Friday, September 9, 2011

Verstaan jou vrou

Nog n bydrae van Dirk;


> VERSTAAN JY JOU VROU ?

> 

> Dit is vir mans baie belangrik om te besef dat namate vrouens ouer

> word, hulle dit moeiliker vind om dieselfde kwaliteit van huishouding

> te handhaaf as toe hulle jonger was. Wanneer 'n man dit agterkom moet

> hy probeer om nie te skreeu nie..... Laat ek julle inlig hoe ek dit hanteer.

> 

> Toe ek 'n tyd gelede my werk as konsultant verloor het, het ek 'n

> afleggingspakket vir "vroeë aftrede" ontvang. Dit was toe nodig dat

> Bets 'n permanente werk moes aanvaar, nie net om die pot aan die kook

> te hou nie, maar ons het dit ook nodig gehad vir die mediese fonds-voordele.

> 

> Sy was 'n opgeleide mediese transskripsie-skrywer toe ons 28 jaar

> gelede ontmoet het en sy was baie gelukkig om nou weer 'n soortgelyke

> werk te kry. Kort nadat sy weer begin werk het, het ek agtergekom dat

> haar ouderdom haar inhaal.

> 

> Ek kom gewoonlik vanaf my visvang of klub dieselfde tyd huis toe as

> wat sy van die werk af kom. Alhoewel sy weet dat ek dan honger is, sal

> sy amper altyd sê dat sy dan moeg is en eers 'n halfuur of so moet rus

> voordat sy begin om die aandete voor te berei. Ek probeer nie om haar

> te vermaan wanneer dit gebeur nie. Inteendeel, sê ek vir haar sy kan

> maar haar tyd gebruik. Ek verstaan dat sy nie meer so jonk as

> vantevore is nie. Ek vra haar net om my wakker te maak wanneer die kos op die tafel is.

> 

> Vroeër het sy die skottelgoed onmiddellik na ete gewas. Dit is nou

> egter nie meer altyd die geval nie en somtyds is die skottelgoed nog

> vir ure na ete op die tafel. Ek bring ook my kant deur haar telkemale

> gedurende die aand te herinner dat die borde nie hulleself sal was

> nie. Ek weet dat sy dit waardeer, aangesien ek sien dat dit werk en

> dat sy tog die skottelgoed voor slapenstyd was.

> 

> Ons wasmasjien en droër is onder in die kelder. Toe sy jonger was, kon

> Bets verskeie kere per dag die trappe op en af klim sonder om moeg te

> word. Noudat sy ouer is, lyk dit of sy sommer baie gouer moeg word.

> Partykeer sê sy vir my dat sy net nie nog een keer die trap op en af

> kan klim nie. Ek maak nie 'n groot ding daarvan as sy so sê nie.

> Solank sy net die wasgoed voor die volgende aand gereed het, sal ek

> dit oorsien. As ek intussen dalk iets nodig het wat voor Maandagaand

> se snoekerspel of Woensdagaand en Vrydagaand se pokerspel of Dinsdag

> en Donderdag se rolbal gestryk moet word, sal ek vir haar sê dat sy

> net moet stryk wat ek benodig en dat sy die res van die strykgoed kan

> laat tot die volgende aand. Dit gee haar dan so 'n bietjie meer tyd om

> die los werkies, soos die was van die honde, stofsuig of afstof te kan

> doen. Ook as ek 'n goeie dag by die viswaters gehad het, het sy dan

> daardie bietjie meer tyd om die vis se skubbe te krap en teen 'n gemaklike tempo te vlek.

> 

> Bets begin so nou en dan te kla en murmureer, nie te dikwels nie, maar

> net genoeg sodat ek dit kan agterkom. 'n Voorbeeld hiervan is dat sy

> sal sê dat sy nie genoeg tyd gedurende haar etensuur het om al die

> maandelikse rekeninge te betaal nie. Ten spyte van haar klagtes gee ek

> haar ondersteuning en aanmoediging. Ek sê vir haar sy kan die

> betalings oor twee of selfs drie dae versprei. Deur dit te doen hoef

> sy nie so te jaag nie en verder herinner ek haar ook daaraan dat om

> nou en dan 'n middagete oor te slaan haar glad nie skade sal doen

> nie.(As julle snap wat ek

> bedoel)

> 

> Wanneer sy eenvoudige werkies doen, begin sy dink dat sy meer

> rusperiodes as voorheen, nodig het.

> 

> 'n Paar weke gelede het sy, nog voordat die grasperk halfpad gesny

> was, gesê dat sy 'n ruskans nodig het. Ek ignoreer sulke aanmerkings

> aangesien ek weet dat dit maar net die ouderdom is wat praat. Trouens,

> ek probeer om haar nie te embarrasseer wanneer sy hierdie ruskanse wil

> hê nie. Ek sê sy kan gerus vir haar 'n lekker glas koue lemoensap gaan

> uitdruk en 'n rukkie sit...soms bied ek selfs aan om 'n glas sap saam

> met haar te drink, aangesien sy terselftertyd vir my ook 'n glas vol

> kan uitdruk. Sy kan dan haar ruskansie kry deur daar by die hangmat te

> sit en met my te gesels tot ek aan die slaap raak. So kan ek aangaan,

> maar ek dink dat julle teen hierdie tyd al agtergekom het dat ek soos

> 'n engel uit die hemel is, soos wat ek vir Bets op 'n daaglikse basis ondersteun.

> 

> Ek wil nie beweer dat dit maklik is om soveel verdraagsaamheid aan die

> dag te lê nie. Baie mans sal dit moeilik vind....party selfs onmoontlik.

> 

> Niemand weet beter as ek hoe frustrerend vrouens kan wees namate hulle

> ouer word nie. Die doel met hierdie skrywe van my is eenvoudig om

> julle te versoek om 'n poging aan te wend om so verdraagsaam soos ek

> te wees. Om dieselfde vlak van verdraagsaamheid as ek te bereik, sit

> egter nie in elke man se broek nie. Wel, deur dalk net 'n bietjie

> minder met julle vrouens te raas nadat julle hierdie brief gelees het,

> het ek in my doel geslaag en was dit die moeite werd om hierdie brief te skryf!

> 

> Groete,

> Dirk


No comments:

Post a Comment