Thursday, May 12, 2011

Cheetahs vs Crusaders

Met die hoeveelheid kommentaar wat ek oor rugby lewer, sal mens seker dink ek is n fanatiese rugbykyker wat nie n enkele wedstryd mis nie. Die realiteit is dat ek hierdie jaar nog net twee wedstryde in totaal gekyk het, naamlik die Stormers/ Bulle en die Stormers/ Crusaders. Want of mens dit nou wil erken of nie, SA rugby is maar baie nes Egoli. Jy hoef net so twee keer elke ses maande te kyk om te sien wie die nuwe gesigte is, en jy mis verder niks nie. Die res bly maar altyd dieselfde. In die twee wedstryde het ek egter reeds een aspek uitgelig wat my wel beindruk het. Dit is natuurlik die wesentlike verskil wat Rassie by die Stormers bewerkstellig en dan ook die jong spelers wat hy na vore bring.
Dit is ongelukkig so dat kamma kenners nou na die Crusaders se klein oorwinning oor die Stormers reken dat met die hoeveelheid beserings wat die Crusaders gedurende die wedstryd opgedoen het, die Cheetahs nou ʼn daadwerklike kans staan om die gedugte Crusaders te klop. Dit volgens my opinie is soortgelyk aan dit waarvan Loftus se veld so volop is, naamlik Bullshit. Ek reken dat daar Saterdag nie net op die Cheetahs nie, maar op die hele SA rugbyopset ʼn “reality check” wag. Selfs ʼn gebroke Crusaders span sal te veel vir enige ander SA span wees wat hardlooprugby teen hierdie manne wil speel. Slegs die Bulle met hulle parasietstyl sal die Crusaders bietjie kan inperk, maar dit is met negatiewe spelpatrone en dis nie eintlik wat ons ondersteuners wil sien nie. Baie is natuurlik voor die Stormers wedstryd oor die Jean de Villiers/ Sonny Bill Williams tweestryd gegis, maar die uiteinde was dat ons kamma wereld se beste binnesenter maar sleg tweede gekom het. Williams het op sy gemak ons verdediging aan flarde geruk. Nou gaan sekere manne my kruisig en beweer dat ek die jongelinge van die Stormers so prys, maar dat die Cheetahs net so baie jongmanne het. Dit is ook heeltemal reg so, maar die groot verskil is die afrigting van Naka en die afrigting van Rassie. Daar is ligjare se verskil tussen wat die youngsters by die onderskeie provinsies geleer word en dit is juis hierdie gebrek aan detail in afrigting wat Naka se manne hard grond toe gaan bring. Hierdie is game nommer3 wat ek vir die jaar gaan kyk, want die balvaardighede van Sonny Bill is iets wat mens eintlik op slow-mow moet kyk, as jy jou oog knip dan het jy dit in realtime gemis. Ek sien uit na ʼn fees van drieë en almal so rondom Sonny Bill.

4 comments:

  1. Jy's darem lelik met my spannetjie. Lyk my jy ly nog aan seerkry na jou span se vertoning verlede week.
    Maar kom ons eerlik wees, my spannetjie se kanse is nie baie bright. Maar ek skree nogsteeds VIR hulle. Net soos jy ook die afgelope klompie jare vir die Stormers skree sonder dat daar 'n trofeetjie in daai stofkas van julle was.

    Liefde groete
    Jou Cheetah pal

    ReplyDelete
  2. Ek se niks!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    Nee wat!!!

    VRYSTAAT!!!!!!!!!!!!!!!!

    ReplyDelete
  3. Ongelukkig kon ek nie die game kyk nie, maar laat ek vir jou die volgende vertel. Naka en jou spannetjie se eindtelling sal maak dat ek vir eers my snoel so bietjie stil hou tot later. Dit lyk my dis nog net die Reds van die top spanne wat nie insinkings beleef nie. Maar die telling vertel seker sy eie verhaal en dis dat die Cheetahs die Crusaders oortuigend gewen het. Baie geluk, nou het jy weer slag rede om breebors rond te loop. Maar ek dink nog steeds nie veel van Naka nie, until further notice.

    ReplyDelete
  4. Net soos ek gedink het, die truuk van die Cheetahs om Sonny Bill hok te slaan , kom toe al die pad van Saracens af. Oud Vrystater Brenden Venter, is toe heeltyd die meesterbrein wat n verdedegingspatroon op SBW uitgewerk het en die truuk is deur die Cheetahs se hulpafrigter verfyn en toegepas.Dog, die Cheetahs het dit reggekry om Sonny Bill na n gewone speler te laat lyk en hopenlik het die Bokke daar n tip of twee gevang.

    ReplyDelete