Wednesday, August 31, 2011

Etiket


*Etiket deur Nataniel.*



*Wenke  aan die dames:*

Daar is niks so  mooi soos ´n kant boudeflossie wat net so effens uitsteek

nie- by die regte lyf, maar met die klem op "net so effens", en die regte lyf... Ek  kry trane in my oe as ek van agter vir 'n vrou loer en dit lyk of haar boude  besig is om haar g-string op te eet. Dit het net gewerk vir Bill Clinton, toe Monica dit gedoen het. En kyk wat is die gevolge.



As jy ´n rolletjie (of  twee of drie...) het, moet asseblief nie´n boob-tube met ´n oop magie dra  nie, ook nie 'n kort top by 'n hipster nie!



Die spek-wors / rolletjie  suurdeeg wat oor ´n belt borrel is verkeerd in enige boek, en bederf die aptyt.





Alhoewel jy baie trots voel daarop, wil ons asb. nie jou nuwe naeltjie ring sien nie, vernaam nie as jy  die rolletjie eers moet oopvou terwyl jy met die ander hand 'n  metaalverklikker gebruik om die dingetjie te probeer opspoor nie.



Onthou tog asb. om  in die spieel te kyk voordat jy uit die huis gaan in die oggend, dit mag dalk vir jou lyk asof die mensdom jou bates wat oral uitpeul bewonder, maar wees verseker dat hulle jou in skok en afgryse aanstaar, -al waaroor hul jou bewonder is jou moed om so in die publiek te verskyn. Dit wys ook dadelik jy is very very lonely en available, want as jy iemand gehad het wat  omgee, was jy onder huis-arres geplaas tot jy van gewaad verwissel het.



Wees asb.  versigtig wanneer 'n broek gemaak uit die nuwe rek materiaal gedra word -  vernaam in wit/beige - dit le beslis klem op alle bewegende dele asook  haelduike/skade - die term "twee varkies in 'n nat streepsak" is hier goed  van toepassing. Die toppunt is om 'n swart g-string daarby te dra, wat die 2 varkies elkeen in sy eie hok probeer hou.



Nog 'n groot "no-no" is  spykerhakke by 'n sweetpakbroek. Die wat net daarna kyk begin al te sweet.



*Werksdrag:  Mans*

Wit sokkies word NOOIT by werksklere gedra nie, net pedofiele doen dit.

Jou sokkies se kleur moet by jou broek se kleur pas, donkerblou of donkergrys sokkies pas nie by ´n swart  broek en swart skoene nie.



Van skoene gepraat; jy dra nie skoene met sole van meer as 1cm by ´n "pak"

broek nie.  Onthou, hoe hoer jy staan hoe harder val  jy.



En as die skoen enige  gekroomde metaal aanhet, dra jy dit glad nie (behalwe as jy navorsing oor magneetvelde doen).





´n Das by ´n kortmouhemp lyk moer kommin en das wat te kort is, lyk nog

erger- veral as jy  'n pens het, vat dit die koek.



Effekleurige dashemde met wit krae is dood, brand of begrawe dit. Moet nooit ´n geel das  dra nie, dit lyk of ´n heks op jou gekots het.  Moet ook nooit ´n das met  Disney-karakters dra nie, as jy ernstig opgeneem wil word, moet jy soos "CNN" lyk, nie soos "Cartoon Network"  nie.  Colour-code beteken NIE dat jou Disney-karakter kouse en das bymekaar moet pas nie!!!!



*Informeel:*

'n Swart belt of skoene word nie by blou jeans gedra  nie.  ´n Belt buckle wat groter is as jou kop word slegs gedra as jy op vakansie is in Texas of Vereeniging.



Jy dra nie ´n afmou  hemp in die publiek nie, die chix spek jou wel meer, maar dis uit afgryse, jy fire nie hulle jets nie!



PT-broeke met die ¨slits¨ aan die kante lyk, en is,  ongemaklik, moenie dit dra behalwe as jy ander gay mense opgewonde wil maak,  of 'n skelm poep wil laat ontsnap  nie.



Die hele doel van ´n pet, is  om die son uit jou oe te hou, nie uit jou ore of agterkop nie, dra die  afdakkie na voor en as jy onder dak inloop, haal dit af.



Jou broek se bokant  moet op jou heupbene sit, nie onder jou gat of onder jou arms nie. Niemand stel belang hoe jou boxer lyk of watse snaakse vorme jou "genitalie " onder druk aanneem nie.



*Bykomstighede:*

*´n Sonbril* hoort op jou oe , in sy sakkie, of in jou hand,* nie op jou kop,  om jou nek, of voor aan jou kraag nie! * En haal tog jou sonbril af as jy met iemand praat, behalwe as jy nou net iets gesteel het.



Sonbrille hoort glad nie naby jou in die aand nie.  Die woord "*Son*bril"

verklaar alles - dis slegs nodig in die dag wanneer die son skyn vir die mense wie se oe sensitief is vir lig



Mans/dames - 'n bril op jou kop in die aand is kommin! Dames(en vir die mans wat daarna hunker...) Daar is die mooiste haargoedjies op die winkelrakke beskikbaar om daai kuif uit die oe te hou.



*´n Selfoon* moet nie aan jou belt gedra word nie, dis ´n Nokia, nie ´n Beretta  nie.

'n Belt is gemaak om jou broek bo te hou, nie vir jou selfoon, knipmes, Leatherman, toolbox, Beretta,  Beretta se laserscope, Beretta se ekstra patrone, botteltjie haarolie,  kondome, ens nie.



Jou kam hoort in die badkamer, nie in jou kous nie, maakie saak wat jou pa destyds gese het  nie! En haarolie is iets wat deur die Nazi's uitgedink is om vroue reg oor  die wereld te pynig, hulle noem dit  massamarteling.



Sterkte...

No comments:

Post a Comment