Monday, May 30, 2011

Hamas pappa

Ek sien daar is baie mense wat die regering en sy verwante agentskappe so gereeld in die nuus aanvat. Dit is nogal uiters gerusstellend om te sien dat die hogere amptenare dan kommentaar terugvoer. Hulle lees dus die koerant en tree op waar nodig. Dit is veral ons minister van Binnelandse sake en immigrasie wat mens so lekker laat voel wanneer sy laat weet dat sy Afrikaans baie goed lees en dus ook verstaan. Hoe dan ook anders, het sy dan nie doei tyd in Afrikaans skool gegaan nie? My boodskap is dus; ons land is nog gesond, want die mense wat heers verstaan nog die taal van die onderdane wat graag wil sien dat die land nie verval nie. Dis wanneer daardie generasie uitsterf en die nuwe heersers nie meer gaan omgee wat die volkies dink nie, dis dan wanneer ons begin worry. Hamas pappa is my boodskap vandag, dit kon hierdie tipe mense gewees het wat ons land regeer, ons is nog steeds in die land van melk en heuning.











Friday, May 27, 2011

Junie maand se storie

Die tipe spikkelkat is mos niemand se speelmaat nie, maar sy is die middelpunt van my storie van Junie maand, moenie dit misloop nie.

100 meter rekord

“Dit was daar iewers net voor die Olimpiese spele van 2008 in Beijing in China wat ek gou vir bietjie besigheid oor soontoe is”, vertel oom Sebastiaan my die ander dag.
“Ek was aanvanklik nie van plan om die spele by te woon nie, maar omdat ek mos uit ʼn atletiek agtergrond uitkom, moes ek eintlik kon raai dat ek op die ou end wel daar sou opdaag”, vertel hy.
“Kyk, die ding het so begin. Ek gaan draf een namiddag daar verby die olimpiese stadium om darem die plekkie van naderby te kan sien. Net aan die buitekant van die stadium is daar ʼn kleiner baan wat die atlete gebruik om op te warm voordat hulle in die stadium inbeweeg vir die eintlike wedloop. Omdat ek mos maar nog al die jare ʼn talentsoeker is en bietjie die atlete van naderby wou sien, gaan ek toe in en beplan om so paar sprints te doen. Op my ouderdom is ek mos nie meer so vinnig as wat ek in my jonger dae was nie, maar ek is darem nou ook nog nie heeltemal oor die muur nie”.
“Ek merk toe daar in die blokke is so ʼn lang knaap wat gereed maak vir ʼn sprint of twee en ek staan sommer nader en vra of ek kan saam hol. Die knaap verstaan toe mos nou geen Afrikaans nie, maar hy het seker afgelei wat ek vra en beduie daar na die baan langs hom en ek gaan sak sommer daar in die blokke in die “get set” posisie. Sy afrigter blaas op ʼn fluitjie en die lang man kom besonders haastig uit die blokke uit, maar watwou, ek sit op sy gat en rondom die halfpadmerk, toe cruise ek so gemaklik by hom verby. By die eindstreep lyk dit vir my so al asof die mannetjie bietjie verbaas is, maar ek gee hom nie kans om asem te skep nie en begin hom sommer dadelik te coach terwyl ons terugstap na die beginpunt toe”.
“Kyk boet, met jou lengte en jou maergat behoort jy ʼn lekker 800 of 1500 te kan hol, maar dan sal ek nog so bietjie aan jou moet werk. Jou spoed is nie te sleg nie, dis nou gemeet aan my standaarde, maar met harde werk maak ek van jou ʼn wenner. Ek is net bietjie bekommerd oor jou arms wat bietjie aan die fris kant vir ʼn middelafstandatleet is, maar moenie worry nie, ek sal jou reg kry. So coach ek en die knaap kyk my aan asof ek kens is, want sien , hy verstaan geen woord Afrikaans nie. Met die tweede sprint is ek mos nou bietjie losser as met die vorige een en ek glip hom al hier op 40 meter verby. Maar nou raak ek kwaad, want die man het duidelik talent, maar hy lyk vir my bietjie lui. Ek hol bietjie stadiger en dan wanneer hy langs my is praat ek hom hard aan. Kom boet, as jy met die bestes wil deel dan sal jy harder moet werk, skrou ek so in die hol vir hom”.
“Met die 3de sprint is die lang knaap se blus heel uit toe ek hom sommer hier van die start af los, maar nou is ek sommer vies vir talent wat so gemors word en ek hol hom sommer met ʼn goeie tien meter weg en oor die wenpaal bly draf ek sommer reguit aan hotel toe. Ek kan nie iemand coach wat nie veggees toon nie en ek sou dus nie my tyd verder met die knaap mors nie.”
“So kom dit toe dat die geel mensies met wie ek gaan sake doen het, my mos ʼn komplimentere kaartjie vir die 100meter finaal by die spele gee. Nogal reg oor die wenpaal. Kort afstande was nog nooit my gunsteling item nie oor dit mos vir onfiks atlete is. As hulle fiks was, dan sou hulle mos verder kon hol. Maar ek wou nie die Chinesies in die gesig vat nie en ek gaan toe saam net om die vrede te bewaar. Toe die 100 finaal aanbreek is dit al asof daar ʼn ekstra atmosfeer in die skare losbreek. Die Chinesies vertel my toe dat daar ʼn atleet van die Jamaica eilande is wat blykbaar ʼn goeie kans staan om die wereldrekord te verbeter. Nou daarvoor is ek te vinde en ek vis toe dadelik meer oor die atleet uit. Ene Usain Bolt, vertel hulle my. En wragtig toe daai skoot klap toe is die man in sy geel Jamaica hempie ook sommer heel voor en hy verbeter die wereld rekord hier reg voor my”.
“Die ou doen toe ʼn ere rondte en toe hy weer so windgat hier vlak voor ons verbydraf toe sal ek hom mos erken. Dis toe al die tyd die lang knaap wat ek so weggehol het en probeer coach het”.

Ellinger moordenaars

Die 2 moordenaars van die Ellinger paartjie is skuldig bevind en moet nou vir 46 jaar elk op staatsonkostes aan die lewe gehou word. Die tronkpersoneel moet miskien kyk of hulle nie van die plantsoort in die 2 se kossies kan inwerk nie. Baie goedkoper.

What goes around comes around

WHAT GOES AROUND COMES AROUND... One day a man saw an old lady, stranded on the side of the road, but even in the dim light of day, he could see she needed help. So he pulled up in front of her Mercedes and got out. His Pontiac was still sputtering when he approached her.
Even with the smile on his face, she looked worried. No one had stopped to help for the last hour or so. Was he going to hurt her? He didn't look safe; he looked poor and hungry.

He could see that she was frightened, standing out there in the cold. He knew how she felt. It was that chill which only fear can put in you.

He said, 'I'm here to help you, ma'am. Why don't you wait in the car where it's warm? By the way, my name is Bryan Anderson.'

Well, all she had was a flat tyre, but for an old lady, that was bad enough. Bryan crawled under the car looking for a place to put the jack, skinning his knuckles a time or two. Soon he was able to change the tyre. But he had to get dirty and his hands hurt.

As he was tightening up the lug nuts, she rolled down the window and began to talk to him. She told him that she was from St. Louis and was only just passing through. She couldn't thank him enough for coming to her aid.

Bryan just smiled as he closed her trunk. The lady asked how much she owed him. Any amount would have been all right with her. She already imagined all the awful things that could have happened had he not stopped. Bryan never thought twice about being paid. This was not a job to him. This was helping someone in need, and God knows there were plenty, who had given him a hand in the past. He had lived his whole life that way, and it never occurred to him to act any other way.

He told her that if she really wanted to pay him back, the next time she saw someone who needed help, she could give that person the assistance they needed, and Bryan added, 'And think of me.'

He waited until she started her car and drove off. It had been a cold and depressing day, but he felt good as he headed for home, disappearing into the twilight.

A few miles down the road the lady saw a small cafe. She went in to grab a bite to eat, and take the chill off before she made the last leg of her trip home. It was a dingy looking restaurant. Outside were two old gas pumps. The whole scene was unfamiliar to her.

The waitress came over and brought a clean towel to wipe her wet hair. She had a sweet smile, one that even being on her feet for the whole day couldn't erase. The lady noticed the waitress was nearly eight months pregnant, but she never let the strain and aches change her attitude. The old lady wondered how someone who had so little could be so giving to a stranger. Then she remembered Bryan ..

After the lady finished her meal, she paid with a hundred dollar bill. The waitress quickly went to get change for her hundred dollar bill, but the old lady had slipped right out the door. She was gone by the time the waitress came back. The waitress wondered where the lady could be. Then she noticed something written on the napkin.

There were tears in her eyes when she read what the lady wrote: 'You don't owe me anything. I have
been there too. Somebody once helped me out, the way I'm helping you. If you really want to pay me back, here is what you do: Do not let this chain of love end with you.'

Under the napkin were four more $100.

Well, there were tables to clear, sugar bowls to fill, and people to serve, but the waitress made it through another day.

That night when she got home from work and climbed into bed, she was thinking about the money and what the lady had written. How could the lady have known how much she and her husband needed it? With the baby due next month, it was going to be hard....

She knew how worried her husband was, and as he lay sleeping next to her, she gave him a soft kiss and whispered soft and low, 'Everything's going to be all right. I love you, Bryan Anderson.'

Sunday, May 22, 2011

Blou Hol Supporters

Vir al my Blou Bul ondersteunersvriende en baie spesiaal vir Shine 4 se istoeniesyniemyvrou, wil ek tog die foto plaas (wat ek spesiaal vir julle gepose het). Hou die blinkant bo. Ai, as die bulle tog net een game wil wen sonder die hulp van die skeidsregters.

Friday, May 20, 2011

Spesiale versoek

Die drie fotos het gedurende die week so baie aandag getrek dat ek dit op spesiale aanvraag maar weer plaas. Whao, tot my vroutjie vertel my hoe mooi veral die enetjie is.











Ping Pong

Ek weet nie verseker of hierdie foto my nou skielik n tafeltennis aanhanger gaan maak nie.

Beseringstyd

Ek het die strekoefeningtjie daar by die huis probeer die ander dag en toe skeur ek mos my,.....

Cheerleader mans

Ek het al baie gewonder hoekom mans by cheerleaders sal aansluit. Die foto verduidelik egter alles.

Beach volley ball

Ek wonder nou net of George Bush die twee se afrigter is en of hy maar net wou handtekeninge vra.(of miskien telefoon nommers)

Atletiek

Hier is Lolo Jones en Blanka Vlasic oa om bietjie meer kleur aan atletiek te gee, alhoewel daar baie, baie meer redes is om die sport te kyk. Die Diamond League is hoeka nou aan die gang.









































Boogskiet

Africanblue, dis mos hoeka jou sports hierdie. Nou kan ek ook sien hoekom julle so mal oor die boogskietery is.


Rugby

Nadat ek laas jaar bykans geen rugby gekyk het nie, hoofsaaklik oor die Egoli faktor (dit neem jou 5 minute se kyk om agter te kom dat niks oor die tyd verander het nie) waag ek dit gou vanoggend om die 3 de wedstryd vir die jaar te kyk. Na slegs 32 minute sit ek toe maar die tv af. Dit sal toe nou nie die 3 de wedstryd vir die jaar wees nie en weereens agv die Egoli faktor. Dit werk net eenvoudig nie dat n SA span in NZ gaan speel en dan is al drie die wedstrydbeamptes NieuZeelanders nie. Hulle kan nou maar gorrel wat hulle wil oor proffesionalisme en, en , en. Die Stormers word gestraf op maniere waar die Blues eenvoudig met moord weg kom vir soortgelyke oortredings. Alle 50/50 beslissings gaan teen die SA span. Geelkaarte gaan teen die SA span. Laas naweek was dit Aplon, vanoggend Louw. Die Blues se spelers het in die eerste 30 minute dieselfde oortredings as Louw begaan, maar syne was silly. Habana het kamma bal oorgedra en nog hordes sulke snert. Dit gaan al so vir jare en al wen die Stormers ook hierdie wedstryd, stel ek nie belang om die game klaar te kyk nie. Dis die sisteem oor refs wat my as kyker wegdryf. Dis so goed enige SA span gaan speel die Bulle op Loftus en Jonathan Kaplan is die ref. Jy kan nie wen nie. Die game is nog nie eens oor nie dan het Andre Watson reeds statistieke gereed om te wys dat Kaplan ewe veel strafskoppe uitgedeel het. Hy noem net nooit dat die verloorspan hulle strafskoppe feitlik almal in die laaste 10 minute gekry het toe die uitslag van die game reeds bepaal was nie. Nee, ek dink ek gaan nou maar liewers netbal kyk.

Thursday, May 19, 2011

Ritmiese gimnastiek

Ritmiese gimnastiek is seker ook die kyk die moeite werd, maar darem sekerlik nie n waardige plaasvervanger vir rugby nie.









































Wednesday, May 18, 2011

kameramanne



Hoe is dit dat party kameramanne dan net shots van agter af neem. Lyk my party van hulle staan doelbewus daar.























Tennis

Hier is van die redes hoekom tennis as alternatiewe kyksport vir rugby oorweeg kan word.

































Tuesday, May 17, 2011

Bokke probleem opgelos

As Div hierdie ou kan oortuig om vir die Bokke te speel dan is sy probleem met die vaste vyf opgelos. Die ou kan man alleen die vaste 5 vorm dan kan ou Div die 4 oortollige spelers na heelagter toe skuif om te help keer agter. As hy op haker sak dan is daar in elk geval nie nog plek vir voorrye en slotte nie. Hierdie is nou een ou oor wie se hondjie ek nie kommentaar sal lewer nie, nou net verstaan hy dit dalk verkeerd.

Alternatiewe sporte

Ek kyk bietjie hierdie week na alternatiewe sportsoorte wat op tv gekyk kan word en sien of daar waardige plaasvervangers vir rugby is. Gister was paalspring aan die beurt en vandag, spiesgooi. Kyk bietjie more hoekom golf ook kykbaar kan wees.

Spiesgooi

Hoekom raak sekere mans so opgewonde wanneer Pierre Spies aan n bal vat? Kyk liewers na die fotos en sien hoekom duisende ondersteuners en fotograwe naderstaan wanneer Leryn Franco van Paraguay aan n spies vat. Alhoewel sy in die 2008 Olimpiese spele in Beijing slegs die 52 ste plek kon behaal met n gooi van 45meter , het dit niemand gepla nie. Sy was nog steeds die gewildste by die publiek en onder fotograwe, shame man , ons kan nie eens onthou wie die item gewen het nie.









































Monday, May 16, 2011

Mans en rugby

Hoekom kyk mans so graag rugby terwyl daar soveel ander sportsoorte is wat ook gekyk behoort te word. Hier is byvoorbeeld 2 goeie redes waarom paalspring ook gekyk moet word. 1 Yelena Isanbayaeva en 2 Allison Stokke














Vrouens en rugby

Al ooit gewonder hoekom vrouens so graag rugby kyk en andere weer net vir die eindfluitjie wag om te sien hoe die manne truie uitruil? Hier is so paar goeie redes.



















kameramanne

Ek wonder partykeer as ek sulke fotos sien, waaraan dink kameramanne wanneer hulle sportmense afneem. Daar is by my geen twyfel waarheen hierdie ou se gedagtes gedwaal het nie. Maar om eerlik te wees, sou ons almal nie maar per ongeluk die lens so effe laat gly het in hierdie geval nie?