Thursday, June 16, 2011

Austin Stevens

Wanneer n groot en bekende firma soos Alexander Forbes n advertensie in die koerant plaas, dan verwag mens eintlik dat hulle darem hulle feite reg sal kry. In gister se Republikein haal hulle die bekende Austin Stevens aan, maar hulle verwys na hom as; Austin Stevens, South African snakeman. Ek wonder nou net of hulle alle ander Expats ook as Suid Afrikaners sien. My veronderstelling is dat wanneer iemand sy land van geboorte verlaat en die identiteit van n ander land aanvaar, dan word hy n burger van die nuwe land. Austin het Suid Afrika reeds so vroeg as 1992 verlaat en na Namibie verhuis. Deesdae deel hy sy verblyftydperk tussen Namibie en Australie (die land waar sy vrou n burger van is). Dit maak hom, volgens my, n Namibiese burger met ook regte tot Australiese burgerskap. Hy is wel in SA gebore en het daar vir baie lank na sy weermagtydperk gebly, maar 1992 is darem net so lank gelede. So die feit is dat hulle slegs na hom kan verwys as SA gebore en nie na die Suid Afrikaanse slangman nie. Hoop nie hulle maak ook sulke fynskrif foutjies wanneer dit by versekering kom nie.

No comments:

Post a Comment