Tuesday, May 10, 2011

Shorty-saak

Maandag 9 Mei se Republikein se hoofopskrif lees; Shorty-saak in pylvak. Ek wil nie op enige manier by hierdie saak betrokke raak nie alhoewel Shorty my skrumskakel in my laaste rugby wedstryd ooit was. Sy Pa, Justus was daarna menigte kere langs my langs die veld waar Shorty gespeel het en ek die afrigter was.Sy ma, Elsabe het ek ontmoet toe ek vir n werksseminaar by ITC was, toe sy nog die eienaar daar was. Al waaroor ek kommentaar wil lewer is die opskrif. Die HAT het net een definisie vir ; pylvak, en dit is die reguit deel van n ren-,atletiekbaan, veral die gedeelte tussen die laaste draai en die wenpaal. Dit word gewoonlik na die wenners van die resies verwys na wanneer hulle die pylvak betree.Dit is ook my probleem met hierdie opskrif. Mense is vermoor, hulle kan nie teruggebring word nie, hoe op dees aarde kan daar wenners in die verband wees. Nie eens n skuldig- of onskuldig- bevinding kan wenners uit so situasie na vore bring nie. Dit is ook nie n resies nie, daar is nie eerste plekke nie en daar is nie laaste plekke nie. Die verlies van menselewens kan nooit ooit met n resies vergelyk word nie. Ek verstaan heeltemal wat die koerant bedoel, maar ek is oortuig dat daar ander Afrikaanse woorde beskikbaar is wat meer oorspronklik sou wees. Soos byvoorbeeld; Shorty-saak in doodsnikke. Die woord dood sou meer van pas in die verband wees, maar dis my persoonlike gevoel.

No comments:

Post a Comment