Monday, May 30, 2011

Hamas pappa

Ek sien daar is baie mense wat die regering en sy verwante agentskappe so gereeld in die nuus aanvat. Dit is nogal uiters gerusstellend om te sien dat die hogere amptenare dan kommentaar terugvoer. Hulle lees dus die koerant en tree op waar nodig. Dit is veral ons minister van Binnelandse sake en immigrasie wat mens so lekker laat voel wanneer sy laat weet dat sy Afrikaans baie goed lees en dus ook verstaan. Hoe dan ook anders, het sy dan nie doei tyd in Afrikaans skool gegaan nie? My boodskap is dus; ons land is nog gesond, want die mense wat heers verstaan nog die taal van die onderdane wat graag wil sien dat die land nie verval nie. Dis wanneer daardie generasie uitsterf en die nuwe heersers nie meer gaan omgee wat die volkies dink nie, dis dan wanneer ons begin worry. Hamas pappa is my boodskap vandag, dit kon hierdie tipe mense gewees het wat ons land regeer, ons is nog steeds in die land van melk en heuning.











No comments:

Post a Comment