Thursday, June 30, 2011

Wednesday, June 29, 2011

Stormers

Dit is wat Saterdag vir die Stormers in die middelveld wag, niks ernstig nie; Easy Game.

Die lewe is nie altyd maklik nie

Die lewe is nie altyd maklik nie, soos ʼn klein mislukke, arrogante, weet-als prokureurtjie die ander dag eerstehands uitgevind het. Niks teen prokureurs hier gemik nie, hierdie tipe mannetjies duik mos van tyd tot tyd in alle beroepe op. Dis mos nou jagtyd by ons en ons tjommie wil gaan springbok skiet. Hy nooi homself, tipe van, by een van sy kliënte. Die vrydag is hy in sy blink tjor hier teerpad langs Aranos se kant toe. Later is dit grondpad en later ʼn paar duine oor. Ounag het die plaasboer hom op een van die duine gaan uitsleep en om die braaivleisvuur word ʼn paar brannas met eish ja gevat. Ons tjomma blyk toe na ʼn paar brannas nie net ʼn goeie prokureur te wees nie, hy is nog beter as ʼn boesman as dit by wildbekruip kom. Hy bekruip ʼn bok blykbaar tot so naby dat hy later moet agteruit weer om die bok in die teleskoop te kan kry. Die plaasboer hoef blykbaar nie te komkommer nie, hy sal sommer self die volgende dag sy bokkies man-alleen gaan haal. Die oggend vroeg maak die boer hom wakker en gee hom die slegte nuus dat die bokke nie aan ʼn boom vasgemaak wag nie, hy moet hulle nog gaan soek. Prokkies reken aangesien hy net kopskote skiet sal spoorsny op gekweste bokke baie tyd bespaar, so hy wil gou eers sy 270 dodelik reg inskiet. Twee bokse patrone later kan hy ʼn groepering van omtrent ʼn bok se blad grootte skiet en hy is reg om te gaan jag. Na ʼn uur se ry kry hy ʼn mooi ram deur sy Tasco gesien en hy begin die groot bekruip. Hy trap amper op ʼn pofadder met die dat sy oë op die bok gefokus bly. Hy skiet eers die pofadder en merk dan dat die ram die loop geneem het. Nou is dit terug kar toe en die gesoek na bokke begin van voor af. Heelwat later kry hy weer ʼn troppie springbokke teen ʼn lyndraad en op omtrent 300 meter waag hy ʼn skoot in die trop in. ʼn Dragtige ooi is die ontvanger van die loodpunt en sy spring twee keer hoog die lug in. Die eerste sprong is aan die eienaar se kant van die plaas en die tweede sprong is anderkant die lyn aan die buurman se kant. Die ooi struikel-hardloop so 80 meter weg van die lyndraad af en slaan dan dood neer. Ons prokkie klim oor die draad en gaan haal sy bok. Met die bok oor die skouer op pad terug draad toe kom ry die eienaar op hom af. Die ou boer was toevallig besig om sy lyndrade om te ry om te kyk vir gate waar jakkalse kon inkom. Die prokkie tjomma van ons is bietjie omgekrap in die stadium, want die ooi se bloed het sy duur jaguitrusting en sy paar kamoefleer jagstewels met bloed bemors. Die ou boer kom hou langs hom stil en klim in ʼn redelik goeie luim uit die Cruiser uit.

“More, en waar gaan jy met my bok?” vra hy die prokureur.

“Jou bok? Ek het hom anderkant die draad gekwes en hy het die kant toe oorgekom waar ek hom net kom haal het. So dis my bok.”

“Hy is nou in my veld en dit maak dit my bok en jy oortree hier op privaatgrond.”

“Luister ou oom,” sȇ ons maat nou omgekrap, “ek is een van Windhoek se beter prokureurs, indien nie die beste nie en daar is nie ʼn manier hoe jy my in die hof gaan wen oor hierdie bokkie nie, so kom vat my dan maar hof toe as jy wil.”

“O, prokureur, hof ha? Maar nee jong, dis nie hoe ons die dinge hier rond doen nie,” sȇ die omie nou met sy eie toere wat ook in die rooi begin draai vir die arrogante mannetjie.

“Nou hoe doen julle dit hier?” vra die prokkie.

“Ons gebruik die drie-skop-metode hierlangs.”

“Hoe werk dit?” vra ons maat verward.

“Wel ek skop jou drie keer, dan skop jy my drie keer en dan skop ek weer en so skop ons mekaar totdat die eerste een opgee, dan kry die ander een die bok.”

Die prokureur oorweeg sy opsies. Hy is elk geval nie lus om oor die bladgekweste bok hof toe te gaan nie. Dan is die omie al mooi oud en hy wat prokureur is het mos darem karate op skool gehad.

“Dit klink vir my reg,”antwoord hy,”wie skop eerste.”

“Natuurlik ek, jy is mos op my grond.”

Hulle stem altwee daartoe in en dan trek die ou boer los en skop die prokkie tussen die bene. Die pyn en die gewig van die bok op sy skouers laat sak hom op sy knieë en dan skop die ou oom hom vol in die gesig. As hy grond toe gaan dan gee die oom hom die derde skop in die ribbes.

“Right,” sȇ die ou boer,” nou gee ek op, jy kan dus maar die bok kry.”

Die boer klim in sy Cruiser en dan sȇ hy vir sy handlanger,” dis hoe jy met ʼn prokureur se sake werk.”

Tuesday, June 28, 2011

Babysit

As verkoopsverteenwoordiger is mamsie redelik gereeld op die pad, uitstedig vir so rondom 4 dae op ʼn slag. Gister was dag nommer een van haar Noorde trip. Pappa (dis nou ek) is dan in die rol van Pappa, Mamma en babysitter van Sussie (4) en boetie (2).

Die dag verloop toe so; Staan 6h00 op en maak skoolbroodjies, stort, trek aan, maak koffie, sit Garfield 2 in die dvd speeler. Terwyl die kinders met Garfield wakker word pak ek die skooltassies en dan trek ek hulle klere aan. Sussie moet tande borsel terwyl ek die kar solank laat warm luier.7h15 laat loop ons skooltjie toe en 8h00 is ek by die werk. 17hoo begin ek weer kiddies optel en dis waar gister se storie begin. Half ses is ons by die huis. Boetie is vrek honger en ek gee hom ʼn oorskiet broodjie uit sussie se tas uit. Ek sit solank vir Garfield aan en begin aandete maak. Kiddies se tassies word uitgepak Ek was solank die kosbakkies skoon vir more. Boetie bring sy rugbybal en wil skop. Ek moet vang en terugskop. Dit gebeur in die kombuis terwyl ek kos maak. Sussie huil en wil saamskop. Ek gee vir elkeen ʼn bakkie vla en hulle vergeet van die bal. Ek maak ʼn mental note om vir boetie ʼn tennisbal te koop. Miskien vergeet hy van rugby. Al skop hy die bal met albei voete, wat die springbok losskakel nie eens doen nie, sal ek nie spyt wees as hy liewers tennis speel nie. Ek gaan kry solank hulle nagklere vir na badtyd gereed. Sussie het haar fluitjie ontdek en boetie loop en fluit in die huis rond. Ek maak ʼn mental note om vir hom ʼn golfstok te koop, nou net kry hy gedagtes om ʼn skeidsregter te word. Ek was solank die honde se kosbak en maak dit vol pille. Boetie het die fluitjie verloor en hardloop met hulle plastiekstoele in die sitkamer rond en gooi die Jack Russels (uitgebasterde kortbeen foksies) daarmee. Sussie huil vir haar bottel en ek maak sommer albei s’n vol koeldrank. Ek maak solank die ketel kook om hulle tee vir die aand te maak. Sussie was op die toilet en ek gaan rol die hele rol papier tydsaam terug op die rol op. Dis nou die deel wat nie nog steeds aan die rol vas binne in die toilet is nie. Boetie het sy pakkie Nicknacks op die kombuisvloer uitgegooi en ry dit nou met sy swart plastiekfietsie plat en fyn. Ek maak ʼn mental note om vir hom ʼn sokkerbal te koop. Miskien word hy liewers ʼn sokkerspeler as ʼn vandalistiese sokkerondersteuner.  Ek kry die besem en vee uit.Sussie se Nicknaks is op die kamermat en ek kry die stofsuier en suig skoon. Ek gaan verder met aandete. Ek haal solank wildsteaks uit vir moreaand. Ek kry ʼn huisvol mense wat van Swakop af deurkom vir Woensdag se begrafnis. Mamma stuur ʼn sms en ek bel haar gou terug. Sy is moeg van 900km se ry vir die dag en gaan solank slaap. Ek kry weer die stofsuier en probeer gerasperde kaas uit die kamermat uitsuig. Sussie was in die yskas terwyl ek op die telefoon besig was. Ek gooi my 1ste koppie koffie van die aand. Ek en die kiddies eet. Hulle gaan kyk vir Garfield wat nou vir die derde keer vandag van voor af begin. Ek ruim op en begin skooltasse pak vir more. Ek ruik ʼn erge klankie en kyk of die honde nie in die huis was nie. Dis op die ou end boetie se doek. Ek haal die vuil doek af en maak skoon. Gooi baba poeier en sit nuwe doek aan. Ek gooi die vuil doek in ʼn carry bag en neem dit na die buitenste drom toe. Terug in die huis het sussie die bottel babapoeier beet gehad en die helfde van die bottel is gebruik om die mat mee wit te kleur, die ander helfde is op haarself en boetie gebruik. Dis weer stofsuier tyd. Albei se tietiebottels is soek. Ek soek die bottels, maak vol tee en sit die kiddies in die bed. Dis nou nege-uur. Ek gaan lȇ tussen hulle en wag tot altwee rustig raak en uiteindelik aan die slaap raak. Dan staan ek op en gaan stort. Ek trek my warmste nagklere aan , gooi my tweede beker koffie vir die aand en sit vir Garfield af. Dan lees ek vinnig ʼn hoofstukkie uit ʼn Andre P Brink boek, sit die ligte af en sluit die deure. Ek bel vir Mams en vertel haar dinge van lekker slaap en mooi ry more. Weer ʼn skoffie van 800km met tussenin werk op drie dorpe. Dan gaan kry ek my lȇ weer tussen die twee kiddies en skuif hulle nader aan my teen die koue. Ek lȇ en wonder vir ʼn oomblik wat die mooiste Afrikaanse woord vir Babysit is en besluit dat dit seker “Kinderspeletjies” moet wees.

Sunday, June 26, 2011

Oom Sebastiaan en die Springbok

Ek het eendag bietjie sprints op die atletiekbaan hier onderkant die huis gaan doen toe oom Sebastiaan daar aankom. Hy het met die hond om die baan kom stap. Nadat ek klaar afgekoel het kry ek hom daar voor die pawiljoen.

   “Ek sien jy hol nog lekker op jou oudag,” groet hy.

   “Lekker grappie,ja,” antwoord ek wat my sprints tot so twintig meter beperk.

   “Het ek jou al vertel van die keer wat ek teen die Springbokatleet mos hol?” vra hy.

   Ek gaan sit solank op die pawiljoen, want ek weet hy gaan in elk geval vertel.



   “Kyk, die ding het so gebeur,” begin hy sy storie.

   “Ek het net uit die army uitgeklaar en was nog lekker fiks van basies doen toe die atletiekmanne van Suidwes besluit om die byeenkoms van alle byeenkomste hier in Windhoek te hou. Hulle maak almal in die land bymekaar wat kan hol, gooi, spring en vir die main event nooi hulle ʼn Springbok langafstand atleet.”

   “Hy laat weet dis reg, hy kom, maar hy hardloop nie in die dag in ons hitte nie. Dit moet ʼn aandresies wees en niks verder as ʼn myl nie. Dan vra hy ook dat daar kompetisie vir hom moet wees, want hy hol nie alleen nie. Toe soek die klomp organiseerders ernstig na atlete wat die myl kan hardloop en daar het hulle toe ʼn groot probleem. Die springbok kon die myl lag-lag onder vier minute doen en hier by ons het die bestes rondom vyf minute gepraat.”

   “Na ʼn lang gesoek kry hulle niemand opgespoor wat hulle name vrywillig wil gat maak nie en as laaste uitweg nader hulle die army sammajoor op Okahandja. Hy laat weet dat die nuwe inname troepe nog te sleg is, maar hy gee vir hulle die name van die twintig troepe wat toe net uitgeklaar het en wat die 2,4 met kit die vinnigste gedoen het. Ek is toe een van daardie manne. Ons almal weier, maar toe ons al twintig met ʼn goewermentsbriefie gedreig word waarin ons onmiddelik vir ʼn drie maande kamp opgeroep word, toe begin ons sommer dadelik oefen.”

   “Daar was slegs twee weke oor voor die groot dag en daar is geen manier hoe mens op so kort kennisgewing in ʼn wereldklasatleet kan verander nie. Daarom moes ons ander planne beraam. Een van ons groep van twintig het direk nadat hy uitgeklaar het dadelik as appy electrician begin. Hy kom toe tydens een oefening met die beste plan vorendag waaraan ons kon dink.

   “Die beste beskikbare atletiekbaan in daardie tyd, onthou dit was hier in die sewentigs waarvan ek nou praat, was die skoolbaan van Windhoek Hoërskool. Daar was ʼn lekker groot pawiljoen basies net soos dit vandag nog daar staan. Die baan was ʼn asbaan, ook nog net soos vandag. Op die Noorde en Suidelike hoeke van die pawiljoen se dak het die organiseerders twee spreiligte laat installeer om die nagresies te akkomodeer.”

   “Vir die korter afstande was dit perfek en ook vir die veldnommers, maar volgens ons appy sou die ligte nie sterk genoeg wees om die agterste deel van die baan ook te dek nie en sy plan was daarop gegrond.”

   “Die aand van die groot resies breek aan en hoe donkerder dit raak en hoe nader die tyd aan die groot oomblik (die een myl item) kom, hoe duideliker word dit vir ons dat die plan dalk net kan werk.”

   “Omtrent ʼn uur voor die een myl as laaste en hoofitem begin, is ons Springbokatleet al op die baan en begin hy opwarm. Ons besluit om eers later te begin, dalk maak die man homself moeg nog voor die resies begin. So tien minute voor die tyd gaan warm ons daar langsaan in die parlement se tuine op. Ons wou eintlik nie hȇ die mense moes sien hoe ons ʼn paar trekke aan ʼn sigaret vat om die longe op te warm nie.”

   “Toe die hoofitem aanbreek toe meld daar net vyf van ons by die beginpunt aan en ons maak so bietjie litte los onder groot gejuig van die plaaslike toeskouers se kant af.

Die organiseerders vra nog vrae na waar die ander manne is, maar ons wis van niks en uiteindelik besluit hulle dat die item moet begin sonder die ander klomp. Die een myl is vier rondtes om die baan en ons begin dus daar waar die wenstreep is.”

   Toe die skoot klap vir die wegspring toe is die springbok sommer klaar reg vir aksie en die man vlieg daar weg asof ons net een rondte moet doen. Ons hol vir al wat ons werd is om by te bly. In die agterste donker deel van die baan beweeg die vyf van ons oor na die derde en vierde baan en in die middel van die reguit gedeelte gee ons heel uit die baan uit pad en gaan hurk aan die buitekant van die baan.”

   “Nagenoeg by die beginpunt van die twee honderd meter merk toe die springbok in die draai begin ingaan toe sluit daar uit die skadus van die donkerte vyf vars nuwe manne by hom aan. Dis nou vyf van die manne wat kamma nie opgedaag het nie, maar deel van ons plan was. Die vyf laat loop vir alles wat hulle werd is en in die deel voor die hoofpawiljoen toe is drie van hulle glads voor die springbok. Maar met die aanbreek van die agterste donker deel is hulle asem op en hulle trek sommer vroeg oor na die donkerste agterkant toe.”

   “Met die aanbreek van die volgende draai is daar weer vyf vars nuwe gesigte saam met springbok en weer is drie van hulle voor met die toeskouers wat mal gaan. Maar ook hulle is gou flou gehol en die donker deel kan skaars vinnig genoeg aanbreek en hulle kom val stokflou hier langs ons neer. Weer sluit daar vyf vars nuwe manne by die springbok aan. Die keer is dit die laaste vars manne en wanneer hulle by ons opdaag dan vat ons vyf wat begin het weer oor om die laaste 200 meter te doen. Sodoende sou niemand dan onraad vermoed as dieselfde beginners weer by die eindstreep aankom nie.”

   “Ook hierdie vyf is ewe kordaat voor die man van die dag in die deel voor die pawiljoen, maar ook hulle sukkel om die volle rondte by hom te bly. Hulle val sommer vroeg in die donker stuk uit en toe die springbok die draai vir die laaste 200 meter ingaan toe is ons by hom. Ek hou so bietjie terug en spaar myself vir die laaste 100 maar die ander vier laat loop oop en toe. Met die aanbreek van die laaste reguit stuk voor die hoofpawiljoen toe maak daai springbok alle nommers oop in die rooi in. Ek bly by hom en ons steek my vier maats verby asof hulle stilstaan. Met tien meter oor toe is dit koenabs toe met my en daai man wen my met ʼn goeie vyf meter.”

   “Oor die wenpaal val ek in die asbaan neer en kruiploop vir die waterkraan wat daar voor die hoofpawiljoen is met my vier maats wat baklei om eerste by die water uit te kom. Die springbok het net sy spoed so effens verminder en is besig om op ʼn stywe draffie sy ere-rondte te doen. Met die wat ons staan en water drink toe kom staan daar so ouerige omie uit die pawiljoen uit by ons en hy sȇ; manne, as ek julle net vir so maand voor die tyd kon coach, dan het daai springbok vanaand sy gat gesien. Dis toe dat ons weer vir die donkerte laat loop voordat die omie verdere planne kan maak.”

   

Friday, June 24, 2011

Kleinnig se kind

   Oom Sebastiaan nooi homself nou die ander dag vir koffie en ons gaan sit buite op die stoep, elkeen met ʼn beker koffie. Die twee kiddies speel buite in die tuin en verander so tussendeur pappa se tuinuitleg.

   “Hoe oud is die meisiekind nou?” vra hy.

   “Word nou vier,” antwoord ek.

   “Jong maar hulle word darem vinnig groot,” sȇ hy.

   “Te vinnig en dan vang hulle mos al die woorde op wat ek nie wil hȇ hulle moet hoor nie.”

   “Ian, nou praat jy ʼn ware ding, het ek jou al vertel wat die kleinnig van my met haar meisiekind oor gekom het?”

   “Nee, ek dink nie so nie.”

   “Die ding het so gebeur,” sȇ hy en dan begin hy te vertel.

   “Die kleinnig van my koop mos ʼn erf daar in Auasblick en bou vir hulle ʼn pragtige huis daar op ʼn bult. So drie maande nadat hulle ingetrek het, kom plak daar ʼn klomp basterbouers van Rehoboth af ʼn sinkhuis op die oop erf langs hulle en begin fondasies grou vir ʼn nuwe huis. Jy weet mos hoe vinnig vorder so bouery en die fondasies is skaars gegooi, toe begin te bou die manne.”

   “Kleinnig se meisiekind is mos nou net vyf geword en dis vakansietyd en sy hang heeldag daar oor die muur om die bouery te bekyk. Dis ook nie lank nie en die bouers nooi haar om saam te kom bou. Man, dan laat dra hulle haar stene aan en spuit bietjie hier nat en gooi bietjie water daar by die concrete mixer en so hou hulle haar besig. Teetyd dan sit sy daar by die mans om die vuurtjie en lunchbreak eet sy saam.”

   “Toe die eerste fortnight aanbreek en dis paytyd, toe het die klomp daar onder mekaar ʼn koevert bymekaar gemaak en vir haar ʼn vyftigrand gelas. Haar heel eerste paycheck en dit op vyfjarige ouderdom. Haar ma is so beindruk dat sy ook sommer dadelik besluit kleinding moet saam bank toe en haar eie rekening oop maak.”

   “By die bank is die klerk daar ewe beindruk met die kind van vyf wat al haar eerste pay wil kom bank en die begin daar met haar te gesels.”

   “Vyftig rand vir twee weke se werk is baie,” sȇ die bankklerk, “en dan is die vakansie ook nog nie verby nie. Gaan jy hierdie week verder werk?” vra die klerk.

   “Ek gaan ja,” antwoord die kind, “as die fo#%7n don!#4e klomp slap$%(8& ma se #@4%^$ net die fo@#!4n don#@4#@ stene gaan kom aflewer, ja.”

   “En dit kry jy nou van kinders wat woorde vinnig opvang,” sȇ oom Sebastiaan.

Dieet program

   Na aanleiding van ʼn advertensie in die plaaslike nuusblad, waarin hulle waarborg dat jy 5 kilogram in ʼn week se tyd kan verloor, skakel ʼn redelike oorgewig man in en bestel die program. Die Maandag oggend vroeg lui sy deurklokkie. In die deur staan ʼn fietse blonde dingetjie met net ʼn stel Reebok tekkies en skrapse onderkleure aan. Om haar nek hang ʼn plakaat wat lees; As jy my kan vang, dan is ek joune!

   Onmiddelik begin hy haar daar in die straat af jaag, maar vang is min. Dinsdag, Woensdag en die res van die week herhaal dieselfde storie homself elke dag. Die Sondag weeg hy homself en so waar as wragtig, hy het 5 kilos verloor.

   Hy bel weer die plek en bestel die keer die pakket wat 10 kilogram verlies waarborg. Die Maandag oggend lui sy deurklokkie en daar staan ʼn paar boobs en boudjies op bene wat in ʼn stel Nikes afgerond is. Om haar nek hang ʼn kennisgewing wat lees; As jy my vang is ek joune!

   Weer sit hy die paradys in tekkies agterna, straat-op en straat-af, maar sy kan hol en vang is min. Die week word elke dag met dieselfde roetine herhaal en toe hy die Sondag weeg toe sal hy sien dat hy wragtig 10 kilos meer verloor het. Hy bel dadelik en bestel die keer die program wat 25kilos verlies waarborg. Die persoon aan die anderkant vra nog of hy doodseker daaroor is, maar luister is min en die program word bestel.

   Die Maandag oggend vroeg lui sy deurklokkie en daar staan die grootste spierpaleis wat hy in sy lewe gesien het. Die reus is uitgevat in ʼn stel pienk Nikes met pienk secret socks en net ʼn stukkie hol-flos om die uitrusting mee af te rond. Om sy nek hang daar ʼn kennisgewing wat lees; As ek jou vang, dan is jy myne!



   Hy het amper veertig kilos daai week verloor.


Parradys

So grappie vir die Vrydag;

Die seuntjie vra vir sy pa, "Pa wat is daai ding tussen mamma se bene?"
Die pa antwoord, "Dis die paradys."
Die seun vra, "En wat is daai ding tussen Pappa se bene?"
Die pa antwoord,"Dis die sleutel tot die paradys."
Die seun antwoord, "Kom ek gee Pa bietjie raad, verander die slot, want die buurman het ook die sleutel."

Thursday, June 23, 2011

Woorde oorbodig

Hoef ek enige kommentaar te lewer? Ek reken die fotos spreek vanself.

Tuesday, June 21, 2011

Raad vir Bok afrigter

Goeie raad vir bok afrigter, Snorre de Villiers; Op die een foto is hoe n wenspan lyk en op die ander foto is hoe n Springbok losskakel lyk. Hy hoef nie verder as dit te soek nie.

Monday, June 20, 2011

Saturday, June 18, 2011

Superrugby

Dis mos nou Superrugby. Ek verwys nou natuurlik na die res van die Super 15 wat oorbly. Dit maak nie saak wie nou wen of verloor nie, die belangrikste van alles is dat die highly over rated Blue Bulls uit die kompetisie is. Die kort en die lank daarvan is dat hulle nie meer n kans staan om die kompetisie te wen nie. Dis net jammer soveel van hulle is in die Bokgroep, want hulle verswak die Bokke nogal aansienlik. Ek glo in elk geval nie dat jy n span met meer as 3 Bulle in, n Bokspan kan noem nie en dan moet 2 van die 3 ten minste op die bank sit en vir die ander water aandra. Sterkte Stormers, Sharks.

Friday, June 17, 2011

Sportbeserings

Elke sport het sy eie beserings;




Briljant

Ek is net eenvoudig mal oor die twee fotos, een met en een sonder photoshop.

Al weer

Ja, daar doen hulle dit alweer, so voorspelbaar soos ons weer. Koud in die winter en warm in die somer. Eers stuur hulle vir Jonathan Kaplan Kaap toe as die Bulle se kaptein, planmaker en beste speler, en laat hom sommer terselfdertyd skeidsregter ook wees en nou stuur hulle hom net mooi die volgende naweek Loftus toe, net om doodseker te maak dat die Bulle dit maak. Hulle behoort die standbeeld van die ou wat met die bal hol daar buite Loftus af te breek en twee ander standbeelde op te sit; een van Kaplan en een van Andre Watson. Dis so vervelig, jaar in en jaar uit, kan hulle nou nie vir n slag nuwe truuks uitdink nie. Of is Kaplan die enigste ref wat bereid is om die Bulle se teenstanders so blatant te verneuk? Die Sharks sal maar te goed onthou hoe hulle teen die Bulle en Kaplan moes baklei om hulle laaste Currie beker te wen. In die 42 ste minuut van die eindstryd het meneer Kaplan gewys presies hoe blatant hy kan wees en die Sharks moes seker dink hulle het hulle reelboek iewers verloor. Vergeet daarvan om Australie se Steve Dickenson en ander uit te wys, hulle leer by die wereld se nommer een hoe dit gedoen moet word, onse eie Kaplan. Die Bulle se kaptein, beste speler, beste verdediger en nommer een ondersteuner. Rig tog nou maar vir hom n standbeeld op en kry klaar, asseblief.

Air TACA

Gedink dis net Air Zimbabwe en Air Namibia wat roof racks het?

Thursday, June 16, 2011

Rear views

Kyk, of dit nou n Brit, Amerikaner, Rus of Japsnoet is, sekere kameramanne kan maar net nie daai rear views uitlos nie. Nou nie dat ek wil kla nie, ek sou maar net wonder hoekom word die fotos nie in die tydskrifte gebruik nie. Dis altyd die voorkant wat geplaas word so daars definitief ander motiewe hoekom hulle die fotos neem.




Austin Stevens

Wanneer n groot en bekende firma soos Alexander Forbes n advertensie in die koerant plaas, dan verwag mens eintlik dat hulle darem hulle feite reg sal kry. In gister se Republikein haal hulle die bekende Austin Stevens aan, maar hulle verwys na hom as; Austin Stevens, South African snakeman. Ek wonder nou net of hulle alle ander Expats ook as Suid Afrikaners sien. My veronderstelling is dat wanneer iemand sy land van geboorte verlaat en die identiteit van n ander land aanvaar, dan word hy n burger van die nuwe land. Austin het Suid Afrika reeds so vroeg as 1992 verlaat en na Namibie verhuis. Deesdae deel hy sy verblyftydperk tussen Namibie en Australie (die land waar sy vrou n burger van is). Dit maak hom, volgens my, n Namibiese burger met ook regte tot Australiese burgerskap. Hy is wel in SA gebore en het daar vir baie lank na sy weermagtydperk gebly, maar 1992 is darem net so lank gelede. So die feit is dat hulle slegs na hom kan verwys as SA gebore en nie na die Suid Afrikaanse slangman nie. Hoop nie hulle maak ook sulke fynskrif foutjies wanneer dit by versekering kom nie.

Wednesday, June 15, 2011

Mans

It' really hard work being a man. Hier is een goeie rede hoekom stout seuns weg moet bly van jou dogter af.

Tuesday, June 14, 2011

Budgie Smuglers

Ek het mos al genoem dat hulle in Australie n ou met n speedo aan n "budgie smuggler" noem. Hier plaaslik sal ons iemand met n speedo aan dan seker n "African Grey smuggler" noem en so lyk dit.

Rugby

Is dit nie ongelooflik hoe voorspelbaar rugby geraak het nie. In Suid Afrika het ek mos al tot vervelens toe genoem dat dit net soos Egoli geraak het. Jy kan maar weet niks verander, behalwe af en toe die gesigte nie. Dat selfs n leek soos ek kon voorspel wie die skeidsregter sou wees en ook wat die uitslag sou wees is mos darem n goeie bewys daarvan. Wel volgende op die lys is die Tri Nations en ook dit is reeds voorspelbaar. As gevolg van Kaplan se briljantheid om wedstryde te swaai, laat lyk dit die Bulls spelers besonders goed en hulle sal dus die Bokspan oorheers met hulle teenwoordigheid. Ek voorspel ook dat Rassie en Matfield bietjie haaks kan raak. Rassie gaan planne maak en Matfield gaan dit op die veld "override". Dit voorspel probleme. Groot pak slaes wag op die Bokke, dis nou my mening. Namibiese Rugby het darem ook weer bewys dat hulle onbeholpenheid nog lank nie iets van die verlede is nie, maar ten minste maak hulle darem die koerante.

Friday, June 10, 2011

Vir my vriende

Die jaar is 1982
Die plek is die atletiekbaan van Windhoek Hoërskool.
Dit is huiskompetisie, Swarthaak, Kanniedood en Wag ʼn Bietjie is in ʼn verbete stryd gewikkel om die atletiekbeker vir die span van die dag te wen.
Kort voor die finale items van die dag, die 4 x 100meter aflosse, begin, word die spanpunte op die groenbord voor die hoofpawiljoen aangebring.
Wag ʼn Bietjie loop met ʼn enkele paar punte voor Kanniedood. Swarthaak se kanse is feitlik verby, al wen hulle al die aflosse sal hulle waarskynlik nie die byeenkoms kan wen nie.
In die junior aflosse is dit weereens Kanniedood en Wag ʼn Bietjie wat die eerste en tweede plekke deel en nou is dit tyd vir die laaste item van die dag, die aflos vir die seuns onder 19 ouderdomsgroep. Alles hang nou van hierdie item af, wen my span, dan wen Kanniedood die beker. Wen Wag ʼn Bietjie dan vat hulle die beker.
Van waar ek op die baan staan bereken ek my span se kanse. Ons het 3 onbekende atlete wat die eerste drie bene hardloop, met myself wat die laaste finale been moet doen. Wag ʼn Bietjie is in die binnebaan en hulle finale been word deur Ben Human gehardloop. Hy het vroeër deur die dag al die kortafstand items gewen.
Ek het weer op my beurt al die langafstand items, die 3000m, die 1500m en die 800m gewen. Dit is toevallig ook die langste gesamentlike afstand wat enige atleet deu die dag kan aflȇ om maksimum punte vir sy span in te bring. Ek het dus my kant gebring, maar die grootste uitdaging van die dag is nou hier. Die tyd het aangebreek.
Aan my buitekant is die man van Swarthaak en in die heel buitekant is die span van die onderwysers. Oor Swarthaak en die onnies is ek nie bekommerd nie, hulle kan nie die dag wen nie. Dit is wie tussen my en Ben Human eerste oor die wenpaal hardloop wat regtig saak maak. Sy span wen die dag. Ben is die sprinter, ek is die man vir die langafstande.
Die skoot klap vir die wegspring en die manne vlieg uit die blokke uit. Erkies, die LO onnie, is die een wat vir die onnies wegspring en ek vergaap my aan die spoed van die ou man. Ek het gedink al die onnies is oud. Hy gee die aflosstokkie oor aan Danie Knoetze en die kort senter van United vlieg behoorlik oor die agterste lang been voor hy aan Dawie Harmse oorgee. Ek vergaap my so aan die span van die onnies dat ek heeltemal vergeet van die belangrikste deel van die dag, ons wat moet wen.
Ek word skielik uit my droomwereld geruk toe die atlete om die finale draai op ons afpeil. Skielik is ek weer terug by my volle positiewe en ek konsentreer op dit wat ons vroeër geleer is. Trek weg voor die ander atleet by jou is. Hou jou linkerhand na agter sodat jou spanmaat die stokkie in jou hand kan sit. Teen die tyd wat jy seker is die stokkie is veilig in jou hand moet jy al feitlik op volspoed wees.
Alles verloop seepglad by die oorgee en ek is in die finale 80 meter op pad wenpaal toe. In die hitte van die oomblik besef ek dat die groep kinders op die pawiljoen naaste aan die oorgeepunt almal op hulle voete is. Dit is die Kanniedoders, ons het dus die stokkie eerste ontvang. Direk daarna kom die Wag ʼn Bietjie kinders op hulle voete en ek besef dat Ben sy stokkie ontvang het. Vandag sal ek moet hol vir alles wat ek werd is.
Bokant die oorweldigende gedruis vanaf die pawiljoen is dit doodstil in my kop. Ek hoor net die egalige plofgeluid wat my kaal voete op die asbaan maak. Of is dit dalk my verbeelding, is dit nie dalk Ben se spykerskoene wat ek hoor nie? Dan so skielik as wat dit begin het, so skielik is dit verby. Die lint by die wenpaal is by my en die geel Kanniedood frokkie oor my bors breek die lint. Ons het dit gedoen, ons het die dag gewen.
Ek draai 10 meter anderkant die wenpaal om opsoek na my spanmaats. Die trots in my wil uitkom en ek wil dit met my spanmaats deel, maar hulle is nog op die punte waar hulle die stokkie aanmekaar oorgegee het.

Die jaar is 2012
Dit is 02h30 in die oggend.
Die 30 jarige reunie het ou grepe uit die verlede by my laat opkom. Die droom was so werklik. Dis asof dit gister was. Ek lȇ in die bed in die middel van ʼn besonderse koue winternag. Ek dink terug aan daardie wedloop. Die een wat die dag vir ons gewen het. Ek dink aan die drie spanmaats wat ons in so ʼn posisie ingehardloop het dat ek die stokkie vroeg genoeg ontvang het dat Ben my nie kon inhaal nie.
Dan tref dit my met ʼn skok. Ek, Ian Snyman, kan hulle nie onthou nie. Ek kan nie onthou wie my eie spanmaats was nie. Ek kan nie hulle gesigte voor my oproep nie. Was ek dalk te selfgekonsentreerd dat ek nie my maats kan onthou nie? Dan dink ek by myself, wat as ek die klok 30 jaar kan terugdraai. Sal ek dan my maats kan onthou?
Kom ek vertel julle wat sou gebeur as ek die wiel van die lewe 30 jaar terug kon draai.
Ek sou hierdie selfde storie skryf, maar my naam sou nȇrens genoem word nie. Ek sal die onbekende ou word wat die laaste been hardloop. Die storie sal konsentreer op die drie helde van die dag. Die drie atlete wie se ouers op die pawiljoen sit, hulle kinders uit volle bors aanmoedig en saggies by hulle self wens; Hoekom kon my kind nie soveel talent soos daardie ander kind gehad het nie? Hoekom kon my kind nie so vinnig soos daardie een wees nie, hoekom kon hy nie spring soos daardie een nie, hoekom kon hy nie gooi soos daardie een nie? Maar nog steeds was hulle daar, nog steeds het hulle ondersteun asof hulle kinders die heel beste was.
Maar hy besef nie dat sy kind een van die vier belangrikste komponente in die wenspan van die dag was nie. Hy besef nie dat sy kind die held van die dag was nie, die stil held wat nie erkenning vir sy belangrike prestasie ontvang nie.
Dan dink ek weer, wat as ek die klok kan terugdraai? Ek weet wat daardie antwoord is. Ek sal vandag, 30 jaar later, nog steeds jou beste vriend wees. Ek sal jou naam ken, jou bynaam, jou eggenoot se naam, jou kinders se name. Ek sal daar wees vir jou wanneer jy ʼn vriend nodig het. Ek sal jou prestasies in die lewe ken, al weet ek dat jy nie erkenning daarvoor sou vra nie.
Jy sal die stil een in ʼn suksesvolle maatskappy wees. Die een waarsonder die besigheid nie kan oorleef nie. Jy sal die boer wees, sonder wie sy diere nie sal oorleef nie. Jy sal die gelukkige pa of ma wees wat sy kinders in alle hulle lewensaktiwiteite bystaan, of hulle bo die res uitstaan, en of hulle maar net gemiddeld is. Dit sal jou nie pla nie, jy sal jou kind steeds onfeilbaar lief hȇ. Jy sal daar wees vir jou vriende, in hulle lief en leed. Belangrikste van alles, jy sal hulle name ken, jy sal hulle onthou, al het jy hulle 30 jaar laas gesien.
Ek sal al die matrieks van 1982 se name ken. Vanaf A tot by Z sal ek elkeen se beste vriend wees. Ek sou al my aandag daaraan spandeer om elkeen beter te leer ken. Die “Rocket Scientist”, die prokurueur, die dokter, die tandarts se stoelassistent, die sekretaresse, die staatsamptenaar, die brandweerman, die valetjie, die blink een, die sportman, die ondersteuners, die komediante, die ernstiges, die alkoliste, die predikers, die depressielyers, ek sou almal deur die jare bygestaan het. Ek sou jou ondersteun in alles wat jy aanpak, ek sou vir jou bid,
Jy sou my telefoonnommer uit jou kop uit ken, want ek sou net ʼn oproep ver wees. Jy sou my e-pos adres uit jou kop uit ken, want ek sou net ʼn briefie ver wees. Ek sou jou adresse ken, jou nommers. Ek, die onbekende valetjie wat die laaste been van ons laaste huiskompetisie gehardloop het, sou jou beste vriend word, vir jare wat sou kom en nog sal kom. Ek sou jou ouers laat weet watter held hulle kind werklik is.
Ek sou geweier het om die laaste been te hardloop, al sou die skool my dreig met ʼn skorsing, want ek sou te besig op die pawiljoen wees. Besig om jou te ondersteun en aan te moedig, waar jy die laaste belangrike been vir ons span hardloop.
Ek sou jou nou vergeet nie.

Stormers vs Kaplan

Man, ek kan seker nie te sleg wees nie. Het ek dan nie al vroeg in die week voorspel dat Andre Watson sy planne agtermekaar gaan kry om sy geliefde Blou Bulle te help nie. En daar het ons dit net soos ek dit voorspel het, Jonathan Kaplan, die Bulle se nommer een speler, is aangestel as die skeidsregter vir Saterdag. Shame, kry die mense nie skaam vir sulke boereverneukery nie. Kyk maar mooi, die reels sal so gebuig word ten gunste van die Bulle dat die Bulle momentum kan opbou en die Stormers se alle pogings tot momentum sal doodeenvoudig deur die fluitjie gestop word. Dit sal of n allermintige poging deur die Stormers kos of dalk die gelukkige spring van die bal vir hulle om die wedstryd te wen. Geskiedenis wys egter dat daar n baie spesiale verhouding tussen Watson/Kaplan en die Bulle bestaan. Die Bulle wen diep in die negentig persent van alle wedstryde wat deur Kaplan hanteer word en die patroon is altyd dieselfde. Geleidelik help hy hulle om punte op te bou vir omtrent die eerste 60 minute. Dan as hy reken die Bulle is ver genoeg voor, dan gee hy die laaste 20 minute n klompie strafskoppe aan die Stormers, sodat Watson na die wedstryd dit aan die media kan bewys dat die strafskop telling gelykop was. Die Stormers kan in die laaste 20 minute n geelkaart ook te wagte wees net om hulle briek aan te sit en nie die Bulle dalk inhaal nie. Ek is bereid om lewende bewyse te lewer presies hoe blatant Kaplan die Bulle se opponente kan verneuk. Maar in elk geval, sterkte aan die Stormers, julle gaan dit teen Kaplan nodig kry. Schalk sal heeltemal tereg weer na die wedstryd kan voel dat hulle met twee stelle reels moes speel; naamlik die vir die Bulle en die teen die Stormers.

Thursday, June 9, 2011

Sonny Bill Williams

Hoe lyk dit? Enige brawe manne wat kans sien vir die binne senter van die Canterbury Crusaders? Ek dink hy doen seker die Haka voor hy in die kryt klim. Maar intussen is dit veiliger om net teen hom te speel.

Wednesday, June 8, 2011

Bietjie hitte

Dis vandag so koud in Windhoek dat ek onmiddelik weer iets oor Sunny Belize opsit; danksy die bydraes van Chrystal Vernon. Sy swem rustig in die see rond en kyk Whale sharks van naby, terwyl ons bibber van die koue.
Temples and tapirs, rainforests and reefs, villages and volcanoes, The Maya Route is a trail littered with adventure and cultural richness.
In the lowlands of Belize, Guatemala, Honduras, El Salvador and southern Mexico steamy rainforests, replete with wildlife, preserve thousands of soil-covered ruined cities built by an ancient Maya Empire that rose with the Romans and slowly declined in Europe’s Middle Ages.
Only a handful of their glorious temples have been stripped of their forest cover, revealing jade masks and jewellery, elaborate sarcophagi and crystal death skulls. Their giant, denuded roofcombs still tower over the forest canopy like sentinels.
But although their empire has gone, the Maya themselves are as alive and well as the Greeks or Romans. The Spanish did all they could to obliterate them and their culture burning all but a handful of their books and dividing and re-locating their peoples all across the southern reaches of New Spain.
Yet Mayan cultures and languages remain intact. In the villages of Chiapas and the Guatemalan highlands, markets sell clothing, arts and crafts and pottery whose designs long predate the arrival of the Europeans alongside travellers’ hippie slacks, bags and crystals.
On hillside shrines and within Catholic churches throughout the Maya World, copal is burned and ancient rituals still practised (albeit under the outward form of Catholicism). Only where the Protestant evangelists have arrived are Maya peoples abandoning their identity.
The landscapes of the Maya World are astonishingly beautiful. The highlands of El Salvador and Guatemala smoke with towering volcanoes swathed in pine forests; deeply folded valleys hide long blue lakes and rushing white-water rivers. White-pepper-fine sands lapped by bath-water warm seas fringe the Mexican and Belize Caribbean coasts. And hundreds of tiny islands surrounded by coral reefs lie just a few miles offshore.
Behind the coast is the thick scrub forest of the Yucatán dotted with glorious temples and pocked with cenotes (flooded caves). And in the lowlands of Chiapas, Honduras and the El Petén region of Mexico, Guatemala and Belize, there are rainforests noisy with the cries of howler monkeys and the raucous calls of parrots, and bristling with rare mahogany and zapote trees.
There’s plenty for all interests on the Maya Route for culture lovers and adrenalin addicts to those seeking R’ n’ R in a spa or too many beers in a beachside bar. You could spend a lifetime unravelling the complexities of Mayan mythology, or a few days diving, rafting or lazing on a beach.
But Cancún’s commercial success is quickly spreading south and the
Maya Route
is steadily becoming McMaya. In the wake of such commercialism the local people are finding it increasingly hard to preserve their traditional ways. Visitors with a genuine interest in the Maya can make the difference.
Maya Route
: Unmissables
Tulum: Powder-fine, white-sand beaches watched over by cliff top Mayan temples
Uxmal & the Puuc sites: Imposing ruined cities decorated with some of the finest indigenous art in the Western hemisphere
Tikal: Dramatic Mayan temples in the midst of pristine rainforest busy with macaws and howler monkeys
Palenque & Bonampak: Two of the Maya World’s most beautifully crafted temple cities lost in lush rainforest near the Usumacinta River
San Cristóbal de Las Casas: The thriving mountain heartland of the Mexican Maya and one of the most attractive Mexican colonial cities
Chichicastenango: Central America’s most vibrant and colourful market, a great place for souvenirs

Bibberkoud en tv

Met mamma wat op die pad is en eers vandag terugkeer Windhoek toe, was dit die twee kiddies se taak om pappa in die bed warm te hou. Man en het hulle hulle goed van die taak gekwyt. Toe die wekker vanoggend half ses afgaan toe broei dit in daardie bed. Waar ek elke oggend vroeg die honde se nagpoef van die gras af optel, het ek vanmore slegs snaakse bolvormige ysblokkies opgetel.
Ek het nou lank genoeg my mond uit rugby uitgehou, maar die naweek se Stormers/Bulle wedstryd het weer Egoli gedagtes losgemaak. Ons ken mos almal die Egoli-kenmerke, niks nuut gebeur nie, altyd dieselfde storie net ander gesigte. So is die Bulle al reeds hulle eerste voordeel vir die naweek deur die noodlot gegun. Om sonder Bakkies Botha te speel kan net jou span bevoordeel. Nou moet hy net weer so slag of wat geskors word sodat die Bokke sonder hom kan wereldbeker toe. Ons het nie die geel en rooi kaarte in die toernooi nodig nie. Dit sal my nie verbaas as Andre Watson ook reeds sy planne vir die naweek agtermekaar het nie. Dit sal nou wees om vir Jonathan Kaplan of Mark Lawrence die fluitjie vir Saterdag te gee, dan is die grootste deel van die wedstryd mos reeds vir die Bulle gewen. Haai shame, kan hulle nie vir ten minste een keer met iets nuuts vorendag kom nie.
Ek merk so deur die afgelope weke se koerante dat verskeie lesers kla oor DStv se diens en wel die ou programme wat oor en oor herhaal word. Dis elke ou se eie reg en opinie om te kla, maar veral een leser se kommentaar het my geraak. Hy beweer dat hy slegs die diens gebruik vir sy kinders se onthalwe. My vriend, as die kinders jou besorgdheid is dan sal jy juis dadelik die diens laat opskort. Die grootste deel van die jaar het ek nie hierdie tv dienste nie en glo my vry, jy gee baie meer aandag aan jou kinders en ook hulle aan jou, wanneer hulle nie voor die tv kan wees nie. Skielik is speel en gesels weer die hoofaktiwiteit in die huis. Skakel gerus jou DStv diens vir n maand of twee af en leer die les prakties vir jouself. Bykomende voordele is dan ook dat jy die baie geld waaroor julle kla, spaar en dan hoef julle ook nie meer oor die programme te kla nie. Daar is natuurlik ook dvd winkels met feitlik al die nuwe flieks beskikbaar.

Tuesday, June 7, 2011

Lady May

Lady May het die naweek met die oorhandiging van haar N$ 20 00.00 prysgeld blykbaar haar middelvinger vir die gehoor gewys en hulle nog bonop met n swetswoord gegroet so alle Madonna styl. Sy moes seker haarself so vir die oomblik in Madonno-styl verloor het. Sy het daarna blykbaar amptelik omverskoning gevra en beweer die oomblik was te groot. Ek ken vir Lady May (Martha Namundjebo) en het haar al persoonlik n paar keer ontmoet. Sy het ook haar heel eerste cd, Come and get me, aan my geskenk. Nog nooit het ek die vriendelike Namibiese meisie as iemand opgesom wat so iets sou doen nie, al is sy ook in haar eie reg ons eie superster. Met 5 cd's agter haar naam en met optredes wereldwyd was sy nog altyd plat op die aarde. Haar gedrag kan egter nie goed gepraat word nie en haar gebare gaan n blydende indruk by die gehoor skep. Ek wonder net wat de hel het haar besiel en hoe sy nou weer haar soetmeisiebeeld gaan herstel. Dit gaan harde werk kos, reken ek.

Gay vlag

Dit is blykbaar die nuwe gay vlag van Suid Afrika en soos my oom Sebastiaan dit sal stel; Hulle weet seker waar hulle daardie vlag kan opdruk.

Monday, June 6, 2011

Big Blue Hole

Een van Belize se besienswaardighede is die Big Blue Hole, wat sowat 70 km vanaf die kus van Belize City gelee is. Die gat is 300 meter in deursnee en 124 meter diep. Die gat is nie net n aantrekkingskrag vir skubaduikers nie, maar selfs die legendariese Jacques Cousteau het al die gat ondersoek. Meer onlangs het sy seun ook in sy spore gevolg en het hy ook n ekspidisie na die gat gelei. Ek sal self ook "one of these days" daar n draai wil gaan swem.

Belize

Belize, is die stukkie internasionale nuus waaroor ek weekliks iets nuuts gaan plaas en ook so dan en wan n paar fotos. Chrystal Vernon, n eiendomsagent in Belize City, is die kontakpersoon wat die inligting verskaf. Sy gee dan ook gereeld inligting deur rakende besigheidsgeleenthede te koop in Belize. Hiernaas volg n beskrywing van Belize soos deur haar opgestel. Moenie die fotos wat binnekort sal begin verskyn misloop nie.

Belize is not really well known worldwide. Many U.S. Americans and Canadians have already chosen this little country between Mexico and Guatemala as their new home. The idea of this group is to provide ideas and impressions to people around the world, showing them business opportunities, real estate information together with daily life inputs and travel information.



For generations, the English-speaking people of Belize have been committed to preserving the country’s unique atmosphere and charm, while welcoming visitors with open arms as if they had lived here all their lives.

When you travel to Belize, you will take part in a host of extraordinary, untrodden experiences, but you won’t feel like a stranger in this land. One of the most endearing aspects of the Belizean people is their ability to achieve a very real and intimate connection with visitors from any country and every walk of life. The warm and friendly welcome you’ll receive in Belize combined with the breathtaking adventures you’ll experience will stir your soul, expand your mind and forever change your life.

Sunday, June 5, 2011

Belize

Ambergris Caye, the island with it’s only town San Pedro, 35 miles off the Belize coast, is a true paradise. My newsletter is all about island life and a laid back lifestyle. Start dreaming. It could be you life soon. Enjoy:




There’s something new in town!
The Coffee & Sub Shop on Front Street now serves American style “Subs” with your choice of meat, cheese, veggies and sauces. As I could hear from tourists, they are even better than the “originals” from “Subway” or “Quiznos” in the US.
I never had a chance to try one of those originals but I must say this is a great idea for lunch when in San Pedro. $ 9.- BZ ($ 4.50 US) for a new experience.

One of my favourite places north of the bridge is “Las Terrazas“, a first class resort with great amenities. Getting there by golf cart takes around 30 minutes, going there by water taxi is easier. The nice pool, a walk on the beautiful beach in front of the resort and having lunch at the Restaurant “O” makes my day. Some of the condominiums are still for rent. Out of my price range but always a pleasure to spend some time up there.

My number one clothing store in San Pedro is “Top Notch”.
Located on Barrier Reef Drive (locals call it “Front Street”) this shop offers the newest clothes and accessories.
A jeans dress with tan high heels and matching bracelets, earrings and necklace … wow … looking “top notch” is always top priority for any girl.
Today my only problem was to choose the right shoes for my outfit – because I fell in love with all of them.
Top Notch is truly the place to shop for the perfect outfit.

5 days of fun, celebrating the official opening of Lobster Season in the tropical paradise of Belize.
The San Pedro Lobster Fest 2011 will begin on Sunday June 19th, 2011 and run through the week, culminating with the traditional Lobsterfest Block Party on Saturday June 25th, 2011. Mark your calendars, as this celebration is sure to be the biggest and best ever!

TRAVELLERS is one of the oldest producers of Belizean Rum and Rum Drinks, located in Belize City.
“One Barrel Rum” is the famous brand they are selling since 1964. Aged and hand crafted by the Master Blender himself, this distinctive product is a skillful blend of the finest spirits creating a truly exquisite rum. One Barrel impressed the palates of connoisseurs to win golden awards in esteemed Quality and Spirit competitions throughout the Caribbean.


Ambergris Caye, the island with it’s only town San Pedro, 35 miles off the Belize coast, is a true paradise. My newsletter is all about island life and a laid back lifestyle. Start dreaming. It could be you life soon. Enjoy:




Today I had lunch at Sunset Restaurant on the lagoon side of San Pedro. Coconut Jerk Snapper – grilled catch of the day with coconut, onion, pepper and jerk sauce, served with green salad and coconut rice. A really yummy meal for $ 29.- BZ ($ 14.50 US). And of course an ice cold Belikin Beer.

After lunch I visited a friend living at Ambergris Lake Villas which is around 1 mile south of the town center. This new development has still some of the 2 or 3 bedroom apartments for rent or sale. As you can see on the picture, a really great place to live on a lake and just a 3 minute walk away from the beach. Prices start at $ 169,000 US and the rent for a 2 bedroom condo is around $ 1,200 US/month. Vacation rentals are available also.

What could be better than spending the rest of the day right on the beach and close to a beach bar. Exotic drinks like the “Dirty Banana”, a Mojito or a classic Caipirinha make life easy. Of course Belikin, the beer of Belize is always a favorite on a hot sunny day like this.

Treasure Island Academy Pirate Party 2011
Yo ho ho and bottles of rum & Coca Cola! The Island Academy boldly invites all lads, lasses, families, and visitors to the “TREASURE ISLAND ACADEMY PIRATE PARTY 2011″ on Friday, May 27, from 7 pm – 11 pm. There will be games, drinks, dancing and dinner for a whole fleet! Featuring Poker, Roulette and Karaoke for adults, with Bingo, Chalupa, and more, there will be grand prizes from Chan Chich Lodge and El Pescador resorts, with generous donations from Ocean Essence Spa, Island Pool Supply, Crave Restaurant, Artist Carrie O’Farrell, Hidden Treasure Restaurant, and more to come. Mariano’s Ice Cream and Frozen Yogurt arcade will be inflating the “Treasure Island Bouncy Castle” to keep kids buoyant. Dress to Plunder! Prizes will be awarded for Best Pirate Costumes. Everyone is invited. Entrance fee: $ 10 bz adults, $ 5 bz all kids under 17. All ashore who like fun galore!

The San Pedro International Costa Maya Festival has officially announced its festival dates for 2011. The largest festival in Belize has been confirmed to run from August 4 to August 7, 2011. And this year marks Costa Maya Festival’s 20th Anniversary! Something special is underway.

Friday, June 3, 2011

Jennifer

Jennifer Aniston, eks mev Pitt en eks Friends akteur is bekend vir haar soet gesiggie en meeste van haar flieks beeld haar ook so uit, maar ek verstaan dat haar nuutste fliek dalk nie heeltemal so soet is nie. Onse meisie wys bietjie lyf en maak skynbaar ook heelwat suggestiewe gebare. Ons sal seker binnekort sien presies hoe stout sy in die fliek is.

Wednesday, June 1, 2011

Junie maand se storie

Bobbejaan se Tier


Deur Ian Snyman



“Bobbejaan, ons wil met jou praat!”
“Bobbejaan? Jy noem my Bobbejaan? Die woord kom vanaf die Engelse woord, baboon, wat op sy beurt weer vanaf die Franse woord babouin kom, wat deur die Franse naturalis Buffon uitgedink is en hier kom staan jy met daardie parmantige houding en noem my Bobbejaan!”
“Nou wat is jy dan anders as ʼn bobbejaan?” vra Adolfina terwyl sy half verbaas voor die leier van haar trop staan.
“Wetenskaplik kan jy my seker klassifiseer as Papio Ursinus, maar ek sal verkies dat jy my liewers Oubaas noem.”
“Luister Bobbejaan, ons het nie tyd om jou varkies te help soek nie, ons is hier om ernstige sake te bespreek.”
“Adolfina my skat, ek kan sien dat jy en jou wyfie vennote vanoggend omgekrap is, maar kom ons kry gou eers die feite agtermekaar. Die Egiptiese bobbejaangod se naam was Hapi. Ek beskou myself nie as ʼn bobbejaangod nie en wil daarom ook nie Hapi genoem word nie. Al wat ek vra is dat jy en jou feministiese trawante my as Oubaas sal aanspreek.”
“Bobbejaan, Oubaas bly op ʼn plaas en Oubaas bestuur die bakkie terwyl lui lummels soos jy agter op die bak in die wind sit en die hekke moet oopmaak,” laat Adolfina nou sarkasties van haar hoor.
“Dit is baie waar wat jy sê, maar ek sien dit eintlik anders. Waar jou oubaas voor in die bakkie sit en bestuur daar stap ek voor in die trop en stuur julle. Ek maak nie hekke oop nie, magtig man, hier waar ons woon is nie eens hekke nie. Daarom verdien ek die naam Oubaas en dan is ek in elk geval ook die oudste in hierdie trop.”
“Ja Bobbejaan, jy is vol slim stories vandag, maar onthou dat Oubaas sy eie plaas besit,” tree Rebecca ook nou tot die gesprek toe.
“Dit is ook waar, maar onthou julle dat ek julle na hierdie deel van die land gebring het waar daar oorgenoeg kos en water is. Julle hoef julle nie te oorwerk nie en het eintlik ʼn lekker bestaan hier. Daarom kan ons maar aanvaar dat dit tipe van my eie plaas is. So, Oubaas sal dit voortaan wees.”
“Nee Bobbejaan, Oubaas het net die genot van een vrou daar op sy plaas. Jy aan die anderkant het die genot van amper al die vrouens in die trop,” sê Adolfina en sy glimlag vir die ander wyfiebobbejane wat in ʼn halfmaan hier voor hulle leier sit.
“Daar het jy dit verkeerd my vrou. Die vorige week toe ek so lank weg was, het ek op ʼn plaas hier naby Buitepos waatlemoene gaan steel. Die Miesies van die plaas was in die kombuis besig toe sien ek hoe die Oubaas vir Miriam in die waskamer vasdruk en soen. Die ander dag het ek weer my soettand daar op die waatlemoene gaan bevredig, toe sal ek sien hoe die Oubaas vir Anna in die skuur bykom op die sagte hooi. Gister het ek gou weer ʼn waatlemoen vir nagereg gaan haal toe is dit weer Oubaas en Susanna. Nou kyk net na die vergelyking. Hier voor my sit ʼn Miriam, ʼn Anna en ʼn Susanna ook. Kan julle nou sien hoe baie ons in gemeen het, so raak maar daaraan gewoond om my voortaan Oubaas te noem.”
“Nou goed Bobbejaan, ons sal jou vir vredesonthalwe maar Oubaas noem. Nou vertel jy vir ons wat Oubaas se planne met die Tier is.”
“Tier, watter Tier?”
“Tier, die Afrika Luiperd, Panthera pardus, die Suidwes Tier,” gee Adolfina vir bobbejaan van sy eie slimmedisyne in.
“Mag ek verneem oor wie presies wil weet en wat julle probleem met die Tier is?”
“Bobbejaan, ekskuus Oubaas, jy sit en speel net vir tyd. Jy weet presies wat ons probleem met die Tier is. Maar ons sal jou speletjie saamspeel en daarom verklaar ek hierdie nou ʼn amptelike Bobbejaan-leierskapkorps-vergadering. Dames, kom ons stel onsself voor in ons amptelike posisies en Miems neem asseblief vir ons die notules af. Ek begin sommer by myself. Ek is Adolfina bobbejaan van die Oubaas trop en ek is die voorsitster van die plaaslike VBV, die Vroue Bobbejaan Vereniging.”
“Ek is Rebecca en ek is die voorsitster van die plaaslike anti-luiperd vereniging.”
“Ek is Miriam en ek is die voorsitster van die plaaslike geslagsgelykheidklub.”
“Ek is Anna en ek is die President van die kinderwelsynorganisasie in die Ooste van die land.”
“Ek is Susanna en ek verteenwoordig die plaaslike begrafnisonderneming, Bavbob.”
“Goed, baie dankie dames en ons almal ken natuurlik vir mevrou Dominees Bobbejaan wie se hart vandag te seer is om self te kan praat en natuurlik ons sekretaresse, Miems. Die probleem ter tafel is die nege bobbejaankinders wat oor die laaste nege weke deur Mevrou Tier gevang is. Ons almal is dit eens dat dit die verantwoordelikheid van die leier van die trop is om met ʼn plan vorendag te kom en daarom wil ons weet wat presies daardie plan is,” verduidelik Adolfina.
“Dames is julle seker van julle feite? Is julle nie maar net besig om te oorreageer nie?”
“Nee Oubaas, Rebecca se man is die plaaslike privaatspeurder en hy het fotos geneem van waar Mevrou Tier ʼn kind gevang het. Susanna het jy miskien vir ons amptelike begrafnissyfers?” vra Adolfina.
“Ja, ons het gedurende die laaste nege weke die oorskot van nege bobbejaankinders ter aarde gestel.”
“Goed, dan het ons genoegsame bewyse dat Mevrou Tier skuldig is aan die dood van nege van ons kinders. Wat ons wil weet is wat jy daaraan gaan doen, Oubaas?”
“Wat verwag julle dan van my? Het julle gesien hoe lyk daardie Tier? Sy het ʼn kop so groot soos ʼn leeu en ʼn lyf amper so groot soos ʼn buffel.”
“Nou hoe klink dit dan vir ons asof Oubaas bang vir die wyfietier is?” vra Adolfina weer sarkasties.
“Nee, glad nie bang nie. Julle weet tog ek het die anderdag skeefgetrap toe ek vir die kobraslang geskrik het. Die het my amper doodgepik. Sodra ek van die besering herstel het, dan sal ek ʼn plan met die Tiertjie maak. Intussen kan julle aan die moeders wie kinders verloor het my medelye oordra en ek sal natuurlik graag help om weer vir hulle nuwe kindertjies te maak.”
“Ja Oubaas, dis presies hoe jy is. Waatlemoene vir jou soettand, maroelas vir ʼn lyfie en natuurlik seks. Maar dit stop vandag. Ek gaan onmiddelik ʼn opdrag uitreik dat geen lede van die VBV seksuele gunsies met Oubaas mag geniet nie, totdat hy finaal met Mevrou Tier afgereken het. Neem asseblief in ag Oubaas, dat alle vrouebobbejane in ʼn honderd kilometer radius lede van die VBV is, dus geen seks totdat daar geen Tier is nie.”
“Nou wag net ʼn oomblik Adolfina, ek is nog steeds die leier van die trop. Julle kan dit nie aan my doen nie. Wat sal die jong manne van my dink as ek nie meer die respek van die vroue geniet nie?”
“Dit is jou probleem. Sodra die probleem met die Tier oor is, sal jy weer geregtig wees op alle gunsies net soos voorheen.”
“Luister susters van die gemeenskap, het julle dan vergeet waarvandaan julle kom? Onthou julle dat my oupa as ʼn mak bobbejaan saam met Gert Alberts se Dorslandtrekkers na hierdie land gekom het?. Onthou julle hoedat hy by Buitepos hom oor ʼn verdwaalde wyfiebobbejaan ontferm het, hoe hy sy luilekker bestaan by die trekkers opgegee het om hom oor haar te ontferm en vir haar te sorg?. Onthou julle dat my oorlede pappie uit daardie verhouding gebore is en hoedat hy ʼn wilde lewe gelei het om vir sy boeties en sussies te sorg?. Daar was tiers en leeus wat ons familie uitgeroei het totdat net ek oor gebly het. Daarna het ek julle oudste susters as kinders by daardie tiran Bob gaan steel en julle na hierdie vrugbare gronde van Rietfontein gebring, hier waar ons die hele Bobbejaanfamilie uitgebrei het tot die getalle wat dit vandag is.”
“Dit is so Oubaas. Jou voorvaders was dapper en goeie bobbejane, maar ons begin die idee kry dat jy ons wyfies net oor een rede by Bob se trop gaan afrokkel het en dit was vir jou eie plesier. Jy het ons na hierdie plek gebring omdat dit baie kilometers weg van Bob se gebied is en jy was bang dat hy jou sou opspoor en met jou sou afreken. Dog, ons gee jou nou die geleentheid om ons verkeerd te bewys. Reken af met die tier en ons sal jou tot lewenslange leier van die trop aanvaar. Ons gee jou twee weke lank en as jy dan nog nie met Mevrou Tier afgereken het nie sal ons weer vergader en dan ons verdere besluite aan jou meedeel,” sluit Adolfina af.



Dit is presies sewe dae na die vergadering en Oubaas sit met sy hande in sy hare. Die vrouens was baie ernstig en het alles bedoel wat hulle gesê het. Hy kon die hele week nie by een van die vrouens regkom nie. Die jong vrouens het hom aangegluur asof hy siektes dra. Die ouer vrouens het nie meer stilgestaan as hy nader kom nie en het liewer aandag aan die jonger mannetjies bestee. Hy het oplaas sy geluk by ou halfdowe antie Salomie gaan probeer maar die het omgedraai en hom as ʼn vieslike vark toegesnou en dit opgevolg met ʼn taai dwarsklap. Die jonger mannetjies het dit gesien en het omtrent aan te lag gegaan.
Nou weet Oubaas dat sy dae as leier van die trop min raak, tensy hy ʼn plan met hierdie tier kan maak. Gister het sy weer ʼn jongeling gevang en vanoggend vermy die hele trop hom soos pes. Hier waar hy vanoggend op die klipkoppie langs die Rietfontein tweespoorpad sit, weet hy by homself dat hy nie ʼn kat se kans het om van die tier ontslae te raak nie. Sy is aggresief , atleties en baie sterk. Gister het sy die jongeling so vinnig weggeraap dat Piet, die privaatspeurder, net haar stert op die foto kon inkry.
Hy oorweeg dit nou ernstig om maar liewers ʼn alleenloper te word, maar waar sal hy heen. Op sy ouderdom is hy nie meer gewoond aan rondtrek na nuwe en onbekende gevare nie. Natuurlik moet hy erken dat die vroulike geslag sy groot swakheid is. As hy die jonger dames in die trop se boudjies so van agter loer dan raak hy skoon lam. Sy hart spring wild rond en hy kan nie meer logies dink nie. As hulle natuurlik vir hom terugloer dan is hy heeltemal buite homself. Om alleen weg te trek sal beteken dat daar geen vrouens naby sal wees nie.
Terwyl hy so sit en peins merk hy die ou Ford bakkie wat hier skuins onder hom by ʼn koelteboom van die pad aftrek. Twee Hereros spring uit en terwyl een die enjinkap oopmaak gaan haal die ander ʼn vyfliterblik van agterop die bakkie en dan druk hulle albei hulle koppe onder die enjinkap in. Na ʼn ruk sit een die blik langs die kar neer en sy kop verdwyn weer agter die enjinkap. Nie lank nie toe maak hulle die kap toe, spring in die Ford en daar trek hulle. Die vyfliterkan staan nog steeds waar hulle dit langs die pad vergeet het.
Nuuskierigheid is ingebore by Oubaas en hy draf teen die klipkoppie af tot by die kan. Shell helix, lees hy op die kan, hoe minder die wrywing hoe verder kom jy. Hy tel die kan op en merk dat dit nog amper half vol dikkerige vloeistof is. Olie vir petrolaangedrewe motors ken hy glad nie, maar hy gooi bietjie op sy hand uit en voel hoe lekker glad die goed sy hande maak. Maar die goed sal ʼn mens mos lelik laat gly as jy dit laat rondlê, dink hy by homself.
Hy is oppad om die kan iewers te bêre voordat iemand daarmee speel en seerkry toe die liggie vir hom aangaan. Hy soek dan juis iets om vir Tier mee seer te maak, sommer baie seer.
“Oubaas, nou moet jy jou kaarte reg speel en hierdie klomp vrouens gaan behoorlik agter jou kom aanhardloop,” sê hy hardop vir homself.
Eerstens gaan steek hy gou die kan olie in ʼn gat weg en toe haas hy hom na Piet Speurder. Piet wil eers nie met hom praat nie maar nadat Oubaas verduidelik het dat ʼn bobbejaan nie ʼn tier sonder deeglike voorbereiding aanvat nie het hy ingestem.
“Kom wys my waar Tier al die kinders gevang het,” sê hy aan Piet.
“Hulle is almal op dieselfde plek gevang daar bo tussen twee skuins rotse,” antwoord hy.
“Luister nou baie noukeurig Piet, wat ek jou gaan vertel is baie belangrik. Die toekoms van hierdie trop hang daarvan af. Ek het gedurende die afgelope weke opgemerk dat jy baie snuffelwerk rondom Mevrou Tier se bedrywighede gedoen het. Omdat ek gesien het hoe deeglik jy jou werk doen het ek jou nie gesteur met lastige vrae nie. Ek het vir Tier net kans gegee om oorgerus te word en nou is die tyd reg om haar vas te trek. Ek sal die vuilwerk natuurlik op my eie doen maar ek het so klein bietjie organisasie van jou kant af nodig. Kan ek op jou staatmaak Piet?.
“Natuurlik, Oubaas. Man ek is bly jy is terug op jou pos as leier. Almal het al begin dink dat jy net ʼn slapgat is.”
“Nee ou Pietman, ek was nog heeltyd op my pos, maar ek het gesien dat ons hier met ʼn baie slinkse tier te doen het. Die enigste manier om haar te vang sou met ʼn baie goeddeurdagte plan wees en ek het nou daardie plan. Jy moet asseblief die plan wat ek nou gaan verduidelik net vir jouself hou. Die verrassingselement is wat hier belangrik gaan wees.”
“Natuurlik Oubaas, jy kan op my staatmaak.”



Dit is presies ʼn week nadat die tier haar laaste bobbejaan gevang het en volgens Piet se somme moet sy vanoggend weer toeslaan. Oubaas het natuurlik gelieg toe hy aan Piet verduidelik het dat hy heeltyd met ʼn plan besig was, maar dis hoekom hy die leier van die trop is, omdat hy goed kan lieg. Aan Piet het hy verduidelik dat hy wat Oubaas is vir Tier gaan inwag presies daar waar sy die kinders gereeld vang. Piet moet seker maak dat hy vanoggend met die trop daardeur beweeg. Oubaas sal daar naby goed weggesteek wag, so hy moet nie rondsoek na hom en sodoende vir Tier agterdogtig maak nie.
“Oubaas, maar jy is darem dapper, sien jy regtig kans om die tier so kaalhande aan te durf?” het Piet gevra.
“Ek het al baie tiere gejag, sorg jy net dat jy jou kamera byderhand het. Ons gaan groot fotos van hierdie een laat maak,” was sy antwoord.
So dapper was Oubaas darem nie regtig nie. Hy het vroeg al wakker geword en in die donkerte het hy met sy voorbereidings begin. Nadat hy seker was dat sy plan dalk mag werk het hy gaan skuiling soek, natuurlik heelwat verder weg van die merk af as wat hy aan Piet verduidelik het. Goed versteek het hy geduldig gaan wag.
Dit was ook nie lank nie of daar sien hy vir Mevrou Tier aankom en sy gaan lê min of meer daar waar hy en Piet gedink het sy sal. Sy smelt so goed in die omgewing in weg dat Oubaas goed moet konsentreer om haar te sien. Hy verwonder hom weer aan die krag wat die tier uitstraal en hy begin twyfel aan sy plan. Wat sou gebeur as dinge skeefloop en Mevrou Tier kom liewers vir hom. Hy wil liewers nie daaraan dink nie en hy kry ook nie regtig kans nie want uit die hoek van sy oog merk hy dat die eerste bobbejane nog half deur die slaap teen die kranse begin afkom.
Soos afgespreek loop Piet heel voor en lei die ander doelbewus na waar hy hoop die tier sal wees. Al hoe nader vorder hulle aan die tier en Oubaas kan duidelik sien dat Piet maar redelik benoud lyk. Dan is Piet verby Mevrou Tier en die eerste kleinding is slegs ʼn paar meter van die merk af. Oubaas kan nou sien hoedat die tier se hele houding verander. Sy trek haar lyf in en is duidelik gereed om vorentoe te skiet sodra die eerste kleintjie voor haar verby beweeg.
Die volgende oomblik is die klein bobbejaan reg voor Mevrou Tier en sy skiet soos ʼn pyl uit ʼn boog uit haar skuilplek en storm die ongeveer vyf meter met ʼn geweldige spoed op die bobbejaantjie af. Dieselfde tyd spring Oubaas uit sy wegkruipplek uit en terwyl hy in die rigting van die tier hardloop,skreeu hy so hard as wat hy kan. Slegs vir ʼn kort oomblik huiwer die tier en dis al waarvoor Oubaas gehoop het. Oubaas het vroegoggend die hele rots waaroor die tier nou hardloop met die kan olie behandel. Die rots is seepglad en die oomblik wat die tier aarsel toe begin sy gly.
Wanneer ʼn kat aanval is hulle naels heeltemal uit en die einste naels laat gly nou vir Mevrou Tier onbeheerst oor die oliebesmeerde rots. Oubaas storm nog steeds op die tier af en maak nog steeds ʼn onaardige lawaai. Die tier is nou heel verbouereerd en sy probeer retireer maar die rots is te glad en dan beland sy bene eerste aan die onderkant in ʼn smal skeur. Dis presies waarvoor Oubaas gehoop het maar hy is nog steeds versigtig. Hy spring oor die tier en terwyl hy spring slaan hy die tier met ʼn doringtak ʼn harde hou op die rug.
Die tier sit heeltemal vas. Haar bene hang in die lug so ʼn klein entjie van die grond af en haar lyf het net mooi in die lengte in die smal skeur beland. Net haar kop, nek, rug en die bokant van haar blinkkant steek uit. Weer spring Oubaas bo-oor en weer slaan hy met die doringtak ʼn hou op die rug. Mevrou Tier spartel wild maar sy kan nêrens heen nie. Nou raak Oubaas dapper. Hy stap stadig nader en weer slaan hy. Tier sit vas, sy grom en grom maar sy is hulpeloos vasgeval.
Intussen het die res van die trop bobbejane nuuskierig nadergedrom en ʼn sirkel rondom die skouspel gevorm. Natuurlik op ʼn baie veilige afstand en elkeen op die hoogste rots of ander staanplek wat hy kon vind. Oubaas merk dit op en is intens bewus van al die aandag wat nou op hom gevestig is. Die vroue wat hom nou al vir twee weke lank vermy en die jong mannetjies wat so rammetjie-uit-nek met hom begin raak het is mos nou almal daar en nou gaan hy die geleentheid gebruik om al sy gesag terug te kry.
Hy stoot sy bors ekstra vêr uit en beveel vir Piet om nader te staan met sy kamera. Hy wag eers dat Piet die kamera gereed het en dan skenk hy weer al sy aandag aan die tier.
“Hier is een vir al die kinders wat jy gevang het,” sê hy hardop en dan laat loop hy met nog ʼn hou van die doringtak.
“Hier is een vir my twee weke van bedstres,” vervolg hy en looi die tier nog ʼn hou.
Oubaas is nou vol bravade. Hy tel Mevrou Tier se stert hoog in die lug in en kom druk sy onderlyf hier styf teen haar agterlyf.
“Maak seker jy kry hierdie foto mooi in Piet, as enige vrouens gedink het hulle kan vir Oubaas Bobbejaan probeer straf met seks dan moet hulle weer gaan dink. Ek kry sommer vir my ʼn tierwyfie om die takie te vervul.”
ʼn Groot gejuig gaan by die bobbejaanskare op. So iets is nog nie in bobbejaangeskiedenis gesien nie. Verbeel jou, ʼn bobbejaan wat ʼn tier regsien. Die skare por nou vir Oubaas luidrigtig aan en dit maak hom nou meer dom as dapper. Hy trek sy boude so entjie weg en dan stamp hy weer sy onderlyf teen die tier se agterlyf vas. Die skare maak ʼn oorverdowende geraas en Oubaas herhaal die proses oor en oor. Hy trek nog weer ʼn keer weg en stamp nou nog harder vorentoe.
“Vat so tier, laat bobbejaan se kind vir jou wys hoe dit gedoen word.”
Die olie wat hy vanoggend so vrylik oor die rotse gegooi het, het egter begin afloop na onder en tussen tier se lyf en die rotse ingesyfer. Met Oubaas se stampery van agter is hy nou besig om die tier uit die rotsgleuf uit te help. Nog een laaste stamp van Oubaas en dan word die skare skielik tjoepstil. Oubaas se oё is op die skare gerig en hy sien nie dadelik wat gebeur nie. Hy draai sy kop na die tier se kant toe en dan rek sy oё so groot soos pierings.
Sy laaste stamp was net genoeg om die tier los te stamp. Sy is nou vinnig besig om haarself uit die gleuf uit te wikkel en wanneer sy uit is draai sy om en gluur vir Oubaas met bloedrooi oё aan. Hy staan egter versteend in ongeloof. Mevrou Tier het van alles om haar vergeet, maar van twee dinge is sy intens bewus. Dit is die oneer en vernedering wat Oubaas haar vandag aangedoen het en dat daar nog fotos van geneem is daarby. Hiervoor gaan sy hierdie bobbejaan vandag doodmaak, en dan storm sy op Oubaas af.
“Ogôooo.......,” is die laaste geluid wat die skare daardie dag van Oubaas kan onthou wanneer hy omswaai en op volle vaart die berg uit is met die tier kort op sy hakke.
Blitsvinnig verdwyn hulle oor die hoogste rots met verwilderde bobbejane wat mekaar vertrap om uit die pad uit te kom. Dan storm hulle weer terug na dieselfde rots om ʼn goeie uitsig oor die gebeure te kan kry. Hulle is net betyds om te sien hoe Oubaas tussen die eerste bosse verdwyn met ʼn verwoede tier nog steeds kort op sy hakke. ʼn Lang stofstreep is al wat sigbaar agterbly en ʼn verskrikte bobbejaantrop sit roerloos en wonder of hulle moet lag of treur.
Oubaas is deeglik bewus daarvan dat hierdie tier vandag wil wraak neem. Een fout van sy kant af en net Piet Speurder se fotos van die okkasie is wat van hom sal agterbly. Tyd vir dink is daar nie, die tier probeer met elke moontlike kans om sy agterpote raak te klap. As sy daarin sal slaag sal hy val en dan sal sy hom verskeur. Elke keer wanneer sy klap dan verloor sy spoed en dan gee Oubaas ʼn bietjie ekstra. Dis reeds ʼn volle uur wat sy hom jaag en dit lyk glad nie asof sy van plan is om moeg te raak nie.
“Oubaas jy moet nou op jou voete begin dink of dis verby,” hyg hy dit vir homself uit.
Die afstand wat ʼn man op ʼn perd in ʼn uur se tyd sal aflê, het Oubaas met die tier in sy stof in die laaste vyftien minute gedoen. Nou is hy tot die dood toe moeg en die tier wil nog nie stadiger nie.
ʼn Plaaswerf, hy moet by ʼn plaaswerf uitkom, dink Oubaas nou by homself. Daar sal honde wees en daar sal ʼn kwaai boer wees en kwaai boere het groot gewere. Kwaai boere hou nie van tiere nie want hulle vang sy skape en bokke. Aan die anderkant hou hulle ook nie van bobbejane nie oordat hulle so stout is, maar dis sy enigste kans. Hy hoop net die honde en die boer sal vir die tier gaan, maar hy sal in elk geval voor wees sodat die tier alles op haar sal kry. Dis nou die honde en die koeёls, hopenlik. Dan verander hy van rigting na waar hy weet die naaste plaasopstal is.



Op sy plaas net aan die westekant van waar Oubaas die resies van sy lewe hardloop en ongeveer so twee kilometer verder, het die ou plaasboer sopas op ʼn gemakstoel langs sy swembad gaan sit. Hy het ʼn yskoue bier in ʼn lang glas oorvol geskink en het nou net die eerste teug geneem. Op die ystertafel langs die stoel is sy leesbril en die naweekkoerant wat hy vanoggend in Windhoek gekoop het. Sy ou leerhoed is ook op die tafel en sy pyp en twaksakkie is langs die glasasbak. Dit is sy voornemens om die res van die middag net hier te ontspan want hy is altyd sielsmoeg wanneer hy uit die besige winkelsentrums van Windhoek uitkom.
“Herklaas, sal jy jou luiheid laat staan en dadelik vir ons ʼn koedoe loop soek. Die kinders kom volgende naweek en hier is niks vleis om vir hulle saam te stuur dorp toe nie,” bulder sy beneukte ou vrou skielik by die agterdeur uit.
“Ek sal later gaan, laat ek net eers ontspan,” antwoord hy.
“Later lê jy heeldag en bier drink voor die televisie, want die Springbokke speel vandag, so gaan nou dadelik,” neem sy die laaste besluit,” en neem die honde saam vir ingeval jy weer ʼn bok kwes.”
Die ou oom staan moeisaam op en dan gaan hy die huis in om sy geweer te kry.



Oubaas het nou nuwe energie. Hy kan al ʼn plaaswerf se windpomp en watertoring voor hom sien uitsteek. Hy wonder of hy nou alreeds ʼn lawaai moet begin maak en of hy eers moet wag om te sien watter tipe honde daar op die plaas is. Nou net is daar dalk iets soos boerboele en dan wag hulle hom sommer van voor af in. Hy sal maar eers wag en kyk soos hy nader kom.
Wanneer hy by die oop dele rondom die plaaswerf kom sien hy hoe die plaasbakkie met ʼn spul honde agterop in die teenoorgestelde rigting wegry. Die tier is so kort op sy hakke dat hy nie kan stadiger om te dink nie. Hy moet maar net hardloop vir die huis en kyk watter plan hy daar kan beraam. Die hoё veiligheidsheining rondom die plaaswerf is skielik voor hom en dan spring hy so hoog as wat hy kan vir die bokant. Hy maak dit net en met ʼn paar klosse hare wat aan die hakiesdraad bly hang val hy verlig aan die anderkant af. Die tier is nie so gekonfyt in die draadklimmery nie en sy bly aan die anderkant van die draad staan.
Mevrou Tier se gemoed het egter nog geensins bedaar nie en onmiddelik begin sy vir ʼn deurkomplek soek. Oubaas strompel uitgeput in die rigting van die huis en verdwyn om die huishoek buite die tier se gesigsveld. Net soos hy om die huishoek verdwyn merk hy dat die tier ʼn gat langs die motorhek gevind het en besig is om deur te kruip. Hy gaan staan net om die hoek en sien die stoel langs die swembad met die lang bier en koerant maar hy kan geen mense sien nie. Hulle moes seker haastig iewers heen vertrek, dink hy by homself.
Oubaas is uitgeput en sien nie kans om verder te hardloop nie. hy loer om die huishoek en sien dat die tier al aan te snuffel besig is om nader te kom. Hy gaan sit op die boer se stoel en sit die velhoed op sy kop. Dan sit hy die leesbril aan en vou die koerant voor hom oop. Hy neem ʼn lang sluk bier vanuit die glas en haak die ou kromsteelpyp hier by die kant van sy mond in.
Op daardie oomblik kom die tier om die hoek van die huis te voorskyn. Wantrouerig kyk sy na die stoel want mense het sy nog net op ver afstande gesien.
“Verskoon tog meneer, maar u het nie dalk ʼn bobbejaanmannetjie hier verby sien kom nie?” vra sy beleefd.
“Verneem jy miskien na daardie bobbejaanmannetjie wat daar by Rietfontein die tierwyfie bygekom het?” antwoord Oubaas sonder om van die koerant af op te kyk.
“Hoe weet u daarvan?” vra die tier.
“Dit staan hier in die naweekkoerant so geskryf met ʼn foto by,” lieg Oubaas.
“Wat, in die koerant alreeds, o die skande, die familieskande,” sê sy terwyl sy die kameraflitse van vanoggend nog te goed onthou.
Die tierwyfie laat sak haar kop in skaamte en dan stap sy moeisaam in die rigting van Omitara waar sy die res van haar lewe in afsondering gaan deurbring het.
Oubaas sit en kyk haar agterna totdat sy buite sig is en dan drink hy nog ʼn lang sluk van die koue bier. Skielik bulder daar ʼn vroue stem kort agter hom.
“Maar my magtig Herklaas het ek nie lankal gesê jy moet ry nie.”
“Ja,ja,” antwoord Oubaas en dan staan hy op en begin die lang stap terug Rietfontein toe.