ʼn Klein dorp se prokureur roep sy eerste getuie na die getuie bank. Dis ʼn oumatjie van digby die tagtig jaar oud.
“Mevrou, ken jy my?” vra hy aan haar.
“Ja, natuurlik ken ek jou. Jy het feitlik voor my groot geword. Hoe teleurgestel is ek nie in jou nie. Jy lieg vir mense, jy verneuk jou pragtige vroutjie, jy manipuleer mense en skinder agter hulle rue. Jy dink jy is ʼn regte groot meneer wat dit nog ver gaan bring, maar jy het nie genoeg breins om te besef dat jy niks verder as ʼn gewone pen pusher sal vorder nie. Jy stel my baie teleur. Ja, natuurlik ken ek jou.”
Heeltemal uit die veld geslaan en heel uit sy vooraf beplande ritme uit, vra hy haar toe of sy die beskuldigde se prokureur ken.
“Natuurlik ken ek hom ook. Ek het sy doeke as baba omgeruil toe ek vir sy ouers ge-babysit het. Ja, en hy is ook vir my ʼn baie groot teleurstelling. Hy is lui, hy het ʼn drink probleem, hy kan nie ʼn normale verhouding met enige iemand aanknoop nie en sy praktyk is seker die korrupste in die land. Ja, ek ken hom ook.”
In die stadium maak die Landdros die gehoor stil en roep albei die prokureurs na vore. In ʼn sagte maar ferm stem waarsku hy hulle;
“Die een van julle twee wat vir haar vra of sy my ken is binne drie minute in die tronk.”
No comments:
Post a Comment