Thursday, March 3, 2011







Ai, ek mis my ou Toyota bakkie, met net 330 000km op die klok het die enjin nou probleme. Ek vervang dit egter nou met die 3C turbo, dan kyk ons waar hy oral kan loop. Hy was reeds in die Kaap, Vic Falls, Myl 1o8, Mosselbaai en al die grondpad bergpasse in Namibia, behalwe Van Zylspas wat nie sonder 4x4 rybaar is nie. Hier is n paar fotos van die plekkies wat ons al saam besoek het, dis nou ek en my Toyota. Die minder mooi foto is waar hy gebreek het en ons gereed maak om hom te tou.Die anders is onderweg na Vic Falls.

No comments:

Post a Comment