrek sonder Johny. Omdat hy nie op die boeke gelys is nie het niemand navraag oor hom gedoen nie. Shikongo is verplaas na Rundu en die padblokkade is tydelik gesluit vir ʼn onbepaalde tydperk.

   Johny het nie geweet wat aangaan nie, maar getrou aan sy soort, het hy maar net elke dag sy werk voortgesit en sy luilekker lewe bly leef. Niemand maar niemand wat die pad gebruik het, het ooit onraad vermoed nie. Dit het ʼn ou polisieman in Windhoek gekos om agter te kom dat daar ʼn fout ingesluip het. Die man het eendag vriende op hul plaas in die Gamsberg besoek en toe gemerk dat die pos nog beman word. Hy het die saak aan sy hoofkantoor gerapporteer en hulle het die arme Johny laat haal.

   Wat sou van die arme bobbejaan word wat geen ander lewe as die van ʼn padblokkade ken nie?

  

   Ek het gister uitgery lughawe toe om vriende weg te neem. By die padblokkade net voor die afdraai na Heja Lodge het iets my aandag getrek. Op ʼn plastiekstoel voor die klein kantoor het ʼn polisieman half dwars uitgestrek in die stoel gesit. Op sy skouers het iets geblink. Dit was duidelik die kentekens van iemand wat rang dra. Op sy kop was ʼn netjiese polisiepet laag oor die ore getrek. Met ʼn netjiese stel wit tande het hy vir my geglimlag en beduie om te ry. Ek kon sweer dat dit dieselfde vriendelike konstabel was wat ek eendag by die padblokkade op die C26 ontmoet het. Die enigste verskil was dat hy nou ʼn offisier was.

Die kat en die balletjies

En dis wat gebeur wanneer babysit skeefloop;
Mamma is op die pad en paps doen die nodige babysit werkies. Na ʼn besige dag by die werk en min slaap die vorige aand is papsie se moraal bietjie laag, maar normaalweg is hy darem bly om die kiddies weer te sien na werk en dan is hy weer lekker opgeruim.
Die besonderse aand verloop soos die normale ander babysit aandjies wanneer mamma uitstedig is. Nadat kos gemaak en almal klaar gevoed is besluit paps om te stort terwyl die kiddies in hulle kamer speel. Terwyl hy stort en net besig is om sjampoe op sy kop in te vryf kom hamer boetie teen die stortdeur. Pappa maak die stortdeur oop en boetie staan en beduie met sy handjies terwyl hy sȇ, kom,kom,kom…
Pappa wil nog weet hoekom, maar boetie is knaend in sy versoek, pappa moet kom.
Dan kry pappa hond se gedagtes dat daar dalk iets met sussie gebeur het en papnat met sjampoeskuim nog wild oor sy hare haas hy agter boetie aan.
Boetie kies egter koers na die groot soliede eetkamertafel toe en pappa merk so in die loop dat sussie rustig in die kamer speel. Boetie gaan staan voor die groot tafel en wys na onder, bal,bal,bal. Pappa buk en sien dat boetie se klein rugbybal onder in die middel van die tafel is. Eers is pappa effens omgekrap en hy gil op sussie dat sy mos darem die bal vir haar boetie kon kom uithaal.
Terwyl pappa met sy kaalgat hande viervoet sy kop onder die tafel en stoele inwerk kom sussie ook om te kyk waaroor die boehaai nou was. Pappa is papnat, poedelnakend en ʼn spierwit skuimkop is nou ver onder die stoele ingewurm.
Met die wat pappa se “tools” so openlik in die lug rondhang, kom die kinders se katjie al spelerig agter die yskas te voorskyn en hy gaan sommer dadelik vir die nuwe balletjies speelgoed. Die katjie moet so effens spring om die balletjies by te kom en hy slaan albei sy voorkloue se naels weg in hulle in sodat hy met sy volle gewig aan hulle hang. Die skielike pyn op die gevoelige plek laat pappa alle rasionale denke verloor en hy spring met mag en krag orent. Met die beweging kap hy sy kop op twee plekke teen ʼn stoel of tafel stukkend. Die ekstra pyn laat hom heeltemal gedisorieenteerd optree. Hy vlieg met al sy krag regop en gooi in die proses die tafel en drie van die stoele heel onderstebo. Dan vlieg hy orent en gee vir boetie en sussie elkeen ʼn moerse skop, hy pluk die hangende katjie van sy knaters af en gaan sit die kat in die kinders se bed en sit vir hom die tv aan. Dan storm hy badkamer toe en pluk die bottel detol nader. Die bottel detol keer hy oor sy kop om en dan loop hy stort toe om die sjampoe van sy knaters af te was. Twee verdwaasde kinders sit in die eetkamer en wonder of hulle vir pappa moet gaan roep om te sȇ dat sy selfoon lui.