Friday, May 20, 2011

Rugby

Nadat ek laas jaar bykans geen rugby gekyk het nie, hoofsaaklik oor die Egoli faktor (dit neem jou 5 minute se kyk om agter te kom dat niks oor die tyd verander het nie) waag ek dit gou vanoggend om die 3 de wedstryd vir die jaar te kyk. Na slegs 32 minute sit ek toe maar die tv af. Dit sal toe nou nie die 3 de wedstryd vir die jaar wees nie en weereens agv die Egoli faktor. Dit werk net eenvoudig nie dat n SA span in NZ gaan speel en dan is al drie die wedstrydbeamptes NieuZeelanders nie. Hulle kan nou maar gorrel wat hulle wil oor proffesionalisme en, en , en. Die Stormers word gestraf op maniere waar die Blues eenvoudig met moord weg kom vir soortgelyke oortredings. Alle 50/50 beslissings gaan teen die SA span. Geelkaarte gaan teen die SA span. Laas naweek was dit Aplon, vanoggend Louw. Die Blues se spelers het in die eerste 30 minute dieselfde oortredings as Louw begaan, maar syne was silly. Habana het kamma bal oorgedra en nog hordes sulke snert. Dit gaan al so vir jare en al wen die Stormers ook hierdie wedstryd, stel ek nie belang om die game klaar te kyk nie. Dis die sisteem oor refs wat my as kyker wegdryf. Dis so goed enige SA span gaan speel die Bulle op Loftus en Jonathan Kaplan is die ref. Jy kan nie wen nie. Die game is nog nie eens oor nie dan het Andre Watson reeds statistieke gereed om te wys dat Kaplan ewe veel strafskoppe uitgedeel het. Hy noem net nooit dat die verloorspan hulle strafskoppe feitlik almal in die laaste 10 minute gekry het toe die uitslag van die game reeds bepaal was nie. Nee, ek dink ek gaan nou maar liewers netbal kyk.

No comments:

Post a Comment