Friday, May 6, 2011

Eerste Minister

Gister se Republikein, 05 Mei, het nogal paar mense se wenkbroue laat lig as gevolg van twee verskillende voorbladstories. Die hoofstorie was natuurlik ons Eerste Minister wat sy kritiek uitspreek rondom die teregstelling van Osama bin Laden, of dan juis die manier hoe dit uitgevoer is. Volgens hom moes Amerika die terroristeleier in hegtenis neem en voor die hof bring om sodoende die kans op n geregtige hofgeding gegun te word. Dis nou baie kort gestel, want die berig was nogal besonders lank uitgerek om so kort stukkie bog aan voorbladspasie af te staan. Dit moet nou ook genoem word dat dit die Eerste Minister van dieselfde nasie is as die wat so besonders vinnig was om vir Orack Obama geluk te wens met sy destydse opspraakwekkende aanstelling as die eerste swart president van Amerika. Die einste Obama beskou die teregstelling van Bin Laden as n persoonlike oorwinning en hier kom kritiseer n derderangse wereldlandtjie nou die wereld se magtigste man se besluitneming. Obama moet oppas dat hy nou nie ons Eerste Minister kom staan en kwaad maak nie. Ons 1ste Minister is nou juis besig om sy eie volkies kwaad te maak met sy uitsprake, want dis waar die ander voorbladstorie inkom. Die berig handel oor die vrou wat op haar huweliksdag by die hof gegryp word om net eenvoudig in die tronk gestop te word. Die vrou was juis by die hof om daar deur die landros in die huwelik bevestig te word met n Namibier. Dis nou nadat sy n vorige keer vir 5 jaar lank met n Namibier getroud was en oor dommicilum beskik om in Namibia te mag wees. Haar sonde, wat nou tronksake regverdig, is dan nou oordat sy in die land is. Dis nie my joppie om te bepaal of sy hier mag wees of nie, dis ons regering se job en daar staan ons 1ste Minister mos effektief aan die stuur van sake. Nou vra die gewone koerantleser op straat die volgende. Moet ons 1ste minister nie liewer sy neus hier in plaaslike belange hou en kyk dat sy regeringsamptenare nie geld aan siviele eise afstaan nie, as wat hy hom nou oor die wereld se grootste terroristeleier se dood ontferm. Want die gewone man op straat vra nou hoekom? Hoekom is hy so bekommerd oor die heengaan van n terroris? Dit klink kompleet asof ons land nou treur oor die heengaan van n vriend. Het ons dan voorheen vriendskapbande met Bin Laden gehad of waaroor die sentiment dat daar tot na ons grondwet verwys moet word. Dis nie asof Bin Laden n Namibier was en hier verhoor moes word nie. Maar die ander vrou? Was sy nie geregtig om na haarself as n Namibier te verwys nie? Daar is n Engelse spreekwoord wat Bin Laden se dood nogal goed beskryf en die 1ste minister moet miskien daarvan notisie neem, juis omdat hulle so lief vir Engels is. Daai Spreukwoord is; You die by the rules you live by.

No comments:

Post a Comment