Friday, May 6, 2011

Leerrevolusie kom!

Voorbladnuus Vrydag 6 Mei; Ek moet tog hierdie stukkie aanhaal voordat ek my mening lig. "Namibiers uit byna elke denkbare agtergrond gaan oor sewe weke vir n waterskeidende nasionale beraad oor elke verlammende probleem in die land se onderwysstelsel aansit." My afleiding in plein Afrikaans is dat hulle wil uitvind waar die fout is dat ons skoolkinders so swak presteer. Dan word daar na verskillende aspekte in die onderwys gekyk en waar daar na moontlike probleme en oplossings gesoek gaan word. Nou help my asseblief reg as ek nou verkeerd is. As al die kinders in staatsskole swak presteer,(dis wat die uitslae wys, nie ek nie)is dit die kinders se skuld? Is dit te min skole, of dit of dat of te veel water, of wat? Nie in een enkele sin, paragraaf of selfs n enkele woord word daar verwys na die gehalte van onderwys nie.Die Minister praat niks oor die kwaliteit van individuele onderwysers nie, of hulle vaardigheid in die taal waarin hulle onderrig nie. Of selfs nie eens die vaardigheid van die leerders in die taal waarin hulle onderrig ontvang nie. Kom ek gee hierdie voorbeeld. Daar is n Fransman wat graag Chinees wil praat. Ek wil ook graag Chinees leer praat en nou gaan loop ek lesse by die Fransman. Gaan die Chinese my verstaan wanneer ek in Shangai aankom en in Chinees lostrek? Die Franse dialek verskil net te veel van Chinees sodat daardie man my kwaliteit Chinees kan leer. Net so verskil die Afrikaans wat ons onderwysers direk na Engels vertaal te veel vanaf die werklike Engels sodat hierdie mense ordentlik in daardie taal kan onderrig. Ek praat nou glad nie eens oor die kwalifikasies van die gemiddelde onderwyser in staatsskole nie. Privaatskole weet ons noual maak nie deel van hierdie swak statistieke nie. So wat is hulle resep vir sukses? Dis al wat die Minister hoef te doen en dit gaan hom ook nie sewe weke en n helse klomp geld kos nie. Gaan eenvoudig een oggend na enige privaatskool toe en gaan leer die volgende les; Kwaliteit onderwysers met kwaliteit kwalifikasies wat hulleself deeglik in die taal van onderrig kan uitdruk.As die Minister die les onder die knie het kan hy by my kom aanklop vir les nommer twee teen n baie kleiner bedrag as wat die sewe week bedryf hom gaan kos. Les nommer twee sal handel oor lat oppie gat op sy tyd.Dan as ons die basics reg het sal ek hom les nommer drie gratis gee. Dit sal daaroor handel dat die resep vir deeglike onderrig begin by die ouerhuis, beide vir kinders en onderwysers en selfs vir ministers ook.

1 comment:

  1. Dis baie waar, maar hoekom sal die ministerie, die waarheid erken en homself verneder.; Dit is vir hulle baie makliker om liewer nog geld uit te haal vir n kamma ondersoek, wat in elk geval net ons belastingbetaler se sak sal knou en dan met een of ander gevorderde antwoord te kom, wat in afrikaans maar weereens daarop sal neerkom dat die fout by beide die leerders en die onderwysers le, en dat met samewerking van beide kante beter hoogtes sal bereik word.

    komaan, hulle herhaal hierdie selfde storie amper na elke eksamen, as die koerant gons van swak punte.

    ReplyDelete