Friday, June 17, 2011

Al weer

Ja, daar doen hulle dit alweer, so voorspelbaar soos ons weer. Koud in die winter en warm in die somer. Eers stuur hulle vir Jonathan Kaplan Kaap toe as die Bulle se kaptein, planmaker en beste speler, en laat hom sommer terselfdertyd skeidsregter ook wees en nou stuur hulle hom net mooi die volgende naweek Loftus toe, net om doodseker te maak dat die Bulle dit maak. Hulle behoort die standbeeld van die ou wat met die bal hol daar buite Loftus af te breek en twee ander standbeelde op te sit; een van Kaplan en een van Andre Watson. Dis so vervelig, jaar in en jaar uit, kan hulle nou nie vir n slag nuwe truuks uitdink nie. Of is Kaplan die enigste ref wat bereid is om die Bulle se teenstanders so blatant te verneuk? Die Sharks sal maar te goed onthou hoe hulle teen die Bulle en Kaplan moes baklei om hulle laaste Currie beker te wen. In die 42 ste minuut van die eindstryd het meneer Kaplan gewys presies hoe blatant hy kan wees en die Sharks moes seker dink hulle het hulle reelboek iewers verloor. Vergeet daarvan om Australie se Steve Dickenson en ander uit te wys, hulle leer by die wereld se nommer een hoe dit gedoen moet word, onse eie Kaplan. Die Bulle se kaptein, beste speler, beste verdediger en nommer een ondersteuner. Rig tog nou maar vir hom n standbeeld op en kry klaar, asseblief.

No comments:

Post a Comment