Sunday, July 24, 2011

Egoli rugby

Kyk, hier is ek al weer eens terug by Egoli rugby, tot vervelens toe dieselfde ou storie oor en oor. Dis nou SA rugby waarna ek verwys. Op facebook Vrydag was my voorspelling SA 15 en Australie 35 wat n punteverskil van 20 is. Die eindtelling was SA 20 en Australie 39 wat n punteverskilling van 19 is. Dan was ek met elke span se teliing binne 5 punte reg geskat. Nie te sleg nie, sou ek reken. Wat het my so oortuig van n verloor van die Bokke gemaak? Op heelagter is Aplon waarskynlik die beste in sy posisie en op vleuels het ons die voorste driedrukkers in die super 15 kompetisie op die veld gehad. Op buitesenter is De Jong in die trui waar ek hom ook sou kies, so waarom voorspel ek dan n verloor met sulke top spelers? Die fout is juis dit wat op hulle binnekant aangaan. Die beproefde en gefaalde keuse van meisiekind op binnesenter is tipies Egoli. Olivier is nie n no 12 se dinges werd nie, so hoe de hel verwag hulle die ouens aan die buitekant moet presteer as hulle nie breins op die binnekant gegee word nie. Morne Steyn sal in my span nie eens die reserwebank maak nie en Ruan Pienaar ook nie. In Sarel Pretorius het ons die skrummie van die jaar in die wereld gehad. Hy het homself gekies, maar hy is nie eens in die groep nie. Peter Grant het die hoogste persentasie sukses met skoppe pale toe gehad, so daar is die bokke se skopper, as hulle dan voel hulle het een nodig. As oorsese spelers in die span moet wees, hoekom dan nie Bradley Barrit op 12 nie? Anders sou ek met die ander manne wat tans beseer is vir Patrick Lambie op 12 speel en dus back up met die skoppe ook gebied het. Met alle beseerdes terug sou ek in elk geval vir Fourie na binnesenter skuif om te kyk wat dit op die aanval beteken. Sonny Bill en venote het mos nou 2 keer na mekaar gewys hoe hulle vir De Villiers en Fourie na amateurs laat lyk in die Stormers Crusaders games, wat sal dan anders wees in bok kleure. Fourie se grote en spoed sal Sonny Bill se skills vertraag en die manne in die 2 meter radius rondom hom kans gee om ingeperk te word. Dis sy kamerade wat in die 2 meter radius op sy skouer hardloop wat hy altyd in die gate insit en dis juis wat ek vir Fourie sal leer. Trap bietjie hier en bietjie daar en trek die verdegers uit hulle lyne uit en sit vir Aplon, de Jong en Basson in die gate in en sie daar, Bok se kind is skielik weer vol planne. Met die voorspelers wil ek nie eers torring nie, dit was n mislukking reeds met die bekendstelling van die span. My punt is in elk geval bewys die oomblik toe die reserwes op die veld kom. Toe kry die bokke sommer twee drietjies. In elk geval, met n politieke aanstelling as afrigter kan mens mos nie eintlik anders verwag nie, hy is so gestel op kleur dat hy meer as die helfde van die span uit die BLOU bulle uit gaan haal het. Dis mos n resep vir n tragedie op sy eie en n boek se skryf op sy eie werd.

No comments:

Post a Comment