Friday, July 29, 2011

Apteker

Die ou ontmoet die Woensdag by sy kuierplek n meisie en hulle kuier te lekker. Die meisie nooi hom toe sommer ook om die naweek by haar op haar ouers se plaas, net so paar kilos uit die dorp uit, te kom kuier. Hy vertel later een van sy drinkebroers daarvan en die vra ewe wyslik of sy pel weet wat dit beteken." Ek meen, my bra, n wildvreemde girl nooi jou vir die naweek plaas toe, dit beteken mos net een ding. Daar gaan gewerk word, plaaswerk jy weet, spyker hier, kap daar, saag diekant, nee jy sal voorbereid moet gaan. Jy wil mos nie n wild vreemde girl gaan pregnant maak nie, so gaan apteek toe en koop genoeg kondome."
So doen die ou dit ook die Vrydagmiddag voor hy uitry plaas toe. Gaan by die apteek in en vra die apteker vir n hele gross kondome, 144 van die sterkstes wat hy het. Die apteker vra nog of hy oorsee gaan vir n jaar of hoe nou met so baie kondome.
Nee, dis net vir die naweek, hy is nie n lui man nie en as die meisie wil dan wil hy ook. So is hy breebors met sy boks Durex extra long by die deur uit.
Op die plaas neem die meisie hom eers vir n besigtigings toer van die plaas en later gaan hulle huis toe want aandete is seker gereed. By die huis word hy aan die ouers bekend gestel en hulle sit sommer dadelik aan vir ete. Dis toe wat die Pa vra of die boet nie die tafelgebed wil doen nie.
Mense die knaap sak sy kop en hy gaan haal hom ver en diep. Vanaf Eva met haar groot bek en Adam wat hom in n strik laat vang het en Kain en Abel wat hulle geskille demokraties kon beslis het en Noag se drinkgewoontes en so werk hy die ou testament deur. Teen die tyd wat hy by Amen kom is die kos al half koud en onsmaaklik en hulle eet in doodste stilte klaar. Na ete is hy en die meisie uit stoep toe.
Jy het my nooit vertel dat jy so diepgelowige mens is nie, vra sy uit oor sy diep tafelgebed.
Ja en jy het my nooit vertel dat jou Pa die apteker op die dorp is nie, antwoord hy.

No comments:

Post a Comment