Wednesday, July 20, 2011

Onthou jy nog

My ou klasmaat van 1982 , Dirk Kock, stuur my hierdie stukkie aan, nogal so waar as kan kom;


ONTHOU JY NOG?.....



Lank, lank gelede voor TV speletjies, en dwelms........



Ek praat nou van die tyd van wegkruipertjie in die park, of saans; van die kafee op die hoek, 'hop scotch' vir meisiekinners as dit 'alie'-tyd is by die skool, touspring, klippie en 'handstands' en donkie; krieket in die groot agtertuin, Haas Das se Nuuskas vroegaand, swem in die rivier, kamp op die stand, 'n swaai gemaak van tou met tamatiekasplank vir sitplek aan die groot appelkoosboom; rugby op die oop stuk veld; tennis in die straat.



Die ruik van koekiesbak uit die kombuis; gemmerbier in die spens, kougom vir 'n pennie, roomys by die kombi met 'n eentonige deuntjie.



Wag, wag kan jy nog onthou.... toe om-die-hoek ver was; toe jy moes was en aantrek om saam dorptoe te gaan.



Honderde muskietbyte, stukkkende knieë en repe vel afdop in die somer. Taai toffie-appels en sand in die swemklere en oral. "Cowboys en kroeks", 'rounders' 'foefie-slide' en boomklim; modderkoekies bak.



Skooltoe loop of fietsry - ongeag die weer. Jagertjie speel tot jy op die gras neerslaan sonder asem. Lag tot jou maag pyn. Rondomtalie draai tot jy dronk-dronk val. Moeg en vuil gespeel...... onthou jy?



Grootste verleentheid groter as om laaste vir daardie kant gekies te word.



Waterbomme en kleilat was jul grootste wapens. 'n Stukkie karton in die speke het jou fiets laat sing.



Ek's nog nie klaar nie.... kan jy nog proe en ruik: die droë jelliepoeier uit die pakkie; of droë Milo vir sjokolade; yslollies in Tupperhouertjies gevries van aanmaakkoeldrank; jou eie suurpoeier van versiersuiker en Eno's; borrels blaas met seepwater en 'n strooitjie, lang ure se kook aan 'kondensmelk' tot karamel; Wilson's en pienk toffies; taai malvalekkersvissies en lang stukke 'liquorish' of 'drop.'




Onthou toe die enigste tekkkies wit seilskoene was, maar die enigste keer wanneer jy dit mag dra was vir PT.



Dit was nie vreemd om 2 of 3 'beste' maats te hê nie. Niemand het betaal vir 'n troeteldier nie. As jy gelukkig was het jy 25c vir sakgeld of vir die kermis gekry.



Almal se ma's was by die huis as die skool uitkom.



Onthou hoe 'n slim pa kon toor as hy sy duim aftrek of 10c agter jou oor uithaal.



Die lekkerte van by die padkafee gaan eet - uiteet by 'n restaurant of hotel was taboe vir kinders.



Onthou toe niemand 'n wenkbrou sou lig as enige ouer 'n kind berispe of in die werk steek nie en almal op die werf kosgee as dit etenstyd is nie.



Om by die skool gestraf te word was niks in vergelyking met wat tuis wag as ma daarvan hoor nie, basies was ons doodbang - nie vir aanranding, dwelms, bendes, ens nie. Grootmense was 'n groter bedreiging - baie van ons is vandag nog bang vir wat Pa daarvan sal dink.



Het dit nie goed gevoel nie.... die onthou .......



Onthou nog toe besluite geneem is met "eeny-meeny-miney-mo."

Foutjies was omseil met 'n eenvoudinge "nixs daps."

Geldsake was net in 'Monopoly."

Die ergste wat jy van die 'ander' geslag kon kry was kieme.

Gevang met 'n wapen by die skool was die BIC pen 'pea shooter' waarmee jy die klasmaats agter die oor probeer piets het of dalkies 'n kettie op die speelgrond.



'Verdowingsmiddel' het beteken Melk van Magnesia of Lewensessens.

Roomys was kos; en moed is ontdek as iemand jou "dare".

Ouer broers was die grootste boelies maar ook die beste beskermers.



As jy die meeste van die dinge onthou, dan het jy G E L E W E!!!!



Ek dink ons het nog gelewe

No comments:

Post a Comment