Wednesday, March 30, 2011


Nou wonder almal seker hoe hierdie fotos met mekaar verband hou. Soos almal seker al weet, is ek verkoopskonsultant by Fine and Country International Realty,Namibia. Wel ons twee direkteure is Regard Lourens en niemand anders nie as JP Nel, die eks Blou Bul senter. Met n onlangse besoek van JP het ek dit goedgedink om n ontbyt te reel en n paar kliente die kans te gun om JP te ontmoet. Was ek nogals aangenaamd verras toe JP heelhartig instem en nie alleen dit nie, maar hy gooi toe nog n getekende, geraamde Blou Bul, Super 14 trui in om opgeveil te word. Soos julle op die fotos sal sien was selfs hy verras om te sien hoe die ontbytgangers op die trui bie. Nie net het die trui vir n goeie N$ 6000.00 gegaan nie, maar JP verras toe nog meer toe hy en vennoot Regard besluit om die volle opbrengs van die trui aan Anette Grobler van Silent Steps te skenk. Dis waar die ander foto ter sprake kom. JP was reeds terug na die RSA en ek, Regard en kollegas, Uripi en John kan gesien word waar ons die tjek aan Anette oorhandig op die vooraand van haar 500km staptog. Vir die van julle wat nie weet nie, Anette wil die eerste persoon in die geskiedenis word wat vrou-alleen die roete langs die Skedelkus van Namibia, vanaf die Ugabrivier tot by die Kunenerivier te stap. Hierdie onherbergsame stuk aarde beoog sy om sonder enige bystand te stap en wel binne 30 dae. Die opbrengs van die staptog gaan ten bate van die Nasionale Instituut vir Dowes Kollege(NID). As jy nog nie soos JP Nel en Regard Lourens gemaak het nie, tree sommer nou met Anette per Epos in verbinding of besoek haar Silent Steps webtuiste om te sien hoe jy ook n bydrae kan lewer. Ten tye van hierdie skrywe, stap Anette al reeds haar vyfde dag. Well Done Girl. Die ander gesig op die fotos saam met JP en die trui is die van die bekende Windhoekse afslaer, Neil Engelbrecht, wat n skitterende werkie gedoen het en seker gemaak het die trui gaan vir n stewige bedrag. Dankie Neil. Die redakteur van die plaaslike Afrikaanse blad, Estelle de Bruyn, was ook verteenwoordig. Nie net is sy n Blou Bul ondersteuner nie, maar sy het ook die klein gebeurtenis van ons ondersteun en dekking daarvan in Die Republikein verleen. Dit is mos immers hierdie tipe groothartigheid van ons mense wat ons bekend maak.



No comments:

Post a Comment