Friday, July 29, 2011

Oom Sebastiaan se stripper storie



Oom Sebastiaan kom ry laas naweek oor vir koffie, maar toe ek die koffie wou skink verander hy sy keuse na iets koeler met skuim op. Ek skink en dan gaan sit ons op die stoep.

  “Het ek jou vertel wat ek nou die ander dag hier onder in die supermark gehoor het?” vra hy en begin sy storie voor ek kon antwoord.

   “Ek staan daar tussen die rakke met die lysie wat die tante my gegee het om te koop. Hier voor my loop ʼn dingetjie met sulke groot onskuldige borste en ferm ogies.”

   “Oom bedoel seker andersom?” val ek hom in die rede.

   “Jong wil jy die storie vertel?” vra hy half vieserig voordat hy verder praat.

   “In elk geval sy vat haar tyd hier tussen die rakke en ek neem my tyd hier agter haar, want sy is nogal iets om te waardeer. Hier by die hoender yskaste sien sy ʼn man aan die ander kant van die yskaste en sy waai vir hom. Ek sien die man frons so effe en dan stap hy nader na haar toe.”

   “Verskoon tog, maar ken ek jou?” vra hy aan haar.

   “Ek dink jy is die Pa van een van my kinders,” antwoord sy.

   “Jong die man bloos so rooi in die gesig en hy kyk eers hier en toe daar en toe uiteindelik antwoord hy haar.”

   “O nou weet ek,” sȇ hy, “ jy is daai stripper wat my pelle vir my ramparty gereel het en toe het ek jou op die pooltafel bygekom terwyl hulle gekyk het en jou medestripper my gat met whip cream gespuit het. Wil jy vir my sȇ dat jy wragtig pregnant geword het en jy vermoed dis my kind.”

   “Nee,” antwoord die vroutjie skaam,” ek bedoel ek dink jy is die pa van een van my kinders in my wiskundeklas.”

No comments:

Post a Comment