Monday, May 9, 2011

Johann Sadie en Rassie

Almal wat my berig Vrydag voor die Stormers/Crusaders wedstryd gelees het en ook die wedstryd gekyk het, kan maar hier lees. Na aanleiding van my mening oor die insluiting van Sadie op vleuel, sal die berig baie beter verstaan word na die Jacque Fourie drie. Sadie het presies dit gedoen wat ek voorspel het en sy sentervaardighede was die direkte rede waarom Fourie met spoed in spasie kon inhardloop. Enige normale vleuel kon die beweging daar laat doodloop het. Verder het die volgende ook duidelik in die wedstryd na vore gekom en ek wil dit met name bevestig; Rassie se soeke na nuwe en jong talent het in die wedstryd teen een van die gedugste Superrugby spanne ooit baie sterk bevestig dat SA die talent het maar nie deur die bokkeurders die nodige kanse gegun word nie.Hier is die jongelinge van saterdag wat in Rassie se tyd deurgekom het, soveel so dat van hulle al soos ou name klink; Francois Louw, Reino Elstad, De Kok Steenkamp,Deon Fourie,Johan Sadie,Gio Aplon,Kurt Coleman,Juan de Jong en losskakel Lionel Cronje.
Daar is verseker nog baie jonges wat net wag om die nodige kans te kry, soos byvoorbeeld Gary van Aswegen. Skielik sit die Stormers in die posisie waar daar 3 losskakels is wat vir Peter Grant kan instaan. Watter ander Super 15 franchise kan daarop aanspraak maak? Dieselfde geld vir senters (daar is tans 3 boksenters in die span)asook vir vleuels en heelagters. Dit is die direkte gevolg van Rassie se "Goed genoeg is oud genoeg" attitude, iets wat al deur Doc Danie Craven begin is maar deur die tye deur afrigters afgeskeep is ten opsigte van "Ervaring is beter". En my vraag is , hoe doen jy ervaring op as jy nie in die span speel nie?

No comments:

Post a Comment