Friday, July 29, 2011

Quickies

Daar is baie van ons Afrikaners (Afrikaans sprekendes) wat nog n renonserige afkeur in Engels het. Dis natuurlik n storie op sy eie. Maar, o wee, daar is die wat dink die son skyn uit Engels uit en skeef of krom, die taal moet gepraat word. So beland een van die platjies in n fancy restaurant waar die menu dinge in ewe fancy taal beskryf. Die waitresse is sulke pragtige Playboy tipe goedtjies met minnerige kleure aan. Die arme man vergaap hom behoorlik aan die een wat sy tafel bedien en met vol borste wat met moeite deur Wonderbra binne gehou word en n mini skirt wat twee pragtige lang bene wys, kan die man skaars op die menu konsentreer. Terwyl hy die wonderskone waitress openlik en aapagtig bewonder, bekyk hy haar van bo na onder en vra dan met n reguit gesig; n Quickie asseblief?
Die dame verstar en vra of sy reg gehoor het.
"Ja, n quickie asseblief," herhaal die ou sy bestelling.
Die waitress haak af en klap hom dat n snotstring so drie keer om sy kop draai en dan stap sy vies weg.
Die Engelse heer wat by die aangrensende tafel sit en die hele petalje aanskou het, leun so bietjie nader en gee dan raad; " I think you should pronounce it, quiche." (Wat vir die Afrikaners tussen ons souttert beteken)

No comments:

Post a Comment