Thursday, September 15, 2011

Maand laat

Nog n bydrae vanaf Dirk;


'n Jong man kom een aand tuis en sy vrou omhels hom en sê ' Liefie, ek het goeie nuus. Ek is 'n maand laat. Ek dink ons gaan 'n baba kry! Die dokter het my vandag getoets, maar totdat ons sekerheid kry, mag ons vir niemand sê nie.'



Die volgende dag lui 'n man van die elektrisieteitsmaatskappy die deurklokkie omdat die paartjie nog nie hul rekening vereffen het nie: 'Is u mev. Smit? U is 'n maand laat, weet u?'


'Hoe weet u dit?' stotter die vroutjie.



'Wel mevrou, dis in ons lêer.' sê die man van die elektrisiteitsmaatskappy.



'In julle lêer?'



'Ja, mevrou!'

'Wel, ek sal eers vannaand met my man praat.' Die aand vertel sy vir haar man van die besoek. Mal van woede storm hy vroeg die volgende oggend na die kantoor van die elektrisiteitsmaatskappy.



'Wat gaan hier aan?! Dis in jul lêer dat my vrou 'n maand laat is! Hoe weet julle dit?' skreeu hy.



'Bly net kalm.' sê die klerk, 'dis niks ernstigs nie Al wat jy moet doen is om ons te betaal.'



'Betaal? En as ek weier?'



'Wel, meneer, dan is afsny die enigste opsie.'



'En wat van my vrou?'



'Ek weet nie. Sy sal seker maar 'n kers moet gebruik.'




No comments:

Post a Comment