Thursday, July 7, 2011

Politieke (in)korrektheid

Wanneer mense mekaar 30 jaar laas gesien het (soos more-aand) dan sal jy agterkom dat heelwat dinge intussen verander het. Ek mik nou glad nie hier op die uiterlike voorkoms nie. Ek praat dus nie van blesse, boepies en bloomers en bra’s nie, ek praat van die tye wat verander het. Ons het mos nog in ʼn redelike konserwatiewe era skool gegaan in vergeleke met vandag se tye. Dinge soos etiket en delikate rooiwyne was hoogmode, om nie eens van die modes self te praat nie. Goedkoop brandewyne en whisky was oor dieselfde kam geskeer as Peter Stuyvesant en Life sigarette. J&B en Chivas Reagel whisky en Rembrandt van Rhijn sigarette was die in-ding. Nie een drie liter Ford bakkie het ʼn Blou Bul sticker opgehad nie, wat nog te sȇ ʼn paar blou hang pere oor die sleepstang. Dit sou ʼn paar mense kort van ʼn hartversaking laat omdraai as daar so met ʼn bul se bates gespot word. Ek myself het nog steeds ʼn broertjie dood aan cheap stickers en hangende knaters en selfs die moderne verpersoonlikde nommerplate pla my nog. Dit moet seker baie oude doos klink en nou moet ek opnuut weer twee kiddies deur die moderne tydse skole sit. Baie wat hierdie pa nog mee sal moet gelief neem. My skrywe is egter op die reunie gemik. Daar gaan vrae gevra word (die persoonlike tipe) en jy gaan moet beskryf met wie jy getroud is en wat jy doen, ens. Dit sal sekerlik baie persone omkrap as jy nou die aand daar instap en doodeenvoudig eerlik is en vir iemand groet met  ʼn; Jis, maar jy het darem dik geword, kyk hoe oud is jy, waars jou hare en die bietjie hare wat jy nog het, is dan heel grys. Daar is mos nou in die huige tye iets soos politieke korrektheid wat in die plek van platse eerlikheid en opregtheid ingetree het. Gekrenkte gevoelens en diplomatieke woordeskat , menseregte en die tipe goeters. Daarom het ek hier ʼn paar wenke opgetrek sodat jy nie onnodig op iemand se tone trap nie. Ons begin met die vrouens en hoe om jou woorde beter te gebruik wanneer jy haar na 30 jaar weer sien; Natuurlik dan ook wanneer jy jou huige vrou aan die ander voorstel Let daarop dat die eerste deel die woorde is wat jy moet vermy en die tweede deel die beter alternatief is. HAHAHA!



Sy is nie jou Baby, Poppie  of ding nie; Sy is ʼn persoon, geseend met borste.

Sy is nie maklik nie; sy is net horisontaal toeganklik.

Sy is nie ʼn dom blond nie; sy is ʼn persoon met helderkleurige hare wie haarself nie op hoogte gehou het nie.

Sy is nie jou eks nie; sy is net iemand wie se dienste jy geniet het.

Sy is nie lastig nie; sy herhaal haarself net mondelings.

Sy is nie ʼn straatvrou wat jy opgelaai het nie; sy is net ʼn voorsiener met afslag pryse.

Sy is nie ʼn slegte kok nie; sy is slegs verenigbaar met ʼn mikrogolfoond.

Sy dra nie baie juwele nie; sy is slegs belaai met metaal.

Sy is nie hoogmoedig nie; sy is slegs bevooroordeeld met haar kwaliteite.

Sy het nie vet geword nie; sy het oor haar metaboliese drumpel gegaan.

Sy flirt nie met jou nie; sy raak betrokke by kunsmatige stimulasie.

Sy is nie anoreksies nie; sy is by uitstek geraamte-agtig.

Sy verpes nie rugby en ander sportsoorte nie; sy is slegs onkundig uit ʼn atletiese oogpunt.

Sy is nie koud nie; jy kan haar slegs as ontoeganklik uit ʼn termiese oogpunt beskryf.

Sy dra nie baie grimering nie; sy het slegs kosmetiese versadiging bereik.

Sy het nie plooie in haar nek nie; Dis omdat sy uit ordentlikheid uit ʼn bra dra dat die hangende bates nie haar nekvel styf trek nie.



En dan die mans;

Hy is nie ʼn alkolis nie; hy het net ʼn ongelooflike kapasiteit opgebou om alkohol te kan stoor.

Hy is nie ʼn  vrotsige danser nie; hy is slegs oordadig kaukasies.

Hy dagdroom nie; hy verken slegs alternatiewe destinasies.

Hy het nie bles geraak nie; hy beleef regressiewe haargroei.

Hy het nie ʼn gat in sy broek nie; dis wat jy “back cleavage” noem.

Hy lȇ nie voor die tv nie; hy knap sy kennis op.

Hy speel nie met die tv remote nie; hy oefen sy langtermyn geheue deur die kanale te memoriseer.

Hy is nie lui om die gras te sny nie; die grassnyer is te diep in die garage gestoor.

Hy het definitief nie ʼn boeppens nie; hy het ʼn  six-pack waarvan die wrapping net los gekom het.

Hy is nie slordig of laat sy klere rondlȇ nie; ons lewe in ʼn gejaagde lewe waarvan elke sekonde tel, daarom kan tyd nie op klere gemors word nie.

Hy rook nie te veel nie; hy verken alternatiewe metodes om sy longe te stimuleer as met oefening.

Hy het definitief geen ereksionele probleme nie; sy vrou se stimulasie metodes het verswak.

Hy is nie hopeloos onfiks nie; hy het vanoggend laas agter die sekretaresse aan gedraf.

Hy is nie onhandig nie;(gah, waar het jy al ooit ʼn onhandige man ontmoet), hy glo daaraan om ambagsmanne finansieel te ondersteun.

Sy garage is nie deurmekaar nie; hy is net nie lui om te soek nie.



En so sal ons uit mekaar se blesse uit bly.



Groete



Ian




No comments:

Post a Comment