Thursday, May 5, 2011

Toordoktas

Dinsdag 3 Mei se koerant vertel die stukkie oor die dik man wat agter ʼn gordyn sit en nadat jy N$ 50.00 opgedok het, dan luister hy na jou probleme. Nog N$ 1500.00 later dan sal hy in ruil vir die betaling jou slegte geluk laat verdwyn. En toe verdwyn hy soos ʼn groot speld en sy pasiënte sit nog steeds met hulle slegte geluk. Dis vir my so klassiek, ek kan myself bevuil. Watter regmatige, verstandelike gesonde, normale volgroeide mens gaan sien nog sulke tipe dokters. Mens kan nie eens die ou die titel toordokter toeskryf nie, want hulle noem niks dat hy bene gegooi het nie. Is daar regtig mense wat hulle so laat bedrieg. Dit begin mos darem eintlik by opvoeding. Ma leer vir kind; bly weg van sulke mense; hou jou neus uit waarsȇery uit, daardie tipe goed word jy al in die Bybel geleer. Wat hierdie tipe mense nie besef nie , is dat hulle slegte geluk juis hand aan hand loop met hulle tipe van opvoeding wat daartoe ly dat hulle as volwassenes nog aan sulke snert glo. Glo hulle ook dat Liewe Heksie en Karel Kabouter regtig bestaan? Jammer man, maar gaan soek jou slegte geluk in jou eie kop, ek waarborg jou dat jy die oorsprong daarvan daar sal vind. Hulle noem daardie soektog in jouself eintlik Introspeksie oftewel selfondersoek. Probeer dit ten minste twee keer per week en die antwoord sal na jou toe kom. Vir hierdie raad vra ek slegs die bargain prys van N$ 1000.00, kontak my sodat ek die geldtjies by jou kan kom optel. Dankie.

No comments:

Post a Comment