Friday, July 1, 2011

Die kat en die balletjies

En dis wat gebeur wanneer babysit skeefloop;
Mamma is op die pad en paps doen die nodige babysit werkies. Na ʼn besige dag by die werk en min slaap die vorige aand is papsie se moraal bietjie laag, maar normaalweg is hy darem bly om die kiddies weer te sien na werk en dan is hy weer lekker opgeruim.
Die besonderse aand verloop soos die normale ander babysit aandjies wanneer mamma uitstedig is. Nadat kos gemaak en almal klaar gevoed is besluit paps om te stort terwyl die kiddies in hulle kamer speel. Terwyl hy stort en net besig is om sjampoe op sy kop in te vryf kom hamer boetie teen die stortdeur. Pappa maak die stortdeur oop en boetie staan en beduie met sy handjies terwyl hy sȇ, kom,kom,kom…
Pappa wil nog weet hoekom, maar boetie is knaend in sy versoek, pappa moet kom.
Dan kry pappa hond se gedagtes dat daar dalk iets met sussie gebeur het en papnat met sjampoeskuim nog wild oor sy hare haas hy agter boetie aan.
Boetie kies egter koers na die groot soliede eetkamertafel toe en pappa merk so in die loop dat sussie rustig in die kamer speel. Boetie gaan staan voor die groot tafel en wys na onder, bal,bal,bal. Pappa buk en sien dat boetie se klein rugbybal onder in die middel van die tafel is. Eers is pappa effens omgekrap en hy gil op sussie dat sy mos darem die bal vir haar boetie kon kom uithaal.
Terwyl pappa met sy kaalgat hande viervoet sy kop onder die tafel en stoele inwerk kom sussie ook om te kyk waaroor die boehaai nou was. Pappa is papnat, poedelnakend en ʼn spierwit skuimkop is nou ver onder die stoele ingewurm.
Met die wat pappa se “tools” so openlik in die lug rondhang, kom die kinders se katjie al spelerig agter die yskas te voorskyn en hy gaan sommer dadelik vir die nuwe balletjies speelgoed. Die katjie moet so effens spring om die balletjies by te kom en hy slaan albei sy voorkloue se naels weg in hulle in sodat hy met sy volle gewig aan hulle hang. Die skielike pyn op die gevoelige plek laat pappa alle rasionale denke verloor en hy spring met mag en krag orent. Met die beweging kap hy sy kop op twee plekke teen ʼn stoel of tafel stukkend. Die ekstra pyn laat hom heeltemal gedisorieenteerd optree. Hy vlieg met al sy krag regop en gooi in die proses die tafel en drie van die stoele heel onderstebo. Dan vlieg hy orent en gee vir boetie en sussie elkeen ʼn moerse skop, hy pluk die hangende katjie van sy knaters af en gaan sit die kat in die kinders se bed en sit vir hom die tv aan. Dan storm hy badkamer toe en pluk die bottel detol nader. Die bottel detol keer hy oor sy kop om en dan loop hy stort toe om die sjampoe van sy knaters af te was. Twee verdwaasde kinders sit in die eetkamer en wonder of hulle vir pappa moet gaan roep om te sȇ dat sy selfoon lui.

No comments:

Post a Comment