Wednesday, June 8, 2011

Bibberkoud en tv

Met mamma wat op die pad is en eers vandag terugkeer Windhoek toe, was dit die twee kiddies se taak om pappa in die bed warm te hou. Man en het hulle hulle goed van die taak gekwyt. Toe die wekker vanoggend half ses afgaan toe broei dit in daardie bed. Waar ek elke oggend vroeg die honde se nagpoef van die gras af optel, het ek vanmore slegs snaakse bolvormige ysblokkies opgetel.
Ek het nou lank genoeg my mond uit rugby uitgehou, maar die naweek se Stormers/Bulle wedstryd het weer Egoli gedagtes losgemaak. Ons ken mos almal die Egoli-kenmerke, niks nuut gebeur nie, altyd dieselfde storie net ander gesigte. So is die Bulle al reeds hulle eerste voordeel vir die naweek deur die noodlot gegun. Om sonder Bakkies Botha te speel kan net jou span bevoordeel. Nou moet hy net weer so slag of wat geskors word sodat die Bokke sonder hom kan wereldbeker toe. Ons het nie die geel en rooi kaarte in die toernooi nodig nie. Dit sal my nie verbaas as Andre Watson ook reeds sy planne vir die naweek agtermekaar het nie. Dit sal nou wees om vir Jonathan Kaplan of Mark Lawrence die fluitjie vir Saterdag te gee, dan is die grootste deel van die wedstryd mos reeds vir die Bulle gewen. Haai shame, kan hulle nie vir ten minste een keer met iets nuuts vorendag kom nie.
Ek merk so deur die afgelope weke se koerante dat verskeie lesers kla oor DStv se diens en wel die ou programme wat oor en oor herhaal word. Dis elke ou se eie reg en opinie om te kla, maar veral een leser se kommentaar het my geraak. Hy beweer dat hy slegs die diens gebruik vir sy kinders se onthalwe. My vriend, as die kinders jou besorgdheid is dan sal jy juis dadelik die diens laat opskort. Die grootste deel van die jaar het ek nie hierdie tv dienste nie en glo my vry, jy gee baie meer aandag aan jou kinders en ook hulle aan jou, wanneer hulle nie voor die tv kan wees nie. Skielik is speel en gesels weer die hoofaktiwiteit in die huis. Skakel gerus jou DStv diens vir n maand of twee af en leer die les prakties vir jouself. Bykomende voordele is dan ook dat jy die baie geld waaroor julle kla, spaar en dan hoef julle ook nie meer oor die programme te kla nie. Daar is natuurlik ook dvd winkels met feitlik al die nuwe flieks beskikbaar.

No comments:

Post a Comment