Friday, June 10, 2011

Stormers vs Kaplan

Man, ek kan seker nie te sleg wees nie. Het ek dan nie al vroeg in die week voorspel dat Andre Watson sy planne agtermekaar gaan kry om sy geliefde Blou Bulle te help nie. En daar het ons dit net soos ek dit voorspel het, Jonathan Kaplan, die Bulle se nommer een speler, is aangestel as die skeidsregter vir Saterdag. Shame, kry die mense nie skaam vir sulke boereverneukery nie. Kyk maar mooi, die reels sal so gebuig word ten gunste van die Bulle dat die Bulle momentum kan opbou en die Stormers se alle pogings tot momentum sal doodeenvoudig deur die fluitjie gestop word. Dit sal of n allermintige poging deur die Stormers kos of dalk die gelukkige spring van die bal vir hulle om die wedstryd te wen. Geskiedenis wys egter dat daar n baie spesiale verhouding tussen Watson/Kaplan en die Bulle bestaan. Die Bulle wen diep in die negentig persent van alle wedstryde wat deur Kaplan hanteer word en die patroon is altyd dieselfde. Geleidelik help hy hulle om punte op te bou vir omtrent die eerste 60 minute. Dan as hy reken die Bulle is ver genoeg voor, dan gee hy die laaste 20 minute n klompie strafskoppe aan die Stormers, sodat Watson na die wedstryd dit aan die media kan bewys dat die strafskop telling gelykop was. Die Stormers kan in die laaste 20 minute n geelkaart ook te wagte wees net om hulle briek aan te sit en nie die Bulle dalk inhaal nie. Ek is bereid om lewende bewyse te lewer presies hoe blatant Kaplan die Bulle se opponente kan verneuk. Maar in elk geval, sterkte aan die Stormers, julle gaan dit teen Kaplan nodig kry. Schalk sal heeltemal tereg weer na die wedstryd kan voel dat hulle met twee stelle reels moes speel; naamlik die vir die Bulle en die teen die Stormers.

No comments:

Post a Comment