Wednesday, August 31, 2011

Gemorste dae

Elke dag wat verbygaan sonder dat ons een keer gelag het is nog n dag gemors(vermors).

Vat jou kans

Ek wonder of die ou nou maar net sy kans waargeneem het en of hy nie mooi kon sien waar hy vat nie. Ek reken hy is deesdae die in-ou onder sy pelle wat seker ook almal wit sokkies by swart langbroeke en swart skoene dra.




Etiket


*Etiket deur Nataniel.*



*Wenke  aan die dames:*

Daar is niks so  mooi soos ´n kant boudeflossie wat net so effens uitsteek

nie- by die regte lyf, maar met die klem op "net so effens", en die regte lyf... Ek  kry trane in my oe as ek van agter vir 'n vrou loer en dit lyk of haar boude  besig is om haar g-string op te eet. Dit het net gewerk vir Bill Clinton, toe Monica dit gedoen het. En kyk wat is die gevolge.



As jy ´n rolletjie (of  twee of drie...) het, moet asseblief nie´n boob-tube met ´n oop magie dra  nie, ook nie 'n kort top by 'n hipster nie!



Die spek-wors / rolletjie  suurdeeg wat oor ´n belt borrel is verkeerd in enige boek, en bederf die aptyt.





Alhoewel jy baie trots voel daarop, wil ons asb. nie jou nuwe naeltjie ring sien nie, vernaam nie as jy  die rolletjie eers moet oopvou terwyl jy met die ander hand 'n  metaalverklikker gebruik om die dingetjie te probeer opspoor nie.



Onthou tog asb. om  in die spieel te kyk voordat jy uit die huis gaan in die oggend, dit mag dalk vir jou lyk asof die mensdom jou bates wat oral uitpeul bewonder, maar wees verseker dat hulle jou in skok en afgryse aanstaar, -al waaroor hul jou bewonder is jou moed om so in die publiek te verskyn. Dit wys ook dadelik jy is very very lonely en available, want as jy iemand gehad het wat  omgee, was jy onder huis-arres geplaas tot jy van gewaad verwissel het.



Wees asb.  versigtig wanneer 'n broek gemaak uit die nuwe rek materiaal gedra word -  vernaam in wit/beige - dit le beslis klem op alle bewegende dele asook  haelduike/skade - die term "twee varkies in 'n nat streepsak" is hier goed  van toepassing. Die toppunt is om 'n swart g-string daarby te dra, wat die 2 varkies elkeen in sy eie hok probeer hou.



Nog 'n groot "no-no" is  spykerhakke by 'n sweetpakbroek. Die wat net daarna kyk begin al te sweet.



*Werksdrag:  Mans*

Wit sokkies word NOOIT by werksklere gedra nie, net pedofiele doen dit.

Jou sokkies se kleur moet by jou broek se kleur pas, donkerblou of donkergrys sokkies pas nie by ´n swart  broek en swart skoene nie.



Van skoene gepraat; jy dra nie skoene met sole van meer as 1cm by ´n "pak"

broek nie.  Onthou, hoe hoer jy staan hoe harder val  jy.



En as die skoen enige  gekroomde metaal aanhet, dra jy dit glad nie (behalwe as jy navorsing oor magneetvelde doen).





´n Das by ´n kortmouhemp lyk moer kommin en das wat te kort is, lyk nog

erger- veral as jy  'n pens het, vat dit die koek.



Effekleurige dashemde met wit krae is dood, brand of begrawe dit. Moet nooit ´n geel das  dra nie, dit lyk of ´n heks op jou gekots het.  Moet ook nooit ´n das met  Disney-karakters dra nie, as jy ernstig opgeneem wil word, moet jy soos "CNN" lyk, nie soos "Cartoon Network"  nie.  Colour-code beteken NIE dat jou Disney-karakter kouse en das bymekaar moet pas nie!!!!



*Informeel:*

'n Swart belt of skoene word nie by blou jeans gedra  nie.  ´n Belt buckle wat groter is as jou kop word slegs gedra as jy op vakansie is in Texas of Vereeniging.



Jy dra nie ´n afmou  hemp in die publiek nie, die chix spek jou wel meer, maar dis uit afgryse, jy fire nie hulle jets nie!



PT-broeke met die ¨slits¨ aan die kante lyk, en is,  ongemaklik, moenie dit dra behalwe as jy ander gay mense opgewonde wil maak,  of 'n skelm poep wil laat ontsnap  nie.



Die hele doel van ´n pet, is  om die son uit jou oe te hou, nie uit jou ore of agterkop nie, dra die  afdakkie na voor en as jy onder dak inloop, haal dit af.



Jou broek se bokant  moet op jou heupbene sit, nie onder jou gat of onder jou arms nie. Niemand stel belang hoe jou boxer lyk of watse snaakse vorme jou "genitalie " onder druk aanneem nie.



*Bykomstighede:*

*´n Sonbril* hoort op jou oe , in sy sakkie, of in jou hand,* nie op jou kop,  om jou nek, of voor aan jou kraag nie! * En haal tog jou sonbril af as jy met iemand praat, behalwe as jy nou net iets gesteel het.



Sonbrille hoort glad nie naby jou in die aand nie.  Die woord "*Son*bril"

verklaar alles - dis slegs nodig in die dag wanneer die son skyn vir die mense wie se oe sensitief is vir lig



Mans/dames - 'n bril op jou kop in die aand is kommin! Dames(en vir die mans wat daarna hunker...) Daar is die mooiste haargoedjies op die winkelrakke beskikbaar om daai kuif uit die oe te hou.



*´n Selfoon* moet nie aan jou belt gedra word nie, dis ´n Nokia, nie ´n Beretta  nie.

'n Belt is gemaak om jou broek bo te hou, nie vir jou selfoon, knipmes, Leatherman, toolbox, Beretta,  Beretta se laserscope, Beretta se ekstra patrone, botteltjie haarolie,  kondome, ens nie.



Jou kam hoort in die badkamer, nie in jou kous nie, maakie saak wat jou pa destyds gese het  nie! En haarolie is iets wat deur die Nazi's uitgedink is om vroue reg oor  die wereld te pynig, hulle noem dit  massamarteling.



Sterkte...

Tuesday, August 30, 2011

Briljante fotos

Hierdie is net vir my n baie mooi foto.


Sonskyn

Baie vroue dink mos maar dat die son skyn uit hulle dinges uit, maar hierdie een kan dit darem met alle reg kleim.

Tara Nawa

As jy nou mooi na die foto kyk, so daar in die middel rond, net links van die ronde muurtjie, dan wonder mens darem oor ander mense se sedes en waardes.

Swem Jannie, swem

Ek is mos darem self lief om elke Desember bietjie die see in te vaar, maar glo my vry, as dit met my moet gebeur soos met die ou op die foto, dan sien die vlak branders my nie eens weer nie.

Engels

In die Suide van ons landtjie is daar nog so paar boere wat soos ek oor Engels voel; as dit nie daadwerklik noodsaaklik is nie, dan praat ons dit nie. So gebeur dit dat n boertjie van die Aranos omgewing met vakansie in Durban is en soos ons Suidwesters maar is, sak ons dadelik eers af see toe. Al is die water ook hoe koud, swem sal ons swem. So het die boertjie sy lyf natgemaak, bietjie rondgeloer en toe die talent op die strand beter leer ken. Hy ontmoet toe daar n sexy dingetjie in skrapse swemklere met n lyf soos n skerpioen. As jy aan hom vat wil hy mos net steek. Maar sy is so rooinek soos kan kom, praat geen woord Afrikaans nie, maar boetie is lus vir haar en in sy gebroke Engels oorreed hy haar dat hulle met sy plaasbakkie na haar woonstel toe moet gaan vir bietjie afkoeling. Gentleman soos hy is, maak hy die deur vir haar oop en dan laat waai hulle vir haar flatjie. Waar mens by die strandgebied uitry is die verkeer erg besig en druk en hulle moet in die oorkantse baan inkom en terwyl boerseun sy kant van die verkeer dop hou, vra hy aan die Engelse girl, "Is your kant clean?"

Monday, August 29, 2011

Belonings

Daar bestaan by my geen twyfel dat daar nie belonings vir niks bestaan nie. Met ander woorde, as jy niks doen nie, dan gaan jy ook nie daarvoor beloon word nie. As ek weer Rugby as n voorbeeld kan gebruik siende dit nou Wereldbeker tyd is, sal ek maar vir Pieter de Villiers as voorbeeld gebruik. Die man het in my twee ogies nog net agteruit geboer met die Bokke. Elke jaar onder sy bewind doen die Bokke net swakker en swakker. Vergelyk hom met die afrigters van byvoorbeeld Australie en Nieu Zeeland. Hulle het met jong manne 4 jaar terug begin bou aan spanne wat nou kort voor die WB die wereld aan die brand speel. Die sogenaamde onbekende jong manne van 4 jaar terug is nou alombekende name in wereldrugby. Div sukkel nog steeds met manne wat al in die Kieriekoshuis span kan uitdraf. Hy het nou al vir Rassie as konsultant aangestel, afgesien van sy 2 hulpafrigters, nog daarby die WP se verdedigingsafrigter, Percy as skopafrigter, Os as voorspelerafrigter (aangestel en intussen gefire) en sielkundiges en daarop nog vir Victor en John as algemene span coaches voor en Jean en Fourie by die agterspelers. In kort is daar meer afrigters as spelers. Robbie Deans het by Australie n span afrigters wat bestaan uit n hele 2 manne. Dis nou afgesien van mediese personeel ens, ek verwys slegs na afrigters. Nou my eintlike stelling, beloning vir niks; As daar iets soos regverdigheid op ons aarde bestaan, dan sal een van hierdie spanne, waar afrigters hulle sout werd is en die span as te ware op hulle eie afrig, die wereldbeker wen. Div kan nie verwag dat hy vir sy bietjie bydrae, meer negatief as positief, die beker omhoog kan hou nie. Daar is net te veel ander afrigters wat met hulle harde werk en voorbereiding die beloning baie meer waardig sal wees.

Friday, August 26, 2011

Heldedag


                                         Helde en helde



Deur Ian Snyman



Dit is 26 Augustus 2003 en in Namibiё vier ons vandag “Heroes’ Day”. Op die televisie is die President van Namibiё, Sam Nujoma besig om ʼn groep mense toe te spreek. Ek luister vir ʼn paar minute na sy toespraak.

   We are gathered on sacred ground where our heroes and heroines are laid to rest, therefore, before anything else, i would like to call upon all of you to stand and observe a minute of silence in memory of our heroes and heroines whom we are honouring today.”

   “As we reflect on the heroic deeds of those who shed their blood and sacrificed their lives,........” en dan begin ek wonder, wie is ons helde en wie is wérklik ons helde.



   Dit is Oktober 1986 in die noorde van Suidwes. Op sy plaas omtrent 20 kilometer suid van die Oshivelo hek klim Henk Prinsloo uit sy plaasbakkie en stof sy velhoed teen sy broek af. Hy was heeldag op die lande besig en is vuil, honger en moeg. Die vooruitsigte vir reёn is belowend en hy is reeds vir die afgelope week besig om sy lande plantgereed te kry. Hy haal sy jaggeweer voor uit die bakkie en in die laaste skemerlig doen hy eers sy daaglikse roetine inspeksie. Hy sluit die hoё hek wat sy hoofingang na die plaaswerf is. Dan patrolleer hy die groot hakiesdraadheining wat reg rondom die plaasopstal gespan is. Hy kyk dat sy honde versorg is en dan gaan hy die huis binne.

   Vandat die oorlog uitgebreek het, amper tien jaar gelede, is die plaasboere in die noorde se vryheid erg ingeperk. Swapo se Planvegters het gereeld oor die grens vanaf Angola ingesyfer en terreuraanvalle in die land kom loods. Nog erger was dat terroriste hulself as plaaslike bevolking voorgedoen het en sodoende in staat was om maklik hul teikens te bereik. Die boere moes noodgedwonge hoё heinings span en ekstra waghonde aanskaf.

By Henk en sy gesin was dit geen uitsondering nie en hy het feitlik nêrens sonder ʼn geweer beweeg nie.

   Vanaand is Henk moeg en uitgeput. Die week se harde werk in die lande begin nou aan sy liggaam vat. In die kombuis sit sy twee kinders reeds by die eettafel aan. Hy groet sy vrou en kinders elkeen met ʼn soen en gaan was vinnig sy gesig en hande. Aan tafel lees hy oudergewoonte eers ʼn paar verse uit die Bybel en doen ʼn tafelgebed. Dit is Henk se gunsteling tyd van die dag.Gedurende ete kry hy tyd om met sy twee kinders oor hulle bedrywighede van die dag te praat. Dawie, sy tienjarige seun, is teleurgesteld omdat hy nie bedags saam met sy pa mag werk nie. Marie, die sesjarige dogter, is tevrede om by haar ma te bly maar saans geniet sy haar pa se aandag terdeё.

  Vanweё die oorlog is hulle as ʼn gesin nou baie meer huisgebonde as voorheen. Waar hulle vantevore oor en weer by bure kon kuier, is dit nou soveel moeiliker omdat hulle sagte teikens in die donkerte op smal plaaspaaie is. Hulle beperk hulle bewegings tot  daglig alleenlik. Saans hou hulle hulself besig met speletjies en legkaarte.

   Maar nie vanaand nie. Henk is moeg  en wil gaan rus. Nadat hy gaan bad het gaan sê hy vir sy kinders nag in hulle beddens en dan gaan hy na buite na die enjinkamer om die kragopwekker af te skakel. Die wind het intussen opgesteek en met die masjien se harde geraas hoor hy nie die een hond se dringende gromgeluid hier naby hom nie.







   Dit is amper elfuur die volgende oggend wanneer sersant Karel Labuschagne en sy span, vergesel van ʼn buurman, op die lyke afkom. Die buurman het onraad vermoed toe Henk nie die vorige aand sy kodenaam op die tweerigting radio inroep nie. Al die boere in die omgewing is per radio verbind en elke aand om negeuur roep hulle kodename in om seker te maak almal is veilig. Henk het nie gisteraand of vanoggend ingeroep nie en die buurman het die polisie ontbied.

   Henk se bloedbesmeerde lyk het hulle digby die enjinkamer gekry. Hy is verskeie kere met ʼn bajonet gesteek. ʼn Koeёlgat is duidelik tussen sy oё sigbaar waar hy op sy rug lê. Hy het reeds swak, van al die bajonetsteke, in die posisie gelê toe hulle hom tereggestel het met die enkele skoot tussen die oё. Sy vrou en kinders se lyke is in die slaapkamers gevind. Almal op ʼn soortgelyke manier vermoor. Die honde was feitlik almal voor die voet afgemaai. Slegs een of twee kon haastig in die donkerte verdwyn toe die kort maar bloedige teregstelling uitgebreek het.

   Lappies, sersant Labuschagne se algemene noemnaam, is bleek wanneer hy vanuit die huis te voorskyn kom. Die lykie van die blondekopdogtertjie het die geharde polisieman hewig onstel. Tot in haar bloedbesmeerde toestand kon hy sien hoe ʼn pragtige kind sy moes wees. Watter bedreiging kon sy moontlik vir ʼn groep gewapende mans inhou dat hulle haar soveel kere met bajonette moes toetakel.

   “Thys, ons gaan hierdie moordenaars opspoor,” sê hy aan sy vriend en kollega naaste aan hom, “verdeel die manne in twee groepe en laat hulle die gebied rondom die huis verken. Ons soek hierdie moordenaars se spore en ons gaan op daardie spore bly totdat ons hulle vastrek.”

   Thys gehoorsaam onmiddelik sy bevelvoerder se opdrag en dis skaars dertig minute later toe die spoorsnyers die spore vind.

   “Hulle gaan noord, sewe stelle spore en hulle beweeg baie haastig,” kom beduie die een Oshiwambo spoorsnyer.

   “Goed, julle bly op daardie spoor en maak seker dat julle hom nie verloor nie,” antwoord Lappies die spoorsnyer en dan wend hy hom tot die buurman,” het jy miskien vir ons ʼn lugfoto van die area?”

   “Kom ons kyk in Henk se kantoor, daar is een teen die muur vasgesit,” antwoord die buurman en dan volg hulle hom vinnig na binne.

   “Thys, die spore gaan noord. Dus moet hulle oor die Oshivello kaplyn gaan. Ek skat hulle sal so reguit as moontlik beweeg, daarom kan ons aanneem dat hulle omtrent hier oor die kaplyn sal kruis,” beduie Lappies op die kaart voordat hy verder praat. “Al die bosse is daar uitgekap so ek reken ons sal die spoor maklik daar optel. Gaan jy en jou manne vooruit en soek die spoor langs die lyn. As julle dit kry roep my oor die radio . Op daardie manier sal ons vinnig op hulle kan inhaal. Ek bly solank op die spoor net vir ingeval hulle van rigting verander,” beduie Lappies op die lugfoto en dan stap hy vinnig  die huis uit.

   Wanneer Lappies by sy Caspir kom deel hy vinnig ʼn paar bevele uit en dan sluit hy te voet by die spoorsnyers aan. Hy wil sy aandag op die spore bepaal sodat hy die gesig van die bloedbesmeerde meisie uit sy geestesoog kan kry, maar hy kom gou agter dat dit nie werklik help nie. Die blondekopdogtertjie se gesiggie bly voor hom opdoem.

   Dit is net na een die middag wanneer Lappies na sy Caspir geroep word. Hy word oor die radio gesoek. Dit is Thys wat al sewe spore steeds bymekaar by die kaplyn gevind het. Hy en sy manne bly solank op die spoor en hy sal laat weet as die spore van rigting verander, maar op die oomblik lyk dit asof hulle die kortste en reguitste pad na die Angola grens volg. Thys gee vinnig vir Lappies sy posisie per ruitverwysing en dan bestudeer Lappies sy eie landkaart. Thys is ongeveer vyftien kilometer Noord van hom en dit is omtrent nog ʼn honderd kilometer soos die kraai vlieg tot by die Angola grens. As die spore reguit bly beweeg dan het Lappies ʼn kans om hulle voor die grens in te haal voordat die son vanaand sal sak.

   Lappies beveel sy spoorsnyers om op die Caspirs te klim en dan jaag hulle reguit Noord met ʼn sandpad langs wat hy weet aan die Westekant van Thys se posisie is. Sestig kilometer verder draai hy Oos van die sandpad af en beveel sy spoorsnyers om weer na die spore te soek. Lappies is oortuig dat hy baie naby aan die spoor moet wees omdat hy kort-kort met Thys in kontak gebly het en die het hom verseker dat die spore steeds reguit vorentoe gaan. As hy die spoor nou vind sal dit beteken dat hy omtrent veertig kilometer voor Thys is en sodoende baie vinnig tyd op die moordenaars se spore inhaal.

   Dit is skaars twintig minute later toe sy spoorsnyers opgewonde geluide begin maak en skielik Noord begin draai. Lappies se berekeninge was reg. Hulle het die spoor weer opgetel en volgens die spoorsnyers is die spore nie ouer as twee ure nie. Lappies kontak onmiddelik vir Thys per radio en gee hom sy nuwe posisie deur. Hulle is nou amper vyftig kilometer van die grens af en die spoor is ongeveer twee ure oud. Dit beteken dat die moordenaars halfpad tussen hulle en die grens kan wees. Die moordenaars sal die gebied ken en hulle sal tersefdertyd probeer om Weermag- en Polisiebasisse te vermy. As hulle op hulle huidige koers hou dan lyk dit asof hulle tussen die Ekoko en Mpungu nedersettings wil deurglip.

   Lappies huiwer op die oomblik oor wat hom nou te doen staan. Hy weet dat daar Weermagbasisse voorkant geleё is. Hy kan hulle hulp inroep om die moordenaars tussen hierdie twee nedersettings te probeer afsny. Hyself kan nie met sy manne op die spoor bly en dan nog tyd inhaal op die moordenaars nie. Hoe nader hulle aan die grens kom hoe vinniger gaan hulle beweeg en sy spoorsnyers kan nie so vinnig inhaal sodat hulle betyds die grens gaan maak nie. Hy kan ook vir Thys van agter af laat verbygaan en teen die grens laat probeer afsny maar die kanse is te groot dat die moordenaars so iets sal vermoed en naby aan die grens van rigting sal verander. Die ander probleem waarmee hy sukkel is dat dit al namiddag is en hy sal die moordenaars voor donkerte moet aankeer of hulle gaan gedurende die nag die grens oorsteek na veiligheid toe.

   Vandat Lappies drie jaar gelede by die Polisie aangesluit het, het sy kop net na een kant toe gestaan. Hy wou Koevoet word. Sy aansoek was goedgekeur en sederdien is hy permanent in die Noorde van die land werksaam. Hy was al in menigte skermutselings met die vyand betrokke en het nog elke keer ongedeerd daarvan afgekom. In sy werk het hy al menigte dooies gesien maar die lyke van die seun en meisie van vandag het iets in hom geroer. In enige ander geval sou hy reeds hulp ingeroep het om hierdie moordenaars voor te keer. Maar vandag voel hy anders. Hy wil persoonlik by wees wanneer hierdie moordenaars aangekeer word. Hy het egter nie baie tyd aan sy kant nie. Dit gaan oor ʼn paar uur donker word en die grens kom al hoe nader vir die moordenaars. Hy wil ook nie as gevolg van sy persoonlike gevoelens veroorsaak dat die moordenaars ontglip nie.

   Teen die tyd dat Thys met sy manne by hom opdaag is Lappies se planne uitgewerk. Hy kontak die Weermag per radio en verduidelik korliks dat hy spore volg wat op pad na die Angola grens toe onderweg is. Hy versoek hulle om patrollies tussen Ekoko en Mpungu op te stel wat die gebied kan patrolleer en hy sal van agter af kom en die moordenaars binne in hulle soldate se netwerk in forseer. Die Weermag belowe dat hulle juis patrollies in die gebied het en dat hulle onmiddelik in daardie gebied volgens Lappies se versoek ontplooi sal word. Aan Thys gee Lappies weer ʼn ander opdrag. Hy en sy manne moet aan die Oostekant van die spoor Noord jaag tot net voor Mpungu. Daar moet hulle skerp Wes draai en keer dat die moordenaars nie in daardie rigting ontsnap nie. Een Caspir bly agter op die spoor en moet per radio laat weet as daar enige verandering in rigting plaasvind.

   Lappies self gaan met twee Caspirs Wes van die spoor opjaag tot net voor Ekoko. Die Weermag sal dus Noord van die moordenaars voorkeer. Thys is aan hulle Oostekant en beweeg Wes om hulle na Lappies se kant toe te forseer. Lappies weet uit ondervinding uit dat die Weermag met hulle Buffelvoertuie ʼn masiewe lawaai gaan opskop en dit gaan die moordenaars in die versoeking stel om van rigting te verander. Of Oos na waarvandaan Thys gaan kom of Wes na waarvandaan Lappies sal kom. As Lappies baie gelukkig is dan is al sewe moordenaars vanaand nog gevang.

   Wanneer Lappies sy posisie net voor Ekoko bereik is Thys reeds in posisie net voor Mpungu. Hulle draai soos afgespreek en begin dan na mekaar toe beweeg. Hulle is omtrent vyftig kilometer van mekaar af en Lappies het uitgewerk dat hulle nou ʼn entjie voor die moordenaars moet wees. Teen die tyd wat die moordenaars in die Weermag se web gaan inbeweeg sal hy en Thys reeds heelwat nader aan mekaar wees. As die plan slaag en hulle verander van rigting dan sal dit of na Thys of na Lappies toe wees. Lappies bly per radio in kontak met die Weermagtroepe en met Thys. Intussen laat weet sy spoorsnyer van agter dat daar nog geen verandering in die rigting van die spore is nie.

   By Lappies laai die spanning nou op. Hy weet teen die tyd al wat volgende gaan gebeur. Hy, Thys of die Weermag gaan binne die volgende halfuur kontak maak. As hy ʼn afleiding kan maak uit wat hy vanoggend op die moordtoneel gesien het, dan kan die sewe moordenaars nie te swaar gewapen wees nie. Almal van hulle het waarskynlik ʼn AK 47 en een van hulle kan moontlik iets soos ʼn RPG7 dra. Die spoed waarteen hulle beweeg het dui ook aan dat hulle niks swaar saamdra nie.

   En Lappies is gereed. Iemand wat klein onskuldige kinders so wreed kan vermoor, verdien nie regtig om gevange geneem te word nie. As daar van die moordenaars se kant af geskiet gaan word, dan sal sy manne beslis nie huiwer om terug te skiet nie.

   Dit is ʼn halfuur later en Lappies raak nou bekommerd. Hy en Thys moet reeds baie naby aan mekaar wees en nog steeds is daar geen teken van die moordenaars nie. Nog drie minute later en dan verskyn Thys se Caspirs vanuit die bosse skaars twee honderd meter voor Lappies. Thys verseker hom dat hy beslis nie oor die spore beweeg het nie en Lappies glo hierdie vriend van hom uit ondervinding uit. Thys kan amper net so goed spoorsny soos enige van die beste spoorsnyers in Lappies se span.

   Intussen laat weet die manne van agter, wat steeds op die spoor is, dat daar geen afwyking van rigting is nie. Die moordenaars het geen poging aangewend om hulle spore te versteek nie. Hulle beweeg in die oopte en hulle beweeg baie vinnig. Die manne oortuig vir Lappies dat die moordenaars feitlik by hom moet wees. Lappies het geen idee waar om nou te soek nie. Dit wil voorkom asof hy en Thys te vinnig beweeg het en die moordenaars afgesny het voordat hulle by die Weermag se patrollies kon uitkom. As hy nou na agter begin soek dan sal dit beslis die moordenaars forseer om van rigting te verander en dit kan hy nie toelaat nie. Die son sit reeds laag en as Lappies weer van vooraf moet begin spoorsny dan sal die moordenaars beslis die voordeel van die donkerte gebruik om oor die grens te ontsnap.

   “Thys, my ou maat, ons het nou ʼn probleem. Wat stel jy voor?” vra Lappies aan die man met wie hy al soveel kere saam op ʼn spoor was.

   “Ek vermoed dat hulle dalk stadiger begin beweeg het as gevolg van die baie Weermagpatrollies in die omgewing. Dit is dus moontlik dat hulle nog steeds in dié rigting kom maar dat hulle stadig beweeg om te wag vir die donkerte. Dan kan hulle maklik oor die grens glip. Ek stel voor dat ons die Caspirs hier los met een man om die voertuie op te pas. Die res van ons beweeg te voet reguit Suid. Ons loop dalk reg van vooraf in hulle vas omdat hulle nie die gedreun van die Caspirs sal hoor nie.”

   “Jy het dit reg, Thys, dis ons enigste kans. Neem elke man net sy geweer en so veel as moontlik patrone. Ons loop verspreid langs mekaar. Thomas, jy het die beste oё, jy loop voor ons uit,” deel Lappies vinnig bevele uit en dan begin hulle vinnig in ʼn suidelike rigting te loop.

   Die manne is tjoepstil. Hulle weet dat een woord of  ʼn verkeerde geluid nou die hele operasie kan verongeluk. Thomas, die Oshiwambo spoorsnyer, loop ongeveer dertig treё vooruit. Lappies het volle vertroue in hom. Hulle was reeds in ʼn paar kontaksituasies saam en ʼn dapperder kryger as hy sal jy nie sommer kry nie. Lappies was al baie kere bly dat hy saam met hom baklei en nie teen hom nie. Hulle het omtrent twee kilometer gevorder toe Thomas vinnig en geluidloos tussen die grasse wegsak. Lappies reageer onmiddelik en op sy teken sak almal vinnig grond toe. Saggies seil hulle nader totdat Lappies en Thys langs Thomas tot stilstand kom.

   “Tala (kyk),” sê Thomas saggies in Ohsidonga.

   Lappies loer tussen die grasse deur maar hy wil nie sy kop te hoog lig en sodoende hulle posisie weggee nie. Hy kon egter in die skemerlig vlugtig die gestaltes uitmaak van mense wat reguit in hulle rigting beweeg.

   “Aantu yangapi?” vra Lappies saggies aan Thomas.

   “Hulle is sewe mense, dit is hulle wie ons soek,” kom die antwoord.

   “Hoe vêr?”

   “Popepi(naby).”

   “Ons vat hulle lewendig,Thomas.”

   “Aawe, tate, hierdie keer ek hoor jou nie.”

   Die geluid van die sewe aankomende moordenaars is skaars hoorbaar toe begin Thomas  te skiet. Eers lê hy stil en skiet vinnig en akuraat en toe spring hy orent en skiet terwyl hy nader aan die verstomde moordenaars hardloop. Lappies en die ander manne moet noodwendig sy voorbeeld volg en voor die moordenaars eens ʼn enkele skoot akkuraat kon afvuur toe is alles oor. Al sewe lê roerloos terwyl Thomas van die een na die ander loop en seker maak dat hulle dood is.

   “Thomas, ek het gesê dat ons hulle lewendig moes vang.”

   “Tate Lappies, toe ek nog klein was, my pa het by daardie plaas gewerk.”

   “Watter plaas?”

   “Daardie plaas waar ons vanoggend was. Daardie boer wat daar doodgemaak was, ek en hy het saam gespeel toe ons kinders was. Daardie man, Henk, hy het my geleer om met die geweer te skiet. Ek het hom geleer om my taal te praat en hy het my julle taal geleer. Sy pa was goed vir ons en toe kom hierdie oorlog en toe moes ons trek van die plaas af. Hierdie mense het my vriend doodgemaak en sy vrou en kinders. Hulle mag nie lewe nie, sê ek, Thomas die vriend van Henk.”

   Dan draai Thomas om en stap terug in die rigting van die Caspirs.









Op die televisie gaan die president nog steeds voort met sy toespraak,.............................

.........”Our heroes and heroines whom we honour today have completed their duties with honour and dignity...........”

.....en weereens wonder ek, wie is nou werklik ons helde en wie nie.


Thursday, August 25, 2011

Grepe van geluk

Baie dinge in die lewe kan n man misrabelik laat voel vir weke aan een, maar daar is baie min goed wat hom geluk vir n volle dag lank kan bied.
Wanneer n man alle geluk verloor het, dan lewe hy nie meer nie, noem hom maar n lewende lyk.
Klink dit nie ongelooflik baie na grepe uit die lewe van n getroude man nie?

Skole sports

Daar word beweer, deur hooggeleerde mense nogal, dat by laerskoolkinders is die ontwikkeling van die kind se fisiese beweeglikheidsvaardighede baie belangriker as om te wen. Die wenmotief is waarna ek verwys. Nou vir die minder geleerdes onder ons beteken dit in plat Afrikaans die volgende. Dit is belangrik dat kinders in hulle individuele sporte bepaalde vaardighede aangeleer moet word. In Rugby byvoorbeeld sal die klem val op, beweeglikheid, krag, stamina, spoed, balvaardighede soos om te kan skop, vang en aangee. Reels van die spel moet aangeleer word en n liefde vir die sport en sportmansgees moet by die kind gekweek word. Al hierdie vaardighede is dus baie meer belangrik as dat die een skool die ander skool moet kan wen. Dis waar die wenmotief inkom. Die ironie is juis dat waar hierdie vaardighede by spanne aangeleer word, dan is dit juis soveel makliker om as wenners van die veld te stap. Party skole is uiters erg gesteld op die wen, soveel so dat skoolspanne mekaar haat op die veld. Eintlik is n wedstryd tussen twee spanne bloot net n maatstaf vir die afrigter om sy kinders se vordering in bepaalde vaardighede prakties te kan toets en monitor. Nou is my vraag aan alle skoolhoofde, afrigters van laerskoolkinders en hoofsaaklik aan ouers langs die veld, as die wen nie die hoofsaak is nie, maar eerder die ontwikkeling van die kind, dan waarom word daar telling gehou en waarom gaan ouers soos mal goed langs die veld te kere en maak snedige opmerkings teenoor die ander spanne se kinders en ouers?

Dok se spreekkamer




Die man maak ʼn afspraak by ʼn bekende  huis dokter. Die dag van die afspraak daag hy daar op met sy seksie sekretaresse. Hy vertel aan die dokter dat hy probleme met sy seksorgane bevind en dat hy sy sekretaresse saamgebring het om aan die dokter te demonstreer. Die dok is effens uit die veld geslaan maar laat die man sy gang gaan. Die gevolg is dat die ou toe seks met sy sekretaresse daar op die dokter se ondersoekbed het. Alles werk egter mooi en goed en die ou vra of hulle maar op ʼn ander dag kan kom want dinge het nie vandag geflop nie. So word die man en sy sekretaresse gereelde besoekers aan die dok se kantoor en veral op die ondersoekbed, maar alles bly glad verloop en die man ondervind nooit enige ereksionele disfunksies nie. Die gevolg is dat die dok toe eendag met hom praat en sy bevinding meedeel dat hy reken alles is A1 en dat  hy nie regtig verstaan hoekom hulle bly terugkom nie, want alles werk duidelik baie goed. Dis toe wat die ou aan die dok verduidelik;

   “Nee dok, ek weet alles werk perfek, dis net dat dok se spreekkamer so veilige plek is om my sekretaresse by te kom, niemand sal ons hier kom soek nie, en dan betaal die medies ook nog amper al die kostes, waar ek in ʼn hotelkamer al die kostes op my eie moet dra.”

Wednesday, August 24, 2011

Anakonda

Ek plaas nie graag skrywes wat deur iemand onbekend geskryf is nie, die eenvoudige rede daarvoor is dat ek nie krediet aan die oorspronklike skrywer kan toeken nie. Maar tog ontvang ek gereeld sulke stories en ek het nou weer een van n ou skoolvriend gekry. Daar is geen aanduiding van wie die stuk geskryf het nie, maar ek plaas dit in elk geval want dit lees nogal lekker. Krediet in elk geval aan die skrywer, wat nie ek was nie;

 
Ek is ‘n pa. Soms moet ek my soos ‘n pa gedra. In die ou dae was dit albasters, tolle en ketties. Dinge het verander. So twee weke gelede fluister die twee stoutgat buurkinders oorkant die straat mos die woorde "GOLD REEF CITY" vir my laaitie.

Nou wat kan ‘n man nou doen? Jy gaan maar GRC toe. Oukei, so beloer ek mos hulle webwerf. Nananana, lyk heel mak, hier en daar ‘n ry en ‘n rol of twee. Ek wil in elk geval ook in die myn afgaan. So trek ek my plakkies aan, kam my hare en daar gaan ons, die hele fendêmillie.

Ons kom nogal vroeg daar aan. Ek kap manhaftig twee worsbroodjies weg, en ‘n halfliter melk, en besluit om maar die pa-seun voetjies-vleg ding te doen en ry saam met sy eerste rit genaamd die Wegholtrein. Eers gedink die ding is vir kleuters, tot hy sywaarts ook begin beweeg. Effe ongemaklik gevoel toe ons afklim. Waggel toe maar agter die mannetjie aan na die volgende een. Hoor hom voor ek hom sien. Klink soos n Boeing wat land.

Toe gewaar ek die groot naambord: Anakonda!

Ek het al gehoor van die goed. Nog net n tuinslang van naby gesien. Maar nou ja, ek's mos die PA van die huis, dra die broek, issie ‘n sissie nie. Ek maak my arms bak, en ek loop fier en regop teen die dekplank op. Ek gaan die donner ry. Wat kan nou eintlik verkeerd gaan? Eerste fout is die lang tou waarin jy moet wag. Gee jou kans om te sien wat doen die ding aan mense.

Toe hy die tweede keer kom stop, klim daar so ‘n jong student af met spiere waar ek voue het. Hy skiet ‘n kat net daar oor die reling. Nou weet ek, my twak is uitgeknip en afgerol vir my. Ons beurt. My klein snotneus trek kleinkoppie, maar ma kyk my uit. Dis hier waar 'n mens maar maak of jy windgat en manlik is. Hou my ken hoog en knyp die boude styf.

'n Mens klim in die ding en maak soos ‘n vlermuis, jy hang half onderstebo. Die veiligheidstaaf wil nie oor my hoenderborsie nie, so toe hou ek maar my lyf Ville Valo, en maak myself dun. Haak die belt een gaatjie te styf . . . dink ek. KLANG KLANG KLANG KLANG . . . en kom ons neuk nie rond nie . . . skielik is ek so bang dat ek ‘n nieraanval kry . . .

Dan draai die etterse ding en dan MOER HY NA BENEDE MET DIE SPOED VAN DIE HEILIGE FLIPPEN WIT ELAND. Glo my maar, vergeet van enige kar, bike, vliegtuig of wat ookal jou maatstaf is waarmee jy manlikheid meet, die ding gee gas soos niks wat ek al ooit gevoel het nie. Maar of dit nou nie genoeg is nie, gaan voeter die ding onderstebo met jou. Ek voel daai worsrolletjie hier teen my ribbes. Nee wag, ek voel sy tekstuur, elke enkele veseltjie en grein van hom.

Kêrels, ons kom uit daai eerste draai met die spoed van flippen wit lig. Ek wil hê hy moet stop. Ek bid vir die eerste keer in 22 jaar. Dit werk, ons maak weer gelyk. Toe slaan ons daai tweede kurwe. Korter radius as die eerste. Ons moer so vinnig daar deur dat ek een van my plakkies verloor.

Eers onderstebo, dan deur twee reghoekige draaie waartydens ek tien jaar ouer word. En toe kurk-flippen-trekker hy met ons. Klits daai flippen broodjie en die melk laat dit lyk soos daai gemors wat jy oor bobotie gooi. Nog ‘n draai en, ag te hel daarmee, traak nie wat vroutjie of die wêreld van my dink nie, toe skree ek soos ‘n Namibiese vlaktevlermuis wat se sonar gekalf het.Ons kom daai stasie binne teen 200 km/h en net vir die grap en net vir die pret, briek hy doodstil binne 10 tree. Ek sit net daar, versteend, te bang om te roer. Alles in een slag verloor. My trots, my valstande en my worsbroodjie.

Vroutjie wil nog soos ‘n wafferse Eva, ooo! en aaa! en kom ons ry weer die slang, maar ek bly dikbek en naar en hou voet by stuk ek wil huis toe gaan.

Die slang in die paradys was sekerlik ook ‘n Anakonda


Gewetenswroegings

Ons as mense sou baie meer dinge kon vermag as ons dit nie bloot as onmoontlik beskou het nie.

Hoe nader die aanvang van die wereldbeker kom, hoe meer keil my gewete my op. Die ding is mos nou dat ek graag alle wereldbekerstoernooie kyk, dis nou rugby,sokker,krieket en natuurlik die olimpiese speles. Hoe nou gemaak as jy al vir maande lank nie DStv in die huis het nie, eintlik het ek alles, die skottel is op, die dual decoder is opgekoppel in die sitkamer en die 2de punt is in die slaapkamer. Ek het net hier in die begin van die jaar besluit dat dit te lekker in die huis sonder DStv is. Ons gee baie aandag aan die kinders en natuurlik hulle aan ons. Daar word gespeel en gejaag en gestoei en pa se tuin word opgeneuk en tot die honde kry aandag. Maar as die tv aan is, dan is dit n heel ander storie. Die kids is heeltyd op Cbeebees kanaal op die plasma in die slaapkamer en ek en mams moet baklei oor wie kan rugby of flieks in die sitkamer kyk. En so lewe ons dan in dieselfde huis voor die tv's by mekaar verby. Ons weet nie wat het die dag by die kiddies se skool gebeur nie en wie se maaitjie het wat gemaak nie. Op die ou end weet jy eintlik niks wat by en met jou kinders gebeur nie en in effek is juffrou by die skool die een wat jou kind die beste ken. Maar nou is dit rugby wereldbeker en dit gebeur darem net een keer elke vier jaar en ek moet dit kyk. Maar soos ek hierbo begin het; niks is onmoontlik nie en op een of ander manier moet ons vir n maand lank n balans skep tussen kinders, belangstelling, rugby, flieks en wat alles daarmee gepaard gaan. Dan as die maand om is sit ons net eenvoudig weer die tv's af en alles is terug na normaal, of so hoop ons.

Tuesday, August 23, 2011

Beperkings

As daar een ding is wat ek uit Rhonda Byrne se boek, The Secret, geleer het, dan is dit dat jy jouself nooit moet beperk nie. Baie mense beperk hulleself tot dit wat hulle dink hulle in staat is om te kan doen. Jy kan eintlik so ver gaan as wat jy jou gedagtes kan laat gaan. Dit waarin jy glo, is dit wat jy kan vermag. Baie mense het die boek gelees en baie reken na n maand of drie dat dit maar net n pot sn#@ is. Wel, n vriend van my, wat nie die boek gelees het nie, het altyd die positiewe gesindheid gehad dat sy skippie ook eendag sal kom en dan moet ek bynoem dat hy maar nog altyd n armgat soos ekself was. Wel op n onlangse vlug na Kaapstad beland hy toevallig langs n multimiljoener sakeman wat vir dieselfde konferensie as hy op pad Kaap toe is. Die kort en die lank van die storie is dat toe hulle in die Kaap land, het hy en sy venoot reeds n Twee miljoen Rand kontrak met die man aangegaan. Dit is die einresultaat van volgehoue positiewe denke. Goeie dinge kom dan vanself en asof van nerens na jou toe aan.

Monday, August 22, 2011

La Bandera de Mexico

Die Mexikaanse vlag beeld n Arend uit wat op n kaktus sit en n ratelslang vreet;
Ek veronderstel dit beteken dat jy nie met n Mexikaner moet kak soek nie.

skynheiligheid

Om in jou motorhuis te staan, maak nie van jou n motorkar nie,
Net so maak dit nie van jou n Christen deur bloot net kerk toe te gaan nie.

Da Bokke

Na Saterdag se oorwinning van die Bokke oor die 2de span van die All Blacks is dit seker tyd vir n reality check. Die All Blacks het die veld met hulle 2 de bestes gevat en alhoewel hulle slegs een drie kon druk het hulle nege ander opgestel wat hulle nie kon afrond nie. Onderskep aangee, vorentoe aangee en pure ongeluk aan die All Blaacks se kant, het die Bokke van n erge nederlaag teen n B span gered. Ouder gewoonte het die Bokke op skoppe pale toe staat gemaak terwyl die AB die een na die ander gat in die Bokke se verdediging geslaan het. Ek is oortuig dat die All Blacks se A span al hierdie bewegings sou kon afrond wat n telling van ongeveer 70 - 18 sou beteken. Daar is dus by my geen begrip vir waarom Bok ondersteuners opgewonde oor die oorwinning is nie. Dit bly n feit dat in die laaste 160 minute van rugby, die Bokke se A span nie n enkele drie kon druk nie. Ek bly staan by my voorspelling dat die Bokke reeds terug in Suid Afrika gaan wees teen die tyd wat die half eindstryde gespeel word.

Friday, August 19, 2011

Verlore tyd

Enige iets kan deesdae herwin word; behalwe verspilde tyd.

Human Sapiens

Die menslike spesie blyk van nature ware poepholle te wees. Dit moet n fundamentele selfverdedigings meganisme wees. Ek verwys nie nou uitsluitlik na blou bul ondersteuners nie, maar na die hele mense ras in geheel. Ek ry nou net deur die dorp en doer anderkant die brandweer hoofkantoor kom jaag n blond met n 4x4 dubbelkajuit Colt bakkie by my verby. Nommerplaat was iets soos N16168W of iets naby daaraan. Miskien is dit een van julle se vroue dan weet jy wat om haar vir kersfees te koop. Dit sal n bullbar, rollbar en n nuwe kar wees. Elk geval, eerste robot kom nader en sy swenk hier vlak voor my in om tog net in my baan te mag wees, terwyl haar baan oop was. Ligte slaan groen en sy pluk weer oor in die ander baan en maak oop. Tweede robot en sy bly in haar baan, totdat die lig groen slaan en daar laat loop sy weer oopketel, net om by die volgende robot agter in die ry te staan. Lig groen en daar trek sy weer, oop en toe. Vierde robot en sy is in die regterkantse baan vasgevang terwyl ek rustig in die oop linkerkantse baan verbykom. My donder, twee meter van haar af pluk sy die Colt in my baan in en trap die petrol vaskas. Ek hoet en vloek blou moord, maar sy is in die gejaery nog te besig op haar cellfoon om haar aan my te steur. 50 Meter vorentoe is sy vasgevang in die middestad se verkeer en ek glip rustig by haar in die baan langsaan verby. Sy is so besig om te sms dat sy skaars sien hoe ek haar bottelblond koppie aan die brand vloek. Dan het sy hoeka nog so klein kop soos n dowe kat. Ek is seker as sy by die huis kom dan vertel sy vir haar kat (dink nie so vrou kan n man vir lank hou nie) dat die mense in die dorp kan glad nie kar ry nie. Moet nogal erken dat sy my baie aan my derde vrou laat dink, daai een wat ek oor die drimpel by die voordeur gaan indra, regdeur die huis en dan by die agterdeur uit en in die groen asdrom gaan inmoer.
Soos ek mee begin het, ons menslike spesie is maar almal n klomp poepholle, ek inkluis.

Slim feite

n Pa is iemand wat fotos in sy beursie dra, daar waar hy gewoonlik sy geld gedra het.

Die enigste verskil tussen my en mal mense is dat ek nie mal is nie.

Thursday, August 18, 2011

Hart operasie

Mense, magtig, maar is ek vir jou diep in die ..... Die ding is mos dat ek vir die week moes Swakop toe vir werk. Ek reken toe dit sal my baie tyd in die aande gee om te kan "blog". Maar Maandag 4hoo is ek in die stort, 5hoo verlaat ek Windhoek en vandag 16H00 is ek terug in Windhoek, sonder een minuut vir blog,tweet of facebook. Daar was net nie een enkele oop oomblik nie, selfs my gastehuiskamer was soos my kantoor ingerig en gisteraand 11h30 het ek nog n laaste kwotasie klaar gemaak. Nou wil almal van reg oor die aardbol my skiet oor daar niks geblog is nie, nie n grap, storie of selfs net fotos nie. Maar ek reken ek is skuldig, kon seker tot 01hoo gesit en storie skryf het.
Elk geval, die mechanic is besig om n motorfiets te herstel toe hy merk dat n bekende hart chirurg die werkswinkel ingekom het om te kyk of sy motor se diens al afgehandel is. Hy staan op en roep die chirurg nader terwyl hy sy olie besmeerde hande met n vuil lap af vee. Die chirurg is effe uit die veld geslaan maar staan tog maar nader.
"Ek vra nou maar net, ou dok, hoe is dit dat ek nou net die mouterbaaik se engin gestrip het, sy valves uitgehaal het, nuwes ingesit het en siende dit die hart van die baaik is, meen ek nou dat ek en jy dieselfde job doen. Maar die ding is dat jy word n ka#huis vol geld betaal en ek kry net so ietsie en dit vir dieselfde graft."
Die ander mechanics laaik wat hulle hoor en staan nader om die chirurg se antwoord te hoor.
Dan leun die dok so bietjie nader aan die wise ass mechanic en fluister in sy oor, "probeer dit bietjie doen terwyl die enjin nog loop."

Friday, August 12, 2011

Een Lewe

Ons lewe net een keer:
Maar met al die k#@ wat ons moet opeet,
Al die lekkertes wat ons geniet,
Al die politici,
Al die mooi dinge,
Al die vrouens, moffies,
Skuld, rekeninge, paaimente, huurkope,
Kinders, skool, universiteite,
Goeie rugby, k#@ rugby, Pieter de Villiers,
Getroud, geskei, gekys, geklits,
Dronk, nugter, babbelaas,
Dood, siektes, peste en plae,
Aids, sif, herpes en nie een van hulle nie,
Paddas, slange, honde, katte, skilpaaie,
Wel, met al hierdie goed om mee te cope,
Dan reken ek om een keer te lewe,
Dan is een keer genoeg.

Thursday, August 11, 2011

Apteker se vrou




Die vrou stap die apteek binne en peil reguit op die apteker af.

   “Ek soek Sianied asseblief.”

   “Onse genugtig nee, wat op dees aarde wil jy met Sianied maak, weet jy hoe giftig en gevaarlik Sianied is?” vra die apteker heeltemal verbaas.

   “Ek wil my man daarmee vergiftig,” antwoord die vrou sonder om te blik of bloos.

   “Nee, dit is heeltemal buite die kwessie. Dit is teen die wet, hulle sal my lisensie afvat, hulle sal ons albei toesluit, alle slegte goed sal gebeur. Nee, ek kan doodeenvoudig nie Sianied aan jou verkoop nie,” antwoord die apteker.

   Die vrou maak haar handsak oop en haal ʼn foto uit waarop haar man duidelik in die bed gesien kan word met die apteker se vrou en sy gee die foto aan die apteker.

   Hy kyk so oomblik na die foto en dan antwoord hy;

   “Nou dit is heeltemal ʼn ander storie, jy het nie voorheen gesȇ dat jy oor ʼn voorskrif beskik nie.”

Kortpad Bokke

Dit lyk vir my asof daar by sekere provinsiale spelers die tendens onstaan het dat jy eers by die Bulle moet inkom voor jy by die Bokke kan inkom en ook heeltemal tereg as die spelers dit so glo. Alhoewel die Bulle slegs 3 de op die Suid Afrikaanse kongres van die super 15 kon eindig , het hulle by verre die grootste verteenwoordiging in die Bokgroep, met die Stormers wat bo geeindig het met n baie lae verteenwoordiging. Ook op die end van die jaar toere van die afgelope 3 jaar het die Bulle die bokgroep oorheers. So veel so dat selfs die Bulle se reserwes span gemaak het waar ander spanne se bestes nie eens gekies is nie. Dis mos dan ook verstaanbaar hoekom die Bokke so treurig gespeel het en die een verloor op die ander op die hals gehaal het. So het Jano Vermaak dan nou ook uiteindelik besef dat dit help nie om vir 2 of 3 seisoene skitterende rugby by die Lions te speel nie, want hy word daar nie vir Bokkeuring oorweeg nie. Daarom het hy nou vir die super 15 van 2012 by die Bulle geteken. Jano verdien Bokkleure lankal,maar die negatiewe kant is dat slegs na 2 maande by die Bulle gaan hy ook "attitude" ontwikkel, en selfs al kry hy dan sy lang verdiende Bokbaadjie, gaan ek nie meer van hom as speler hou nie. Hierdie spelers wat so oorloop Bulle toe, was vroeer almal nice ouens, maar boeta laat hulle net eers settle by die Bulle dan verander daai mr Nice guy darem vinnig in n regte poepol. Kyk maar manne soos Morne, Wynand, Zane, Jaco, Bakkies, en amper elke ander speler wat vroeer eers by ander provinsies as juior spelers gespeel het. As hulle eers daar is, dan smeer daai k%# attitude op hulle af en op die ou end dan dra hulle dit weer saam met hulle Bokke toe, dan sit jy op die ou end met n Poepolrige Bokspan, soos tans die geval is. Dan moet mense my maar blameer oor ek eerder vir NZ en Aus skree, maar die dinges weet, ek skreeu nie vir die klomp Bulle nie, maak nie saak in watter trui hulle speel nie.

Wednesday, August 10, 2011

Polisiemanne


Die baas van ʼn groot firma is een Saterdag by die kantoor om agterstallige werk in te haal toe sy rekenaar skielik op pak, soos die goed mos van tyd tot tyd maar maak. Hy bel dus sy IT man, wat nie Saterdae werk nie.

   ʼn Sagte kinderstem antwoord egter die pa se selfoon in ʼn fluister toon.

   “Is dit meneer Kotze se telefoon?” vra die baas.

   “Ja,” fluister die stemmetjie aan die ander kant.

   “Is jy sy kind?” vra die baas.

   “Ja,” antwoord die kind saggies.

   Kan jy die telefoon vir hom vat asseblief?” vra die baas.

   “Nee,” antwoord die kind.

   “Hoekom nie?” vra die baas nou effens omgekrap.

   “Hy is besig,” fluister die kind.

   “Waarmee?” vra hy nou kwaaierig.

   “Hy praat met die Polisieman,”fluister die stemmetjie.

   “En jou Ma?” vra die baas nou weer bietjie bekommerd.

   “Sy is besig om met die ander Polisiemanne te praat,” fluister die kind.

   “Hoor hier boet, wat maak die polisiemanne daar by julle?’ vra die baas nou baie bekommerd.

    “Hulle is almal op soek na my, maar hulle sal my nooit kry waar ek wegkruip nie.”

Tuesday, August 9, 2011

Loodsinkers

Hier is iets waaraan ons nie aldag dink nie. Lood is n metaalstof wat giftig is, dink maar aan loodvergiftiging. Tog gooi ons letterlik duisende loodsinkers elke jaar in die see in. Hoeveel sinkers verloor die gemiddelde hengelaar nie elke jaar in die see nie. Die sinker skei sy giftige stowwe uit daar waar dit in die see agterbly. Namibiese kuste ontvang jaarliks duisende hengelaars, en ek het nog nooit iemand gesien wat met ander sinkers as loodsinkers vang nie. Laat mens bietjie dink aan hoe goed ons na ons planeet kyk!

Monday, August 8, 2011

Verjaarsdae

Verjaarsdae is baie goed vir jou gesondheid; Hoe meer jy daarvan het, hoe langer leef jy.

Prokureurs en prostitute

Die mees algemene verskil tussen prokureurs en prostitute is dat prostitute normaalweg mooier is as prokureurs. Prostitute is ook meer eerlik wanneer hulle uitbrei oor die manier hoe hulle eintlik hulle geld verdien. Hulle sal jou ook nie n rekening stuur vir ure diens gelewer, as die diens nie gelewer was nie. Laat my nou wonder hoeveel prokureurs daar in vergelyking met prostitute in die hemel opeindig?

Sunday, August 7, 2011

Platannas

Die Kaapse platanna, baie gewild onder varswater hengelaars om as aas te gebruik. Ek wonder hoeveel hengelaars is bewus daarvan dat hierdie spesifieke spesie as n bedreigde spesie beskou word. Een rede hiervoor is hulle gewildheid as troeteldier. Reeds soveel as 15 jaar gelede was hierdie padda so gewild dat meer as 1,2 miljoen van hulle onwettig uit Suid Afrika na Amerika gesmokkel is. Daar is hulle as troeteldiere aangehou en is outomaties van voortplantingsgeleenthede ontneem. Verder is hulle natuurlike habitat ook die gewildste by eiendomsontwikkelaars en word hulle jaarliks van meer en meer van hulle natuurlike blyplekke ontneem. Geen eiendomsontwikkelaar het die geringste mate van besef dat hierdie diere feitlik heeltemal uitgewis is nie en so ook nie enige iemand anders wat n paar rand uit hulle uit maak nie. Ek het altyd gedink dat volgens die Bybel die mens eintlik die opdrag gekry het om die aarde en sy diere op te pas en te beskerm. Snaaks dat dieselfde mense wat hulle stemme dik maak oor Renosters en Walvisse en dies meer, graag n biertjie oopmaak en n slukkie yskoue bier neem voordat hy sy platanna op die hoek ryg vir aas.

Friday, August 5, 2011

Vlieende slange

In Texas, Amerika, daai groot plek wat nie sy skuld kan betaal nie, is daar n eensame stuk pad tussen twee dorpe, soos die wat mens altyd in die movies sien. Omdat Texas se klimaat so lekker warm is, is die reisigers daar lief om hulle motors se dakke af te slaan en dan met die oop dak te ry, ook maar soos ons altyd in die flieks sien.
Maar ook in hierdie ongerepte stuk aarde is daar inwoners wat deel van hierdie storie uitmaak. Nou nie human sapiens tipe inwoners nie, daarvoor is die gedeelte te woestynagtig, ek praat van vlieende en seilende tipe inwoners. Amerika is mos darem bekend vir sy "Rattler" slange. Dis nou daai goggas wat soos pofadders lyk en snaakse rattler klanke met die punt van hulle sterte maak. Trap jy op so slang, of binne pik-afstand van hom, dan sal jy weet jy is gepik. Hierdie slange is vol-op in die omgewing en daar word beweringe van slangplase gemaak. Wat eintlik gebeur is dat die skoner geslag slange, indien moontlik, ek verwys na die wyfie slange, op hitte kom dan los hulle n reukie agter wat die manne nader lok. So gebeur dit dat hulle hordes in dieselfde gebied voorkom. In ander gevalle sal n spesifieke voedselbron hulle ook dig in een omgewing laat saamkoek.
Dan kry ons die vlieende goeters, daar in die verre land, wat minder bekend aan ons plaaslik is. Hulle het Raptors en Condors en sulke tipe voels waarvan party jag maak op slange. Hierdie geveerde vriende, (enige iets wat n slang dood is n vriend van my),  se bene is so deur die natuur toegerus dat die slangbyt hom nie kan skade aandoen nie. Die voels het n baie interessante taktiek deur die jare ontwikkel om die slange maklik te dood. Hulle kom swoop hier van bo af op die niksvermoedende slang en gryp hom stewig in sy pote vas, dan vlieg hulle hoog met die prooi die lug in op en laat val dan die slang wat deur die slag op aarde gedood word. Die voels het ook deur die jare geleer dat hoe harder die oppervlak waarop die slang val, hoe makliker dood dit. Daarom is hulle veral lief om die slange in die teerpad te laat val.
Dit is nou waar mens,slang en voel bymekaarkom in hierdie storie. Dit gebeur dikwels dat n niksvermoedende reisiger in sy afslaandak tjor diep ingedagte op die langpad reis, net om die volgende oomblik n giftige slang hier op hom te vind. Wel partykeer op die windskerm, ander male op die passasiers sitplek en somtyds op jou kop of skoot. Vandaar dat die mense daar rond van vlieende slange praat. As dit met my gebeur?
Ek dink die mense sal nog vir jare daarna lag oor die ou wat homself en sy hele kar bekak het.

Thursday, August 4, 2011

Confucius

Find a job you love and you'll never work a day in your life.

When it is obvious that the goals cannot be reached, don't adjust the goals,adjust the action steps.

Tuesday, August 2, 2011

Deuriek$%

Kyk, ek spog nie sommer oor myself nie, maar in dieselfde asem spot ek ook nie met ander mense nie, eerder met myself. So hierdie skrywe moet julle mooi verstaan, die eerste deel is nie spog nie, dis net om te wys dat ek nie altyd, soos in die laaste gedeelte, deur die k%$ is nie.

   Is julle nou lekker deurmekaar? Die storie pas so inmekaar. Aan die begin van Standerd ag is ons vakkeuses gegee, maw jy kies watter vakke val weg en watter bly. Ek is egter nooit toegelaat om my keuse uit te oefen nie. Ek wou net L.O. en Houtwerk behou, maar Jan Meeser verplig my toe om Afrikaans,Engels, en Biologie te neem. Daarby neem ek toe Wiskunde,Aardrykskunde en Houtwerk.

   Hulle wou my ook nie Boekhou in die plek van Wetenskap gee nie, praat van demokrasie. In elk geval dit was toe tydelik my vakke, want een mooi daggie toe maak ek ʼn onskuldige opmerking teenoor Boel Dreyer rakende my punte in die Wiskundeklas en toe moer hy my skooltas by sy klas uit. Ek wou nog toi-toi toe moer hy my agterna by die deur uit. Asof dit nie genoeg is nie toe pluk hy nog die interkom se luidspreker van die muur af en gooi my met die amper teen die kop.

   “Gaan soek vir jou ʼn ander vak”, was sy laaste woorde aan my.

   Ek stoot toe maar met my gekrenkte binneste af voorligting juffrou toe. Die wil nog met ou Boel gaan praat toe deel ek haar mee dat hy niks van wiskunde af weet nie. Hoe de hel kry jy al jou antwoorde reg maar jou punte is minus 4? Dis daaroor wat ek iets gesȇ het wat my amper kop eerste in die vlagpaal laat beland het.

   Voorligting se juffie pluk toe daar ʼn boek so dik soos die oorspronklike Bybel uit haar kabinet uit en begin daardeur te blaai. Haai Shame, die arme vrou raak amper aan te huil nog voor sy deur die eerste gedeelte is. Dis toe heeltyd my persoonlike leȇr. Julle skrik vir julle morsdood as julle sien wat die mense alles van jou af geweet het. Vanaf jou IK toetse se uitslag tot jou alkohol verbruik is alles daarin. In my geval is dit toe my IK wat die vrou so liries maak. Sy voel toe dis haar plig om vir my te wys wat my IK is, aangesien ek nie daarvolgens op skool gepresteer het nie.

   Ek moes kamma Dokter of Prokureur word met so IK. Pleks sy noem iets soos Ginokoloog, dan kon dit my dalk motiveer. Dink net, dan kon ons op die reunie oor parras gepraat het. Elk geval, die IK het my toe reeds vir Mensa laat kwalifiseer en die vrou kon nie so IK met sulke lae punte bymekaar bring nie. Ek het daai verstand vir atletiek gebruik man, of het sy gedink atlete is dom?

   Maar dis nou die einde van daardie onderwerp, dit was nou net om te motiveer dat ek nie deur die k$% is nie.

   Nou die hoofstorie; Elke oggend, omtrent 5h30 het Snymantjie opgestaan en sy tekkies aangetrek, natuurlik hardloop klere daarby. Dan sluip ek saggies buitekant die huis om sodat ek niemand wakker maak nie. In die hoek van die erf vang Attie se kraai die beweging en dan raas hy, “Attie, jy moet opstaan!”

   Nou is ek in die pad, daar onderkant van die ou Nictus gebou af en dan op in die hoofstraat op tot bo by die polisiehoofkantoor, daar draai ek links en bo in oorlede Leutwein straat weer links, voor WHS verby en dan by die Duitse kerk bultaf terug huis toe. By die huis sluip ek weer om die huis; Attie, jy moet kom eet, raas die kraai weer, al slaap ou Attie nog dik stukke.

   Dit was elke oggend se roetine, behalwe Sondae, dan was dit langpad, vanaf die grondpad anderkant Daan Viljoen in tot by die skool. Volgende is dit ʼn koue stort, dan skoolklere en dan laat waai ek net om die draai tot by Ampie Louw se huis. Daar wag ek so minuut of twee of party keer wag hy al vir my. Daarvandaan stap ons saam die pad op skool toe.

   Hierdie een spesifieke oggend is alles dieselfde as al die ander dae, behalwe daar voor Ampie se huis. Ek wag en ek wag en ek wag, maar Ampie kom nie te voorskyn nie. Die karre dreun hier by my verby waar ek in skoolklere met boeksak en al die tyd op my horlosie staan en dop hou. Toe ek sien ons gaan dit nou nie meer betyds maak nie, toe glip ek by hulle erf in en loop om die huis na Ampie se buitekamer toe. Daar klop ek aan die deur en wag totdat ek so ʼn deur die slaap stem hoor antwoord.

  “Jy moet kom jong, ons gaan laat vir skool wees,” laat ek hoor.

  Die volgende oomblik pluk Ampie die deur van binne af oop.

   “Is jy deur die kak, dis Saterdag vandag,” sȇ hy. Dis toe dat ek besef Attie se kraai het vanoggend dan net gelag toe ek daar verbysluip.

Bubba

Hierdie een is so tipies FBI dat ek dit nie in Afrikaans wou oordra nie.

An old man lived alone in Idaho. He wanted to spade his potato garden, but it was very hard work. His only son, Bubba, who used to help him, was in prison. The old man wrote a letter to his son and described his predicament.

Dear Bubba:
I am feeling pretty bad because it looks like I won't be able to plant my potato garden this year. I'm just getting too old to be digging up a garden plot. If you were here, all my troubles would be over. I know you would dig the plot for me.

Love, Dad

A few days later, he received a letter from his son.

Dear Dad:
For heaven's sake, Dad, don't dig up that garden. That's where I buried the BODIES.Love, Bubba

At 4 a.m. the next morning, FBI agents and local Police showed up and dug up the entire area without finding any bodies. They apologized to the old man and left.
That same day, the old man received another letter from his son.
Dear Dad:
Go ahead and plant the potatoes now. It's the best I could do under the circumstances.Love, Bubba

Monday, August 1, 2011

Augustus se storie



Die Groot Blinkoog



Deur  Ian Snyman



   “Ian, oom Willem het gehoor jy het jou werk verloor en nou het hy ʼn proposisie vir jou.”

Ek staar my vrou verbaas aan. “Die ou oom is al vir jare afgetree, watter proposisie kan hy maak wat my sal help?”

   “Hoekom gaan hoor jy nie maar nie? Jy weet ons het geld dringend nodig.”

Ek besef dat my vrou dit reg het. Ek het my werk reeds twee maande gelede verloor toe die maatskappy sy tak in Tsumeb gesluit het. Daar was nie vakante poste by ander takke beskikbaar nie en ek het reeds verskeie aansoeke by ander maatskappye gedoen en nog geen terugvoering ontvang nie. My vrou het dit heeltemal reg, ons het geld dringend nodig.

   “Ek sal vroeg môreoggend gaan.”

Oom Willem is ʼn afgetrede myner vir solank as wat ek hom ken. Sy vrou werk nog en ons het so af en toe daar gekuier. Ek het dit geniet om na sy stories te luister. Ek kon nog net nooit besluit of  ek sy stories kan glo of nie. As ʼn mens net een van die goed in vandag se lewe probeer doen, wat oom Willem blykbaar gereeld gedoen het, dan sal jy vir baie lank toegesluit word. Dit is oor die rede dat ek maar skepties was om na sy  proposisie te gaan luister.



Oom Willem drink koffie op die agterstoep van sy mynhuis toe ek daar opdaag. Die oumense het ʼn gewoonte om vroeg in die oggend al op te wees.

   “Môre oom Willem, ek hoor oom is op soek na my.”

   “Ja môre Ian, kry koffie in die kombuis dan kom sit jy hier buite.”

Ek kry ʼn lekker groot beker koffie want ek vermoed ons gaan ʼn redelike rukkie besig wees.

   “Hierdie ding dat jy nou sonder werk sit, ek dink dit kom soos ʼn bedekte seёn,” begin oom Willem nog voor ek my sit kon kry.

   “Hoe so ,oom?”

   “Jy sien Ian, jy is een van die fikste mense wat ek ken. Jy ry elke oggend die groot driehoek met daai ou fiets van jou. Hoe ver is dit? Maklik vyftien kilometer. Die myners sien jou wanneer hulle soggens werk toe gaan. Ek sien jou elke aand draf en dan speel jy nog rugby ook. Dan hoor ek jy is ʼn man wat hou van die buitelewe. Jy gaan stap gereeld in die veld.”

   “Oom Willem is goed ingelig. Ek verstaan net nie wat dit met my werkloosheid te doen het nie.”

   “Ian, ek soek al  lank na iemand soos jy. Jy kan ons altwee skatryk maak.”

   “Praat maar oom, ek luister.”

   “Party van ons myners het maar nog altyd vir ekstra geld ʼn paar klippe uit die myn gesmokkel. Meestal toermalyn wat ons dan weer aan klipversamelaars verkoop. Op dié manier het ek bevriend geword met ʼn versamelaar wat omtrent enige tipe edel- of halfedelgesteentes koop. Nou het jy seker gehoor van my ou vriend Thys wat so ontydig dood is?”

   “Ja ek het oom.”

   “Net voor sy afsterwe het Thys my een aand dringend laat roep. Hy het besef sy tyd is naby en hy wou iets met my deel. Hy vertel my toe dit wat ek lankal van geweet het, maar hy kom toe met die hele storie uit. Een keer per jaar het Thys so vir twee weke lank spoorloos verdwyn. Nou ek het geweet dat hy skelmpies in die Sperrgebied gaan diamante soek. Hy kon dit egter nooit aan sy vrou vertel nie want sy was heeltemal teen sulke goed gekant.”

   “Nou wat het hy dan aan haar vertel as hy so wegraak?”

   “Man hy het die grootste klomp twak uitgedink. Kamma gaan jag by ʼn neef in die suide waar vrouens in die pad sou wees. Dan het hy sommer ʼn klomp biltong in Windhoek gekoop op pad terug Tsumeb toe. Of hy het kamma gaan visvang in Angola en dan mag hulle nie die vis oor die grens inbring nie. Jy weet, sommer enige verskoning om  die vrou nie te kwaad te maak nie.”

   “Het hy ooit diamante opgespoor?”

   “Ian dis hoekom ek sê ek soek al lank na iemand soos jy. Thys het altyd met sy terugkoms eers vir my sy vonds gewys voordat hy die goed verkoop het. Oor al die jare het hy elke keer ʼn paar mooi klippe gekry. Ek was te oud om saam met hom te gaan. Iemand soos jy kon ek namens myself stuur en ons kon die vonds deel. Maar die groot storie is eintlik dit wat Thys my nou die dag voor sy afsterwe vertel het.”

   “Oom maak my nou baie nuuskierig.”

   “Thys het kaarte opgeteken van waar hy oral gaan klippies soek. Eendag het hy dit aan my genoem dat dit lyk asof daar ʼn patroon bestaan. Ek was nuuskierig en wou weet wat hy bedoel. Hy sê toe dat in sekere gebiede hy lank moes soek en in ander gebiede was dit vinnig. Hy teken toe ʼn paar plekke op sy kaart aan en wys na een spesifieke plek. As sy teorie reg was dan moes diamante volop in daardie gebied wees. Ek vra hom toe hoe groot die gebied is en hy sê dis maar omtrent so groot soos ʼn rugbyveld.”

   “En hy wys toe vir oom presies waar dit is?”

   “Die laaste keer wat Thys teruggekeer het, het hy my baie opgewonde vertel dat sy teorie reg was. Hy wys my toe die grootste blinkoog wat ek nog in my lewe gesien het. En toe nŏg een en nŏg een. Hy vertel toe dat daar tussen die duine  ʼn vlei gevorm het. Wanneer reёn volop was het ʼn rivier afgekom wat in hierdie vlei doodgeloop het. Wanneer die vlei se water opdroog kon hy net eenvoudig die goed optel. Dit wil voorkom asof die rivier die diamante van iewers afgebring het.”

   “En oom glo hom?”

   “Jy kan mos nie teen bewyse stry nie man. Die man het my die klippe gewys. Nou net wat my ou vriend op die vonds van sy lewe afgekom het, is hy daar in die middel van die woestyn deur ʼn adder gepik. Hy het altyd sy noodhulpkissie by hom gehad en hy kon die meeste gif uitkry. Hy het egter besef dat hy by ʼn hospitaal moes kom vir teёgif en hy het dadelik terugvertrek. Die bietjie gif wat in sy liggaam agtergebly het, het egter hulle werk stelselmatig gedoen en Thys het elke dag swakker geword. Hy het dit teruggemaak en dit het gelyk asof hy veilig is. Die gif het egter meer skade gedoen as wat die dokters kon sien en hy het skielik agteruitgegaan. Die dag voor sy dood het hy my laat roep. Dis toe wat Thys besluit om al sy aantekeninge en kaarte aan my te gee. Hy wys my toe presies waar die vlei is en hoe om te bereken wanneer om te gaan.”

   “Wanneer is die regte tyd? Ek sou reken ʼn mens moet weet wanneer die rivier afgeloop het en  wanneer die vlei opgedroog het.”

   “Jy het reg, Ian. Thys het my alles gewys. Ons bereken die reёnvalsyfers soos die weerkantoor dit deurgee en wanneer dit genoeg in een week reёn dan kan ons aflei dat die rivier sal loop. Presies drie weke daarna dan het die vlei opgedroog in die droё woestynsand. Dan is dit die regte tyd om te vertrek.”

   “So nou moet ons net wag vir die reёn?’

   “Nee Ian, dis nou die tyd om te gaan. Ek het die berekeninge gedoen presies soos Thys gewys het en die vlei behoort nou droog te wees. Die goed wag daar vir jou, jy moet dit net gaan haal.”

   “So maklik soos dit?”

   “Nee, daar is ʼn paar haakplekke.”

   “Soos wat , oom?”

   “Thys het oor die jare die gebied leer ken. Hy kon vir ʼn maand daar oorleef  as dit moes. Enige ander persoon sal maksimum ʼn week hou as hy nie reg beplan nie. Jy gaan omtrent tien dae nodig hê. Jou beplanning moet perfek wees of jy gaan een van baie geraamtes onder die duinesand word. Ons het gelukkig Thys se notas. Dit vertel presies hoeveel water en kos jy moet saamdra. Hy het oor die jare op sy pad sekere goed weggesteek wat dit vir hom makliker gemaak het om te oorleef. Sy kaart wys presies waar. Daar is egter nog een ding wat jy moet weet.”

   “Dit klink ernstig.”

   “Thys vermoed dat hy die laaste keer dopgehou is. Hy het nooit iemand kon sien nie, maar hy het die gevoel gehad dat daar iemand was. Nou as dit die polisie is dan moet jy ʼn besluit neem. Gooi die goed liewers weg, maar moet net nie gevang word nie. Jy kan altyd later weer gaan maar in die tronk gaan jy vir ons niks werd wees nie.”

   “Dis reg oom Willem. Kan ek die notas en die kaarte kry om my beplanning te doen?”

   “Ian, dis nie dat ek jou nie vertrou nie, maar as jy iets oorkom dan kan ek nog altyd iemand anders instuur. Ek dink dis veiliger dat die goed by my bly. Bestudeer alles hier en teken jou eie kaart. Kan ek op jou vertrou dat jy nie met die klippe sal verdwyn nie?”

   “Natuurlik oom, ek weet mos nie waar om sulke goed te verkoop nie en oom het die koper. Oom het die kennis en ek doen die werk. Ons deel die wins.”

   “Nou goed kom ons skud hand daarop.”

   “Goed oom Willem, en moet tog nie die vroue vertel wat ons beplan nie.”





Ek het dadelik aan die werk gespring. Die meeste toerusting, soos ʼn ordentlike rugsak, waterbottels en goeie stapskoene het ek reeds gehad. Ek het blikkies kos gekoop en alles in die rugsak gepak. Daarna het ek die kaart en die notas van Thys bestudeer. Dit sou geen maklike taak wees wat voorlê nie. Thys het aantekeninge gemaak van dinge soos hittegolwe, skuiwende sand en sandstorms. Alhoewel oom Willem dit reg het dat ek baie fiks is, is ek nie vertroud met die toestande wat in die woestyn op my wag nie. Ek is beboste gebiede gewoond waar water maklik bekombaar is. Nietemin het ek die geld dringend nodig en ek was bereid om die kans te waag vir kitsrykdom.

   Ek het Tsumeb vroeg die volgende oggend verlaat. Thys se notas was baie presies en hy het gereelde aantekeninge gemaak van hoe lank hy van een punt tot ʼn volgende gereis het. My eindbestemming sou wees vyftig kilometer suid van Homeb en veertig kilometer wes van die Randberge, in die hartjie van die Namib Naukluft Park. Die Randberge was skynbaar die oorsprong van die rivier wat die vlei gevoed het. Dit was ook die punt waar ek die motor moes versteek en my staptog begin.

   Dit was maklik om ʼn goeie wegsteekplek vir die motor te vind. Die berg het baie inhamme en ek was ʼn redelike ent binnekant verbode gebied. Op grond van Thys se notas het ek my rugsak oorlaai met tweeliter plastiekbottels vol water. Aanvanklik sou ek swaar dra maar die plan was om met elke dag se stap een bottel langs die pad te versteek. Dit sou my vrag ligter maak en terselftertyd verseker dat daar wel water op my terugtog beskikbaar is.

   Die eerste dag het ek gesukkel. Ek moes gereeld die kaart en notas bestudeer om te verseker dat ek in die regte rigting loop. Thys se beskrywings was vir homself bedoel en ek het party notas verkeerd vertolk. Gaandeweg het ek egter sy denkrigting begin verstaan en kon ek vinniger vorder. Thys het die gebied goed geken en hy kon gedurende die nag stap wanner dit koeler in die woestyn was. Ek moes egter soek vir bakens wat hy op sy kaart aangedui het en was dus geforseer om deur die dag te stap. Laatmiddag het ek op die plek afgekom waar hy skynbaar gereeld oornag het. Na ʼn paar minute se soek het ek op die plek afgekom waar hy tydens die meeste van sy vorige togte ʼn paar goed vertseek het.

   Daar was halfgedrinkte waterbottels, ʼn ou graaf en beddegoed. Thys het op sy terugkeer van sy oortollige bagasie hier gelos omdat hy geweet het dat dit slegs ʼn dag se stap terug tot by die motor was. Dan het hy op ʼn volgende tog minder goed saamgedra en hierdie plek as ʼn basis gebruik van waar hy sy soektog geloods het. Toe het sy groot geluk saam met die ongeluk gekom.

   As alles volgens plan verloop sal ek nog drie dae vorentoe stap. Die vyfde dag sal ek die droё vlei fynkam en dan is dit weer vier vol dae se stap terug. Dié nag het dit koud geraak en ek het besluit om van Thys se beddegoed saam te dra vir ingeval dit kouer raak dieper die woestyn in. Ek het twee van my vol waterbottels gelos en Thys se klomp bottels gebruik om een bottel vol te maak.

   Met die eerste lig was ek reeds weer op pad. Ek het genoeg water gehad en kon genoegsaam drink. Die harde heuwelagtige gebied het platter geraak en toe het die sandduine gekom. Aan die einde van die tweede dag was dit net sand om my. Die altyd beweginde sandduine het dit onmoontlik gemaak om iets weg te steek. Tog het Thys aangedui dat hy water gelos het vir sy terugtog. Ek wou nie die kans waag om ʼn waterbottel te los en met my terugkoms dit nie te vind nie.

   Aan die einde van die vierde dag het ek voor ʼn duin te staan gekom wat volgens Thys die einde van my tog sou beteken. Daar was egter geen teken van ʼn vlei nie. Moeisaam het ek teen die duin uitgeklim. Die hitte van die laaste vier dae se stap het my erg uitgeput en die eensaamheid in die woestyn het aan my begin vat. Meeste van alles was die sand wat alewig by my skoene ingekom het en aan my voete geskaaf het. Met die son wat laag in die weste sak bereik ek die bokant van die duin. Ek maak ʼn waterbottel los van die rugsak af en drink lank aan die louwarm water. Dan sien ek die vlei, reg voor my, tussen die duine en amper die grootte van ʼn rugbyveld. Vanaf die bokant van die duin kan ek nou die pad sien wat die water invloei tussen die duine deur uit die rigting vanwaar ek gekom het. Instede van met ʼn kompas rigting te hou en oor elke duin in my pad oor te klim kon ek maar net in die inloop gestap het. Dit sou darem my stap terug vergemaklik.

   Ek hardloop opgewonde teen die duin af en kom amper halfpad in die opgedroogde vlei tot stilstand. Ek vee met my hande deur die boonste lagie waaisand en skaars ʼn minuut later kry ek dit. Nie Thys of oom Willem het oordryf nie. Ek sit met ʼn bielie van ʼn diamant in my hand. Ek kan skaars wag om verder te soek maar besluit om by my aanvanklike beplanning te bly en die hele volgende dag te gebruik om die vlei te fynkam.

   Dit is harder werk as wat ek gedink het. Ek lê plat op my maag en fynkam die grond deeglik sonder om ʼn stukkie oor te slaan, maar ten minste is dit die moeite werd. Die diamante is volop net soos Thys beweer het en afgesien daarvan is hulle boonop nog groot ook. Dis ʼn lang dag in die skroeiende son en warm sand maar teen die einde van die dag het ek net oor die tweehonderd diamante by my. Ek dink aan die ou dae toe hulle by Kolmanskop laas so volop diamante in so ʼn klein oppervlak letterlik net kon optel. Ek is egter bly hulle het nog nooit hierdie plek gevind nie, want dit beteken meer vir my en oom Willem.

   Vroeg die volgende oggend is ek reeds op pad terug. Ek is opgewonde en ek vorder vinniger op my nuwe roete tussen die duine deur. Ek kan meer eet en drink as met die kom slag en bereik die laaste oornagplek binne net twee en ʼn halwe dae. Ek het volop water en kos oor en besef nou hoekom Thys hier water kon agter los. Ek los self ook alle oortollige water en kos vir my volgende keer en hou net genoeg by my vir die laaste dag se stap terug motor toe.

   Dit is vandag net so warm soos al die vorige dae in die woestyn, maar ek voel skaars die hitte. My rugsak is lig en my kop is vol somme. Ek probeer uitwerk hoeveel die diamante werd is, maar ek het te min ondervinding van diamantpryse. Nogtans droom ek al oor wat ek met my deel van die geld gaan maak. Maar eintlik is dit nie meer drome nie, want ek het hulle nou by my. Al twee honderd blinkoё is in die rugsak by my.

   Dit moes die dagdrome en die uitputting van die laaste paar dae se stap gewees het wat my waaksaamheid laat verslap het. Skaars ʼn honderd meter van my motor af hoor ek ʼn geluid agter my en toe ek omkyk tref iets hard en swaar my oor die kop. Dit raak alles donker en ek val in ʼn diep slaap weg.

   Ek het geen idee hoe lank ek daar gelê het nie en dit was met ʼn geweldige kopseer wat ek wakker geword het. Nodeloos om te sê maar die rugsak en die diamante daarin was weg. Die motor was darem nog daar. Gelukkig het ek die sleutels daar naby versteek en nie by my in die rugsak gedra nie.

   Die pad Tsumeb toe was lank en stadig. By die huis het ek in die bed geklim en geslaap. Ek wou niemand sien nie, maar ek het geweet dat ek een of ander tyd by oom Willem sou moes aangaan.  Twee dae later het die pyn in my kop beter gevoel en ek het besluit om die slegte nuus aan oom Willem oor te dra.

   Oom Willem drink weer koffie op die stoep wanneer ek daar aankom.

   “Wat gaan met jou kop aan en hoekom lyk jy so bekaf?”

Ek verduidelik breedvoerig aan oom Willem wat alles gebeur het vanaf ek hom laas gesien het.

   “Goeie genugtig man, jy sê dit was meer as tweehonderd diamante?”

   “Ja oom Willem, en hulle was groot.”

   “Nou het jy dan niemand gesien nie?”

   “Nee oom, ek het iets gehoor en die volgende oomblik tref iets my teen die kop.”

   “Twee honderd diamante, magtig man dit kan amper ʼn miljoen rand werd wees.”

   “Ek is jammer oom, ek moes meer op my hoede gewees het, maar ek was al amper by die motor en ek was baie opgewonde.”

   “Ja Ian, dis natuurlik dieselfde mense wat vir Thys ook dopgehou het. Onthou jy dat hy die gevoel gekry het dat iemand daar was.”

   “Ek onthou ja.”

   “Ons moet maar weer beplan sodat jy later weer kan gaan.”

   “Nee oom. Ek gaan nie weer nie. Ek het gister van ʼn groot maatskappy gehoor dat hulle my van die einde van die maand af in diens neem. Die ding wat met die diamante gebeur het, het my ook oortuig dat ek liewers vir my geld moet werk. Ek kan bly wees dat ek nog lewe. Wie my ookal beroof het kon my netsowel vermoor het.”

   “Dit is waar ja. Gee vir my vanoggend se koerant wat daar langs jou op die tafel is. Ek dink dan ek het netnou iets daarin gelees van diamante.”

   “Op watter bladsy, oom.”

   “Gee hier dat ek gou soek.”

   Oom Willem neem die koerant en na ʼn rukkie se soekwerk begin hy praat.

   “Hier is dit. Hulle skryf hier dat vier Namibiёrs gister in ʼn motorongeluk in Suid Afrika dood is. ʼn Kop aan kop botsing met ʼn vragmotor net anderkant Ariamsvlei. Al vier insittendes is oorlede. Die vier mans was vermoedelik op pad om ʼn diamanttransaksie te gaan doen iewers in Suid Afrika. In die voertuig is meer as tweehonderd diamante aangetref . Ja Ian, dit lyk vir my jy is reg, ons moet maar liewers die diamante los. Die goed sal ons net doodmaak.”