Wednesday, July 20, 2011

Heja ete

Ja gelukkig kry ek nie daai rooiwyn en rooivleis siektes nie. Maar ek moet julle van die enetjie van onlangs vertel. Ek en mams (my groen blaartjie) en 2 kiddies gaan eet nou n Sondag of 2 terug saam met vriende by Heja Lodge. Ek skep so mooi bordjie voorgereg, gelaai met prawns,en seekossies en frikkadelle en samoosa’s (ai, hoe verlang ek nou Kaap toe) en nog so springaan tipe ding of twee en dan nog iets soos n lewende slakkerige affere. Voorgereg klaar, toe gaan soek ek die Onjama bak en laai my bord met n mooi groterige beesboud snit en n lekker crispy varkvet met n stuk vleis daaraan en n hoender dy en ek rond die vleis af met n gemsboksteak. Om mamsie te please toe skep ek so teelepel soetpatats vir groente. Met die hoofgereg deur die nek en agter die blad gaan soek ek solank die nageregte terwyl die ander klomp n smokebreak maak om die kossies kans te gee om te sak. Daar is toe nie minder nie as 7 verskillende soorte terte (die yskastert tipes) en ek skep toe n mooi homp van 4 verskillende soorte alles in een bak in. Met die agter die rug toe gaan skep ek van die orige 3 plus weer een van die voriges en eet hulle rustig klaar. Die ander klomp is klaar gerook en join my vir nagereg. Ek skep toe net n stuk van elk van die 4 wat die lekkerste was. Daarmee klaar toe gaan ek vir die warm gebakte poeding met vla. Te lekker, so ek maak toe maar weer die bakkie vol. Om die poedings en etes smaakvol en tradisioneel af te rond toe kry ek vir my n bakkie trifle met vla. Omdat ek groot gemaak is om nie met kos te mors nie, help ek toe die res van die geselskap om hulle bakkies leeg te maak. In die stadium voel ek toe ook al bietjie skaam om weer by die poeding bakke te loop staan. Nou, met die ete agter die rug, kry ons koers terug Windhoek toe. Net anderkant die padblokkade toe voel ek dat ek op iets sit. Ek skuif so in die ry dan die kant toe en dan daai kant toe, maar kry niks op die sitplek nie. Ek vra oplaas vir Mams of n poep knoppe het. Sy antwoord negatief en ek besluit dat ek dan mos besig is om in my broek te k%^. Ek sit my voet ekstra swaar op die petrolpedaal neer en stormloopry Windhoek nader, want ek begin toe voel dat dit nou besig is om in n noodk$%, te verander. Soveel as wat ek my po%^&ol se handbriek probeer optrek, soveel voel dit vir my die poedings soek nou enige uitkomplek. Moes seker die trifle wees! Sowaar as wragtig begin meisiekind regoor Avis se afdraai kla dat sy nou MOET piepie. Pappa stop en gebruik die kans om paar keer om die kar te stap. Maar nee, die oefening help net die metabolisme aan en dit voel soos n ewigheid voor daai meisietjie in die kar klim. Maar o wee, nou kan ek glad nie meer op my sterre sit nie. Die knoppe onder my broek druk terug in my lyf in op as ek te hard probeer sit. Ek ry Windhoek so staan-staan binne en die munisipaliteit se speedbumps smaak asof mamma een van boetie se stronddoeke in my broek probeer in druk. Sy wat mams is kan haarself in die stadium al skeur van die lag en sy kan skaars deur haar traangevulde ogies kyk. Dis net snot en trane soos sy lag. Die bult by Maerua Mall oor en wragtig slaan die verkeerslig rooi met my wat nog n goeie 20 meter weg is. Ek besef egter dis n noodgeval die en ek stoot vorentoe, deur die rooilig, Suiderhof toe. Die hek vat vandag ekstra lank om oop te maak en met n histeriese vrou langs my (sy is toe lankal bossies gelag) wat nie in staat sou wees om die kar in die jaart in te trek nie, moet ek maar staan staan wag en kar intrek. Ek hardloop amper n toegesluite agterdeur uit sy skarniere uit, en toe is die bietjie normaliteit wat mamma oor het, heeltemal daarmee heen. Die arme kinders sit en staar vir mamma aan asof sy mal is. Ek is terug kar toe en kry die sleutel, sluit die deur soos n dronk mens oop (die bleddie sleutelgat wil mos nie daai tyd stilstaan nie) en loop die toilet storm terwyl my broek reeds instinkmatig sy pad onder toe vind. En dan skielik, daar sit ek op die pot, die saligheid vanself. Soos die oog van n Hurricane, doodstil, niks roer nie ,niks registreer nie. Dis asof jy dood is en wag om te kyk wie jou kom haal, is dit Petrus, Gabriel of dalk die donker demone? En dan so skielik as wat die stilte gekom het, so skielik staan hy daar, die engel Gabriel homself. En dan bars alle hel los, soveel so dat Gabriel omdraai en hardloop vir alles wat hy werd is. Die knoppe word pap en trifles word statistieke en wit erts word van n toiletpot afgeskiet en my longe voel hoe hulle soos n bungi-koord geruk word. Eers die lang rek af onder toe en net voor hulle deur die anusrivier ingesluk word, word hulle teruggepluk in my borskas in. Dan weer die skielike stilte, die engel Gabriel wat by n wit venster uitloer om te sien of alles veilig is en dan weer skielik die volgende sarsie. Moet seker daai springaan voorgereg storie wees! Twee spinnekoppe val morsdood van die plafon af. Die twee Jack Russels wou nog kom groet maar die het net n tjank gelos toe hol hulle amper die sitkamer se skuifruite uit. Mams hardloop met n blik Doom nader en bespuit die hele huis, seker bang ek skyt die bure dood. Daar sal die badkamermuur se verf ook nog staan en opdop en die ceiling begin trek ook lelik skeef. Intussen trek ek my skoene,sokkies en broek heeltemal uit, ek besef die storie het ruimte nodig. Liewe Lulu mense, na ek die sewende dood gesterf het, toe voel ek hoe die lewe stadig begin terugkeer. Ek waag dit wragtig en loer in die pot in of ek nie dalk iets lewendigs uitgedruk het nie, maar genadiglik lyk alles darem dood. Toe volg die skoonmaak; dis nou vanaf die matjie voor die toilet tot by my foefenjol homself, maar tot daar is ek darem gespaar. Dit het maar net gevoel asof ek te laat was, die skade is darem net tot by my boude en n briekstreep in die jockey beperk. Hulle sal wragtig na daai kosse by Heja moet kyk, iets het my lelik laat k%^ , dit kan seker net daai skeppie soetpatats gewees het.




No comments:

Post a Comment