Tuesday, September 13, 2011

Kwade reaksies

Partykeer, maar eintlik meeste van die kere, eintlik maar altyd, wanneer jy kwaad is dan sȇ en doen jy dinge waaroor jy later baie spyt is dat jy dit gesȇ en gedoen het. Die beste raad is om, wanneer jy kwaad word, eers ʼn brug te bou, daaroor te kom, en dan wanneer jy weer normaalweg dink, sȇ dan wat jy voel en doen dan wat jy dink goed is. Op die manier kwes jy nie ander mense se gevoelens nie en jy breek nie brue agter jou af waaroor jy later weer wou oorbeweeg nie. Baie keer word jy kwaad met die volste reg om kwaad te wees, maar dit gee jou nie die reg om ander mense saam met jou kwaad te maak nie. Nog minder gee dit jou die reg om ander mense seer te maak of hulle gevoelens te krenk net omdat jy verontreg voel. Dis iets vir jouself, as die ander persoon jou regtig te na gekom het, raak eers kalm en beplan dan jou aksies met nugter denke. Op die manier sal jy nooit spyt wees oor jou optredes na die tyd nie.


No comments:

Post a Comment