Tuesday, May 3, 2011

Dood van Bin Laden

Dood van Osama Bin Laden

Die dood van Osama Bin Laden het vanselfsprekend alle ander nuusgebeure oorskadu. Dan ook vanselfsprekend is die baie verspreide gerugte en grappies wat daarmee gepaard sal gaan. Dit is egter baie interresant om na ʼn reeks feite ook te kyk en nie net die koeranteberigte slaafs na te volg nie.
Bin Laden word algemeen as die meesterbrein agter die September 11 tereuraanvalle in Amerika gesien. Vandaar het die Bush-regering reeds begin jag maak op die Al-Quida leier en dis ook deur sy opvolgers voortgesit.
Bin Laden, 54 jaar gelede gebore in Saudi Arabië, is oor die naweek gedood deur Amerikaanse magte. Dit was algemeen aanvaar dat hy die afgelope tien jaar in die reuse aantal grotte in die areas geskuil het. Wat min mense egter van bewus is, is dat alle lande se intelligensie magte se hoof daaglikse take juis die insamel van informasie is. Party maak gebruik van agente direk vanuit die verlangde streke en ander sit duisende kilometers daarvandaan en verwerk alle moontlike inligting.
In die geval van Bin Laden het die president van Amerika, President Obama, kort na sy aanstelling reeds met die Direkteur van die CIA , Leon Panetta, vergader en tesame het hulle die groep mense verantwoordelik vir die opsporing van Bin Laden ge-herorganiseer. Hierdie groep van ongeveer 24 mense het vanaf die 1 ste vloer-kantore van die Langley hoofkantoor ge-opereer. Alle ander groepe verteenwoordigend van die Amerikaanse weermag het in hulle poging saamgewerk om Bin Laden op te spoor. Die inligting wat in die laaste 8 maande versamel is, is direk vanuit Islamabad gedeeltelik, en andersins gedurende ondervragings van ge-arresteerde verdagtes, verkry. Die inligting is vanselfsprekend dubbel en dwars nagegaan voordat dit na die President deurgegee is. President Obama het op sy beurt die opdrag uitgereik vir ʼn meer direkte aanslag op die lewe van Bin Laden as gedurende die vorige mislukte probeerslae. Dit beteken dat nie ʼn lugaanslag op die uitgewysde blyplek van Bin Laden nie, maar ʼn direkte teregstelling deur grondmagte. Lugaanvalle het gewoonlik ook die dood van onskuldige burgelikes beteken en president Obama wou dit verhoed.
Die gevolg was dat die “Navy Seals” die afgelope naweek 40km suid van Islamabad in die dorpie, Abbottabad (vernoem na die Britse kommissaris, James Abbot van die 1850’s) op die luukse woonplek van Bin Laden toegeslaan het. Heeltemal ironies teenoor die algemene idee dat hy in grotte sou wegkruip, (waar hy in elk geval ʼn groot risiko sou loop om deur volgehoue lugaanvalle gedood te word), het hy uiters gerieflik reg teenaan ʼn metropoolse stad gewoon.
Vanuit die “Situation Room” het die Amerikaanse BBP’s alle bewegings van die “Navy Seals” gevolg soos dit per digitale kameras verfilm is en via sateliet na Amerika gebeeldsend is. Die dood van Bin Laden, ʼn vrou en nog twee mans, is dus direk in Amerika gebeeldsend en “real time” deur hooggeplaasdes gevolg. Daarna het ʼn groep analiseerders die lyk van Bin Laden op dieselfde manier uitgeken en nadat dit as positief geidentifiseer is, is die “Seals” toegelaat om die lyk ter see te begrawe. Die Latynse spreekwoord “Semper Fidelis” of in kort Semper Fi, wat always faithful beteken, is dus heeltemal tereg deur die ander lede van die Amerikaanse Weermag, die boodskap aan hulle “Navy Seals” kamerade gewees, want dit is immers die leuse van die eenheid. Wat die dood van Bin Laden vir sy aanhangers beteken, sal net tyd leer, maar dat dit hulle tydelik sal ontwrig, is verseker. Maar wees verseker dat hulle sal herorganiseer en met ʼn vergeldingsplan na vore sal tree.

1 comment:

  1. In kort het jy sommer baie vinnig opgesom wat die radio diens, die koerante en almal heeldag se. Dankie, nou hoef ek nie orals alle nuus te volg om tot die kern van die saak te kom nie.

    ReplyDelete